Archive | February 17th, 2012

Ithuteng Valentyn (1)

Ithuteng celebrates love

Children from Ithuteng Early Learning Centre celebrated love on Valentine’s Day with a red and white dress-up theme. On the photo in front is Oredirile Sentsho. Back fltr: Lebogang Kanokang, Fanny Mashao and Omphemetse Malepe.

Posted in Entertainment, School News, Top StoriesComments Off

More ridiculous than incredulous

Week 6 -10 Februarie 2012

As if not enough, another bunch of incredulous, useless and unnecessary laws proposed by the ANC, are on their way through Parliament.

The main one that stands out as totally ridiculous is the proposed law that no liquor may be sold to pregnant women. Fine, pregnant ladies should, for the wellbeing of the fetus, avoid the consumption of alcohol completely. At this time of existence on earth, this fact should already have been general knowledge to all earth dwellers, unless you have been stuck out in the Amazon Jungle with no knowledge of alcohol brewages in any case.

Is this how far our ANC government and its followers are behind the times to feel it necessary to introduce, at high cost, a stupid law like this? Why rather not enforce the selling of cigarettes and other tobacco products to pregnant women, which is far more harmful, or make a visible effort to get rid of all the unlicensed shebeens?

Speak to any medical doctor and it will be verified that the most critical time for the infant as far as alcohol abuse is concerned, is the first few weeks of pregnancy, before it even shows and before a woman might even realise that she might be pregnant. So if you want to play around with unprotected sex, bear the consequences as well and do not rely on the government to prevent you from holding your infant’s life at risk. This is just an easy way to create income opportunities for the jobless masses by creating a way to suck money out of innocent businessmen or shop owners.

The next one in line is to make English, the colonial language which takes all South Africans way back to the old Colonial days and which still leaves bad memories of slavery, abduction and racism for the black population, the preferred language, plus two indigenous languages – Afrikaans excluded as indigenous language – for official use in South Africa. Afrikaans is an indigenous language like all the other nine black indigenous languages. It was already acknowledged as a language that could make its stance as a law and academic language, side by side with any other academic language globally, even before the apartheid regime of the former Nationalist Party. This can not be said of any other indigenous South African Language. Surveys actually concluded that Afrikaans was preferred only second to English as an educational language by learners in South Africa whose mother tongue was not English or Afrikaans. Virtually no preference was given to languages like Zulu, Pedi and Xhosa by these learners.

The preference to English can be understood as English is very much a global language because of its early history of colonisation. Just don’t tell this to the Germans, whose language is not connected to the Nazi’s or the Russians whose language is not connected to communism. Why connect Afrikaans to apartheid when this language already existed during the time that white as well as black South Africans had to be content with the British rule?

All that the “CAN” government shows is a fear for the Afrikaans language and a misplaced belief that if they get rid of the language, they will get rid of the spirit that still keeps this country going, in spite of the ongoing corruption and ridiculous laws imposed by the ANC.

This will not be the first time that Afrikaans was the main target of killing a nation’s will. Through Afrikaans more people of all races are more united than ever before and it will survive this onslaught just as it had previously done.

This bond has come through the arts with black, coloured and white artists, embracing the wonder of Afrikaans on stage with Huisgenoot Skouspel, Aardklop, The National Klein Karoo Arts Festival and all the numerous other local town festivals.

English only succeeded mainly in one place as a cultural festival namely the National Arts Festival in Grahamstown. The other indigenous languages are totally absent on this level except for festivals that do not include other tribes than their own and political rallies, preferably on a public holiday.

Through the grapevine I have been informed that the next ridiculous law that is apparently already enforced, states that should you inherit something from your parents, your birth certificate and ID must be shown to show that you are in fact related. The addendum to this will most probably be that you must be accompanied by the deceased if you cannot produce your birth certificate.

 

 

Posted in From the Editor's deskComments Off

Foefie wat werk

Week 5 – 3 Februarie 2012

Dit is dalk ‘n foefie en baie besighede is daarop ingestel om ‘n paar manne verleë te laat voel en hulle sakke laat skud omdat hulle hul wederhelf die laaste tyd dalk ‘n bietjie afgeskeep het. Tog is daar ‘n goeie bybedoeling – amptelik bied dit aan jou die geleentheid om aan iemand spesiaal te sê ek is lief vir jou, ek gee om, ek waardeer jou en nog talle ander boodskappies. Nie almal het die moed om dit gereeld te doen nie en voel verleë om dit teenoor ander te beken. Ons praat hier natuurlik van Valentynsdag, amptelik 14 Februarie en beslis nie ‘n heidense gebruik nie.

Laat die jongklomp hul gerus vermaak met die Valentynspeletjie van geheime boodskappies en romantiese tye saam. Dit is tog waaruit jong liefde bestaan.

Vir die ouer garde hoef dit nie net by jou geliefde te bly nie. Deel dit ook met jou kinders, en jou vriende wat vir jou spesiaal is. Breek weg van die stereotipe Valentynsdag en deel eerder ‘n gesellige aandjie saam met die persone wat vir jou belangrik is in jou lewe.

Die belangrikste is om kwaliteit-tyd in te ruim in hierdie gejaagde lewe waarin ons onsself bevind. Kwaliteit-tyd waartydens jy en diegene wat vir mekaar omgee bietjie van die gewone dag se dinge wegbreek. Miskien die aand die kleintjies by ‘n babaoppasser los en net op jul eie of saam met jou naaste vriende ‘n aand se kuiertjie inruim.

Trakteer mekaar en kuier saam soos toe julle nog dolverlief was. Vind opnuut uit hoekom julle steeds bymekaar is en maak dit weereens iets spesiaal.

Moenie dit tot op die nippertjie los nie. Beplan nou reeds aan wat jy gaan doen om jou geliefdes te wys hoe jy oor hulle voel. Dalk is dit net om ‘n kersie op die etenstafel te sit en ‘n spesiale lekkernytjie daarna. ‘n Voetmassering vir ma wat heeldag op haar voete was om die huis in orde te kry en die kinders te versorg. ‘n Spesiale verwelkoming vir pa, of ma, as hulle huis toe kom na werk. Enigiets om te wys dat jy hulle waardeer en vir hulle omgee.

Ons beland so maklik in ‘n groef en aanvaar diegene om ons as vanselfsprekend. Of dit jou man, vrou, kinders, ouers en vriende is, ons almal doen dit. Breek weg, al is dit nie hoe jy is nie. Gebruik hierdie een dag in die jaar om saam met duisende mense wêreldwyd aan diegene om jou te wys dat jy omgee.

Posted in From the Editor's deskComments Off

Die ANC beeld van Griekeland

Week 7 – 17 Februarie 2012

‘n Beter voorbeeld is daar seker nie vir die ANC as die onlangse gebeure in Griekeland om te besef dat welsynstate eenvoudig nie kan voortbestaan deur meer werkgeleenthede in die staatsdiens te skep en aan te dring op hoë minimumlone wat die ekonomie nie kan bekostig nie.

Sowat 100 000 ongelukkige Grieke het Sondag amok gemaak in verskeie Griekse stede. Petrolbomme en klippe is gegooi en sowat 40 geboue, waarvan verskeie groot historiese waarde het, is aan die brand gesteek, winkels is geplunder terwyl toeriste in hotelportale skuiling gesoek het.

Die rede hiervoor was dat baie Griekse burgers deel was van die staat se welsynstaatsdiens en minimumlone was hopeloos te hoog om die ekonomie op ‘n gesonde basis aan die gang te hou. Daarby het opdringerige arbeidswetgewing, net soos in Suid-Afrika se geval, werkloosheid aangemoedig. As gevolg van belastingontduiking en vermorsing van fondse deur die regering is die Griekse ekonomie in ‘n bodemlose put gestort en teen middel Maart sou die regering nie staatsdiensamptenare se salarisse en welsyntoelaes kon betaal nie. Met ander woorde, die land was op die punt van bankrotskap. As ‘n mens hierna kyk besef jy dat dieselfde prentjie besig is om in Suid-Afrika te ontwikkel.

Die Griekse parlement het geen ander keuse gehad as om die reddingspakket wat die Europese Kommissie, die Europese Sentrale Bank en die Internasionale Monitêre Fonds aan hom opgedring het, te aanvaar nie. Volgens die reddingspakket moet sowat 15 000 staatsamptenare afgedank word, arbeidswetgewing moet geliberaliseer word, minimumlone moet met 20% verlaag word en die Griekse staat moet in die komende jaar hul begroting met sowat R33,5 Miljard besnoei. Die Grieke het nie baie hiervan gehou nie en het in opstand gekom.

Die pakket sluit in dat miljarde Euro’s se skuld afgeskryf sal word om te verseker dat Griekeland op ‘n oorlewingspad geplaas kan word om sy probleme te bowe te kom.

Anders as Griekeland is daar niemand wat ‘n reddingsbaadjie na die Suid-Afrikaanse regering sal gooi nie.

Die ANC ry nog baie op die rug van die bestaande infrastruktuur in Suid-Afrika, sy enigste bate bo al die ander Afrika lande, wat deur die vorige regering, en die regerings voor dit, daargestel is, om as leierland in Afrika na vore te tree. Net so vinnig as wat die ANC besig is om hierdie infrastruktuur te vernietig deur swak besluite en korrupsie, net so vinnig is hulle aansien besig om te daal by die Afrika Eenheids Organisasie.

Maak van hierdie land se ekonomie ‘n gemors, soos wat die Grieke met hulle land se ekonomie gedoen het, en niemand gaan keer dat die hele land deur die bodemlose put van selfverryking, nepotisme en korrupsie ingesluk word nie.

Die enigste “helpende hand” gaan kom vanaf China wat dan deur her-kolonialisering die vasteland van Afrika tot sy eie voordeel gaan ophef. Hierdie reddingspakket gaan totaal on-onderhandelbaar wees en sal ‘n einde bring aan Afrika in sy huidige formaat met geen deelname deur sy inheemse bevolkings nie.

Posted in From the Editor's deskComments Off

Nuttelose wette

Week 4 – 27 Januarie 2012

Een ding waaroor die regering van die dag homself op die skouer kan klop is sekerlik die feit dat hulle in ‘n kort tydjie daarin geslaag het om met ‘n paar nuttelose wette ‘n paar plantasies se papierwerk op die samelewing af te laai. Papierwerk wat nie net produktiwiteit totaal kortwiek nie, maar geen verband het met die bevordering van kommunikasie, onderwys of ekonomie nie. Al wat positief hieraan is dat die regering heelwat nuttelose poste geskep het om voorsiening te maak dat die inligting gekontroleer, geklassifiseer en geberg kan word. ‘n Hele nuwe departement is tien teen op die been gebring om al hierdie werk te doen en navrae hieroor te beantwoord. Dit sluit nie eens die stoor en kantoorruimte in nie, asook die miljoene wat die besighede aan tyd moes spandeer, die koste van al die afskrifte asook die posgeld om die lêers wat hierdie inligting bevat voor die afsnydatum, Desember 2011, by die department te kry.

Sowat 300 000 lêers lê in ‘n oorvol kelder van die Departement van Mense Regte, op wie se versoek hierdie wetgewing ingestel is.

Die beste van alles is dat hierdie departement tot dusver slegs 10 navrae ontvang het. Of hulle die betrokke inligting kon verskaf is ‘n ope vraag. Op die nippertjie is die spertyd verleng tot Desember 2014, maar nie nadat talle besighede in alle yl hul boekhouers moes betrek en betaal om hierdie inligting betyds by die departement te kry nie

Suid-Afrika wil ‘n wet op die geheimhouding van staatsinligting deur die parlement forseer om die privaat sektor te verhoed om meer uit te vind aangaande besluite wat in die binnekringe van regeringsdepartemente, ingesluit plaaslike munisipaliteite, geneem word. Tog is dit die eerste regering in die wêreld wat ‘n wet maak om Suid-Afrikaanse besighede te dwing om al hulle vertroulike personeelinligting aan almal bekend te maak. Inligting aangaande personeel word nie eens binne ‘n firma bekend gemaak nie.

Die volgende wet wat gemaak is, was om ouers te verplig om hul kinders skool toe te stuur. Baie goed, dit is elke kind se reg om onderwys te ontvang. Ongelukkig is die besluit ook geneem om al die onderwyskolleges te sluit en van duisende wit onderwysers ontslae te raak.

As gevolg hiervan sit Suid-Afrika in die posisie dat daar ‘n totale verlore geslag van geskoolde arbeiders, vakmanne, ingenieurs, dokters, noem dit maar, gaan wees. Die eerste ding wat geïmplementeer is, was om die department van onderwys totaal omver te gooi met hul sogenaamde uitkomsgebasseerde onderwys. ‘n Stelsel wat totaal misluk het en reeds geskrap is. Wetgewing op toelatingsvereistes tot sekondêre onderwys is daarna so gewysig dat die gevorderde opleidingsentrums oorval word met totaal ongeletterde aspirant studente.

So lê Suid-Afrika se geskiedenis van die afgelope 16 jaar besaai met ondeurdinkte wetgewing en koninkryk-bou deur al wat ‘n amptenaar is. Alles ten koste van Suid-Afrika se menslike hulpbronne, ekonomie en die belastingbetaler. Dit alles as gevolg van geldgierige politici en hul kaders wat hulle in elke staatsinstelling ontplooi het.

Posted in From the Editor's deskComments Off

R2 miljard weg

Week 3 – 20 Januarie 2012

Die minister van Finansies, Pravin Gordhan sê Limpopo gaan ‘n begrotingstekort van twee miljard rand hê vanjaar. Hy het die media in Polokwane in Limpopo toegespreek, waar hy en ander ministers gepraat het oor die vordering en doelwitte in die provinsie, nadat die nasionale regering ingegryp het.

Die Tesourie, Openbare werke, Paaie en Vervoer, Onderwys en Gesondheid is verlede jaar onder administrasie geplaas nadat dit duidelik geword het dat daar totale wanadministrasie van hierdie departemente was.

Steeds help dit die belastingbetaler niks nie. Die dienste is selfs swakker en die verkwisting van geld op tenders wat onreëlmatig toegeken is gaan net eenvoudig voort. Die meeste munisipaliteite in Limpopo kan nie die dienste lewer waarvoor die belastingbetaler betaal nie aangesien die munisipale inkomste in die sakke van korrupte amptenare asook in die van hulle familie en vriende verdwyn. Daar is omtrent geen bevoegde persoon in enige uitvoerende posisie op die munispale rade nie en raadslede is in party gevalle totaal ongeletterd. Geletterdheid is in elk geval nie ‘n prioriteit vir die ANC nie. Direk na hulle oorname het hulle al die onderwyskolleges en vakleerlingopleiding kolleges gesluit.

Nou dat daar ‘n tekort aan bevoegde vakmanne, onderwysers en professionele mense is, word die vinger na die Afrikaanse skole en universiteite gewys as die groot probleem omdat hulle Afrikaans as onderrigtaal gebruik.

Op een of ander stadium moet iemand ‘n besluit neem in hierdie land om dit terug te plaas op die pad van voorspoed van voor die ANC oorname. Let wel ek verwys nie na ‘n spesifieke beleid nie maar net na ‘n struktuur waardeur die infrastruktuur opgebou word en nie afgebreek word nie; waar menswaardigheid bestaan sonder om afbreek aan ras te doen; waar regstellende aksie nie ras gebasseer en ten koste van vaardigheid is nie; waar aanvaar word dat mense wat presteer deur hul prestasies ‘n beter samelewing vir almal help skep in plaas daarvan dat hulle deur belastings gestraf en beboet word vir hul groot bydrae tot die ontwikkeling van die totale bevolking; waar sosiale toelaes soos die kindertoelaag, gesondheidsdienste en die vele ander waar links en regs geld uitgedeel word, slegs van toepassing sal wees op verdienstelike gevalle waaruit slegs Suid-Afrikaanse burgers voordeel trek en nie die swerfarbeiders en onwettige immigrante wat oor ons grense stroom net om hul antivirale medisyne gratis by die plaaslike klinieke te kry nie.

Dit is eintlik verbasend dat hierdie land op ‘n manier daarin slaag om nie in die long-drop in te val nie met al die openlike korrupsie en selftoekenning van bonusse aan wanfunksionerende munisipale-bestuurders en -amptenare. Bonusse wat betaal word uit die swaar verdiende inkomste van die belastingbetalende inwoners. Die deel van die gemeenskap wat steeds die wanbetalers, raadslede en amptenare ingesluit, moet saamsleep om die basiese dienste op ‘n manier aan die gang te hou.

Dit het tyd geword dat die regering nie net ingryp by hierdie departemente nie maar om alle belasting- en dienstegelde wat ingevorder word uit die grypende hande van die amptenare in hierdie betrokke departemente en die sukkelende munisipaliteite te hou.

