Categorized | General, Top Stories

Thabazimbi gestremdes bult hul spiere

Xtreme Adventures, ‘n organisasie vir gestremdes, is onlangs gestig. Die komitee lede is (agter van links) Windi van Breda, Petrus van Breda en Eveline Putter. Voor sit Hannelie van Rensburg.

THABAZIMBI – ‘n Nie-winsgewende organisasie vir gestremdes in Thabazimbi, naamlik Xtreme Adventures, is onlangs gestig met die oog daarop om gestremdes ‘n stem te gee in die dorp en sport onder hulle te bevorder.

Met Loslitdag (wat nasionaal ontstaan het vir bewusmaking van persone met liggaamlike gestremdhede) op 3 September in aantog, borrel die komitee van dié nuutgestigte organisasie met idees hoe om hul saak te bevorder. Meeste mense ken Loslitdag vanweë die feit dat hulle “anders” klee om werk toe te gaan op die eerste Vrydag van September.

Daar is besluit om die organisasie Xtreme Adventures te noem aangesien enige sport ‘n groot uitdaging vir baie gestremdes is en dus “extreme”.

Voorlopig is die doelstellings van hierdie organisasie, wat beide liggaamlik en verstandelik gestremdes insluit, om soveel as moontlik lede te werf, om toeganklikheid tot publieke persele in die dorp te verbeter en groter bewussyn onder die gemeenskap te skep vir die omstandighede van gestremdes. Hulle wil ook graag so gou moontlik ‘n sportklub stig vir sy lede en beplan ook ‘n toer.

Sporte waarby hul lede aanvanklik betrokke sal wees, is swem, boogskiet, atletiek en skyfskiet.

Een van hul eerste projekte is om op Loslitdag hulself sigbaar te maak deur op parkeerplekke vir gestremdes ‘n “sit-in” te hou en om winkelbestuurders en ander besigheidslui uit te daag om vir ‘n tydperk op Loslitdag in ‘n rolstoel deur te bring.

Stories oor onbedagsame lopendes is volop. Dit gebeur dikwels dat lede van die publiek geen vinger verroer om rolstoelgebruikers tegemoet te kom nie en, byvoorbeeld, onbeskof weier om hul motors te verskuif om rolstoelgebruikers toegang te verskaf tot die opritte na en van sypaadjies.

Die komitee van Xtreme Adventures bestaan uit Petrus van Breda (voorsitter), Hannelie van Rensburg (ondervoorsitter), Windi van Breda (sekretaresse) en Eveline Putter (tesourier). Die addisionele lede is Lizanda Jacobs, Magda Moolman, Antoinette Deetlefs en Ferdi Sauer.

Die komitee vra dat soveel as moontlik gestremdes aansluit by Xtreme Adventures. Die kontaknommers is 014 777 1057 of 072 381 2294 (vir Eveline), of 079 897 5611 (vir Petrus).

Petrus, ‘n kranige gewigstoot- en spiesgooi-atleet neem op 21 Augustus aan ‘n atletiekbyeenkoms in Johannesburg deel waar hy sal kan kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse span.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Marakele Euro Chopper Thabazimbi Vloed 13.gif Cropsray Kudu Quad Run Visvang Oppikoppi Marakele Thabazimbi Vloed 31.gif

Weather Forecast

February 8, 2012, 10:22 am
Sunny
Sunny
26°C
real feel: 29°C
humidity: 58%
wind speed: 0 m/s ESE
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 3 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools