Bruno word nog ‘n maand geborg

Bruno, die aanvalshond wat deur STTU gebruik word om misdaad te bekamp, word vir nog ‘n maand deur ‘n lid van Thabazimbi gemeenskap finansieel gesteun.

THABAZIMBI – Bruno, die aanvalshond wat tans deur STTU (Specialised Tactical Tracking Unit) gehuur word om te help in die stryd teen renosterstropery en plaasaanvalle, is vir nog ‘n maand geborg.

Die borg wil graag anoniem bly en spreek die hoop uit dat Bruno nog lank in die eenheid sal aanbly. STTU bedank graag die persoon vir die borgskap en waardeer elke skenking wat aan die eenheid gebied word.

Die eenheid bestaan uit Gaffie, Rudi en Juan sowel as Bruno en Arnu, ‘n spoorsnyhond, en bied ondersteuning aan die SAPD. Vir meer inligting rakende die eenheid, kontak A/O Jaco Havenga by 083 360 9698 of Pottie Potgieter by 083 824 9400. Vir inligting om die eenheid te befonds, kontak Rudi Janse van Vuuren by 082 445 0965.