Categorized | General

Rus in Vrede: Amanda de Lange

Amanda de Lange: 16-01-1968 tot 14-01-2012.

THABAZIMBI – Geskokte familie en vriende is in rou gedompel oor die skielike heengaan van Amanda de Lange op Saterdag 14 Januarie 2012.

Amanda was Saterdag op die Marakele-pad, buite Thabazimbi in ‘n ernstige motorongeluk betrokke en is uit die voertuig geslinger. Sy het later aan haar beserings beswyk.

Met goeie vooruitsigte sou Amanda en haar eggenoot, Douw, op Maandag 16 Januarie 2012, albei by Black Rock in die Noord-Kaap begin werk het… dieselfde dag waarop sy haar 44ste verjaarsdag sou vier.

Amanda se roudiens het op Donderdag 19 Januarie 2012 vanuit die Nederduitse Hervormde Kerk, Thabazimbi plaasgevind. Die diens is deur Ds Hennie van der Linde waargeneem.

Hiermee bedank Douw graag al die betrokke partye, naasbestaandes, familie en vriende vir die belangstelling, oproepe en smse tydens die afsterwe van Amanda. Haar heengaan laat ‘n groot leemte in die gemeenskap van Thabazimbi. Haar vriendelikheid en spontane geaardheid gaan deur almal gemis word.

Comments are closed.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Harley groep Thabazimbi skole Golf Wit leeus Ystervarkfees Bergfietswedren Vloede Thabazimbi Vloed 29.gif SDC12126 Thabazimbi Vloed 14.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 5:46 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools