Archive | August 27th, 2010

Week 35 – 27 August 2010

Week 35 – 27 August 2010

Posted in Download0 Comments

Hondsdolheid inentings datums

THABAZIMBI – Dit is weer tyd vir die jaarlikse hondsdolheid inentings in Thabazimbi. Een en twintig gevalle van die gevreesde siekte het in 2004 in die Provinsie voorgekom. ‘n Ernstige uitbreek van die siekte kom tans in die Noordelike deel van die Provinsie voor, met 16 positiewe gevalle onder diere in twee maande en sewe mense onder behandeling vir die siekte. Om u en u huisgesin te beskerm word inentings-klinieke gehou by plekke en tye soos onder aangedui. Alle honde en katte bo die ouderdom van drie maande word gratis ingeënt.

Daar is egter enkele noodsaaklike reëlings in hierdie verband, naamlik: katte word gerieflik in lemoensakkies beheer wat sal verhoed dat hulle weghardloop. Kwaai honde word beheer deur ‘n kalmeermiddel vooraf by u veearts te verkry. Aangesien die spuitpunte beman word, sal die beamptes nie die honde by die huise kan gaan spuit nie, kwaai honde op hul eie werf sal ook onbekendes makliker byt. Die entstof is ook by u veearts beskikbaar. Herinner ook u bure en bediendes aan die inentings. Vir alle interprovinsiale bewegings van honde en katte moet ‘n geldige inentings bewys die diere vergesel. Kontak die staatsveearts vir verdere navrae by 014 777 1559 of Roy Ritshuri by 084 215 3237, 076 084 2390 of Steven Khwinana by 084 324 4995.

Die datums en tye vir die hondsdolheid inentings is as volg:

1 September om 10:00 – 15:00 by Kromdraai Clinic/Miracles Miles;

2 September om 10:00 – 15:00 by Rooiberg ou Poskantoor/Community Hall;

3 September om 10:00 – 14:00 by Leeupoort Trading Store;

3 September om 10:00 – 14:00 by Laerskool Leeupoort ;

6 September om 09:00 – 13:00 by Koedoeskop Boeresaal;

6 September om 09:00 – 12:00 by Leeukrans;

7 September om 09:00 – 12:00 by Zimthabi;

8 September om 10:00 – 14:00 by Sentrum Algemene Handelaar;

10 September om 09:00 – 12:00 by Regorogile Old Clinic;

10 September om 09:00 – 12:00 by Thabazimbi Ipelegeng Clinic;

13 September om 15:00 – 18:00 by Rethabile;

14 September om 10:00 – 13:00 by SmashBlock;

15 September om 14:00 – 18:00 by Chromite Village;

16 September om 10:00 – 15:00 by De Put Northam Township Kliniek en Laerskool;

17 September om 09:00 – 12:00 by Joubert winkel Kaaldraai;

20 September om 11:00 – 18:00 by Setaria Dierekliniek;

21 September om 10:00 – 17:00 by Anglo Platinum Myn Swartklip;

22 September om 10:00 – 17:00 by Amandelbult RPM;

23 September om 10:00 – 15:00 by Dwaalboom Kliniek;

27 September om 09:00 – 13:00 by Bethanie Winkel (Makoppa);

28 September om 10:00 – 13:00 by Grenswinkel;

29 September om 10:00 – 13:00 by Rooibokkraal;

29 September om 10:00 – 13:00 by Cumberland Polisiestasie en

30 September om 09:00 – 18:00 by Thabazimbi Dorp Munisipale Kliniek.

Posted in General0 Comments

Ertstrokke

Ertstrokke pla motoriste

Van die ertsvragmotors wag op die skouer van die R510 om erts te laai. Foto: Henk Havenga.

THABAZIMBI – Kort na die dood van twee jongmense naby die Meyermyn twee weke gelede, het heelwat motoriste gekla oor die ertsvragmotors wat die R510 by die ingang na die myn geparkeer en gevare vir die motoriste inhou.

Ertsdraers parkeer reeds die vorige aand en vroeg soggens, soms aan weerskante op die padskouer van die R510 om erts te laai by Meyermyn. Lang rye trokke, amper tot by die Brits-afdraai, staan dan met hul neuse in Thabazimbi se rigting met ligte aan.

Volgens Pierre Loots, ‘n inwoner van Thabazimbi wat gereeld hierdie pad gebruik, veroorsaak hierdie vragmotors geweldige verwarring.

Hoewel party vragmotors verder van die pad parkeer, lyk dit of ander tussenin parkeer en dan gedeeltelik op die pad parkeer is.

As ‘n mens skielik oor die bult kom en hierdie vragmotors van voor af teëkom, met hul ligte aan, is dit uiters verwarrend, sê Loots.

Volgens Henk Havenga, paramedikus, het hy verlede Donderdagoggend vier oproepe ontvang van ontstelde motoriste oor die ertsvragmotors. Hy het ondersoek gaan instel en 44 ertsvragmotors getel. Hy het Kumba-myn en die verkeersafdeling gekontak in verband met die situasie.

Loots sê dit sal maklik wees om die probleem aan te spreek. Die myn het al die nodige toerusting om die sloot langs die pad toe te stoot en die parkering te vergroot. Dis onnodig dat die klein “en goeie” gemeenskap van Thabazimbi enige verdere inwoners onnodig verloor, meen hy.

Volgens ‘n woordvoerder by Kumba se hoofkantoor, Tebello Chabana, is Kumba verbind tot, nie net die veiligheid van sy werknemers nie, maar ook die veiligheid van die gemeenskap.

Volgens hom koop Arcellor Mittal SA die erts en het hulle ‘n kontrakteur aangestel vir die vervoer van die erts. Dus het Kumba, Thabazimbi nie beheer oor die kontrakteurs nie en kan nie kommentaar lewer op hul gedrag nie. Die kwessie moet eerder hanteer word deur die verkeersafdeling.

Die bestuur van die Thabazimbi myn het egter die potensiële gevaar wat die ertsdraers inhou besef en is tans besig om maniere te vind, saam met die verkeersdepartement, om die risiko’s by die ingang van die Meyermyn te probeer beperk.

Volgens Chabana is die ingang na Meyermyn verbreed, nuwe padtekens aangebring om motoriste te waarsku, nuwe ligte is aangebring en die verkeersdepartement het ingestem om maatstawwe in te stel om beter spoedbeheer toe te pas.

Daar is onderhandel met die verkeersdepartement om die parkeerarea te vergroot sodat al die ertsdraers binne die laai-area kan parkeer. Mynsekuriteit help nou toesien dat vragmotors nie meer by die pad parkeer nie.

Hennie Pauw

Posted in General, Top Stories0 Comments

Bosluise van die Noordelike Provinsie

In die Noordelike Provinsie is daar heelwat bosluis uitdagings. Naas bloubosluise, is daar veral bruinoorbosluise, bontpootbosluise, en bontbosluise wat van ekonomiese en veeartsenykundige belang is. Hierdie bosluise word in 1-gasheer, 2-gasheer en 3-gasheerbosluise opgedeel met vreeslike name wat aan elkeen gegee sal word.

Een van die boere in die Naboomspruit se omgewing wat deel van die studie is, is Wynand Coetzee. Wynand het beesboerdery al ‘n keer of wat opgegee omdat hy nie bosluise in die gebied kon bestuur nie. Hy is ook ‘n produsent wat sowat 40-46 keer ‘n jaar gedip het.

Wynand het verlede jaar in November by die studie aangesluit en reeds is daar positiewe resultate. Hy staan tans op sy 3de of 4de dip vir vanjaar. Wynand se grootste vyand, naas bloubosluise, was bruinoorbosluise, wat sy diere se ore afgevreet het.

Nadat Wynand se aanvanklike weerstandigheidstoets gedoen is en dit binne ‘n Strategiese Geïntegreerde Parasietbeheer Model uniek verwerk is, uniek tot sy plaas, is daar begin om sy diere met dipstowwe te behandel wat sy gemete weerstandigheidsvlakke teen die aktiewe verhoed het.

Die SIPB Model raai nie. Dit wonder nie oor die chemiese aktiewe nie. Dit is getroud met die wetenskap en dit is resultaatgedrewe. Geen enkele Dieregesondheidsmaatskappy het al die produkte om ‘n enkele produsent se uitdagings te oorkom nie.

Die SIPB-Model is ‘n model wat wild- en beesprodusente help om minimaal te dip, weerstandigheid teen dipstowwe af te breek, bosluise aktief te verminder wanneer dipstowwe gebruik word en dan die natuur teen die bosluis se lewensiklus te gebruik om hul voortplanting te verhoed.

Wynand het op hede 3 maande laas gedip. Hy het vir ongeveer 100 dae geen bloubosluis en geen bruinoorbosluis van enige aard op sy diere gehad nie. Indien u dit wil bevestig kan u hom kontak by 0147430569.

Om die probleem aan te spreek moet die raadgewer bosluisgroepe en hul siektes ken, hul lewensiklusse verstaan, al hul onderskeie gashere en die aktiewe wat hul effektief kan uitskakel. Dan bly daar net twee aspekte oor, naamlik ‘n produsent wat se houding die wetenskap respekteer en deel word van die “meet en toets” en om dipstof sodanig binne die lewensiklus aan te wend dat die bosluis verhoed word om geslagsryp te word.

Vir meer inligting aangaande die onderwerp kan u die skrywer van hierdie reeks artikels, Pierre van Niekerk by pierrevn@telkomsa.net kontak

Posted in General0 Comments

Gang kills rhinos in hail of gunfire

VAALWATER – While Rhino poachers in recent months operating mainly from helicopters in the Waterberg area, the latest incident involved a heavily armed gang operating more like robbers than poachers when they killed two rhino in a hail of automatic rifle fire, on a private game farm near Vaalwater on Monday. One member of the police investigation team expressed the possibility that they are probably from Gauteng.
The death of the two rhinos brings the number of such poaching incidents to twenty in the Waterberg area this year.

One witness said that the gang, numbered between eight and nine men, resembled more a heist gang with their assault rifles, brazen attitude and their willingness to draw cold blood.

The incident took place between 14:00 and 15:00 on the farm Makoupan. Japie Mujadibodu, a worker on the farm was preparing to feed the rhinos and while walking out of the barn to the tractor, he was surrounded by armed men. “I didn’t think I was going to live,” said Mujadibodu.

The men tied him and his wife Maria up and told them to lie on the ground. They also reassured the two that they do not want to harm them and that they were only there to shoot the rhino. Two of the men stood over the husband and wife, while the rest of the gang drove the tractor and trailer into the enclosure.

Nonna, the one rhino cow, was semi tame. Every day she would make her way to the feed trailer when the tractor came into the enclosure. On Monday, as she approached the trailer, the poachers who took cover behind the tractor, opened fire. Meters away another female rhino, Mains, was also shot multiple times, with either R4 or R5 rifles. The third one, a rhino bull called Seun, escaped through a gate and was unharmed.

According to Sollie Potgieter, whose family owns the farm, said the two cows were like pets. “Especially Nonna, she would always be the first at the trailer. She was very tame. She was a darling,” said Potgieter.

On Tuesday a police forensics team was at the farm, and from what they found believe that the men fired at close range at the rhinos. All the casings were dented in the middle, a tell tale sign, said police, that the poachers had used full automatic rifle fire, to empty as many rounds into the two animals as possible. With the two rhinos dead they hacked off the horns, which are valued at at least half a million rand each, and fled. Police trackers, who arrived on the scene shortly after the incident tracked their spoor to a nearby dirt road, then lost it.

A neighboring farmer told police that he had spotted a BMW driving down the same road at high speed shortly after the incident.

On Tuesday police gathered the shells and slugs from the bodies of the rhinos. They hope ballistics will lead them to the killers. They suspect a gang so heavily armed probably would be using their fire power for other violent crimes such as robbery, and heists.

Bosveld Bulletin

Posted in Nature1 Comment

Wat doen jy op Loslitdag?

THABAZIMBI – Loslitdag, die dag wat landwyd daarop gemik is om mense meer bewus te maak van die lot van gestremdes, gaan vanjaar nie ongesiens in Thabazimbi verby nie.

Loslitdag, wat plaasvind op Vrydag 3 September, is ook bekend daarvoor dat werkendes anders aantrek werk toe.

Vanjaar het daar egter ‘n hele paar mense ingestem om hulle in die (rol)stoel te plaas van gestremdes. Bestuurder by Pick n Pay, JJ Durand, Spar-eienaar, Hannes Coetzee en HFM skoolhoof, Colin Campbell, het almal ingestem om hierdie dag in ‘n rolstoel deur te bring.

Lede van die nuutgestigte Xtreme Adventures, ‘n organisasie vir gestremdes in Thabazimbi, gaan die oggend op die gestremdes se parkering voor Pick n Pay wees waar hulle T-hemde ter ondersteuning van Xtreme Adventures gaan verkoop. Die T-hemde is swart met lemmetjiegroen bewoording “I support…Xtreme Adventures for the Disabled”. Die T-hemde kos R80.

Hulle gaan ook standpunt inneem teen diegene wat so gemaklik en vinnig hul motors op parkeerplekke vir gestremdes stop om inkopies te gaan doen.

Vrydagmiddag kom almal wat belangstel om Loslitdag behoorlik te vier, bymekaar agter Spar, van waar daar deur die dorp geloop, gery en gerol gaan word met plakkate. Die plakkate word deur HFM leerders gemaak.

Laerskool Thabazimbi het ook ingestem om deel te neem aan Loslitdag. Hulle het ook te kenne gegee dat hulle later vanjaar die skool meer toeganklik vir rolstoele gaan maak.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Landloop atlete

Laerskool Thabazimbi atlete presteer

Die nege atlete van Laerskool Thabazimbi het gekwalifiseer vir Provinsiale Kleure. Op die foto agter vlnr: Jaques Swart, Leané du Plooy en Natase Gquesengele. Middel vlnr: Johané Schutte, Louise Schutte en Pieter Lamprecht. Voor vlnr: Moses Motsonyane, Andile Peter en Monthusi Gomba.

THABAZIMBI – Leerders van Laerskool Thabazimbi het op verskeie gebiede die afgelope tyd presteer. Hier volg die uitslae op sportgebied:

Landloop:  Nege atlete van Laerskool Thabazimbi het gekwalifiseer vir Provinsiale kleure tydens die Provinsiale Kampioenskappe te Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Pietersburg op 14 Augustus 2010. Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe sal op 11 September by Rietondale Park te Pretoria plaasvind. Die skool wens hul alle voorspoed toe.

Hokkie B-Liga: Op Donderdag 19 Augustus 2010 het Laerskool Thabazimbi se hokkieseuns-span deelgeneem aan ligawedstryde te Hoërskool Warmbad.

Die seuns het al drie hulle wedstryde gewen.  ulle is die Ligawenners en dring deur na die Semi-Finale wedstryd wat sal plaasvind op 4 September 2010 te Tzaneen. Hulle word alle voorspoed toegewens.

Posted in School News0 Comments

o/8 span

Jonges swaai die kolwe

Die o/8-span van Laerskool Thabazimbi het een wedstryd gewen en een verloor.

KOEDOESKOP – ‘n Kriekettoernooi vir jong krieketspelers waaraan Laerskole Koedoeskop, Vanwykskraal, Dwaalboom, Platina, Bosveld en Laerskool Thabazimbi deelgeneem het, het Saterdag 21 Augustus by Laerskool Koedoeskop plaasgevind.

Spanne, met meisies en seuns krieketspelers, het op sowat 6 mini-velde teen mekaar meegeding om te sien wie die meeste lopies kan maak en die minste paaltjies verloor.

Posted in School News0 Comments

Vastrap Boere Orkes

Boeremusiekgilde, Leeupoort-tak hou musiekfees volgende naweek

Boeremusiek-liefhebbers moenie Die Vastrap orkes se optrede op Saterdag 4 September tydens die jaarlikse Boeremusiekfees misloop nie. Die lede voor vlnr: Flip Venter Banjo en Coen Groenewald Ritme kitaar. Agter vlnr: Eddie Owen (konsertina), Frans Coertse (baskitaar), Daan J van Vuren (leier ritmekitaar) en Daan Maloney (leier kitaar).

LEEUPOORT – Volgende naweek, 3-5 September, word daar weer groot makietie gehou wanneer ‘n verwagte 2000 mense gaan saamtrek om die bestaan van boeremusiek te vier.

Die Boeremusiekgilde is gemoeid met die uitbouing van Boeremusiek in al sy vorme en dien as ‘n klankbord vir musikante om hulle te help om geleenthede te vind waar hulle hul talente kan tentoonstel en blootgestel kan word aan gesonde mededinging terwille van Boeremusiek.

Saterdag 4 September het ‘n vol program vanaf 09:00 by die Woonwapark en spog met ou staatmakers soos Nico van Rensburg en Manie Bodenstein wat gaan optree, sowel as gaskunstenaar Gert van Tonder van Groep 2. Nuwelinge op Leeupoort is Jannie Cilliers: Saagspeler, Hekkie de la Guerre – meester op kitaar, Die Groot 5 (konsertina spelers) en die Vastrap Boereorkes. Die Vastrap Boere Orkes is in 1960 deur Oom Bronkie Bronkhorst (Joe Hein Frikkie Broodryk) gestig. Na baie skommelinge oor die jare, sluit hul in 2004 by die Boeremusiekgilde Klub aan.

Die orkes is goed opdreef en reeds ‘n tweede CD opgeneem wat binnekort beskikbaar sal wees.

Die fees word geopen deur Ere-President van SA Boeremusiekgilde, Pierre Retief, ‘n baie bekende konsertinaspeler van die Kaap, en tree ook deurlopend op. Pierre was oor die jare ‘n gereelde deelnemer aan die TBOK op Afrikaans Stereo en was in 1990 die wenner daarvan.

Sedert 1987 het hy gereeld radio-uitsendings op Konsertinaklub gedoen en hy was verskeie kere betrokke op TV1 se boereorkeskompetisies. Hy was vir ‘n aantal jare betrokke by die afrigting van skoolgaande jeugboeremusiekmusikante.

Die dansskoene kan beslis afgestof word en baie eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word. Op Sondag sal Kassie Kasselman gewyde musiek met sy konsertina speel tydens die dankdiens op Leeupoort.

Die ingang beloop R40 vir volwassenes, R30 vir Boeremusiek Gilde-lede en kinders is gratis.

Die beplanningskomitee vir die boeremusiekfeesdag is Pieter (Voorsitter Leeupoort tak) en Reina Bodenstein, Pieter Lötter, Hestrie en Johan Kamffer en Marianne Eloff (tesourier: Leeupoort tak). Vir meer besonderhede kan Pieter gekontak word by 082 410 1655 of Reina by 082 490 7692. Vir verblyf, kontak Leeupoort Woonwapark by 083 359 2838.

Posted in Entertainment0 Comments

Platina Spesialiste Klub

Die afgelope naweek was dit die Derby wedvlug vanaf Hopetown gewees, en met ‘n kopwind van voor was dit ‘n harde wedvlug gewees. Baie geluk aan M&M Hokke van Bosveld wat die Derby wen en Eagle Flight A van Brits wat die Ope 3 wedvlug wen. Die middelpad en Jaaroud wedvlugte is nou verby en nou lê die langpad voor.

Baie geluk aan Johan Jacobs van Mooinooi wat die Jaaroud kampioen is en Eagle Flight A van Brits wat die Middelpad kampioen is.

Uitslae Derby
Wenspoed: 1097 m.p.m
M&M Hokke A Bos 1
N vd Westhuizen A TBZ 2,12
Glen v Rooyen B TBZ 3
Albert Vorster TSK 4
N&B Oelofse TSK 5
Two Tanks A WPK 6
M&M Hokke B BOS 7
Manie Brummer B RSWK 8
Uitkyk Hokke A WPK 9
Eagle Flight A BRT 10
Glen v Rooyen A TBZ 11
Johan Olivier A RPK 13
Entres Pirates Mooinooi 14
Koos Greef RPK 15
C.Breytenbach A TBZ 16
Schoombie Hokke RSWK 17
Silverado Hokke B 18
N.J.Geldenhuys A BOS 19
N.J Geldenhuys B BOS 20

Ope3
Wenspoed 1162 m.p.m
Eagle Flight A BRT 1,3, 11
Eagle Flight C BRT 2, 9
Dries v Rensburg A BRT 4
Entres Pirates Mooinooi 5
Engel Vlerke Mooinooi 6
Kitty Gerber A BRT 7,10
Dries v Rensburg B BRT 8
Manie Brummer B RSWK 12
Uitkyk Hokke B WPK 13,15, 20
George Verwey A BRT 14
Grobler Hokke A Bos 16
Manie Kritzinger RSWK 17
Silverado Hokke B RSWK 18
Two Tanks A WPK 19.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Dewside beer Bungee Rocket by Thabazimbi Expo Golf Marakele National Park Jaggeweerskiet Thabazimbi Expo.jpg Thabazimbi Vloed 17.gif Lugvertonings Thabazimbi Vloed 18.gif Thabazimbi Vloed 4.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:35 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools