Rhino Andalusite het hul personeel jaareindfunksie verlede jaar by Dewside Restaurant gehou. Gaste is met ‘n verwelkomingsdrankie en snapperye verwelkom waarna hulle aangesit het vir ‘n heerlike buffet-ete. Na die ete het die besoekers afgeskuif na die kroeg waar die DJ die gaste tot laat aan die gang gehou het.


