Categorized | General

Skaarswild behaal nuwe rekords by wildveiling

VAALWATER – Die tweede Jaarlikse skaarswild veiling van Trophy Breeders het plaasgevind op Vrydag 19 Augustus 2011 by die veilingskrale van Mpatamacha by Melkrivier naby Vaalwater.

Hierdie veiling was weereens gekenmerk dat dit ‘n unieke aanbod van skaarswild was. Die telers het beslis van hul allerbeste genetiese materiaal aangebied wat ongekende belangstelling uitgelok het. Kopers vanoor die hele land het die veiling bygewoon. ‘n Ongewone groot verskeidenheid skaarswild is aangebied wat die veiling laat uitstaan as een van die mees uitsonderlike wildveilings in SA. Dit het tot gevolg gehad dat ‘n uiters suksesvolle veiling aangebied was.

Die verkopers het bestaan in persone van Ammondale (Barry en Magda Streicher), Buffalo Creek (Hannes en Wicus Pretorius), Dries Visser Game Breeders (Dries Visser snr en jnr), Exotic Game Breeders (Miquel Ferreira en Lee Cannata), Genuis Loci (Willie en Christa Saayman), Motswere Game Ranch (Jan en Elsa van den Heever), Palala Game Ranch (André, Jurie en Arnold du Plessis), Pymat (Pieter Prinsloo). Gasverkopers was: Inkwe Valley (Riaan Kotze), Pretklop Boerdery (Jannie Klopper), Landelani Lodge (MW de Jager). Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Bosveld (Potgietersrus) met Willie Roux as die afslaer.

SA Rekords as volg: ‘n Goue wildebeeskoei van Pymat Game Ranch word aan Tirade Props (Pty) Ltd verkoop teen R630 000 (vorige rekord R525 000). ‘n Buffelkoei en kalf van Motswere Game Ranch word teen R2 050 000 verkoop aan Shambala Game Ranch (vorige rekord R1 250 000). Die Zambiese Swartwitpens koeie en kalwers van Dries Visser verkoop teen R850 000 aan Dorinkop Boerdery en ewenaar die vorige rekord.

Pryse wat behaal was vir teelgroepe en vroulike diere in hokke is as volg: sewe basterhartbeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R11 286. Tien buffelkoeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R413 000, vyf koeie en kalwers verkoop teen ‘n gemiddeld van R800 000, agt buffelverse verkoop teen ‘n gemiddeld van R365 000, vyf goue wildebeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R552 000, 13 hartwater springbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R12 770, vyf Livingstone elandkoeie en vier –kalwers verkoop teen ‘n gemiddeld van R44 000, nege Livingstone elandkoeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R34 000, 22 njalas verkoop teen ‘n gemiddeld van R6646, nege swart rooibokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R126 667, vyf swartrooibokooie verkoop teen ‘n gemiddeld van R192 000, 16 swartwitpens (teelgroepe) verkoop teen ‘n gemiddeld van R173 125, twee Zambiese swartwitpenskoeie en kalwers verkoop teen ‘n gemiddeld van R850 000. Die manlike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: Een basterhartbees teen R75 000, 10 split gene jong blouwildebeeste teen R4000, vyf volwasse buffels teen R304 000, vier jong buffels teen R67500, een goue gemsbok teen R340 000, drie goue wildebeeste teen R540 000, een koedoe teen R20 000, 10 Livingstone elande teen R16 000, drie njalas teen R8 000, een rooibok teen R3500, vyf swart rooibokke teen R166 000, een volwasse swartwitpens teen R26 000, 12 jong swartwitpense teen R19 607, een volwasse Zambiese swartwitpens teen R275 000, ses jong Zambiese swartwitpense teen R206 667 en een waterbok teen R9000.

Die totale omset vir die hokveiling het R29 468 200 beloop.

Die teelgroepe en vroulike diere per katalogus het die volgende gemiddelde pryse behaal: drie bastergemsbokverse teen R145 000, 10 bastergemsbokkoeie en twee kalwers teen R124 000, vyf basterhartbeeste teen R10 000, een buffelkoei teen R120 000, een buffelvers teen R255 000 en ses swart rooibokke teen R122 500. Die manlike diere per katalogus het die volgende gemiddelde pryse behaal: twee bastergemsbokke teen R22 500, een swartwitpens teen R30 000 en twee renosters teen R135 000.

Die totale omset vir diere per katalogus was R 6 555 000 wat die totale omset vir die veiling op R36 023 200 te staan gebring het.

Leave a Reply

Download Die Kwêvoël in PDF

List your business free

Thabazimbi Business Directory

Follow us on Facebook

Top content

Ads

Archives

September 2011
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930