Categorized | General, Mining

Brandweerhelde word vereer

Kumba, Thabazimbi myn se nooddiensspan saam met hul brandweerhoof, mnr Henk Havenga, mnr Henry Ford en mnr Harry Barnard, Hoof Higiënis: Kumba.

THABAZIMBI – Die drie groot myne in die Thabazimbi area se brandweer- en nooddiensspanne is op Vrydagaand 25 November by Kumba se Bioskoopsaal vereer vir hul harde werk die afgelope jaar.

Mnr Henry Ford, wat tans die skakelbeampte tussen die myne is, het ‘n hartroerende toespraak gelewer tydens die Erkennings-geleentheid en het dit pertinent beklemtoon dat die gemeenskap van Thabazimbi baie dankbaar moet wees vir hierdie nooddienspanne.

Die nooddiensspan van Union Mine, Swartklip saam met hul brandweerhoof, Louis Botha.

Hierdie mense is opgeleide personeel wat beurtelings 24-uur nooddienste lewer aan die uitgebreide Swartklip, Amandelbult en Thabazimbi area. Hulle het hierdie jaar verskeie plase gered teen gewisse uitbranding, talle motorwrakke oopgesny met die lewenskake, by die mynhope met toue afgehang en het ook selfs ‘n keer of wat in die Krokodilrivier geduik, dit alles om lewens te red.

Hulle hoogs suksesvolle skyn reddingsoperasie vroeër vanjaar het die spanne instaat gestel om tekortkominge in die span en ook in hul reddingstoerusting op te spoor en kon die myne sedertdien hierdie leemte vul sodat hulle die nodige diens aan die gemeenskap kan lewer.

Die Kwêvoël bedank hierdie spanne namens die gemeenskap vir hul toewyding en diensbaarheid aan die wye Thabazimbi area. Die gemeenskap is trots om hierdie drie spanne, wat voortaan as die Crocodile Fire and Rescue team sal heet, in hul midde te kan hê.

Die nooddiensspan van Amandelbult Myn saam met hul brandweerhoof, Johan Pieterse.

Comments are closed.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Euro Chopper Marakele 4x4 Eco Thabazimbi Vloed 26.gif SDC12099 Kransberg water poel Thabazimbi Vloed 37.gif Vloede Vloede 4x4

Weather Forecast

May 18, 2012, 5:20 am
Clear
Clear
9°C
real feel: 5°C
humidity: 39%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2012
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools