Barney’s hou Gholfdag

AMANDELBULT – Barney’s Kleuterskool van Setaria het op Saterdag 14 Julie ‘n Gholfdag te Amandelbult gholfklub aangebied ter versterking van hul fondse.

Daar was vele aktiwiteite vir die jongspan ook soos Monkeynastix, go-carts en ‘n springkasteel.

Volgens die organiseerders was dit ‘n groot sukses en het hulle hul doelwit behaal. Hulle bedank graag almal wat hulle die dag ondersteun het, asook die borge wat die dag moontlik gemaak het, naamlik Swallow Fork, AEL, HPE, E-car Thabazimbi, Super Quick, Wimpy (Northam en Thabazimbi), Thaba Diesel, Onsspoed, Watercare Mining, Techno Signs, NHR Mining and Timber, Ponsho, Castle Lager, PPC Cement, Topaz Lake Trading, Setaria Spar and Liquor, SJ Drilling and Auto-Mate, Amandelbult Gholf Klub, Amandelbult Rec-klub asook die kindervermaak.

 

Louwtjie De Beer oorhandig aan Dave Campher die wenner vir die dag.