Archive | August 6th, 2010

Vol program met Laerskool kriekettoer

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het vanaf 22-25 Julie 2010 ‘n kriekettoer onderneem na Botanica.  Die span, bestaande uit 13 seuns vergesel deur 5 volwassenes, het op Donderdag 22 Julie vertrek.

Uit die staanspoor het hulle ‘n vol program gehad. Donderdag het hulle teen Lord Milner  van Settlers gespeel en net-net verloor.
Vrydag het hulle die oggend teen Laerskool Platina gespeel en die wedstryd gewen. Die middag se wedstryd teen Laerskool Warmbad verloor hulle alhoewel hulle dit nie vir hul teenstanders maklik gemaak het nie.

Saterdagoggend was dit weer vroeg uit die vere om Laerskool Nylstroom te gaan aandurf. Die toer was op ‘n hoë noot met ‘n wen afgesluit.
Daar was darem ook tyd vir ontspanning en die seuns het hulself gate uit geniet by die Klein-Kariba Aventura.

Die skool sê ook dankie aan alle borge wat bydraes gemaak het om van die toer ‘n groot sukses te maak.

Posted in School News0 Comments

Groet die bosveld

Die boodskap wat grondeienaars by die Boikharabelo Projek Ope vergadering ontvang het, was nie een wat hulle graag wou hoor nie.

“Iemand gaan die steenkool kom myn. As dit nie ek is nie, sal daar ‘n volgende ou wees.” was die woorde van Hennie van Aardweg van Res Gen SA.

Van Aardweg het sy bes probeer om oop kaarte te speel: “Ek is liewer eerlik in die moeilikheid as met leuens”.

Tydens die publieke deelname proses is die agtergrond aan grondeienaars verduidelik. Die konsultante het die omgewingsimpakstudie verduidelik. Die proses rondom die myn self is reeds ver gevorderd. Die proses sluit nou ook die impak in van die fisiese vervoer van die steenkool vanaf die myn teen die Limpopo tot by die aansluiting van die treinspoor in die Soutpan-omgewing. 38 vragmotors per uur sal steenkool aanry wanneer die myn in volle produksie is. Dit impliseer ‘n vragmotor elke minuut en ‘n half in een rigting. Die getalle
verdubbel as die twee rigtingverkeer in ag geneem word.

Die impak van geraas- en lugbesoedeling en verhoogde gevaar en druk op die pad, is ‘n groot bron van kommer vir grondeienaars al langs die roete.

Volgens Willie Brits, ‘n grondeienaar voel die impak strek al langs die roete en moet deur die maatskappy in ag geneem. Van Aardweg voel dis vir
hom onmoontlik om die impak te kwantifiseer.

Res Gen SA poog om so gou moontlik ‘n spoor-aansluiting te laat bou, wat die verkeer van die paaie sal hou. ‘n Nuwe spoorlyn sal egter ook groot
impak hê op grondeienaars langs die lyn. Die proses kan moontlik tot vyf jaar duur.

Nog ‘n struikelblok is die beskikbaarheid van water. Die maatskappy het aansoek gedoen om deel te vorm van die tweede fase van die
Mokolo-Krokodil-Wes wateraanvullingsprojek. Maar die uitvoer hiervan hang af van die betrokkenheid van SASOL en Eskom. Intussen onderhandel hulle met Eskom om oortollige water vanaf die Medupi-projek aan te koop.

Die projek sal wanneer dit voltooi is, werk verskaf aan 702 persone. Res Gen SA beplan nie om behuising in die Steenbokpan-omgewing te bou nie. Vervoer kan moontlik vanaf Lephalale voorsien word. Hein Boegman, ook ‘n grondeienaar, wou graag weet om die veiligheid- en veral omgewingsbewaringstandaarde van Suid-Afrika of Australie (waar die moedermaatskappy vandaan kom) toegepas sou word. Van Aardweg het hom verseker dat die hoogste standaarde gehandhaaf sal word.

Die frustrasie van inwoners was duidelik sigbaar, veral toe die konsultante daarop gewys is dat volledige rehabilitasie onmoontlik is. “Die jagbedryf en toerisme kan nie na 30 jaar net weer aangaan waar dit opgehou het nie,” meen Brits. “Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie!”

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

Lephalale-boer noodlottig gewond in lokval

LEPHALALE – Die Lephalale-gemeenskap is geskok na die moord op ‘n boer van die omgewing. Koos Daffue is Dinsdagoggend, 3 Augustus net voor 6vm op ‘n laagwaterbrug oor die Mogolrivier op die Beskapad voorgelê. Verskeie skote is op hom gevuur.

Hy het probeer wegjaag, maar die bakkie het gerol by die kruising met die Stockpoort/Lephalale pad. Sy aanvallers het hom egter agtervolg en nog skote is op hom gevuur. Daffue is noodlottig gewond en het op die toneel beswyk, rapporteer Lt. Kol. Wessel Geldenhuys van die Lephalale SAP wat vinnig op die toneel was.

Daar word gespekuleer dat wraak moontlik die motief was aangesien daar blykbaar dreigemente op sy lewe was nadat hy en ‘n persoon by sy werkplek ‘n onderonsie gehad het. Dit kon egter nog nie bevestig word nie. Niks is van die toneel gesteel nie en roof word dus nie as motief ondersoek nie.

Geldenhuys bevel aan dat mense op hul hoede moet wees vir moontlike gevaarsituasies. Ongelukkig is Daffue in ‘n lokval betrap. Hy het geen keuse gehad omdat hy reeds op die brug was nie. Maar Geldenhuys bevel aan dat mense op hul hoede bly en oplet na buitengewone gebeure en verdagte persone. “Skakel ons sodat ons kan kom kyk. Indien die polisie nie reageer nie, is daar prosedures om te volg om die oorsaak van die probleme op te spoor.”

Hy bevel aan dat mense wat probleme het, indien dit wel opduik, met die stasiebevelvoerder, Lt Kol Maesela gesels. “Maar ons is hier om om
te sien na die veiligheid van die gemeenskap en die mense moet ons skakel,” se hy. Die saak word ondersoek deur die Eenheid vir georganiseerde misdaad op Polokwane. Enige inligting kan deurgegee word aan die plaaslike speur tak op Lephalale by 014-762 1048.

Agri Limpopo president, Francois van den Berg, betreur die voorval. Daffue was ‘n lid van Agri Lephalale. “Ons meegvoel is met sy gesin,” se Van den Berg. Dis vir hom ‘n groot bron van kommer dat mense skynbaar alle respek vir ‘n mens se lewe verloor het. “Dit lyk of mense dink as hulle van iemand verskil, hulle hom sommer van kant kan maak,” sê hy. Hy glo die politici dra baie skuld omdat daar definitiewe negatiewe seine uitgestuur word in die land in. “Dit klink vir Jan Alleman of dit maar reg is om ‘n boer se grond te vat. Mense maak onverantwoordelike stellings oor boere en hul plaaswerkers wat totaal onwaar is. Maar omdat mense nie beter weet nie, glo hulle hierdie sensasie-belaaide ongegronde aantygings.”

Agri Lephalale is reeds besig met ‘n uitgebreide veiligheidsplan vir die omgewing in samewerking met die TLU, Ellisras Distrikslandbou Unie, die
SAP en plaaslike sekuriteitsmaatskappye.

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

TIME TO SEIZE THE MOMENT, SAYS DR ANDREW GOLDING

Off the back of the hugely successful Soccer World Cup, never before has South African been presented with such an ideal opportunity to promote the country to foreigners as a prime investment destination, said Dr Andrew Golding, CE of the Pam Golding Property group, speaking at the IPD/SAPOA Property Investment Conference held in Cape Town yesterday (29 July 2010). Dr Golding’s address was on the changing dynamics in the residential property market.

“We need to seize the moment, because if ever there was a time to present our credentials to the international community of investors, it is in the afterglow of such a resoundingly successful World Cup. For the most part, these foreigners will see South Africa as an opportunity and in return, will bring much-needed foreign direct investment and create jobs – potentially on a major scale – in a process which in itself may develop a momentum of its own and become a virtual self-fulfilling prophecy of foreign direct investment, job creation and ultimately GDP growth,” he said.

From a residential perspective, Dr Golding said while the market has improved – in terms of number of transactions – by about 30 percent off the worst levels experienced during the recession, there is very little in the way of real house price appreciation and consumer demand remains dampened by restricted access to finance, which is also hampering developers’ appetite for risk.

However, he said that rather than take the view that the residential property market as an asset class is one to be avoided right now, allowing time to pass for the market to correct itself, it is at times such as these when astute investors capitalise on the situation by making considered acquisitions and achieving significant returns. He said the leisure market, which will clearly take longer than the primary market to recover, was a case in point where prime coastal property for sale currently presents a desirable investment opportunity.

Amid recent debates about the merits of residential property funds, Dr Golding said the current circumstances are favourable for investment in such funds as interest rates are at the low end of their cycle, inventory stock levels – both in private and institutional hands – are high and as a result the propensity for keen purchasing is good, potentially locking in early capital growth. The market is probably nearer the end of the down cycle than the beginning and in fact may have already begun to turn, while rental yields are likely to increase off their current low levels and capital growth of a reasonable nature over the next five to seven years is a real possibility.

“Within the primary residential market, South Africa’s recent infrastructure upgrades have provided new transport nodes and created new residential development opportunities which probably present some of the best options currently available. With ever-increasing traffic congestion and a growing worldwide trend around the convenience of work, living and leisure within the same precinct, these transport nodes must be on the right side of the supply and demand continuum. With the new Gautrain station precincts clear examples of these, it is anticipated that this trend will only increase as these nodes become fully bedded down and the true value and convenience of these transport hubs becomes fully appreciated.

“One interesting niche in the market that is potentially worth looking at, both from an individual perspective as well as collectively is the so-called ‘uber-prime’ market – the top end of the South African residential market which is in the region of in excess of R20 million per opportunity. While trading is naturally thin, the best homes in Cape Town, Johannesburg and Durban, ie the best of the best, are now beginning to compete both in terms of price and perception with homes of a similar nature in St Tropez, London, Paris and New York. These properties are competing with each other and in world terms are still under-priced and may represent buying opportunities for savvy investors,” said Dr Golding.

For further information contact Pam Golding Properties on 021 7101700 or email andrew.golding@pamgolding.co.za.

Posted in General0 Comments

Kandidaatdorp se toegangspad vol riool

THABAZIMBI – As Thabazimbi verlede week beoordeel sou word vir die “Beste Dorp in SA”-kompetisie sou die dorp waarskynlik los hande verloor het met riool wat die toegangspad van die weste “versier” het.

Drie mangate in Warmbadweg het verlede week soveel riool langs die pad uitgestoot dat dit duidelik geruik kon word deur verbygaande motoriste. Die verstopping wat verder af in Warmbadweg voorgekom het, het later selfs die mangat in die parkeerterrein by Pick’n Pay laat oorloop.

Die Munisipaliteit het vir etlike dae gespartel om die verstopping verwyder te kry en het selfs Maandag die pype leeggepomp. Teen Dinsdag was die probleem meestal opgelos.

Dit blyk dat die verstopping veroorsaak is deur afval van die slagpale. Volgens Hugo Penzhorn, bestuurder by die Thabazimbi Abattoir, is dit die eerste keer in sy 15 jaar daar wat so iets gebeur.

Ondersoek by die slagpale het aan die lig gebring dat daar baie voorsorgmaatreëls in plek is om te verhoed dat onnodige afval in die riool beland, maar dit blyk dat sommige siwwe nie teruggeplaas is nie nadat daar skoongemaak is. Teen Woensdag was al die siwwe egter weer in plek.

Volgens Penzhorn kan van die klein stukkies vet wat in die afvoerpype beland wel veroorsaak dat daar vetaanpaksels in die dorp se rioolstelsel ontstaan, op dieselfde manier as wat cholesterol in are saampak. Hy sê dit is belangrik dat die dorp se rioolstelsel ook gereeld gediens word om hierdie tipe probleem te voorkom.

Volgens die Munisipaliteit word daar vereis dat alle instansies wat met kos werk vetopvangers by hul uitlate aanbring om hierdie tipe aanpakking te voorkom.

Volgens Penzhorn is daar streng regulasies in plek wat die funksionering van ‘n abattoir beheer en word sy perseel een maal per maand deur die Staatsveearts besoek om seker te maak dat alles volgens wet geskied. Die Departement van Gesondheid is verantwoordelik vir die monitering van afvalhantering buite die slagpale se grense.

Penzhorn verduidelik dat hy ‘n mark het vir feitlik al die karkasprodukte van die abattoir. Die bloed en mis word verskaf aan grasboere. “Afval” soos pens, derms, blaaspens, longe, harte, milte en koppe word aan slaghuise verkoop wat dit aan arm huishoudings voorsien in R7-pakkies. Een so ‘n pakkie kan ‘n huishouding van ses van proteïene voorsien vir ‘n maaltyd.

Ander afvalprodukte soos fetusse, vet en varkderms word aan die aasvoëlrestaurant voorsien. Daar is ook ‘n klein hoeveelheid onbruikbare afval wat by die stortingsterrein gestort word een maal per week.

Volgens Penzhorn is daar natuurlik nog bykomende probleme soos die uitbreiding van die dorp. Die volume wat dus deur die riool-afvoerpype hanteer word is heelwat meer as in die verlede toe die slagpale die enigste gebou aan daardie kant van die dorp was.

Verdunde bloed beland wel in die riool en kon die rooi kleur gegee het aan die riool wat verlede week bogronds beland het. ‘n Bietjie bloed is goed vir die werking van ‘n rioolplaas, sê Penzhorn, want die stikstof help met die afbreekproses.

Die kundiges by munisipaliteit sê egter dat bloed baie nadelig is vir die suiweringswerke, veral die apparaat soos pompe en pype wat weggevreet word deur die bloed. Die bloed wat egter van die slagpale in die riool beland is so min dat dit heeltemal aanvaarbaar is.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Koedoeskop krieketspan

Koedoeskop krieketspelers op toer

Die krieketspelers van Laerskool Koedoeskop wat vanaf 22-25 Julie 2010 op die kriekettoer gegaan het. Op die foto saam met die krieketspelers is mnr Gustav Grobler, mnr Hennie Prinsloo en me Letitia Prinsloo.

KLEIN KARIBA – ‘n Aantal krieketspelers van Laerskool Koedoeskop het vanaf 22-25 Julie 2010 ‘n toer na Botanica, Klein Kariba se jeugkamp, onderneem.

Die span bestaande uit 13 seuns, vergesel deur vyf volwassenes het op Donderdag 22 Julie vertrek. Hul vol program het afgeskop met die wedstryd teen Lord Milner van Stelers waarteen hul verloor. Op Vrydag speel hulle twee wedstryde, eers teen Laerskool Platina en wen die wedstryd en later die middag teen Laerskool Warmbad waarteen hulle verloor. Die spelers moes Saterdagoggend vroeg uit die vere om Laerskool Nylstroom te gaan aandurf en eindig die toer op ‘n hoë noot met ‘n wen. Die toer was nie net werk nie, en kon die seuns heerlik by Klein-Kariba se Aventura ontspan. Die spelers het hope nuwe dinge geleer en sien uit om dit toe te pas in die wedstryde wat volg. Die skool bedank graag al die borge wat bydraes gemaak het om van die toer ‘n groot sukses te maak.

Posted in School News0 Comments

Ons lesers skryf – Boom vrot van voëlent

Soos die afgelope 2 uitgawes van Die Kwêvoël is daar baie gesê oor die hardekoolstomp, wat die meeste leuens is. Nou wil ek graag my kant van die storie vertel. Maar as ek my storie in Apetaal kon geskryf het, sou net twee of drie ape dit kon gelees het, maar nou skryf ek dit in Afrikaans sodat die intelligente mense dit kan lees. Party mense weet blykbaar nie wat om met hulself aan te vang nie. Hier praat ek van mense wat sit en nonsies uitdink en dan die volgende dag dorp toe ry en dan van die een besigheid na die ander loop en skinder en kwaad saai.

Ek is al 24 jaar werksaam by die Munisipaliteit en glad nie skaam om dit te sê nie, ek is by Parke en Gemeenskapdienste. Ek is hier vir die gemeenskap, wit en swart. Waar ek kan help daar help ek, of in die Raad se hoedanigheid of selfs baie keer in my eie. Soos baie keer in die verlede vra die swart mense my of ek hulle nie met droë hout kan help nie vir ? begrafnis of wat ook al, so as daar tyd is doen ek dit vir hulle, want in hul kultuur maak hulle ? groot vuur, kook groot en bly die hele mag wakker deur te treur, sing en bid. Ek het na Johan Potgieter gegaan en hom gevra om sy kettingsaag te leen, want die een van die Raad was stukkend. Hy het my sy saag en die operateur geleen en nou word hy ook beskuldig of betrek.

Ek het op daai tyd nie kon dink waar ? droë boom staan nie, maar was bewus van die droë hardekool in uitbreiding 37. Ek het die operateur gaan wys en hy het die stomp gesaag in klein stompies. Die stomp is nie ? halwe meter in deursnee nie maar 360mm en ongeveer 3 meter hoog gewees. Daarby was dit vrot van binne deur voëlent en nie soos beweer deur die konstruksie wat daar plaasgevind het nie.

Die stompe is gelaai en by my Parkestoor afgelaai waar ek van dit vir die mense gegee het. Die groter deel is gelos en enigeen wat wil kan kom kyk hoe lyk ? vrot hardekool stomp wat blykbaar ? erf se waarde laat val met R100 000. Daarby het die stomp nie eens in die erf gestaan nie, maar op die sypaadjie. Ek sal vir niemand om verskoning vra vir wat ek gedoen het nie, maar stem wel saam oor die een persoon wat graag die aansien en sensasie soek. Hy is ook die persoon wat loop en skinder “Waar kry Gawie geld vir al die karre, bike ens. vandaan”. Ek het geen verskuilde agendas nie en ek slaap lekker in die aand met ? skoon gewete.

Ek versoek al my vriende en Die Kwêvoël lesers om met die volgende Munisipale verkiesing mooi te kyk vir wie julle in jul Wyk stem, want daai persoon kry baie geld ? maand en hy is daar om almal te dien en nie vir eie gewin nie.

Maak ook seker dat hy nie verskuilde agendas het en maak soos Julius Malema nie, want hier is van hulle wat onderduims is en nie hulle werk doen nie. So die persoon wat hierdie  skrywe lees en jy dink die skoen pas jou, trek hom aan, want my ouers het altyd vir my gesê “Meng jou met die semels dat vreet die varke jou”.

Na die kan ek ook seker nou ? wittetjie vat soos Tobie wat vir Die Kwêvoël skryf altyd sê.

Gawie Hendrikz – Thabazimbi

Posted in Letters0 Comments

Ons lesers skryf – Los die gekerm en help eerder

Ek verwys na die skrywe van Johan Potgieter in Die Kwêvoël van 30 Julie 2010. Dankie Johan dat jy die ware feite aan ons lesers bekend gestel het. Dis tragies en so onnodig dat berigte geplaas word, sonder dat die ware feite aan die koerant oorgedra word en dat mense daardeur te na gekom word. Ek het nog altyd net die hoogste lof vir Die Kwêvoël gehad.

Dankie dat julle die ware feite gepubliseer het en reggestel het. In Desember 2009 het ek saam met ’n groepie mense die inisiatief geneem, onder leiding van Gawie Hendrikz en Piet van Rensburg van die Stadsraad om Operasie Dorp skoonmaak te loods. Dis was skitterend. Die belangstelling ongelooflik. Baie moeite is gedoen deur die lede. Van die myne het die T-hemde geborg. Die dag was ‘n reuse sukses en is afgesluit met ‘n Waatlemoenfees. Honderde leerling van die kleuterskole, dag sorgmoeders, Laerskool leerlinge van sover as Koedoeskop en Dwaalboom  is met busse aangery. Hulle was daar. Die hele Hoërskool Frikkie Meyer se personeel met hulle hoof Colin Campbell was daar. Wonderlik was dit om te sien die geesdrif.

Waarmee die talle swartsakke met vuilgoed, bymekaar gemaak en ingebring is. Waar was die geagte Raadslede van Thabazimbi en Die Meneer wat so kerm oor ‘n boom wat afgesaag is. Hoekom was julle die daar nie? Kom steek julle hande uit die moue en raak betrokke. Daar is groot nood in ons dorp.

Daar is talle mense wat honger is, wat nie klere of blyplek het nie. Kyk rondom julle en help. Ek hoop om spoedig te sien wat Julle daaraan gaan doen. Dankie Gawie, Piet en Danie vir wat julle vir ons doen.

Marie Steenekamp – Thabazimbi

Posted in Letters0 Comments

Koos Venter

Welbekende bosveld boer oorlede

Koos Venter (74jr), kranige bees- en wildboer, is op 20 Julie 2010 oorlede.

THABAZIMBI – Jacobus Daniel Venter, beter bekend as Koos van die plaas Matjiesfontein het op die ouderdom van 74 jaar op 20 Julie 2010 na ‘n kort siekbed gesterf.

Hy is op 24 Desember 1935 op die plaas Goedegedacht van sy ouers Piet en Cielie Venter gebore. Hy was onderskeidelik op skool by laerskole Hendriksdal en Groenvlei. Na skool het hy begin boer en is hy in 1961 met Tokkie getroud. Vyf kinders is uit die huwelik gebore, Fanie, Johan, Willem, Heinie en Susanna.

In 1968 het hy Matjiesfontein gekoop en daar begin boer. Die winkel van Akkeda Smit en die NG Kerk Limpopo was omring deur sy eiendom. Hy was jare lank lid en voorsitter van Matjiesfontein boerevereniging en was ‘n lewenslid van die Transvaalse Landbou Unie.

Hy sal veral onthou word as ‘n hardwerkende man, wat sy medemens gedien het. Menige jagter oor die hele Suid-Afrika was lief om by hom op die plaas te kom jag. Selfs dr Lukas Potgieter het al rubrieke geskryf oor sy besoeke aan die plaas Kameelpoort en Ireland.

Dit was veral sy liefde en kennis van die grond en beeste wat van hom ‘n kranige bees en wildboer gemaak langs die Matlabas.

Sy kinders en familie bedank almal wat hom bygestaan het in sy siektetyd en ds Jan Viljoen vir die erediens op 23 Julie 2010 van waar hy uit die NG Kerk op Thabazimbi begrawe is.

Posted in General0 Comments

Baba- en kleuter fotokompetisie

THABAZIMBI – Die groot taak van beoordeling van die mooiste babas en kleuters is hierdie jaar deur PostNet in samewerking met Christine van Snow Action photography, behartig.

Die uitslae is af volg:

0-3maande 1ste plek Anzelle Rossouw; 0-3 maande 2de plek Ewan Taljaard; 0-3 maande 3de plek Owethu Nomvete.

3-6 maande 1ste plek-Anjanette Cilliers; 3-6 maande 2de plek Milan Prinsloo; 3-6 maande 3de plek-Chanté Gildenhuys.

6 -9 maande 1ste plek Henriette Steenkamp; 6-9 maande 2de plek JJ Steenkamp; 6-9 maande 3de plek Paul Venter.

9-12 maande 1ste plek Toinette Koekemoer; 9-12 maande 2de plek Leandrie van Aswegen; 9-12 maande 3de plek-Hennie Thuynsma.

1-2jaar 1ste Micay Heyneke; 1-2 jaar 2de Lourens du Plessis; 1-2jaar 3de- Lehandra Greeff.

2-3jaar 1ste plek D.J Koekemoer; 2-3 jaar 2de plek Lizandri Oosthuizen; 2-3 jaar 3de plek Brandon Wilkon.

3-4jaar 1ste plek Ruan Coetzer; 3-4 jaar 2de plek Enrico Heyneke; 3-4 jaar 3de plek Ruvan Foxcroft.

4-5jaar 1ste plek Janco Rossouw; 4-5 jaar 2de plek Surelma Greeff; 4-5 jaar 3de plek Lesedi Kekana.

Posted in General0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Dewside beer Paragliding Paragliding Renosters Marakele Thabazimbi Vloed 35.gif Marakele Oppikoppi Paragliding

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:30 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools