Archive | February 9th, 2012

March

March against rape

Thabazimbi Women’s Community Forum marched on Tuesday 7 February, in protest of the rape of a woman by a Thabazimbi Municipality Counsillor.

Thabazimbi Women’s Community Forum marched on Tuesday 7 February 2012 in front of the Magistrates Court, in protest of the alleged rape by Thabazimbi Municipality Executive Counsellor, Mr Themba Mkansi. In the public speech by Mr Kapo Motshegwa, he said that raping a woman is unjustifiable, no matter what position you are in. Mkansi was granted bail at his first hearing in January. The case was postponed to 2 March 2012.

Posted in General, Top StoriesComments Off

Thaba Hengel All Transvaal

Plaaslike hengelaar wen “All Transvaal”

Nicolene Heydenrych, wenner van die “All Transvaal” Hengelkompetisie saam met haar suster Martie Murray (derdeplek) het ses medaljes tydens dié hengelkompetisie verower.

VAALDAM – Die “All Transvaal” se jaarlikse kompetisie waarby die beste hengelaars in die land kompeteer, het op Saterdag 21 Januarie vanaf 06:00 – 15:00 te Vaaldam plaasgevind.

Die provinsies wat deelgeneem het was Noordwes, Limpopo, Noordwes Sentraal, Mpumalanga, Gauteng en Gauteng Sentraal. Elke provinsie het ‘n span van agt dames ingeskryf.

Nicolene Heydenrych en haar suster, Martie Murray van Thabazimbi Hengelklub was onder Noordwes ingeskryf. Nicolene verower die meeste punte en weeg ook die swaarste sak in, wat haar die kampioen van die dag maak. Sy wen “All Transvaal” en word ook as die Victrix Ludorum aangewys. Martie behaal ‘n stewige derdeplek in die kompetisie. Danksy dié twee dames se uitmuntende prestasies, verower Noordwes die goue medalje vir die dag. Tussen die twee dames bring hulle ses medaljes huis toe. Die klub en gemeenskap wens hulle geluk met hierdie puik prestasies.

Hulle gaan gedurende volgende week, 13 – 19 Februarie, aan die Dames SA Kampioenskappe te Bloemhofdam deelneem.

Posted in Sport, Top StoriesComments Off

Wilkenson

Du Preez egpaar

Op 14 Januarie 2012 is Pricilla (dogter van Rodney en Marlene Wilkinson) met Hermanus (seun van Willie en Ria Du Preez) deur Ds Hennie van der Linde van die Nederduits Hervormde Kerk Vliegepoort in die huwelik bevestig. Die onthaal het plaasgevind te Montsomi Lodge. Die egpaar vestig hul te Montana. Fotograaf: Pikkie Photography

Posted in Wedding AnouncementsComments Off

Tonie Amanda

Van Niekerk egpaar

Tonie en Amanda van Niekerk is op 28 Januarie 2012 te Blythedale Beach in KwaZulu-Natal deur Pastoor AJ Haasbroek in die huwelik bevestig. Die egpaar vestig hul in Thabazimbi.

Posted in Wedding AnouncementsComments Off

Ina Bonnette

‘Niks gaan haar onderkry nie’

Me. Ina Bonnette vee trane uit haar oë by haar seun Conrad se begrafnis. Foto: Herman Steyn

“Dit gaan werklik goed met ons.”

So sê me. Ina Bonnette, wat die afgelope paar weke landwyd in die nuus was ná haar wrede marteling en verkragting en die moord op haar seun Conrad (19).

“Sê vir Die Pos se lesers dit gaan goed met ons. Ons vat elke dag en werk dit deur,” het Bonnette op Woensdag, 8 Februarie, aan Die Pos gesê.

Bonnette het aan Die Pos bevestig sy sal vandag, 10 Februarie, saam met talle van haar ondersteuners, by die hof op Modimolle wees waar haar beweerde aanvallers se saak weer voorkom. Hulle beoog om almal pienk klere te dra.

Bonnette het ook wéér dankie gesê vir die ondersteuning en liefde van die mense in die Waterberg-gemeenskap wat vir haar, haar dogter Angelique en haar eks-man, mnr. Rex Bonnette, deur dié moeilike tyd gedra het.

Sy is reeds terug by die werk nadat sy weke lank moes herstel van die beserings wat sy in die gru-voorval opgedoen het.

Sy voel só sterk dat sy eersdaags by ’n musiekdag by San Rock Lodge buite Modimolle ’n motiveringstoespraak gaan lewer, het ’n goeie vriendin van Bonnette, me. Elize Coetzer, gesê.

“Ina is baie sterk. Niks gaan haar onderkry nie.”

“Die musiekdag word deur die gemeenskap gehou om geld in te samel vir Bonnette se mediese onkoste. Sy móét nog verskeie operasies ondergaan om die skade wat sy in die aanval opgedoen het, te herstel,” het sy gesê.

Dit gaan ’n musiekkonsert wees waar die Nylstroom-mannekoor onder meer sal optree. Voor die konsert sal daar eers ’n motorfiets-optog deur die dorp wees ter ondersteuning van haar. Die verrigtinge begin om elfuur.

Toegangsgeld is R80 vir volwassenes en R50 vir kinders. Die publiek kan ook stalletjies huur teen R300. Die geld sal gebruik word vir Bonnette se fonds.

Kunstenaars wat belang stel om op te tree en mense wat wil uitstal, kan vir Coetzer bel by tel. 082 682 5396.

Coetzer het aan Die Pos gesê dat die gemeenskap só sterk voel oor die onreg wat die Bonnette-gesin aangedoen is dat hulle almal vandag (Vrydag, 10 Februarie) pienk klere gaan dra by die Modimolle-hof waar mnr. Johan Kotzé (50), haar vervreemde man, en nóg drie mans sal verskyn in verband met die voorval.

Al vier staan voorlopig tereg op 17 aanklagte waaronder moord, poging tot moord, sewe aanklagtes van verkragting, sameswering tot verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Landdros Hannes Stoffberg is op die bank.

? Mnr. Renier van Rooyen, senior staatsaanklaer by die Modimolle-hof, het aan Lucinda Viljoen van Die Pos gesê die vier beskuldigdes het hul op regshulp beroep.

“Hulle is geregtig om enige tyd ’n hofaansoek (vir borgaansoeke) te bring. Ons sal dit dan hanteer.

“Indien Kotzé en die drie verdagtes aansoek doen vir borg, sal die hof gereed wees om die aansoek te hanteer.” Volgens Van Rooyen duur die ondersoek voort. — LiN Nuus/Die Pos

Posted in General, Top StoriesComments Off

Staat moet kwaadwilligeid jeens Afrikaans staak

AfriForum het die departemente van Basiese Onderwys, Hoër Onderwys en Opleiding, asook Kuns en Kultuur in die besonder, maar die staat as geheel gemaan om die openlike vyandige houding jeens Afrikaans dadelik te staak en te sorg dat die voorgestelde Talewet gebalanseerd is.  Die versoek volg in reaksie op berigte dat die voorgestelde Talewet nou gewysig is om staatsdepartemente en nasionale entiteite te dwing om minstens drie amptelike tale te gebruik, waarvan twee ander inheemse tale as Afrikaans moet wees.  Dit beteken dat die derde taal Engels of Afrikaans sal wees, maar nie beide nie.

“In die praktyk sal Engels gekies word omdat dit reeds die taal is wat landswyd deur die staat op Suid-Afrikaners afgedwing word, hoewel dit die huistaal van bitter min Suid-Afrikaners is,” het Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê.  “Departemente het die vryheid om meer as drie tale te gebruik, maar koste-oorwegings maak dit onwaarskynlik dat dit dikwels sal gebeur tensy wetgewing so bepaal.  Dit is maar net nog ? voorstel wat deel vorm van ? doelbewuste aanslag teen Afrikaans wat die afgelope tyd deur staatsamptenare gevoer word.  Tevore is Afrikaans en die ander nege inheemse Suid-Afrikaanse tale benadeel deur die staat se verwaarlosing, maar nou is die handskoene blykbaar af en word Afrikaans spesifiek uitgesonder en geteiken.”

Bailey het verwys na nog voorbeelde van die politieke kwaadwilligheid van die regering jeens Afrikaans.  Onlangs is die uitspraak van die kant van Basiese Onderwys gemaak dat Afrikaans nie ? inheemse taal is nie en dus nie langer as tweede taal op skoolvlak aangebied kan word nie.  Verder ondervind Afrikaanse skole in verskeie provinsies groot druk om leerlinge in te neem wat Engelse onderrig verlang.  Die onderwysdepartemente voorsien dikwels nie die hulpbronne om die addisionele vereiste moontlik te maak nie en skoolhoofde wat hieroor kla, word geïntimideer.

In AfriForum se voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur wat op 17 Januarie 2012 aan die komitee voorgehou is, is beklemtoon dat AfriForum meertaligheid en moedertaalonderrig sterk voorstaan.  Die bevordering van een taal kan egter nie ten koste van ander taalgemeenskappe geskied, soos wat die departemente nou probeer afdwing nie.  Al wat deur die staat se pogings bereik word, is die verdere polarisasie van Suid-Afrikaanse gemeenskappe.

“Afrikaanssprekendes het ? grondwetlike reg tot hoë gehalte dienslewering en onderwys in hulle eie taal.  As die staat wetgewing, regulasies en intimidasie gebruik om die teendeel te laat geskied, moet diegene wat dit implementeer, gereed maak om AfriForum in die hof te ontmoet,” het Bailey gesê.

 

 

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

AfriForum launched campaign against government’s attack on Afrikaans schools

AfriForum has announced on 15 January that they’re launching a comprehensive campaign to counter government’s renewed attacks on Afrikaans as medium of education in schools. The campaign, Red Afrikaanse Skole (Save Afrikaans Schools), comprises a five-point plan that can be supported quite easily. This follows after all three of the schools in Fochville that still offer Afrikaans-medium education, had been informed by the Gauteng Department of Education that at the start of the 2012 school year, they will be forced to accommodate groups of English-speaking learners. Two of these schools already are filled to capacity, however the Department blatantly ignores this fact and is not prepared to have the English learners accommodated in only one of these schools either. It is not even prepared to negotiate the matter with the interested parties any longer.

According to Alana Bailey, deputy CEO of AfriForum, it is unacceptable for schools to be forced in this manner to provide English-medium tuition. “Time and again learners who demand English-medium education are forced into Afrikaans-medium schools for political reasons and the schools are then obliged to turn into parallel-medium institutions at their own cost. In the long run, these schools become English-medium institutions, with the result that there are even less schools where Afrikaans-speaking learners have access to the internationally recognised right to enjoy mother-language education in an Afrikaans cultural environment.”

AfriForum’s opinion that the education authorities specifically target Afrikaanse schools, according to Bailey is proven by the fact that not a single example can be found in South Africa of an English-medium school where the Minister or education authorities get involved to force it to change its language policy or to provide education to learners in any other language apart from English. AfriForum and the parents of the learners of Fochville have the greatest sympathy with the thousands of learners who do not have access to good quality education; however the argument of access is time and again being abused as handy excuse for undermining the language policy of Afrikaans schools. The racial card is then added by government, even though Afrikaans-medium schools very definitely do not accommodate white learners only. Afrikaans is not the home language of a single race and government would do well to take note of this fact. An artificial need for English education is created by government in order to further an anti-Afrikaans agenda, at the cost of all learners involved.

AfriForum has announced that it will provide the schools of Fochville with legal advice and is already donating R50 000 towards legal action in this regard.

As government’s actions also do not comply with internationally recognised minority rights, the campaign will be internationalised. Support for Afrikaans-medium education has already been promised from the Netherlands and Belgium.

The public and especially parents of Afrikaans-speaking learners are encouraged to take a strong stand against the Gauteng Department’s abuse of power. They can support AfriForum’s Red Afrikaanse Skole campaign by:

* Donating R10 towards legal action against the department’s abuse of power by SMS’ing the word SKOOL to 38655;

* Participating in the school governing bodies’ elections that will take place at all schools in March 2012;

* Enrolling children with Afrikaans as mother language in Afrikaans nursery, primary and high schools;

* Supporting organisations like FEDSAS (for school governing bodies) and the SAOU (for teachers);

* Signing the petition in favour of Afrikaans-medium education at www.afriforum.co.za.

- AfriForum.co.za

 

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

Sun City scam exposed

At least five people have collectively lost over a R100,000 in a suspected scam involving the sale of a timeshare at the Vacation Club in Sun City.

The owner of a unit at the club was advertising the holiday home in December over the internet.

One man, who had bought the timeshare from the owner of the unit had himself been advertising the holiday time in December.

He only later discovered that someone else had been sold a timeshare for the same unit over the same period of time.

Navesh Nagal lost R18000 and said he did not suspect anything, as the Vacation Club had confirmed his booking.

“A week before I was supposed to leave for the holiday, I was sent a lawyers letter stating he cannot fulfill his side of the deal.”

Holiday agent, Tasneem Sadad, lost R65000 when she bought timeshares from the man.

“It is sad to lose the money but calling the people and having to tell them that their accommodation has fallen through, is worse.”

Sun International’s Sue Clerk said the Vacation Club has launched a full scale inquiry.

“The Vacation Club has taken the situation very seriously and there is an investigation underway as we speak.”

The man believed to be behind the scam could not be found.

-iAfrica.com

Posted in GeneralComments Off

AfriForum dagvaar burgemeester

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het pas in die Noord-Gautengse hooggeregshof aansoek gedoen om die hersiening en tersydestelling van ? besluit deur die Mogalakwena-munisipaliteit (Potgietersrus) om ? senior amptenaar in sy pos te behou.  Die aansoek is op die munisipaliteit en die burgemeester beteken.

Die betrokke amptenaar is in 2011 afgedank nadat hy tydens ? interne verhoor skuldig bevind is op 26 aanklagte wat wissel van bedrog tot ongemagtigde uitgawes.  Die amptenaar het verskeie aansoeke in die arbeidshof gebring om die dissiplinêre verrigtinge te stop, maar was onsuksesvol in sy pogings.  Hy is gevolglik na die skuldigbevinding afgedank, maar is in November 2011 in sy pos heraangestel na ? meerderheidsbesluit deur die raadslede.

Die munisipale bestuurder en verskeie raadslede het die munisipale raad se aandag daarop gevestig dat hulle ? onwettige besluit sou neem deur die amptenaar weer in diens te neem.  Die Wysigingswet op Munisipale Stelsels van 2011 verbied die aanstelling van senior amptenare wat skuldig bevind is aan finansiële oortredings.

Posted in Agriculture, GeneralComments Off

Wildsfees back in all its glory

The annual Thabazimbi Wildsfees held at Thaba Park in Thabazimbi invites you back for another year of exhilarating fun and entertainment, for their 29th anniversary, which takes place from 27 to 28 April.

This year brings and introduces a spectacular line-up of activities, games, tours, competitions and quality South African live artists. Prepare yourself for adventure, entertainment, a massive beer garden, quad bikes, game demonstrations and competitions, tons of stalls and many more. These activities are just a hint of the many happenings at this year’s Wildsfees, which caters for all. Visitors can count on an exciting family weekend under the shaded trees and green lawns at Thaba Park.

The sponsors and organisers would like to extend an invitation to all the schools, businesses, charities etc. to get involved by making suggestions for activities or events that they would like to see at the Thabazimbi Wildsfees going forward. Please send your suggestions to michelle@hilltoplive.co.za

Tickets are going for different prices on each day, please go to www.thabaexpo.co.za for more information.

 

Posted in Business, EntertainmentComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 19.gif Thabazimbi Vloed 22.gif Hollandse Karnaval Prinsedans Visvang Miswolke oor Thabazimbi                                Thabazimbi Vloed 18.gif Dewside beer 4x4

Weather Forecast

May 18, 2012, 6:04 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools