Ek wil kommentaar lewer op verlede week, 16 Julie se briefskrywer. Ek wil graag weet wie het Chris en Sue-Marie die reg gegee om te besluit die hondjie het nie ’n baas nie, is verwaarloos en ondervoed en nie die waarheid vir die veearts te vertel nie.
Hulle sou dan nie nodig gehad het om te betaal vir ’n spul onnodige toetse nie. Wou julle dalk net haar ouderdom bepaal het of sy gereed is vir teel? Ek wonder maar net…
Ek weet toevallig wie die hondjie vir jou gegee het, want wie ook al het die arme hondjie se kuif teen sy koppie af gesny, siestog! Jou R500 verlies is niks in vergelyking met die R4000 en ander veearts onkoste en oneindige hartseer wat die eienaar sou gely het nie.
Ek het verlede maand my tefie vir ’n dekking gebring na Kaaitjie toe en het my dood gesukkel om by die hek in te kom, want dit was gesluit. Ook ’n Yorkie teler.
Linda Brits

