Categorized | General

Rooiberg Winterprojek maak harte en lywe warm

ROOIBERG – In Rooiberg het die gemeenskapsorganisasie Tirisano Mogo met Koedoeskop NGK en verskeie individue saamgespan om winternood te help verlig.

Altesaam 70 skoolsweetpakke is aan die leerders van Thabakhibidu Primary (oftewel Rooiberg Laerskool) geskenk. Tagtig komberse is ook tydens die Rooiberg Winterprojek aan behoeftige en verswakte bejaardes sowel as weeskinders oorhandig. Sommige hoërskoolleerders in Rooiberg ontvang binnekort truie wat tans op bestelling is.

Volgens Philip Nel van Tirisano Mogo is al die leerders en gesinne aan wie komberse en sweetpakke oorhandig is uiters behoeftig. Groot hoeveelhede kinder- en volwasse klere is ontvang en aan behoeftiges geskenk.

As deel van die gemeenskapswerk gaan daar voortaan aan 10 gesinne maandeliks mieliemeel voorsien word. Verrykte kitsgaar mieliemeel word aan die Staatskliniek voorsien vir verspreiding aan behoeftige moeders met babas.

Vleis, groente, klere en ander kos word voorts deurlopend aan geïdentifiseerde behoeftiges geskenk. Gereelde skenkers is Koedoeskop Meule en Hugo van Zyl en Frans Smith van Pretoria.

Die gemeenskapsaksie, onder die vaandel van Tirisano Mogo, strek oor die hele Koedoeskopgebied, en sluit in Setaria, Raphuti, Leeupoort Vakansiedorp, Leeuwpoort Myndorp, Rooiberg, Itireleng en Kromdraai. Daar word aan alle gemeenskappe se behoeftes aandag gegee en gepoog om binne ‘n dag op versoeke te reageer.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Waterberge SDC12104 Thabazimbi Vloed 15.gif Natuur Thabazimbi Vloed 47.gif Thabazimbi Vloed 35.gif Thabazimbi Vloed 26.gif Dewside beer Kransberge

Weather Forecast

February 8, 2012, 10:45 am
Mostly sunny
Mostly sunny
27°C
real feel: 33°C
humidity: 65%
wind speed: 2 m/s ESE
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 3 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools