Archive | August, 2010

Thabazimbi Spesialiste Klub

Eers wil die klub vir AD Erasmus en seun baie geluk wens met die wen van die Kampioen Jong duiwe wedvlug.

Die naweek was die wedvlug vanaf Derby en die uitslae is so volg:

Albert Vorster: 1, 8, 13, 15, 21, 24, 27
N&B Oelofse: 2, 14, 19
AD Erasmus en Seun: 3, 4, 5
Tonie Heyneke: 6
Reyneke Hokke: 9, 18, 23, 25
Dup du Plessis: 10, 11, 16, 30
Frans Matthee: 22
Joubie Lofts: 29
Ope Wedvlug:
Tonie Heyneke: 1, 12, 14
Albert Vorster: 2, 8, 9, 15, 16, 17, 23, 26
Reyneke Hokke: 3, 7, 20, 22
Dup du Plessis: 4, 18, 27, 29, 30
Frans Matthee: 5, 11
AD Erasmus & Seun: 6, 19, 21, 25
N&B Oelofse: 10, 13, 24, 28

Middelpad Kampioen
1. Albert Vorster: 388
2. AD Erasmus & Seun: 384
3. Dup du Plessis: 330
4. N&B Oelofse: 320
5. Reyneke Hokke: 263
6. Tonie Heyneke: 260
7. Frans Matthee: 218
8. Joubie Lofts: 155

Jong Kampioen
1. AD Esasmus en seun: 305
2. N&B Oelofse: 304
3. Albert Vorster: 295
4. Tonie Heyneke: 291
5. Reyneke Hokke: 215
6.  Dup du Plessis: 186
7. Joubie Lofts: 131
8. Frans Matthee: 79

Posted in Sport0 Comments

Vuurwapenlisensies by SAP

THABAZIMBI – Inwoners van Thabazimbi wat by die Thabazimbi Polisiestasie aansoek gedoen het vir vuurwapenlisensies of bevoegdheidsertifikate, word versoek om navraag te doen of dit beskikbaar is.

Navraag kan gedoen word by a/o MD Ramela by 014 777 3511, me J Struwig by 014 777 3524 of me MT Mahlangu by 014 777 3522. Aansoekers kan ook persoonlik navraag doen op weeksdae tussen 07:30 en 16:00.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Bosveld Posduifklub

M&M Hokke wen die jaaroud Derby wedvlug vanaf Hopetown op Saterdag 21 Augustus. Grobler Hokke is die wenner van die ope wedvlug.

Jaaroud wedvlug (Derby)
Aantal Duiwe: 90
Wenspoed: 1097.6792mpm
M&M Hokke A (SJ Drilling): 1, 13, 23, 26
M&M Hokke B (SJ Drilling): 2, 8, 17, 21, 25
NJ Geldenhuys A: 4, 7, 9, 12, 22, 30
NJ Geldenhuys B (Travel Lodge): 3, 5, 29
Grobler Hokke A: 11, 19, 20, 24
Grobler Hokke B: 6, 14, 18
Hannes Meyer: 10
Mawala Hokke: 15, 27
Pieta Hokke: 16, 28

Ope Wedvlug
Aantal duiwe: 89
Wenspoed: 1117.1605mpm
Grobler Hokke A: 1, 2, 15, 16, 20, 26, 29
Grobler Hokke B: 22, 24
NJ Geldenhuys A: 4, 8, 9, 10, 13, 30
NJ Geldenhuys B (Travel Lodge): 11, 17, 21
M&M Hokke A (SJ Drilling): 5, 14, 18, 23
M&M Hokke B (SJ Drilling): 7
Pieta Hokke: 3
Mawala Hokke: 6, 19, 27
Hannes Meyer: 12, 25, 28

Posted in Sport0 Comments

Naskoolse na-uurse onderrig en opleiding vir Thabazimbi in 2011

THABAZIMBI – Die huidige gebrek aan verdere opleiding in naskoolse akademiese kennis en tegniese vaardighede vir talle jongmense (én ouer mense) in ons omgewing mag binnekort iets van die verlede wees.

Met die hulp van Amandelbult se FET (Further Education and Training) Kollege word as beginpunt ‘n aantal “National Education ”(sogenaamde N-kursusse) as aandkursusse (17:00-20:00) vanaf Januarie 2011 op Thabazimbi in die vooruitsig gestel. Die kursusse sal voorlopig in ‘n sentraal geleë lokaal aangebied word wat deur ‘n plaaslike sakeman tydelik vir hierdie doel beskikbaar gestel word.

Die aanvanklike kursusse sal bepaal word deur die aantal belangstellendes in die betrokke kursus: Dit kan wissel vanaf Wiskunde, Ingenieurs-Wetenskap, Elektronika, Toerismebestuur en talle ander akademiese of tegniese vaardigheid waarvoor ‘n aanvraag vir  opleiding bestaan. Aangesien Thabazimbi deur verskeie nasionale en internasionale ekonomiese nywerhede benut word (byvoorbeeld mynbou, landbou en toerisme) kan die aanvraag vir geskoolde arbeid op hierdie terreine as gevolg van hierdie beoogde onderrig mettertyd al meer deur  plaaslike inwoners voorsien word.

Indien daar minstens tien studente per kursus inskryf word so’n kursus deur bekwame dosente van Amandelbult aangebied terwyl van die studente slegs ‘n bekostigbare kursusfooi (sonder addisionele verblyfkoste) verwag word. As die akademiese sy van die kursus suksesvol voltooi is kry die student ‘n sertifikaat en indien hy of sy dan na verkryging van so‘n N-6 sertifikaat vir agtien maande prakties in die betrokke rigting gaan werk, word ‘n diploma toegeken op NQF 5-vlak wat inderwaarheid ‘n tersiêre kwalifikasie is. Werkgewers gee gewoonlik finansiële steun aan hulle werknemers vir N-kursusse.

‘n Loodskomitee wat reeds verskeie maande agter die skerms met hierdie projek besig is, deel mee dat hierdie maar slegs die beginpunt is van ‘n baie groter en permanente eie FET Kollege wat vir Thabazimbi beplan word. Hoëvlak samesprekings word tans met verteenwoordigers van die mynbou-, landbou- en toerisme-industrieë asook die plaaslike en provinsiale owerheid gevoer. Wanneer ‘n ooreenkoms bereik word sal die gemeenskap ‘n eenheids-georkestreerde aansoek aan  die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding  voorlê vir die oprigting van Thabazimbi se eie FET Kollege. Die voordele hiervan op die lang termyn gryp die verbeelding aan :   ‘n Eie naskoolse gevorderd-sekondêre en uiteindelike ook tersiêre Opleidingskollege vir ‘n eiesoortige en unieke Bosvelddorp en sy inwoners – veral waar Thabazimbi se kinders en jongmense -  baie tans werkloos – slegs met baie opofferings en teen baie hoë koste hierdie geleenthede beskore is.

Voornemende kursusgangers kan intussen dadelik die Amandelbult FET Kollege hieroor skakel by : 014-7841407 of per e-pos kontak by : amandelbult@westcol.co.za   Verskaf asseblief persoonlike besonderhede  asook beoogde studierigtings waarin vanaf Januarie 2011 op Thabazimbi belang gestel word. Die tyd is min en aksie moet so vinnig en glad as moontlik geskied….Carpe diem ! (Gryp die dag/geleentheid).

Posted in General0 Comments

Junior looi seniors

THABAZIMBI – Saterdag se gholf hier plaaslik was Bonus Syferspel en Jannie van Graan, die jongere, wen met ‘n allemintige +6. Sy ma, Louise, was tweede met ‘n +4. Goed gedoen die van Graans. Marina van der Wateren, Alta Venter en Derek Torlage eindig op 0.

Op Mooinooi was daar liga gespeel. Johan Barnard, Johan Smit, Eugene Oberholzer, Sarel Marais, Billy Pring, Bernie Gous, Tiaan Bronkhorst en Christof Penzhorn was die manne wat daar teen Mooinooi gespeel het. Mooinooi het die tuisbaan voordeel goed gebruik en wen 3-1.

Een van die klub se mees gewaardeerde lede, Derek Torlage, tree volgende week af. Hy was vir 20 jaar landdros hier op Thabazimbi en ook lid van die gholfklub. Hy was ook verskeie jare die klubkaptein. Derek en sy vrou gaan daar aan die Oos-Kaap aftree en die klub  wens hom en Annemarie ‘n baie gelukkige aftrede toe. Hy sal terdeë gemis word.

Hierdie naweek is dit die Steelwings Motorfietsklub se borgdag. Dit beloof ‘n baie goeie dag te wees.

Posted in Sport0 Comments

WESenterprises

WESenterprises bied leersame Boskos toer aan

Gesellig op die foto al die Obaro personeel wat die Boskos toer meegemaak het, saam met Willa Smit, Gert Versfeld en Ems Strydom van WESenterprises en Pieter en Izak Maritz van diatome Suid-Afrika.

THABAZIMBI – WESenterprises het Donderdag 19 Augustus ‘n baie geslaagde Boskostoer vir die Obaro takke aangebied.

Vroeg oggend het die eerste gaste gearriveer en na koffie en toebroodjies het mnr Richard Willats  die geskiedenis van Boskos met hulle gedeel.

Richard sê toe hy die eerste keer sien hoe bosverdigtheid die bosveld oorneem, het hy gewonder hoe kan mens die bos benut. Proewe is gedoen om veevoer te maak, maar dit het ‘n tyd geneem voor dit goedgekeur is vir registrasie, bloot omdat die departement Landbou nie besef het dat bos se voedingswaarde hoër is as gras nie.

Gedurende 1992 is Boskos toe geregistreer en die eerste korrels is in 1995 na ‘n dieretuin in Engeland uitgevoer. In die dieretuin was ‘n swartrenoster wat erg aan wanvoeding gely het. Die hoof van die staatveearts departement mnr. Piet Morkel het Richard by WES voere gekontak, so is die eerste Boskos uitgevoer en die swart renoster se lewe is gered.

Na dié baie interessante inligting , was almal reg vir die toer.

Tienuur het almal in die bussie geklim en gaan kyk hoe Thaba Motswere ontbos word.   Hier is gesien hoe word die bome afgesaag ,  die dun takkies bymekaar gemaak en  op die terrein deur ‘n “chipper” in stukkies gekap.

Die stompe van die bome wat afgesny is, word onmiddellik met ‘n boomgif behandel, sodat dit nie weer uitgroei nie. Hierdie gif het geen nadelige invloed op die natuur nie, dit maak ook nie die gras dood nie. Dit is ook wonderlik om te sien hoe vinnig die gras herstel en begin groei na die digte sambreel effek  verwyder is. Natuurlik word  die inheemse bome, wat tussen die indringerbos groei, nie uitgeroei nie.

Gert Versfeld het die hele proses gewys en verduidelik, daarna is die bussie terug fabriek toe, waar die volgende verskillende prosesse gesien is. Hierdie fyn gekapte takkies en blare gaan deur ‘n droogoond, voor dit verder met hamermeulens fyner gemaak word. Daarna word dit gemeng met sonneblom- katoen- en soja-oliekoek, fyn gemaalde lusern, mieliekiemsemels , minerale,  spoorelemente en vitamines.

Die eindproses is ‘n gebalanseerde wildskorrel wat nie net uitstekend is vir blaarvretende wild nie, maar ook gemengde vreters, grasvreters, volstruise, perde, skape, boerbokke selfs varke.

Die bietjie tanien en hoë kwaliteit vesel in die takke/blare keer dat diere koliek kry, dit is ‘n anti parasiet en –oksidant middel.

Pieter en Izak Maritz het van die nuutste proewe oor die diatome gepraat.

WES is een van die eerste voermaatskappye wat diatome in die diervoeding en lekaanvullings  inmeng. Diatome, ‘n organiese bestanddeel help om inwendige en uitwendige parasiete te beheer, diere tel beter gewig op, dit verbeter horinggroei by wild. Natuurliefhebbers sal diatome baie waardeer, dit vernietig nie jou miskruiers of erdwurms nie. Chemiese middels vernietig baie van ons miskruiers. Elke miskruierwyfie lê net een enkele eier in haar leeftyd, dus kan chemiese middels nadelig wees vir die eko sisteem.

Daar was genoeg tyd vir vrae en na ’n heerlike middagete by Plaashuis is al die Obaro mense weer terug na hulle onderskeie takke toe.

Deur WESenterprises

Posted in Agriculture0 Comments

Derek & Annemarie Torlage

Die Torlage’s groet

Derek Torlage verdaag die Hof finaal wanneer hy sy tuig neerlê aan die einde van die maand vir aftrede. Op die foto saam met hom is sy eggenote, Annemarie Torlage.

THABAZIMBI – Na 42 jaar in diens van die regspleging, waarvan die laaste twintig jaar in Thabazimbi deurgebring is, het dit tyd geword om die Hof finaal te verdaag vir aftrede aan die einde van Augustus 2010.

“Dit was vir my vrou en vir my ‘n voorreg om in diens van die gemeenskap van die Distrik van Thabazimbi te staan. Hoewel daar verskeie veranderinge plaasgevind het gedurende die afgelope 20 jaar in Suid-Afrika en in Thabazimbi, was ons geseënd in so ‘n mate dat die geboortepyne ons tot ‘n groot mate verskoon is. Die samewerking wat ondervind is deur die inwoners en hul positiewe gesindheid, het grootliks bygedra tot hierdie sukses. Hoewel die proses nog lank nie klaar is nie, is ek vol vertroue dat gesindhede met gepaardgaande respek steeds gehandhaaf sal word. Die Thabazimbiërs word baie sterkte en sukses toegewens om die beste dorp in die Limpopo te bly.”

“I want to take this opportunity to thank the Community of Thabazimbi, Northam, Dwaalboom, Cumberland and Hoopdal for their kindness and support during my tenure as Magistrate for the District of Thabazimbi and allowing me into your lives during the past 20 years. I can assure you it was an honour and privilege to be of some service to you. To everyone our heartfelt greetings and our prayers will always be with you.”

Posted in General0 Comments

Itireleng Secondary learners

Jerseys for Rooiberg learners

While the senior learners were away on a camp to help them prepare for the coming exams, the rest of the Itireleng Secondary learners posed for a photograph with their new jerseys. At the back is principal Ali Pole and church elder Philip Nel.

ROOIBERG – Jerseys were donated to 27 learners from Itireleng Secondary School in Rooiberg on 17 August. The donation was done by the Community Care Outreach group of the NG Church, Koedoeskop.

According to church elder Philip Nel, they are thankful for all the contributions from individuals and organizations and they wish the pupils of Itireleng the best of luck with their final exams.

Posted in General0 Comments

Brandopleiding

Kursus in brandbestryding vir plaaswerkers

As deel van die brandbestrydingskursus het hulle ook geleentheid gehad om praktiese ondervinding op te doen.

NORTHAM – Meer as 30 mense het die eerste basiese brandbestrydingskursus, wat ontwikkel is op aanbeveling van die Thabazimbiese Brandbeskermingsvereniging, by Kameelpoort op 4 Augustus bygewoon.

Die hooffokus van die kursus is die doeltreffende gebruik van basiese toerusting vir die bestryding van brande, die minimum veiligheidstoerusting vir elke persoon en persoonlike veiligheid.

Na die teorie het die kursusgangers praktiese opleiding gekry deur vure onder beheer te bring, te blus en opruiming te doen.

Die kursus is aangebied deur Francois Lötter, Gert Gouws, Joggie van Bruggen, en Henry Ford, almal lede van Thabazimbi se Brandbeskermingsvereniging. ‘n Paar ander boere van die omgewing het ook gehelp.

Die kursus sal ook in ander sektore aangebied word. Die brandbeskermingsvereniging beveel aan dat soveel as moontlik plaas- en plotpersoneel die kursus bywoon sodat die gemeenskap veilige en doeltreffende brandbestryding kan toepas.

Vir enige verdere navrae kan Renette Lategan, sekretaresse, geskakel word by 083 688 0319.

Posted in Top Stories0 Comments

SAPS Cumberland Womens Soccer Team

Soccer fever in Cumberland

The SAPS Cumberland and the Community Policing Forum of Cumberland held a sports day where the females played soccer. On the photo is the SAPS Cumberland Womens’ Soccer Team.

CUMBERLAND – The Community Policing Forum chairperson, me Mokwena of Cumberland, approached the Station Commander, Captain Magwai, to initiate a campaign for the females of the policing area of Cumberland.

This campaign will assist the females to utilise funds from grants, involve the females in sports and in general to keep them occupied and help build certain life skills. Physical activities such as organized sports are a great way to keep youth profitably entertained. While sports do not ensure youth will not stray, they do promote discipline and sportsmanship. Organized sports give youth a fun way to fill their time, while teaching them skills and keeping them physically active.

The first event was held on the 14 August 2010 at the sporting grounds of Faure Farm in Cumberland. SAPS Cumberland and the Community Policing Forum of Cumberland held a sports day where the females played soccer and the attendees were provided with a meal for the day which was sponsored by the local farmers.

A similar event will be held in the near future were the females from Cumberland Policing Area will compete with the females from Hoopdal Policing Area.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Marakele SDC12099 Landbou Thabazimbi Vloed 21.gif Vloede Marakele Visvang Thaba sterio Thabazimbi Vloed 7.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:40 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools