Categorized | General

Thaba groet Jan Trekker

Die bekende sakeman, “Jan Trekker” (63), is op Vrydag 16 September oorlede.

THABAZIMBI – Elardus Erasmus Daniel Snyman (63), beter bekend as Jan Trekker, is op Vrydag 16 September 2011 skielik oorlede.

Die wat hom geken het, sal hom altyd onthou vir sy humor, streke en poetsbakkery. Hy is gebore te Pretoria op 10 Oktober 1947, op Krugerdag soos dit vroeër bekend gestaan het en het sy skoolloopbaan op Warmbad voltooi. Na skool het hy sy vakleerlingskap begin by Park Trekkers in Nylstroom.

Hy het vandaar die hele bosveldomgewing se velddienste gedoen en later te Anderson & Flitton in Rustenburg gaan werk. Thabazimbi omgewing was een van die velddiens areas en sodoende het hy die mense van die omgewing goed leer ken.

Hy het in 1997 verhuis na Thabazimbi waar hy sy besigheid, Jan Trekker, bedryf het. Vanaf 2000 lei hy sy seun, Jaco, op in die trekkerbedryf, waar pa en seun skouer aan skouer werk. In 2009 tree hy af in Rooiberg en bestuur Jaco die besigheid verder.

Hy laat sy ma Nellie Snyman, sy lewensmaat Magda, drie seuns Jaco, Wimpie en Deon, skoondogters Elsie en Liezel en ses kleinkinders Michelle, Anina, Melandie, Karien, Jean en Gerhard na.

Die roudiens word op Vrydag 30 September 2011 om 11:00 te NG Kerk Thabazimbi gehou, die diens word waargeneem deur ds Dirk Lauffs.

Leave a Reply

Download Die Kwêvoël in PDF

List your business free

Thabazimbi Business Directory

Follow us on Facebook

Top content

Ads

Archives

October 2011
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31