Posted in From the Editor's deskComments Off

Nuwe gesig vir 2012

Week 2 – 13 Januarie 2012

Ons lesers wat dalk nie die heel laaste uitgawe van 2011 van Die Kwêvoël onder oë gehad het nie, sal seker opmerk dat die voorblad ‘n nuwe voorkoms het.

Soos die tyd aanstap is ons genoodsaak om partykeer so ‘n bietjie kosmetiese aanpassings te maak, en dit is juis wat nou met Die Kwêvoël se voorblad gebeur het. Hierdie “nuwe gesig” is seker die sesde of sewende nuwe voorkoms in die bestaan van Die Kwêvoël.

Een van die nuwe uitdagings met die nuwe voorkoms, was om ons besighede meer sigbaar te maak. Die enigste manier om dit te verwesenlik was om van onnodige spasies en tierlantyntjies op die voorblad ontslae te raak en meer advertensiespasie vir ons besighede te skep. Ons lesers is baie belangrik, en ons sal hulle nie afskeep deur die voorblad ter wille van hoër inkomste met advertensies te belaai nie. Die redaksionele spasie met die nuwe voorkoms is presies dieselfde as wat dit voorheen was.

Gelukkig hoef ons nie die voorblad met plekname van verspreidingspunte vol te maak nie. Ons lesers weet wel deeglik dat die koerant aan hulle behoort en waar hulle ookal bly, sal daar ‘n Kwêvoël beskikbaar wees. Dit geld ook vir ons buitelandse lesers, alhoewel ons weens logistieke redes nie betyds die laaste paar koerante van verlede jaar op die webtuiste kon laai nie. Gesteelde kabels in Gordons Baai – glo dit as jy wil – was die hoof oorsaak hiervan.

Die logistieke van die webwerf verskuif nou terug na Die Kwêvoël se kantoor, alhoewel Justin steeds die Webmeester van die tuisblad sal bly. Kragonderbrekings in Thabazimbi het die afgelope week daartoe bygedra dat die nodige insette om die logistieke reg te stel nie betyds oorgedra kon word nie. Ons hoop egter om ten minste al die koerante wat nog nie in PDF formaat gelaai is nie, vroeg volgende week op die webblad te hê.

Die Kwêvoël is nie die sedebewaker van die gemeenskap nie en wil dit ook nooit wees nie. Die Kwêvoël is daar om nuus aangaande ons mense en gebeure in die gemeenskap na die gemeenskap uit te dra.

Onthou dat dit vir ons verslaggewers net so moeilik is om inligting by iemand te kry wat ‘n geliefde aan die dood moes afstaan. Hierdie inligting word net gebruik om die gemeenskap in te lig van die afsterwe en begrafnisreëlings van die betrokke persoon. Moet dit nie vir ons nog verder moeilik maak met opmerkings soos “julle is net sensasiebejag en wil net die lelike feite publiseer”, dit sonder dat ons enigsins bewus was van enige “lelike feite”. Moet ook asseblief nie Facebook daarvoor gebruik nie. Ons personeel by Die Kwêvoël kan hierdie tipe van negatiwiteit hanteer maar baie van ons gereelde lesers is totaal onbewus van die onverdraagsaamheid en nyd van sommige inwoners wat Die Kwêvoël nie so gereeld lees nie.

Gereelde lesers sal ook weet hoe gereeld die probleme met dienslewering, of die gebrek daaraan deur die munisipaliteit, aangespreek word. Wat hulle nie weet nie is hoe gereeld die munisipaliteit genader word vir inligting aangaande hierdie aanklagte. Kommentaar kan egter nie geplaas word as selfs Die Kwêvoël bloot geïgnoreer word nie. Blykbaar bestaan die persepsie by die meeste rade dat hoe meer ‘n problem geïgnoreer word, hoe vinniger sal dit verdwyn.

Deel gerus u nuus en feite met ons om te verseker dat slegs die regte feite, en in belang van die gemeenskap, gepubliseer word.

Posted in From the Editor's deskComments Off

‘Uitwissing van renoster sal nie gebeur’

Kaapstad – Dit gaan nie gebeur dat die renosterspesie uitsterf terwyl ons die lot van die renosters in ons hande hou nie, het adv. Johnny de Lange, voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en omgewingsake, gesê.

Openbare verhore oor hoe renosterstropery stopgesit kan word, word tans in die parlement gehou. Landbou.com berig 333 renosters is in 2010 en 448 verlede jaar gestroop. Vanjaar trek dit al by 28.

Die portefeuljekomitee het 14 skriftelike voorleggings oor die kwessie gekry.

Fundisile Mketeni, adjunk-direkteurgeneraal gemoeid met biodiversiteit en bewaring by die departement van water en omgewingsake, het gesê hulle sukkel om inligting oor die opgegaarde voorraad renosterhorings te kry.

’n Amnestietydperk sal waarskynlik ingestel moet word sodat mense die aantal horings wat in hul besit is, bekend kan maak.

-Media24

Posted in General, NatureComments Off

Sorry wrong number

The South African Police Service (SAPS) has admitted to printing incorrect contact numbers on billboards around Mpumalanga bearing the faces of the most wanted criminals.

African Eye News Service took a picture of one of the billboards that displays the contact number as 0860-10111. The correct number is 08600-10111.

“I agree that we made a mistake. We want to own up to (printing) the billboards. This is inexcusable,” said national police spokesperson Brig Lindela Mashigo.

In December, the SAPS placed 58 billboards countrywide at a cost of R740 000, three of which were placed in Mpumalanga.

“We have learnt that our three billboards in Siyabuswa, Msogwaba and Nelspruit have an incorrect crime stop number printed on them,” said Mashigo.

Mashigo said the SAPS could not correct the mistake because their contract with the service provider had already expired.

“Our contract with the subcontractor for the billboards has already expired so it’s up to them to decide whether they will remove them soon or not,” said Mashigo.

He said the national SAPS office would also assess whether the billboards were helpful or not.

“But we are definitely sure that in other provinces like Limpopo they helped, because already more than 500 suspects have been locked up for committing different crimes in our country,” he said.

Mashigo also indicated that police successes could not only be attributed to the billboards, but to the media as well.

“The media also played a role in helping us find wanted suspects through radio and newspapers.

“We now advise anyone who calls us to make use of their nearest police station’s number and 10111 to access help from our police,” he said.

Mashigo said some radio stations were already informed of the correct crime stop number.

He said: “Anyway, we thank our community who reported the wrong billboard numbers to us. They must continue to report to us when something goes wrong and when they experience (crime) in their areas.”

– AENS

Posted in GeneralComments Off

Gitta

Gitta-Martula safe haven for injured

Cara de Bruyn from Gitta-Martula with Tokolosh, from Smashblock, who called them after seeing a tortoise being traumatised by local children.

MAROELASFONTEIN – Gitta-Martula has been open for over a year now, and is extremely happy that they are slowly being recognised by the community as a safe haven for injured and orphaned wild animals in the Thabazimbi area.

They have had many success stories over the last 12 months, their most recent being the release of a juvenile Black Breasted Snake Eagle. This magnificent bird was found on the side of a road and taken to Care Four Paws veterinary clinic where Dr Andrea Farrell examined him. Dr Farrell then called them and asked if they could look after him at the Re-hab Centre.  The eagle had injured his wing and he was with them for four weeks, he settled very quickly and with gentle care and encouragement he was successfully released back into the wild.

They are also extremely pleased at the support which they are receiving from the residents in the informal settlement of ‘Smash Block’  -  Tokolosh, called them when he saw a tortoise being traumatised by some local children, he took the tortoise away from the children and called Gitta-Martula. They were able to collect the tortoise and keep him for a few days to check that he was not injured or too stressed before he was released back into the wild.

It is warthog piglet season again, and Gitta-Martula has three piglets in the Rehab. They were brought in when they were about 4 days old. When they are this tiny they need to be fed little and often, so it was back to the 2-hourly feeding programme. They are doing really well and have the prospect of a long and happy life ahead of them.

Gitta-Martula would like to thank everyone in Thabazimbi who have passed around their name. Do not hesitate to call them, if they can be of assistance, they will collect animals. This is a free service to the animals in this area.

Posted in Entertainment, General, NatureComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

SDC12148 4x4 Thabazimbi Expo 2.JPG Elandskuil Krokodil Marakele 4x4 Eco Thabazimbi Vloed 18.gif Jeep op Bakkerspas SDC12126                                Thabazimbi Vloed 10.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 6:08 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools