
Die twee dames wat ‘n stigtingsvergadering vir ‘n Thabazimbi-tak van die Suid-Afrika Koekversieringsgilde beplan, Erica Fourie en Annette Botha. Op die tafel is die gereedskap wat hulle gebruik om die suikerkuns items te maak.
THABAZIMBI – ‘n Nuwe tak van die Suid-Afrikaanse Koekversieringsgilde (SAKVG) word op 2 Desember vanjaar gestig.
Dié plaaslike tak, onderleiding van Annette Botha en Erica Fourie, sal deel uitmaak van die 53 bestaande takke van die SAKVG. Dit is ‘n Internasionale organisasie en in Oktober 2011 sal daar weer ‘n Internasionale Skou plaasvind te Pretoria waar van die land se top koekversierders sowel as “gas” demonstreerders van oorsee sal optree.
Volgens Annette is die SAKVG die regte plek om te ontspan, al het jy geen kennis of ondervinding nie, dit bly terapeuties om ‘n blaartjie of blommetjie te ontwerp. Hulle beplan demonstrasies in die vorm van ‘n werkswinkel waar die dames dan die item van die dag onder leiding van ‘n demonstreerder maak en sodoende die nodige agtergrond kennis van daardie spesifieke item aanleer.
As lid van die SAKVG kan enige van die landswye takke se maandelikse vergaderings bygewoon word. Verdere voordele sluit in opwindende uitstallings en kompetisies wat reg deur die land aangebied word sowel as die Gilde tydskrif “Suikerkuns” wat viermaandeliks gepubliseer word. Dit bevat artikels van verskillende tegnieke, wonderlike idees, nuus van die versieringswêreld, wenke, ontwerpe, patrone, “hoe om”-afdelings en pragtige volkleur asook swart en wit foto’s, hierdie tydskrif word nie aan die publiek verkoop nie. Die stigtingsvergadering vind op 2 Desember om 17:30 te Thaba SuperSpar se opleidingsentrum plaas. Vir meer inligting kontak Annette Botha by 082 782 9463 of Erica Fourie by 083 793 3924.


Hallo daar
Ek bly in Kaapstad en is op soek na ‘n plaaslike tak om by aan te sluit. Kan julle dalk vir my besonderhede stuur?
Groete
Liezl
Tel: 021 415 9347
Hallo daar
Ek is ‘n pa van drie en versier self die koeke wat my vrou bak. By ‘n ou tantie het ek ‘n “crash course” gekry , maar is nog steeds op soek na groot verbetering. Ons woon in Bellvile ( Kaapstad ) en is op soek na ‘n plaaslike tak van die gilde om by aan te sluit.
Groete
Ronnie
Ek wil graag meer leer om koeke te versier. Is daar iemand in Bloemfontein wat my kan leer?
Hallo,
Ons bly in Pretoria, my skoondogter in Pretoria Tuine en ons wil graag uitvind waar is die naaste tak waar sy kan aansluit, asb.
Vriendelike groete,
0835014081
Gaan kyk op website South African Cake Decorators Guild, daar is definitief takke in Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein. As julle nie regkom nie, kan julle my gerus skakel by 0837933924
Hi
Ek bly in Pretoria noord en is opsoek na die naaste tak vir koekversiering as iemand my kan help
ek en my dogter wil graag ‘n koekversierings kursus loop waar in Pretoria kan ons dit vind
Ek wil baie graag by so ‘n gulde aansluit. Ek bly in die Noorde van Pretoria. Waar is die naaste tak.
Ons bly in Nelspruit. Sal graag kursus in koekversiering wil bywoon in Nelspruit of omgewing. Met wie kan ons in kontak kom?