Archive | July 16th, 2010

Nuwe Adjunkhoof aangestel by Laerskool Thabazimbi

THABAZIMBI- Met die aanbreek van die nuwe kwartaal het Laerskool Thabazimbi nog ‘n nuwe adjunkhoof aangestel. Die hoeveelheid leerlinge wat die skool tans het maak dit noodsaaklik vir hierdie aanstelling. Mnr J T Brand  het aan die Univertiteit van Potchefstroom studeer en sy HOD Senior Primêr verwerf, waarna hy vanaf 1995 skoolgehou het by Laerskool Pietersburg. Hier is hy dan ook in 2006 tot Departementshoof bevorder waarna hy die pos by Laerskool Thabazimbi as Adjunkhoof aanvaar het. Die skool wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om hom en sy vrou Delen, Anthony (Gr 4) en Chanté (Gr 2) welkom te heet.

Posted in School News0 Comments

The 2010 International Nelson Mandela Day

THABAZIMBI – On 18 July the people of South Africa and the world will once again pay tribute to one of the word’s greatest icons and international statesman, Nelson Rolihlahla Mandela, by participating in a wide range of noble acts in celebration of the 2010 International Nelson Mandela Day. The Nelson Mandela Day, which takes place on the birthday of first democratic president of South Africa, encourages everyone to make a difference by dedicating time doing something positive wherever they live in emulation of the courageous and selfless years of political activism led by Madiba.

The Nelson Mandela Day was celebrated for the first time in 2009 following its launch by the Nelson Mandela Foundation and the 46664 Campaign.

The same year, the United Nations declared 18 July “Nelson Mandela International Day”, in recognition of Madiba’s contribution to global peace and freedom.

In Thabazimbi, Regorogile Ext 9 also known as Appiesdoring will be the place to be during this Mandela Day on the 17th July 2010, Saturday. The Mayor, Councilors of Thabazimbi Municipality including all community leaders and all sector departments within municipality area will be doing community work in a form of cleaning campaign for 67 minutes in that area. The 67 minutes represent the 67 years Mandela spend in politics, fighting for human rights and a better life for all. Volunteers are most welcome to help out at Appiesdoring on the day.



Posted in General0 Comments

Navi Redd

Navi Redd – TOTAAL IN ONS TAAL

THABAZIMBI – Met Navi Redd se splinternuwe Afrikaanse album TOTAAL IN ONS TAAL wat nou beskikbaar is op die winkelrakke, moet inwoners nie te lank wag om kaartjies vir hul vertoning op 28 Augustus by die KunsteGrot te bespreek nie.

Sonder enige musiekinstrumente of backtracks trek hierdie jong manne ‘n vars baadjie aan vir treffers soos BLOU van Laurika Rauch, Nicholis Louw se EK IS NOG HIER, Chris Chameleon se ONVERKRYGBARE, asook liedjies van Andries Botha en Jannie Moolman.

Hierdie a capella album bevat 12 snitte, waarvan daar ook 7 oorspronklike liedjies vanuit die Navi Redd manne se penne is.

JY’S ‘N LANGVRAAG is ‘n ballade wat die verskille tussen ouens en meisies duidelik uitlig. Daar is talle paartjies wat niemand ooit gedink het sal bymekaar uitkom nie… maar “Opposites Attract – enough said…”

VAT MY VRY MY is ‘n vars, opwindende nommer waarin jy nie kan glo dat daar geen musiekinstrumente  gebruik is met die maak van dié CD nie.
DIT IS JAMMER is ‘n lekker nostalgiese dansnommer wat jou terugvat na die 80’s met dinge soos Mello Yello koeldrank, Creoles chips, Swart Kat, Orkney snork nie en Lion Lager. Those were the days… die Afrikaanse weergawe. Wie’t gesê jy’t musiekinstrumente nodig om sokkiemusiek te maak?

SATERDAGAAND is die partytjie treffer wat studente verseker oor en oor gaan speel voor hul uitgaan. Vergeet vir ‘n oomblik van al jou moeilikheid en partytjie gerus saam!

VERSPEELDE KANSE se sub-titel is nie verniet OM ‘N FOUT TE MAAK IS NIKS nie.  Soms het mens mos net nie die guts om ‘n “move” te maak op daai iemand waaroor jy mal is nie.

KLIPPIES en IS EK HY is nommers vanaf hulle vorige albums wat bietjie “opgespice” en oorgedoen is en gaan verseker ook weer groot gunstelinge wees.

Hierdie jong manne vat a capella musiek na nuwe hoogtes en gaan nog diep spore in die musiekbedryf trap. Dis fantasties om te hoor wat mens al’s met slegs jou stembande kan regkry. Hul leuse is nie verniet “NO INSTRUMENTS, NO PROBLEM” nie.

Kaartjies vir hul optrede by Die KunsteGrot is verkrygbaar by Rita tel: 083 744 8559.

Posted in Entertainment, Top Stories0 Comments

Ons lesers skryf – Beskuldigings voor Feite

As my hond wegraak, hoop ek iemand wat omgee sal hom optel en versorg. Dis presies wat ons gedoen het met jou hond. Die arme dier was in so slegte toestand dat ons haar veearts toe gevat het. Sy was bang vir almal en alles, wou nie eet nie, gaan lê plat as mens naby kom en het erg aan haar ore gekrap. Om nie eers van die stukkende plekke te praat nie…. By die veearts het ons bloedtoetse, vel skrape en oor toetse laat doen, net om uit te vind wat fout is. Na alle onkostes wat aangegaan is en ‘n week later, kom jy by ons huis aan en beskuldig ons van diefstal! Ons het blykbaar jou hond uit jou erf gesteel. As ek jou hond wou steel, steel ek al vier en nie net een nie….

Dit nadat ek op vele voorvalle jou honde aan jou terug besorg het, wanneer hulle in parkeer terreine rondhardloop of in die strate rondloop. Want hekke word mos oop gelos en jy kyk nie waar jou honde is nie. Al wat ons nou van jou vra, is dat jy die onkostes aan ons terug betaal, dit is mos immers jou hond. As ons geweet het dis jou hond, sou ons haar aan jou terug besorg het, soos ek al voorheen gedoen het. Maar so vind ons ook nou uit in watter omstandighede jou honde leef en geteel word. Hulle is mos net daar vir geld, nie liefde, aandag of sorg nie…. Maak goed seker van jou feite voor jy beskuldigings rond gooi. Ons hoop jy sorg nou goed vir haar, want in ons huis was sy soos ‘n koningin behandel.

Noenoe ons mis jou!

Chris en Sue-Marie

Posted in Letters1 Comment

Stil naweek by Gholfklub

THABAZIMBI – Verlede Saterdag was maar ‘n stil dag by die Thabazimbi Gholfklub deurdat baie van die lede in die borgdag op Amandelbult gaan speel het. Jannie van Graan wen die plaaslike Bonus Syferspel met +3. Billy Pring (-1), Bernie Gous en Rudi Conrad, albei op -2 was die ander wenners.

Twee van die klub se belowende juniors, die Penzhorn broers Christoff en Heinrich, het die afgelope vakansie aan ses toernooie deelgeneem wat in Pretoria deur die Junior Golf Foundation aangebied is. Christoff wat vir die eerste keer in die A -afdeling, voorgee 0 tot 6 deelgeneem het, het nou nie gewen nie maar hom deeglik tussen die hardebaarde laat geld. Heinrich het in die C-afdeling gespeel en wen op Akasia en Sandy Lane. Hy is ook derde op Woodhill. Dit is ‘n pragtige prestasie. Hulle het ook aan die Glacier Junior Series op Garner Ross deelgeneem en gaan ook weer Sondag verder op die Zwartkop baan deelneem.

Die groot Slag van die Bosveld gaan hierdie naweek op Thabazimbi se baan plaasvind. Esmé Beherens, wat die slag reël, sê dat daar 94 spelers die dag gaan deelneem. Die oggendveld gaan reeds vroeg die oggend afslaan. Spelers moet asseblief met die klub skakel om die afslaantye te kry.

Met so’n groot veld sal daar nie vir laatslapers gewag kan word nie en sal jy jou spel verbeur as jy nie minstens 30 minute voor jou afslaantyd aangemeld het nie.

Posted in Sport0 Comments

Van die heel beste Kunstenaars besoek Thabazimbi

THABAZIMBI – Die tweede helfte van die jaar het aangebreek en inwoners kan hulself gereed maak vir ‘n verskeidenheid van top-kunstenaars wat tot einde November op Thabazimbi gaan optree. ‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen om die geleenthede te ondersteun. Dit is beslis ‘n voorreg om hierdie uiters talentvolle kunstenaars hier plaaslik te kan ontvang.

Eerste aan die beurt is Navi Redd wat op 28 Augustus in die KunsteGrot gaan optree.Op 8 September kom Rudi & Corlea aan die beurt. Aangesien ‘n heelwat groter gehoor verwag word, sal hulle by  Laerskool Thabazimbi se skoolsaal optree. Die res van die optredes is almal by die KunsteGrot. Die kunstenaars wat gaan optree is Blackie Swart  op 22 September, Heléne Bester op 22 Oktober en Manuel Escorsio op 19 November.

Iewers, gedurende November, tree RiVoToneel ook op met twee skitterende komedies.  Deon van Vollensteen, een van die top 5 van Supersterre 2010, wil ook graag kom kuier.

Teater liefhebbers word herinner aan die wonderlike vertoning van Laurika Rauch en Jannie du Toit in die Brooklynteater, naamlik  Brel in Brooklyn met Christa Steyn op die klavier.

Brel-liedere in Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands sorg vir ‘n onvergeetlike aand van musiek met die klem op, soos Brel dit gestel het: die soete oorlog van die liefde. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Besprekings vir die plaaslike optredes kan gedoen word by Rita – 083 7448559  /  rivol@telkomsa.net

Posted in Entertainment0 Comments

Advanced driving skills desperately needed

In the latest available global statistics, South Africa ranks third highest in the fatality rate per 10 000 vehicles.  A sobering enough thought, but just this week CARS (Committee Form More Road Safety) revealed that a new study suggests that our road death toll has been under-estimated by more than half.  While the Department of Transport gives a figure of 10 000 each year, CARS says in reality it is nearer 18 000.

So if your experience of handing over the keys to your newly licensed teenager was more one of panic than mere trepidation, know this – you have every right to be concerned.  Grant McCleery, a multiple SA motorsport champion, who heads up Yokohama Driving Dynamics, has been teaching specialised driving skills for nearly two decades and in his opinion, every man, woman and especially teenager, needs more than just basic driver training to ensure their safety on our road.

He says: “The K53 driver training system is a great way to learn the basics, but you need more sophisticated skills to deal with the unexpected, like avoiding collisions, regaining control of your vehicle, recovering from aquaplaning, or even just braking properly in an emergency.  Don’t make the mistake of thinking of these skills as the exclusive domain of racing drivers.  Your child needs to know this stuff if he or she is going to get around safely on our roads.”

Of course as a parent you know that you can’t tell a teenager anything!  Rather, you need to equip them with the skills and doing so is easier than you may have thought.  Yokohama Driving Dynamics offers a range of one-day courses that will teach your child these essential driving skills.  A level 1 Advanced Driving Skills Course makes a novel birthday or graduation present and thereafter, they can build on it with Levels 2 and 3, of courses like 4×4 driving, hijack prevention, self-protection and more.

McCleery concludes: “We can’t eliminate the problem, but we can minimise it, if more people made the effort to become ‘advanced drivers’.  The courses are after all designed for the ordinary person who gets behind the wheel of a car every day and ventures into the general chaos that prevails on our roads.”

Yokohama Driving Dynamics has an alliance with General Motors South Africa to ensure that clients get the very best instruction in quality driving and safety.  The fleet of cars includes Corsa OPC, Chevrolet Lumina, New Cruzes, Aveo and a full range of Isuzu 4×4’s.

Yokohama Driving Dynamics is based at Gerotek Vehicle Test Facility near Pretoria and also offers its courses at a variety of venues, countrywide.

For more information, call the company on (011) 431 – 2000 or visit the website on http://www.drivingdynamics.co.za/

Posted in General0 Comments

Bekende inwoner van Thabazimbi oorlede

THABAZIMBI – Hendrik Gerhardus Joubert is op Saterdag 26 Junie 2010 op die ouderdom van 66 jaar oorlede.

Hy sal onthou word vir sy hardwerkendheid, bereidwilligheid en humorsin. Hy het voluit geleef en was ‘n vegter tot aan die einde. Hy was baie lief vir sy vrou, kinders en familie; lief vir Thabazimbi en sy mense; lief vir die Here.

Ons dank aan almal vir hul ondersteuning, telefoonoproepe, sms-boodskappe, bystand en besoeke tydens die afgelope jare se siekte en tydens sy afsterwe.

Met opregte waardering van Marietjie, Elna, Lucia, Marelie, Boeta en Jaen-Marie.

“Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Cristus Jesus van julle verwag”.

Posted in General0 Comments

Visrivier Canyon

Thabazimbi stapklub

Die pragtige natuurskoon van die Visrivier Canyon waar die Thabazimbi Stapklub gestap het. Die foto heel bo is geneem met die sonsopkoms deur Hugo Coetzee.

VISRIVIER – Thabazimbi stapklub het tussen 6 tot 11 Junie 2010 gestap in Namibië se Visrivier Canyon. Die stappers het bestaan uit Hugo Coetzee en Pieter de Klerk, wat albei van Thabazimbi is, Butch du Toit wat van Rustenburg is en Laurinda en Yolinda Nel wat van Ellisras afkomstig is.

Die groepie van vyf het 85km gestap in die asemrowende Canyon. Die stappers het self bepaal teen watter staptempo daar gestap word, hulle kon besluit waar hulle wil slaap en kon die rivier kruis op talle plekke.

Hulle het wel na ongeveer twee dae die artesiese warm water bron bereik met ’n sterk swael reuk wat Palm springs heet. Die palmbome (dadelpalms) was skynbaar deur twee vlugtende Duitse krygsgevangenes geplant tydens hulle vlugtog en hul was ook siek.

Die vlugtelinge het van die warm water bron se water gedrink wat vol minerale was en het gesond geword, volgens oorleweringe. In die Canyon kom daar ook wilde perde voor soos in die woestyn tussen Aus en Luderitz.

Die Visrivier Canyon is ongeveer 161km lank, 549m op sy diepste en 27 km op sy breedste. Die Visrivier is die langste binnelandse rivier in Namibië en ontspring in die Noordekant en wel uit die Naukluftberge asook die Nauches Hoogland in die weste van Rohoboth. Geologies is die Canyon ook baie interessant en is talle dolorietgangem verskuiwings ens., duidelik sigbaar self vir die oningeligte.

As u ook wil deel wees van so ’n rustige atmosfeer en mooi uitsigte kontak gerus vir Hugo Coetzee vir verdere inligting oor moontlike staproetes 014 772 1836 of 082 562 5774.

Posted in Sport, Top Stories0 Comments

Thaba Spesialiste Klub

Die wedvlug van Warrenton, so 469km, was die laaste van ons kortpad wedvlugte. Albert Vorster wen die jongduif wedvlug en Nick en Biebie die ope wedvlug. Nick en Biebie se duif, 403, wen sy derde (3) wedvlug in hierdie jaar. Albert Vorster het stilletjies die jaar oud punte gewen. Die ope word deur Nick en Biebie gewen en die algehele punte word ook deur Nick en Biebie gewen.

Die volledige kortpad uitslae is soos volg:

Kampioen jaar oud wedvlugte:
1. Albert Vorster: 187
2. Tonie Heyneke: 185
3. N&B Oelofse: 181
4. AD Erasmus en Seun: 164
5. Reyneke Hokke: 117
6. Joubie Lofts: 108
7. Dup du Plessis: 89
8. Frans Matthee: 25

Klub Kampioen Kortpad:
1. N&B Oelofse: 389
2. Albert Vorster: 370
3. Tonie Heyneke: 369
4. AD Erasmus en Seun: 337
5. Reyneke Hokke: 250
6. Dup du Plessis: 181
7. Joubie Lofts: 159
8. Frans Matthee: 84

Hok Kampioen kort pad:
1. N&B Oelofse: 1357
2. Albert Vorster: 1167
3. Tonie Heyneke: 971
4. AD Erasmus en Seun: 777
5. Reyneke hokke: 490
6. Dup du Plessis: 398
7. Joubie Lofts: 298
8. Frans Matthee: 116

Uitslae vir Warrenton is soos volg:

Jaar oud wedvlug:
1. Albert Vorster: 1, 2, 4, 7, 8, 20, 29
2. Tonie Heyneke: 3, 10, 15, 22
3. Reyneke Hokke: 5, 14, 18
4. AD Erasmus & Seun: 6, 12, 21
5. Joubie Lofts: 9, 23, 24, 26, 28
6. N&B Oelofse: 13, 16, 17, 19
7. Dup du Plessis: 25, 30
8. Frans Matthee: 27

Ope wedvlug:
1. N&B Oelofse: 1, 10, 17, 19, 20
2. Dup du Plessis: 2, 3, 14, 16, 22, 29
3. Albert Vorster: 4, 6, 18
4. Tonie Heyneke: 5, 21, 23, 30
5. AD Erasmus & Seun: 7, 11, 12, 13, 27
6. Reyneke Hokke: 8, 15, 24, 25, 26
7. Frans Matthee: 9

Die pontoon word vir die eerste keer hierdie jaar deur Nick en Biebie gewen.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Golf Thabazimbi Vloed 3.gif Marakele Paragliding Kumba Nationals Marakele 4x4 Thabazimbi Expo 4.JPG Marakele Elandskuil Krokodil Potjiekoskompetisie

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:27 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools