Categorized | General, Top Stories

R510 eis steeds lewens

Die Toyota Run X en groen Tazz wat ook in die ongeluk betrokke was.

NORTHAM – ‘n Ongeluk op Vrydag 25 November 2011 op die R510 ongeveer 10km voor Northam het die lewe van nog ‘n persoon geëis.

Die dodetal op dié pad vir die afgelope maand staan reeds op 18.

Volgens Northam Polisie het die enjinklap van mnr Luther Lombaard (32) se rooi Toyota Tazz in die ry oopgeruk en sy visie beïnvloed. Dit het veroorsaak dat die Tazz teen die kant van ‘n aankomende vragmotor gestamp het. Twee addisionele voertuie, ‘n wit Toyota Run X en ‘n groen Tazz het met dié van Lombaard gebots. Hy is op die toneel oorlede. Die ander twee bestuurders het ook beserings opgedoen, maar is stabiel.

Lombaard se roudiens word op Saterdag 3 Desember om 14:00 vanuit die Evangelie Kerk te Swartklip deur Dominee Willie Olivier gehou.

Sy ouers, sussies en vriende betreur sy afsterwe.

Foto’s verskaf deur Hennies Panelbeaters en Chantell Saunders.

Die ongelukstoneel op Vrydag 25 November net voor Northam.

Comments are closed.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Marakele Land Rovers Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 29.gif Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 33.gif Golf Kransberge Dewside beer

Weather Forecast

May 18, 2012, 5:44 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools