Categorized | General

SA rekord vir 22ste Wildveiling

SUN CITY – Die 22ste wildveiling vir Sun City wildveilings is op 15 Julie op Oasis Ostrich Farm te Predator Word ongeveer 6km buite Sun City gehou.
Sun City wildveiling behoort aan mnre Mike Englezakis en sy seun Dimo.

Mike Englezakis se eerste veiling het reeds in 1982 plaasgevind. Hy het ‘n paar jaar oorgeslaan waar hy nie ‘n veiling aangebied het nie. Naas Peter en Howard Knott van Tshipise is die veiling die tweede oudste veiling in Suid-Afrika.

Mnre Englezakis beskik ook oor ‘n Oos-Afrika buffelkudde waaruit kuddes in die land hulle oorsprong gehad het.

Hy het dan ook twee van die buffelkoeie aangebied. Een van hulle het ‘n horinglengte van 37½” gehad en is verkoop vir ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys van R 2.7 miljoen, terwyl die ander een se horinglengte 35” was, sy het ‘n klein bulkalf by haar gehad en hulle is vir R 2.2 miljoen verkoop, wat werklik illustreer welke uitstaande kudde dit is.

Soos gewoonlik was daar kopers vanoor die hele land teenwoordig.

Hierdie was werklik die suksesvolste veiling wat mnr Englezakis nog aangebied het.

SA rekords wat verbeter was: Oos-Afrika Buffelkoei se rekord is verbeter van R1.75 miljoen tot R2.7 miljoen. Goue wildebeesbul se rekord is verbeter van R850 000 tot R900 000 terwyl rooi ribbokke se rekord met R500 verbeter is van R4500 tot R5000.

Buffelkoeie is aangekoop deur mnr Hanru Strydom van Shambala Game Reserve. Die Goue Wildbeesbul is aangekoop deur mnr Durand Botha van Thabamanzi en die Rooi Ribbokke deur mnr Willie Broodryk.

Die veilingspryse vir familiegroepe en vroulike diere was as volg: sewe blesbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R1843, vyf wit blesbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R3050, 19 blouwildebeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R11 632, 11 blouwildbeeste (split gene) verkoop teen ‘n gemiddeld van R112 728, agt elande verkoop teen ‘n gemiddeld van R5188, 24 gemsbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R4844, vyf goue wildebeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R520 000, 27 koedoes verkoop teen ‘n gemiddeld van R3367, vyf njalas verkoop teen ‘n gemiddeld van R7100, vier rooi ribbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R5000, 45 rooibokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R1221, 11 rooihartbeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R4728, een swartwitpens koei verkoop teen R180 000, drie swartwitpens verse teen ‘n gemiddeld van R150 000, elf volstruise verkoop teen ‘n gemiddeld van R1600, vyf waterbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R5000.

Die veilingspryse op bulle en ramme was as volg: 19 blouwildebeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R3198, een jong Oos-Afrika buffel verkoop teen R80 000, vyf elande verkoop teen ‘n gemiddeld van R12 000, drie goue wildebeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R850 000, vyf koedoes verkoop teen ‘n gemiddeld van R8960, drie njalas verkoop teen ‘n gemiddeld van R9117, een jong swartwitpens verkoop teen R25 000 terwyl twee waterbokke teen ‘n gemiddeld van R10625 verkoop.

Die afslaer was Willie Roux.

Die totale omset vir die veiling was R12 941 975.

Leave a Reply

Download Die Kwêvoël in PDF

List your business free

Thabazimbi Business Directory

Follow us on Facebook

Top content

Ads

Archives

August 2011
M T W T F S S
« Jul   Sep »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031