Categorized | Agriculture, Entertainment

Landbouskou verlaag toegangsgelde vanjaar

THABAZIMBI- Die bestuur van die Thabazimbi Landbou en Nywerheidsgenootskap het ‘n verrassende besluit geneem om vir 2010 die toegangsgelde vir die skou te verlaag vanaf R40 die vorige jaar na R30 per volwassene en R20 vir skoliere en pensioenarisse. Volgens Jan Trichardt, president van die skou, is hierdie besluit geneem om meer gesinne die geleentheid te gee om die skou te besoek en ook nog ‘n ietsie daar binne te kan spandeer. Daar is weer ‘n groot verskeidenheid stalletjies. Die skoubestuur het egter streng gekeur deur vanjaar net stalletjies wat waarde toevoeg by die skou toe te laat en poog daardeur ook om ‘n veilige atmosfeer by die skou te skep. ‘n Nuutjie vanjaar by die skou is die wildveiling wat weer na ‘n lang afwesigheid by die skou aangebied gaan word.  Thabazimbi Wildlife Services se hokke op die skouterrein is reeds voltooi en hulle is reeds besig om wild te vang. Die veiling vind op Vrydag, 30 Julie 2010 om 14:00 in die Trollope Saal plaas. Vleissentraal is die afslaers. Die beeste afdeling is tans besig met die finale reëlings om vanjaar die grootste beesskou ooit op Thabazimbi aan te bied. Volgens die bestuur is daar 15 rasse teenwoordig. Dis by verre die skou met die meeste beesrasse in Suid-Afrika. Die Brahman Genootskap van Suid-Afrika het Thabazimbi as een van hulle 5 elite skoue in Suid-Afrika vereer. U kan dus Brahmane van hoogstaande gehalte hier verwag.  Ander rasse kom so ver as Mooketsi (Pinzgauers), Standerton (Limousins) en Lichtenburg. U kan ook uitsien na ‘n baie groot nywerheid-, voertuie- en trekker uitstalling. Die bekende name in die landbou en nywerheid sal hier teenwoordig wees. Vir die jongklomp en waaghalsiges is daar ‘n pretpark met splinternuwe en uitdagende toerusting. Dit is blykbaar die grootste van sy soort in Suid-Afrika.  Daar word ook waterkaskenades met groot deurskynende balle (soos op TV) aangebied. Gaskunstenaars wat optree is onder andere Eclipse, Amor Vittone, Freddie Nest, Pieter Koen en Wynand & Cheree. Vir optree tye sien die program.  ‘n Groot verskeidenheid kosstalletjies en ‘n boere biertuin sal vir die ergste honger en dors sorg.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Dewside beer Zebras          Bokafslag by Thabazimbi Expo 2007                      Marakele Kransberge Golf Thabazimbi Vloed 26.gif Bomgooi Thabazimbi Vloed 29.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 6:15 am
Clear
Clear
8°C
real feel: 4°C
humidity: 44%
wind speed: 2 m/s WNW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools