Categorized | General

Hondesiekte breek uit in Thabazimbi

THABAZIMBI – Verskeie honde is reeds die afgelope twee weke, gediagnoseer met hondesiekte (distemper) in Thabazimbi. Alhoewel fataal vir honde is dit nie aansteeklik vir mense nie.

Honde word gewoonlik ingebring omdat hulle koors het, hoes, hul neuse loop, oë wat traan en epileptiese aanvalle kry. As so ’n hond nie ingeënt is nie, is dit waarskynlik dat hy hondesiekte het.

Hondesiekte kan met ’n eenvoudige toets en binne 15 minute gediagnoseer word. Die probleem is dat daar geen behandeling hiervan is nie, aangesien die diere se immuunstelsel aangetas word.

Indien u honde positief getoets is, sal die hond uitgesit moet word. Meer as tien honde is in die afgelope week uitgesit as gevolg hiervan.
Honde met hondesiekte kan ook die volgende onderlêde hê soos maagwerkings en swaar asemhaling.

Die siekte word oorgedra deur mikrodruppels as honde nies, asook in hul urine en mis vir tot twee tot drie maande nadat die honde siek geword het. Inenting van klein hondjies vind plaas op ses, nege en 12 weke asook jaarlikse inentings daarvan, is die enigste manier om die siekte te verhoed.

Daar is ten minste een geval bekend waar ’n hond wel ingeënt is, maar ook bosluiskoors (Enrlichia) gehad het. Ehrlichia onderdruk ook die immuunstelsel en in hierdie geval het die hond hondesiekte gekry. Dit is dus belangrik om veral in ons omgewing, streng bosluis beheer toe te pas saam met die enting.

Bring u honde in sodat ons hulle kan toets en voorkom dat ’n siek hond vir u hele buurt siek maak.

Sonja Pieters (Medivet)

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Dewside beer Thabazimbi Vloed 15.gif Thabazimbi Vloed 9.gif Thabazimbi Vloed 7.gif SDC12097                                Thabazimbi Vloed 36.gif Marakele Land Rovers Vloede

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:01 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools