Archive | January, 2012

Jam-tar Toy Run

NORTHAM – The annual Jam-tar Toy Run will be held tomorrow, 26 November, at Mawala Lodge just outside Northam.

Al bikers, 4-wheelers and 4×4 vehicles are welcome. You need to donate any soft toy, educational toy, non perishable items, toiletries or disposable nappies in return for a beer, cider or cold drink.

Starting time is 15:00 and Braai-packs will be available at R10 per pack. The income from this will be donated to Thabang Children’s Project.

There will be lots of entertainment as well as some live music.

For more information contact Esmari at 079 526 3920.

Posted in Entertainment, GeneralComments Off

Rooikuilspruit riete

Oorstromings onvermydelik

Riete het Rooikuilspruit so toegegroei dat mens nie eens die bodem van die spruit kan sien nie. Met swaar reën wat verder in die seisoen te wag te kan wees, gaan hierdie riete ‘n probleem veroorsaak deurdat die water nie vinnig genoeg weggevoer sal kan word nie.

THABAZIMBI – Alles dui daarop dat ons ‘n baie goeie reënseisoen kan verwag. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die swaar neerslae wat reeds in sommige plekke ondervind word, die gevolg van die La Niña weerverskynsel, die teenoorgestelde van die El Niño wat die oorsaak van talle droogtes wêreldwyd is. In en om Thabazimbi het neerslae gewissel van 25mm tot sowat 44mm.

Hierdie verskynsel sal vanaf Januarie tot Maart versterk en heelwat meer reën kan ook in Limpopo verwag word. Die hoër reënval sal ook talle oorstromings meebring en mense in laagliggende gebiede moet hulself maar hierop voorberei.

In Thabazimbi is die situasie betreffende Rooikuilspruit, wat deur die dorp vloei, ook nie opgelos nie. Volgens die verslag deur raadgewende ingenieurs wat die munisipaliteit reeds etlike jare gelede ontvang het was die aanbeveling dat Rooikuilspruit totaal gekanaliseer moes word.

Dit is in ‘n mate gedoen maar niks word gedoen omtrent die riete wat die spruit ingeneem het nie. Een van die aanbevelings van die verslag was dat die riete gereeld verwyder moet word aangesien dit die watervloei in die spruit vertraag.

Nog ‘n aanbeveling was dat die bruggies in Judithstraat en by die munisipale werkswinkels deur drifte vervang moet word om te verseker dat die water nie daar gestuit word deur die pype onderdeur die pad nie. Dit, gekombineer met die riete wat die spruit toegroei, kan ernstige oorstromings stroomop vanaf die ambulansstasie tot verby Hamerkopstraat veroorsaak.

Posted in General, Top StoriesComments Off

Remofilwe

Reversing car kills 5-year old

Remofilwe Isabella Mojawesi was killed by a reversing car in Extension 4, Regorogile.

REGOROGILE – Tragedy in the Regorogile Township community, struck yet again, after a 5 year old girl was killed by a reversing car, only weeks after a Gr 1 learner from Ysterberg Primary died after Jaywalking.

Remofilwe Isabella Mojawesi came home from her day at the creche on Tuesday 22 November at 17:00 and went to play outside with the other neighbourhood’s children. About 45 minutes later, her mother heard neighbours screaming and yelling. She ran outside to find her child laying on the ground after being hit by a car.

According to an eye witness, the driver of the Nissan Sentra reversed and lost control of his vehicle at the curve where the children were playing. He hit little Remofilwe as well as a little boy, but instead of stepping on the break, he stepped on the accelerator. The little boy managed to escape with minor injuries, but Remofilwe’s head hit the pavement and was carried underneath the vehicle.

Mr Khlagiso Lesenya, Remofilwe’s father, received a phone call to go to Thabazimbi Hospital. Minutes after Remofilwe was taken to the Hospital, she died due to the severity of her injuries.

A lot of questions were raised by the community as well as the grieving family. According to them, normal accident procedures weren’t followed. Not by the driver and not by the Police. Instead of phoning an ambulance, the driver of the vehicle took Remofilwe to the Hospital himself, perhaps causing more harm than good. Lesenya said that no policemen questioned him or his family regarding the incident, no arrest has been made and the driver’s blood alchohol wasn’t tested after the accident. Police only arrived at the scene of the accident a day after the accident, after Lesenya had to phone them continuously.

Remofilwe was Lesenya’s only child.

Remofilwe Isabella Mojawesi’s funeral will be held on Saturday in Regorogile.

Pastor Joseph Kock from the Elpis Ministries and his congregation, together with the community of Thabazimbi and Regorogile wishes to extend their condolences to little Remofilwe’s family.

Posted in General, Top StoriesComments Off

Thaba Solar

Thaba Solar

Promosie Artikel

Die vriendelike personeel van Thaba Solar, vlnr: van Vuurens (tegnies) en Gert Visser (bemarking en verkope).

THABAZIMBI -  Thaba Solar bedryf ‘n besigheid in hernubare energie deur sonkrag.  Dit is ‘n gevestigde besigheid wat alreeds die afgelope 6-jaar vanuit Thabazimbi genereer.  Daar word gefokus op alle sonkrag produkte en installasies.  Dit sluit in “Grid en Off-Grid” installasies van omsetters, sonpanele, batterye en reguleerders.  Die besigheid word in twee dele bedryf nl. Thaba Solar en Thaba Geyser.

Met ‘n toenemende belangstelling in die gebruik van sonkrag, het Thaba Solar besluit om ‘n kantoor in Thabazimbi te vestig.  Vir die afgelope jaar dus is inligting en navrae maklik bekombaar.  Alle sonkrag produkte word hier verkoop.  ‘n Nuwe toevoeging tot hul produkte is Sonkrag water verhitting-stelsels.  Hul hanteer dus die installering van Son geysers en Hitte Pompe.

Sonkrag verwys na energie wat opgewek word deur die son en omgeskakel word in hitte wat elektrisiteit vrystel.  Skoonlug is belangrik en sonkrag sisteme is skoon, duursaam en met aardverwarming op almal se lippe is dit voordelig om ‘groen’ te wil lewe.  Dan met die afgelope verhogings in Eskom krag, word dit alhoemeer koste effektief om in sonkrag te belê.  ‘n Goeie kwaliteit stelsel, reg gekwoteer en geïnstalleer, het ‘n lewensduurte van ± 20 jaar.

By Thaba Solar glo ons in kwaliteit en daarom voorsien ons aan ons kliënte die allerbeste produkte op die mark.  Die omsetters en reguleerders is ‘n Amerikaanse konsep vervaardig na deeglike navorsing en ontwikkeling.  Die sonpanele word in Duitsland vervaardig, ‘n 1ste-Wêreld-land wat ontwikkeling betref, ander vér vooruit is.

Heelwat onkunde wat bestaan rondom die gebruik van sonkrag.  Daar is verskillende produkte en nie almal is reg ingelig om die korrekte produk aan te koop nie.  Dit is dus belangrik om jouself goed te vergewis van produkte op die mark en wat elkeen se werking is.  So kry mens byvoorbeeld ‘n “Sine-Wave” en “Modified Sine-Wave” omsetters.  Elkeen het verskillende gebruike en toepassing.

Thaba Solar verskaf dus die volledige oplossing aan kliënte wat sonkrag wil gebruik.  Dit kan dien as ‘n ‘back-up’ tydens kragonderbrekings;  of gedeeltelike krag voorsiening wat lei tot besparing op elektrisiteit deur die installering en gebruik van ‘n “son geyser’;  of jy kan jou hele huishouding oorskakel op sonkrag en sodoende op die lange duur ‘n besparing op elektrisiteits rekenings bring.

Thaba Geyser  fokus op Sonkrag-verhittings-stelsels wat gebruik word vir enige aanwending op plase asook in die resedensiële gebied.  Thaba Geyser is ‘n agent vir Tasol Solar wat die vinnigste groeiende Sonkrag-verhittings-stelsels maatskappy in Suid Afrika is.  Die hoë druk stelsels is in Duitsland ontwerp en vervaardig en voldoen aan al die SABS standaarde.  Tasol is geregistreer by Eskom vir die rabat stelsel, sodoende word die rabat afslag stelsel toegepas.  Tasol is ‘n borg van Jakaranda “Good Morning Angel” en ook te siene op Kyknet. Namens die kliënt word daar by Eskom aansoek gedoen vir rabat en sodoende vergemaklik op al die prosesse in die verkryging daarvan.  Verskillende opsies om van die huidige geyser na sonkrag geysers oor te slaan, is beskikbaar asook die installering van die ‘Hitte pomp’ wat ekonomies voordelig is en ‘n besparing in die gebruik van krag meebring.  ‘n Besparing van tot en met 75% van warm water verhitting.  Installerings, natuurlik in Thabazimbi, is reeds in Northam, Ellisras en ander areas in die omgewing gedoen.

Die personeel van Thaba Solar probeer voorsien in elkeen van hul kliënte se behoeftes.  Gee persoonlike aandag en probeer oplossings vind wat uniek is aan elkeen se behoeftes.  Ons verskaf gratis advies en raad om u behoeftes te bepaal en ‘n oplossing te vind.  Die personeel van Thaba Solar is tegnies professioneel opgelei met 20 jaar ondervinding en doen ook herstelwerk aan Omsetters, Son Panele en Reguleerders.  Professionele advies word gratis verskaf en saam vind ons oplossings vir u sonkrag probleme.

Verhoog die waarde van u eiendom deur oor te skakel na Sonkrag.  Op die langeduur betaal die belegging vir homself.  Uitleg op die korttermyn gereken is nie sakpas nie, maar oor ± 2-jaar, sal u van oor tot oor glimlag vir die besparings op u elektrisiteitsrekening.  As ‘n gebruiker van sonkrag, kan ek dit aanbeveel.

Vir enige navraag kontak Gert Visser by 014 772 1539 of 083 326 9819. Adres: No5 Medicum Gebou, Watsonia Str no9, Thabazimbi.

Posted in Business, GeneralComments Off

Da 1 store

Kom loer in by “Da 1 Store”

Promosie Artikel

Die vriendelike personeel van “Da 1 Store” in die Standard Bank Sentrum, vlnr: Corry Sprinkhuizen (eienaar), Clementhy Annandale en Ephesia Moalosi nooi die inwoners van Thabazimbi uit om hul nuwe winkel te besoek.

THABAZIMBI – Die Bosveld het ‘n besonderse winkel ryker geword met die opening van “Da 1 Store” in die Standard Bank Sentrum op Donderdag 24 November.

Mnr Corry Sprinkhuizen, eienaar van “Da 1 Store”, al die pad van Bapsfontein, het met Kwêvoël gesels oor die aard en doelwit van sy unieke winkel. Volgens Spinkhuizen wil hy ‘n breë mark bereik deur die verskeie items in “Da 1 Store”. Soos die naam ook aandui, is daar allerlei items op die rakke, van tuingereedskap tot babaprodukte. Die pryse is ook uiters kompeterend en vele spesiale aanbiedings word oor die Kersseisoen aangebied.

In die een gedeelte van “Da 1 Store”, is die allerfraaiste skoolbanke vir die jongspan en word verkoop vanaf R380 per skoolbank. Verstellings aan die bankie se planne is ook moontlik sodat dit eerder ‘n eetbankie vir ‘n peuter kan wees. Kindersport speelgoed vanaf R35 is in oorvloed, ook goedkoop, kwaliteit plastiekware, kinderstoeltjies (R35), sonkrag tuinliggies (vanaf R50), tuingereedskap, tuinslange (R100 vir 20m), Kirkwood braaitoerusting en braairoosters (vanaf R80), tuinbankies vir die jongspan en La Gio Bella badkamer bykomstighede vanaf R120. ‘n Groot besending babaprodukte word Maandag verwag met groot name in die industrie, soos Nuk en Angel Care wat hul verskyning op die rakke sal maak.

Vir die nabye toekoms word ‘n biltonghoekie met wilds- en beesbiltong, kabanossies en droëwors beplan, asook ‘n roomys en koeldrank gedeelte wat almal in die warm Sentrum kan lawe.

“Da 1 Store” se besigheidsure is Maandae – Vrydae 08:00 – 17:00 en Saterdae 08:00 – 12:00. Die winkel is gesluit op Sondae en Openbare vakansiedae. Hierdie “algemene” winkel, is beslis nie alledaags nie, kom maak gerus ‘n draai en bring maar genoeg kontant saam…

 

Posted in Business, GeneralComments Off

Tzaneen Sprint Gala

Thaba Flyers skop af met Sprint Gala

Die swemmers wat aan die Tzaneen Sprint Gala deelgeneem het, voor vlnr: Nathan Keany, Liandi Pienaar, Anmarie Schutte, Wilmien Schutte, Lourens Boshoff, ZW Pienaar en Michaela Keany. Agter vlnr: Nikky Keany, Johan Bezuidenhout, Hendrik du Plessis, Nesta Schutte en Sonja Bezuidenhout.

POLOKWANE – Gedurende die naweek van 4-5 November het Thaba Flyers Swemklub 11 swemmers gehad wat aan die Tzaneen Sprint Gala in Polokwane deelgeneem het.

Hierdie was die swemmers se eerste gala van die seisoen en het hulle nieteenstaande puik presteer en almal goeie tye geswem. Altesame is daar ses medalje gewen. Nesta Schutte wen drie brons vir 50m Rugslag, 50m Borsslag en 50m Vryslag en verower derdeplek in O/15’s Gala. Johan Bezuidenhout wen brons vir 50m Vlinder en 50m Rugslag. Anmarie Schutte wen brons vir 50m Borsslag.

Die medalje wenners tydens die Tzaneen Sprint Gala, vlnr: Johan Bezuidenhout, Anmarie Schutte en Nesta Schutte.

Posted in SportComments Off

47-Pieter Jooste

Ou Dwaalboom inwoner groet

PRETORIA – Pieter Jooste, ou inwoner van Dwaalboom, is op Woensdag 2 November 2011 oorlede en is op 9 November 2011 in Bothaville ter ruste gelê. Hy laat sy verloofde Adre Human, sy pragtige dogters Lianie Human en Jadene Roods, ook sy Moeder, broer en 2 susters agter. “Pappa ons gaan jou so mis”

Pieter Jooste en Adre Human.

Posted in GeneralComments Off

Org en Joey Ehlers

Oupa vier 85ste

THABAZIMBI – Oom Org Ehlers is op 23 November 1926 in Heystekrand (Pilansberg) area gebore.

Op 19 jarige ouderdom het hy saam sy ouers en suster begin boer op Karoobult, Koedoeskop. Hy was ‘n suksesvolle boer vir 59 jaar en het groot trots gehad vir sy waatlemoene en spanspekke. Saam met sy vrou Tannie Joey het hy ook 30 jaar lank  die gemeenskap gedien deur die kinders van Laerskool Koedoeskop te vervoer.

Oom Org en Tannie Joey was 56 jaar getroud. Sy is op 6 Oktober 2011 aan kanker oorlede en sou 24 Desember vanjaar hul 57 jarige huweliksherdenking gevier het. Oom Org het 4 kinders, 11 kleinkinders, 6 agter-kleinkinders (sover).  Hy en Tannie Joey het in 2004 Thabazimbi toe getrek, waar hy steeds woonagtig is.

Sy familie en vriende wens hom ‘n gelukkige 85ste verjaardag toe, en hoop dat hy verder gese‰nd sal wees in die jare wat voorlˆ.  “Ons is baie lief vir Oupa!”

Oom Org (85) en tannie Joey Ehlers.

Posted in GeneralComments Off

Annelie van Wyk

Annelie vier 83 jaar

Baie geluk aan Mamma Annelie van Wyk wat haar 83ste verjaarsdag op Vrydag 25 November vier. Haar dogter, Mari Meintjes en gesin asook seun Theo van Wyk en gesin wens haar ‘n wonderlike nuwe lewensjaar toe.

Posted in GeneralComments Off

KunsteGrot borrel in 2012

THABAZIMBI – 2011 is vinnig op pad na die eindstreep. Volgens Rita Volschenk van die KunsteGrot was dit ‘n vol jaar en bedank sy graag al die getroue ondersteuners sowel as borge, “mag ons saam ook die nuwe jaar vol vertroue tegemoet gaan.” Sê sy.

Die jaar begin op ’n hoë noot op 12 Januarie met ’n heerlike wynproe en Kunsuitstalling. Die landskapskilder en natuurfotograaf Gerrit Pitout se werke kan besigtig word tot Saterdag 14 Januarie. Dié geleentheid is spesiaal om nuwe borge en donateurs aan boord te verwelkom en almal te bedank.

Pick n Pay en Thaba Tholo word ook hartlik bedank. Met hulle hulp kan die KunsteGrot se deure vir nog ‘n jaar wa-wyd oop bly. Ook Bertie Joubert en Dr Andries Buys asook die anonieme donateur wat gesorg het dat ons 2011 enduit kan sien, word opreg waardeer.

Trek nou die nuwe dagboek nader en omkring die volgende datums vir die eerste ses maande met rooi. Hou Kwêvoël dop en bespreek vroegtydig. So kan elkeen help dat daar vir die gemeenskap net kwaliteit vermaak op die planke gebring word.

25 Februarie – Elsabé Zietsman met Dis koue kos skat; 20 Maart – Chris Chameleon

April – Toneelweek met RiVoToneel – 3 komedies; 26 Mei – Grafsteensangers en 23 Junie – Navi Redd.

Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559 of rivol@telkomsa.net Volg ons op Facebook/KunsteGrot.

Posted in EntertainmentComments Off

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

SDC12116 4x4 by Thabazimbi Expo SDC12119 Oppikoppi Lugvertonings Thabazimbi Vloed 6.gif Paragliding Kransberge Thabazimbi Vloed 18.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:48 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 5°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

January 2012
M T W T F S S
« Nov   Feb »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools