Categorized | Sport

Thabazimbiërs op die dak van Afrika

Pieter de Klerk en Butch du Toit van Thabazimbi, was onder die 14 Mount Kilimanjaro-klimmers.

TANZANIË – ‘n Span van 14 bergklimmers het vanaf 10 tot 17 September 2011 die hoogste berg in Afrika en die hoogste vrystaande berg in die wêreld, Mount Kilimanjaro aangedurf.

Mount Kilimanjaro, wat bestaan uit drie vulkaniese kegels, Mawensi, Shira en Kibo, is slegs drie grade suid van die ewenaar in Tanzanië. Dit is 5895 m by sy hoogste punt die Uhuru piek op Kibo vulkaan. Al die vulkane is uitgesterf, behalwe vir die dormante Kibo waarby ‘n swaar reuk van swael hang.

Onder die klimmers was twee brawe Thabazimbiërs naamlik Pieter de Klerk en Butch du Toit.

Die klimmers het die Umbwe roete onder leiding van Sean Wisedale na die Uhuru piek gevolg. Sean is ‘n bekende avonturier en motiveringspreker wat alreeds al sewe die hoogste pieke in die wêreld geklim het.

Die roete, wat gesien word as een van die moeilikstes, begin in tropiese reënwoude, vorder deur onder andere ‘n bergwoestyn tot waar dit eindig tussen ysgletsers. Dit neem ongeveer sewe dae om die hele roete te voltooi. Klimmers moet fisiek en geestelik opgewasse wees vir die uitdaging. Natuur elemente soos koue, sneeu en reën speel ook ‘n groot rol bo-op die fisiese uitdagings wat met die hoogtes verband hou. Volgens die klimmers maak die ondervinding egter op vir enige ongemak.

Met ‘n wil asook kuite van staal, kan hierdie roete, wat as ‘n minder tegniese roete beskou word, aangepak word om helaas vergoed te word met die asemrowende uitsigte en mees dramatiese tonele wat die berg het om te bied.

Meer as 15 000 klimmers probeer jaarliks Mount Kilimanjaro uitklim, maar slegs ongeveer 40% van hulle bereik die bopunt.

Comments are closed.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thaba sterio Landbou Thabazimbi Vloed 38.gif Walter Neser 4x4 Marakele Thabazimbi Vloed 9.gif Marakele Thabazimbi Boogklub

Weather Forecast

May 18, 2012, 5:55 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools