8ste Goue Medalje vir Northam Plats Hengelaars

Theunis en Marietta Botha van Northam Plats maak geskiedenis deur die 8ste agtereenvolgende jaar die Goue medalje in die sterk Noordwes Provinsie in te palm.

SWARTKLIP – Northam Plats Hengelaars het geskiedenis gemaak deur die Goue Medalje vir die

agtste agtereenvolgende jaar in te palm in die sterk Noordwes Provinsie.

Vier jaar gelede het Marietta Botha ‘n Meester geword en ingeval by haar gade Theunis ,

en as ‘n gedugte span ontpop. In die jaar 2010/2011 het Marietta die meeste

punte op die Nasionale Springbok Kampioenskappe in die Meesters mans

afdeling behaal en Theunis in die derdeplek geëindig. Die jaar 2012 het

Theunis en Marietta die krane oopgedraai en met mening die medaljes ingeryg.

Prestasies vir jaar 2012 Kampioen van Kampioene derdeplek driehoekige

kampioenskappe SA Meesters span SA Senior span SA Weermag span en SA Polisie

span behaal Theunis en Marietta die eersteplek.

Tydens die All Transvaal Kampioenskappe behaal Theunis ‘n silwer Medalje maar as ‘n span wen hulle die A Afdeling. Die eerste Noordwes Meesters Liga en Proewe gehou te Zeerust eindig Theunis 1ste (35 punte) en Marietta in die 2de plek (34 punte), Spangewys 1 ste.

Die tweede Meesters Liga en Proewe gehou te Zeerust behaal Theunis die tweedeplek (35 punte) en Marietta ‘n negendeplek (27 punte), maar steeds as ‘n span wen hulle die eersteplek.

Die derde Liga en Proewe gehou te Vaaldam bereik Theunis die vierdeplek (28 punte)

Marietta die derdeplek (29 punte) en as ‘n span weereens die eersteplek.

By die vierde en laaste Liga en Proewe  Vaaldam wen Theunis die eersteplek (30 punte) en Marietta 4 de plek (23 punte).

Tydens die Nasionale Kampioenskappe het Theunis en Marietta uitgeblink, maar net voor die mini proewe het Marietta onttrek weens haar vader se afsterwe.

Theunis het in die eersteplek geëindig en die Nasionale SAFOV A Span behaal.

Die hengelaars word geluk gewens met hierdie puik prestasies.