Geliefde Moeder, Ouma sterf

Gerty Jansen van Vuuren (68) is op 11 Julie 2012 oorlede. Foto verskaf deur Doves Thabazimbi.

THABAZIMBI – Gertruida Aletta Jansen van Vuuren (68), oftewel Gerty soos vir haar familie en vriende bekend was, is na ‘n kort siekbed op 11 Julie 2012 oorlede.

Gerty was by Eric Marx werksaam tot met haar aftrede waarna sy by haar kinders woonagtig was. Sy laat haar kinders, Abrie, Gerrit en Igna na sowel as skoondogters Jurina en Riana en kleinkinders Brandon, PG, AJ en Michele.

Gerty se begrafnisdiens was op Maandag 16 Julie vanuit die AGS Kerk Thabazimbi, Hendrik van Niekerk het die diens gelei.

Die familie bedank Thabazimbi Staatshospitaal, die AGS Kerk personeel en almal wat hulle in hierdie tyd bygestaan en vertroos het.

Gerty sal onthou word vir haar glimlag, haar hart van goud, dat sy nooit selfsugtig was nie en altyd liefdevol. Die vele herinneringe wat sy agterlaat vertroos haar geliefdes.