Brandverbod tot reënval

THABAZIMBI – ‘n Brandverbod is van stapel gestuur in die Thabazimbi Munisipale area en sal eers opgehef word nadat die omgewing 25mm reënval gehad het.

Volgens me Renette Lategan van Thabazimbi Brandbeskermingsbeheer is die brandverbod in werking gestel weens al die brande wat die omgewing verlede jaar lam gelê het.

Weens brandstigting het ‘n groot onbewoonde area langs die Pick n Pay Sentrum op Dinsdagmiddag 17 Julie gebrand. Brandstigting is ‘n strafbare oortreding. Na aanleiding van die brandverbod word die publiek gemaan om nie soggens ‘n vuur te maak vir hitte nie, aangesien hierdie vure nie behoorlik geblus word nie en dus grootskaalse skade kan veroorsaak.