Categorized | General

Twee sterf in motorongeluk by Meyermyn

Die wrak van die Uno waarin twee mense Vrydag gesterf het na 'n botsing waarby drie voertuie betrokke was.

THABAZIMBI – Twee jongmense, een ‘n inwoner van Thabazimbi, is verlede Vrydagaand ongeveer 21:30 dood in ‘n ongeluk waarby 3 voertuie betrokke was. Die ongeluk het plaasgevind op die R510 tussen die brug suid van Ben Alberts en die Brits-T-aansluiting op die draai by die ou Meyermyn.

Die oorledenes is Riaan van Staden (27) van Thabazimbi en Elize Struwig (23) van Kuruman. Hulle was die insittendes van ‘n Fiat Uno wat van voor gebots het met ‘n Toyota Corolla en Toyata Quantum taxi-bus.

Uit verskillende verslae blyk dit dat die Corolla, wat baie vinnig in die rigting van Rustenburg gery het, by die Quantum wou verbysteek.

Vermoedens bestaan dat die bestuurder verblind kon wees deur ertsvragmotors, wat aan beide kante van die pad parkeer was met ligte aan in Thabazimbi se rigting.

Die bestuurder van die Uno, wat onderweg was ná Thabazimbi, het die ongeluk probeer vermy deur na die regterkantste baan te beweeg. Die Corolla het egter teruggeswaai en ‘n botsing tussen al drie voertuie het plaasgevind.

Riaan van Staden, die bestuurder van die Uno, is op slag dood, terwyl Elize Struwig kort na die ongeluk in die hospitaal beswyk het.

Die ander drie insittendes van die Uno was Riaan se suster, Elizabeth Maria van Staden, asook ‘n jong 4-jarige seun, Justin, en sy ma Bernice Jansen van Nuwenhuizen, van Randfontein. Al drie is ná die ongeluk in die Thabazimbi Hospitaal opgeneem vir behandeling. Elizabeth, wat tydens die ongeluk deur die voorruit van die Uno geslinger is, se oor is gedeeltelik geamputeer en sy het ‘n skedelfraktuur opgedoen waarvoor sy vir toetse na Polokwane gestuur is.

Justin, wat Saterdag (die dag na die ongeluk) vier jaar oud geword het in die Thabazimbi Hospitaal, is oorgeplaas na die Baragwanath Hospitaal in Johannesburg. Hy het Maandagaand ‘n noodoperasie ondergaan. Sy regterbobeen is gebreek en sy bekken aan beide kante was uit potjie. Sy ma se hand is in die ongeluk gebreek.

Die bestuurder van die Corolla is in die Curamed Hospitaal in Thabazimbi opgeneem met ‘n pelvisfraktuur, maar is later oorgeplaas na die Peglarey Hospitaal in Rustenburg. Niemand in die taxi is ernstig beseer nie. Die Thabazimbi Polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Hennie Pauw

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 13.gif Thabazimbi skole 4x4 quads_expo_2007 Thabazimbi Vloed 40.gif Lugvertonings Wit leeus Paragliding Kumba Nationals Marakele National Park

Weather Forecast

February 8, 2012, 10:20 am
Sunny
Sunny
26°C
real feel: 29°C
humidity: 58%
wind speed: 0 m/s ESE
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 3 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools