Categorized | Business

5 Nuwe SA Rekords vir WRSA se wildveiling

BELA-BELA – Die jaarlikse wildveiling van die WRSA het weer plaasgevind by Warmbad (Bela-Bela) op Saterdag 14 Mei.

Die veiling is aangebied in die hokke van Thaba Manzi wat behoort aan mnr Hans Kooy. Dit was weer eens ’n baie groot aanbod van wild wat baie kopers gelok het sover as Natal. Die opset van mnr Kooy was uitstekend en was die diere in ’n pragtige toestand wat tot gevolg gehad het dat 5 S A Rekords verbeter is. Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Bosveld te Potgietersrus (Mokopane). Die pryse was as volg.

5 Nuwe SA rekords word opgestel, naamlik: Blou Duiker teen R10 000, vorige rekord R3 700, Goue Wildebees Familiegroep teen R550 000, vorige rekord R320 000, Goue Wildebees Bul teen R850 000, vorige rekord R725 000, Swart Rooibok Ram teen R200 000, vorige rekord R160 000 en Blou Kraanvoël teen R17 000, vorige rekord R15 000.

‘n Muskeljaatkat was die eerste keer op veiling en het onder die hamer gekom vir R1 500.

Vir Wild in hokke (teelgroepe), is die volgende pryse behaal:
Twintig blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1 253, 18 wit blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1050, 12 blouwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R3100, twee bosbokke teen ‘n gemiddeld van R5300, drie kameelperde teen ‘n gemiddeld van R16 000, 13 koedoes met ‘n gemiddeld van R3277, 24 njalas teen ‘n gemiddeld van R5946, 95 rooibokke teen ‘n gemiddeld van R856, 13 rooihartbeeste teen ‘n gemiddeld van R4300, 16 sebras teen ‘n gemiddeld van R4682, 24 swart springbokke teen ‘n gemiddeld van R1000, 9 swart rooibokke teen ‘n gemiddeld van R163 334 met die hoogste teen ‘n prys van R190 000 vir een swart rooibok, drie swartwitpense teen ‘n gemiddeld van R110 000, 30 volstruise teen ‘n gemiddeld van R2300 en 35 hartwater springbokke teen ‘n gemiddeld van R8072.

Vir manlike diere in hokke, is die volgende pryse behaal:
Agtien blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1162, 10 wit blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1175, 10 blouwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R2725, een buffel teen R150 000, twee jong buffels teen ‘n gemiddeld van R35 000, een eland teen R10 000, vier kameelperde teen ‘n gemiddeld van R7750, twee koedoes teen ‘n gemiddeld van R10500, 14 njalas teen ‘n gemiddeld van R7679, 65 rooibokke teen ‘n gemiddeld van R781, twee rooihartbeeste teen ‘n gemiddeld van R4300, twee swartwitpense teen ‘n gemiddeld van R58750 en een waterbok teen R8000. Die totale omset vir wild in hokke was R3 498 000.

Vir katalogus wild is die volgende pryse behaal: Teelgroepe: vyf baster hartebeeste teen ‘n gemiddeld van R17 000, 60 blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1234, vyf elande teen ‘n gemiddeld van R4500, twee goue wildebeeste teen ‘n gemiddeld van R550 000, 11 Livingstone elande teen ‘n gemiddeld van R26410, 12 sebras teen ‘n gemiddeld van R4792, 40 blouwildebees split teen ‘n gemiddeld van R39175, vyf hartwater springbokke teen ‘n gemiddeld van R10000, twee blou kraanvoëls teen ‘n gemiddeld van R17 000 en twee muskeljaatkatte teen ‘n gemiddeld van R1500. Vir manlike katalogus wild: tien blesbokke teen ‘n gemiddeld van R1500, een volwasse buffel teen R800 000, twee jong buffels teen ‘n gemiddeld van R45000, een blou duiker teen R10000, een goue wildebees teen R850 000, vyf koedoes teen ‘n gemiddeld van R18 200, drie Livingstone elande teen ‘n gemiddeld van R23 667, een jong renoster teen R100 000, een swart rooibok teen R200 000, een waterbok teen R7000 en drie swartrug rooibokke teen R83 334. Die totale omset vir wild in katalogusse was R5 767 000. Die totale omset van die veiling het te staan gekom op R9 266 100.

Leave a Reply

Download Die Kwêvoël in PDF

List your business free

Thabazimbi Business Directory

Follow us on Facebook

Top content

Ads

Archives

May 2011
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031