Categorized | General, Top Stories

Oorstromings onvermydelik

Riete het Rooikuilspruit so toegegroei dat mens nie eens die bodem van die spruit kan sien nie. Met swaar reën wat verder in die seisoen te wag te kan wees, gaan hierdie riete ‘n probleem veroorsaak deurdat die water nie vinnig genoeg weggevoer sal kan word nie.

THABAZIMBI – Alles dui daarop dat ons ‘n baie goeie reënseisoen kan verwag. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die swaar neerslae wat reeds in sommige plekke ondervind word, die gevolg van die La Niña weerverskynsel, die teenoorgestelde van die El Niño wat die oorsaak van talle droogtes wêreldwyd is. In en om Thabazimbi het neerslae gewissel van 25mm tot sowat 44mm.

Hierdie verskynsel sal vanaf Januarie tot Maart versterk en heelwat meer reën kan ook in Limpopo verwag word. Die hoër reënval sal ook talle oorstromings meebring en mense in laagliggende gebiede moet hulself maar hierop voorberei.

In Thabazimbi is die situasie betreffende Rooikuilspruit, wat deur die dorp vloei, ook nie opgelos nie. Volgens die verslag deur raadgewende ingenieurs wat die munisipaliteit reeds etlike jare gelede ontvang het was die aanbeveling dat Rooikuilspruit totaal gekanaliseer moes word.

Dit is in ‘n mate gedoen maar niks word gedoen omtrent die riete wat die spruit ingeneem het nie. Een van die aanbevelings van die verslag was dat die riete gereeld verwyder moet word aangesien dit die watervloei in die spruit vertraag.

Nog ‘n aanbeveling was dat die bruggies in Judithstraat en by die munisipale werkswinkels deur drifte vervang moet word om te verseker dat die water nie daar gestuit word deur die pype onderdeur die pad nie. Dit, gekombineer met die riete wat die spruit toegroei, kan ernstige oorstromings stroomop vanaf die ambulansstasie tot verby Hamerkopstraat veroorsaak.

Comments are closed.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

SDC12115 Thabazimbi Vloed 30.gif Lugvertonings SDC12119 Marakele Land Rovers SDC12148 Jaggeweerskiet Thabazimbi Expo 2.JPG Wit leeus Golf

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:55 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 5°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

January 2012
M T W T F S S
« Nov   Feb »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools