Archive | July 9th, 2010

Bosveldfees

Bosveld Beesfees: Kompetisie by beesskou steeds straf

Die Interras Kampioenbul pas gekroon by die Lephalale Bosveldfees was LT 06/10 van Louis Trichardt van Eltricia Brahmane van Thabazimbi. Hierdie bul was ook Ras en Senior kampioenbul onder die Wit Brahmane.

Alhoewel daar vanjaar effe minder beeste as in die verlede was, was die kompetisie nogtans straf by die Bosveldfees Beesskou op Lephalale gehou die afgelope naweek.

Telers van regoor Limpopo en Gauteng het kom deelneem. Vyf rasse het geskou, nl. Rooi en Wit Brahmane, Simmentalers, Simbras en Santa Gertrudis. Limousins is uitgestal, maar het nie geskou nie.

Die Interras kampioen bul is vanjaar ‘n Wit Brahman van Louis Trichardt van Thabazimbi se Eltricia Brahman-stoet. Die bul, LT 06/10 was ook die Ras en Senior kampioen Wit Brahman bul. Eltricia het die meeste punte in hul ras ingesamel.

Die Interras kampioen koei was Jacmi Gretsu van Kobus en Mieta Erasmus se Jacmi Simmentaler stoet. Sy was ook die Senior en Ras kampioen koei en het vroeër vanjaar uitstekend gevaar op die Lichtenburg Skou.

Die Beste Interras Paas het gegaan aan LOBRAM Brahmane van Hannetjie Loots. Haar gunsteling, Pilotboy, ook Ras en Senior kampioen Rooi Brahman Bul, en World Cup, Ras en Senior kampioen koei, het saam die mooiste paar op die skou gemaak. Sy het ook die meeste punte onder die Rooi Brahmane verower.

Die res van die uitslae was as volg:

Wit Brahmane

Manlike kampioene:
Ras: LT 06/10 van Louis Trichardt van Eltrichia Brahmane
Reserwe Ras; DID 07/477 van True Blood van Andrew Smith
Snr: LT 06/10 van Louis Trichardt van Eltrichia Brahmane
Reserwe Snr DID 07/477 van True Blood van Andrew Smith
Jnr LT 08/62 van Louis Trichardt van Eltricia Brahmane.
Reserwe Jnr; BEL 08/134 van Belle Vue Brahmane van Giel Booysen
Kalf: ET 120/09 van Fanie Fouche van Toy Brahmane
Reserwe Kalf: MP 09/125 vertoon deur Marcon stoet

Vroulike kampioene:
Ras: LT 07/33 van Louis Trichardt van Eltricia Brahmane
Reserwe Ras: R10 08/44 van Andrew Smit van True Blood Brahmane
Snr: LT 07/33 van Louis Trichardt van Eltricia (Tony Ngobeni)
Jnr R10 08/44 van Andrew Smit van True Blood Brahmane
Reserwe Jnr: AJS 80/120 van Andrew Smith van True Blood Brahmane
Kalf: ET 09/123 van Fanie Fouche van Toy Brahmane.
Reserwe Kalf: Belle Vue BEL 09/190 van Giel Booysen

Rooi Brahmane:

Manlike kampioene:
Ras: Pilotboy LOB 05/109 van LOBRAM Brahmane van Hannetjie Loots.
Reserwe Ras; Mooiman PRI 07/764 van PRI Brahmane van Johan Prinsloo
Snr: Pilotboy LOB 05/109 van LOBRAM Brahmane van Hannetjie Loots.
Reserwe Snr; Mooiman PRI 07/764 van PRI Brahmane van Johan Prinsloo
Jnr: Tafelberg PRI 08/854 van Johan Prinsloo se PRI Brahmane
Reserwe Jnr: Pilot 3 LB 08/156 van Hannetjie Loots se LOBRAM Brahmane
KALF PRI 09/955 van PRI Brahmane van Johan Prinsloo.
Reserwe KK: PRI 09/909 van Johan Prinsloo van PRI Brahmane

Vroulike kampioene:
Superkoei: Miempie LB 02/52 van LOBRAM Brahmane van Hannetjie Loots
Ras: World Cup LB 07/140 van Hannetjie Loots se LOBRAM Brahmane
Reserwe Ras: Claudie LB 08/155 van Hannetjie Loots van LOBRAM Brahmane.
Snr: World Cup LB 07/140 van Hannetjie Loots se LOBRAM Brahmane
Reserwe Snr: Cheaky PRI 07/737 van Johan Prinsloo van PRI Brahmane van Thabazimbi
Jnr: Claudie LB 08/155 van Hannetjie Loots van LOBRAM Brahmane.
Reserwe Jnr: GAM 08/2 van Marinus van Jaarsveld van Meadowwood Brahmane.
Kalf: CBS 09/1 van Giben Brahmane van Gideon Coetzee.
Reserwe Kalf: PRI 09/916 van PRI Brahmane van Johan Prinsloo.
Hannetjie Loots se LOBRAM-stoet het die meeste punte onder die Rooi Brahmane verwerf met PRI Brahmane van Johan Prinsloo in die tweede plek.

Santa Gertrudes:

Manlike kampioene:
Ras: RB 6/09 van Erbee stoet van Ronnie Brink.
Reserwe Ras; HN 07/51 van Dr Hennie Nel van Indruk stoet.
Snr RB 6/09 van Erbee stoet van Ronnie Brink.
Reserwe Snr; HN 07/51 van Dr Hennie Nel van Indruk stoet.
Jnr: HN 08/019 van Dr Hennie Nel van Indruk.
Reserwe Jnr RB 08/044 van Erbee-stoet van Ronnie Brink.
Kalf: RB 09/023 van Ronnie Brink se Erbee-stoet
Reserwe Kalf: WS 09/032 vertoon deur Vroegbegin stoetery.

Vroulike kampioene:
Ras: Indruk Jessy HN 07/50 van dr Hennie Nel van Indruk
Reserwe Ras; Indruk Linda HN 05/50 van Dr Hennie Nel van Indruk.
Snr: Indruk Jessy HN 07/50 van dr Hennie Nel van Indruk
Reserwe Snr; Indruk Linda HN 05/50 van Dr Hennie Nel van Indruk.
Jnr: Indruk Magda HN 07/117 van Dr Hennie Nel van Indruk.
Reserwe Jnr: HN 08/61 van Dr Hennie Nel se Indruk-stoet.
Kalf: Sanmar 09/08 van Japie Mare.

Simmentaler

Manlike kampioene:
Ras: Thelza Barak THE 08/08 van Theo en Elzabe Bothma van Thelze-stoetery.
Reserwe Ras; GUN SAFF vanBrandt Nel van Nel Broer-stoetery.
Jnr : Thelza Barak THE 08/08 van Theo en Elzabe Bothma van Thelze-stoetery.
Reserwe Jnr; GUN SAFF vanBrandt Nel van Nel Broer-stoetery.
Kalf Thelza Vabond THE 09/2 van Theo en Elzabe Bothma.
Reserwe Kalf: Jacmi Hamber van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simmentalers.

Vroulike kampioene:
Ras: Jacmi Gretsu van Kobus en Mieta Erasmus se Jacmi-stoet.
Reserwe Ras; Jaacmi Madba van Kobus en Mieta Erasmus se Jacmi-stoet.
Snr: Jacmi Gretsu van Kobus en Mieta Erasmus se Jacmi-stoet.
Jnr: Jaacmi Madba van Kobus en Mieta Erasmus se Jacmi-stoet.

Simbras:

Manlike kampioene:
Ras: Jacmi Raman van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simbras.
Reserwe Ras; Fame van Joleen Simbras van Heleen Roux van Thabazimbi.
Kalf: Jacmi Raman van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simbras.
Reserwe Kalf: Fame van Joleen Simbras van Heleen Roux van Thabazimbi.

Vroulike kampioene:
Ras: Jacmi Geelbek van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simbras.
Reserwe Ras; Daleen 3 van Joleen Simbras van Heleen Roux
Snr Jacmi Geelbek van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simbras.
Reserwe Snr: Joleen Ansu 2 van Joleen Simbras van Heleen Roux van Thabazimbi
Jnr; Daleen 3 van Joleen Simbras van Heleen Roux
Reserwe Jnr Jacmi Lolly van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simbras.

Elana Greyling

Posted in Entertainment, Top Stories1 Comment

Sudoku wenner

Die Sudoku wenner van die Wedstryd Sudoku 25 is ‘n leerder van Laerskool Thabazimbi, Gerdri Eloff. Gerdri het Tambotie Versorgingseenheid gekies as die Liefdadigheidsorganisasie om te begunstig. Op die foto oorhandig Gerdri die tjek ter waarde van R500 aan Neels Kramer, die Penningmeester van Tambotie Versorgingseenheid.

Posted in General0 Comments

Photo by audreyjm529 (http://www.flickr.com/photos/audreyjm529/)

Interessante feite van posduiwe

Photo by audreyjm529 (http://www.flickr.com/photos/audreyjm529/)

Posduiwe is spesiaal geteëlde duiwe van kransduiwe af en dus is daar deesdae so ’n groot verskeidenheid duiwe. Die posduif is al gebruik van die vroeë 1150 in Bagdad en toe later by Genghis Khan. Posduiwe het ook handig te pas gekom in die Eerste- en Tweede Wêreld oorloë as boodskap stuurders, dus die naam posduif.

Die duiwe se hokke was op skepe gehou vir nood boodskappe dat die skip raak geskiet is en besig is om te sink, dan stuur hulle die posduiwe na die naaste hulp met hulle koördinate in die boodskaphouertjie wat aan die duif vasgemaak is, om hulle te kom help en baie lewens is deur posduiwe se boodskappe gered. Daar is self ’n spesifieke bekende posduif, genaamd Cher Ami, wat gedurende die Eerste Wêreld oorlog ’n boodskap geneem het oor die vyand se grense, waar die posduif in sy bors en been geskiet is. Cher Ami het sy been verloor, maar hy het aangehou vir nog 25 minute om by sy bestemming te kom. Dié posduif is toe met die Franse ‘Croix de Guerre’ medalje vereer. Nog ’n posduif held is G.I. Joe wat tydens die Tweede Wêreld oorlog duisende Britse troepe gered het, nadat hulle hul posisies geneem het in ’n Italiaanse dorpie wat deur alliansie vliegtuie gebom sou word. G.I. Joe het binne 20 minute 20 myl gevlieg om by die vliegveld hoofbasis te kom, waar die vliegtuie klaar besig was om hulle enjins aan te sit.

Dié posduif is met die ‘Dicken’ medalje vereer vir braafheid. In 1860 het Paul Reuter, wat die ‘Reuters Press’ begin het, 45 posduiwe gebruik om nuus en aandeel pryse te stuur tussen Brussels en Aachen.

Duiwe was en is ’n goeie posdiens omdat hulle tot 80km per uur kan vlieg vir meer as 966km ’n dag en nog vinniger as dit in korter afstande gedeel word.

Duiwe moet dus goeie navigasie eienskappe besit om te keer dat hulle nie hulle vlerke moeg maak nie.

’n Studie wat oor 10 jaar uitgevoer is by die Oxford Universiteit, het bewys dat alle duiwe paaie gebruik om hulself te oriënteer. Die duiwe sal selfs by ’n T-aansluiting draai in die rigting waarin sy bestemming is. Ander teorieë is dat hulle met die aarde se magnetiese veld vlieg, op die uitkyk is vir visuele landmerke, met die son se hulp as kompas en infra-geluide, dit is baie lae frekwensie geluide wat mense nie kan hoor nie.

Duiwe lyk asof hulle bietjie stadig en bot is as hulle loop met hulle koppe wat voor- en agtertoe wieg, maar hulle het nodig om dit te doen omdat hulle nie drie dimensioneel sien nie, omdat hulle oë aan weerskante van hul kop sit. Hulle visie is mono-visueel, wat daartoe lei dat hulle nie diepte kan sien nie, hulle moet hulle koppe so beweeg om diepte te meet en dit help die duif om homself in die omgewing te oriënteer.

Gelukkig is hulle oë goed en kan die duiwe geleer word om geel en rooi lewensbaatjies te sien van mense wat in die see is. Hulle sien dit vinniger as mense as gevolg van die ultraviolet strale wat hulle kan sien, wat mense nie kan nie.

Duiwe is een van net ses voël spesies wat die spieël toets geslaag het, deur te konseptualiseer dat dit ’n refleksie is wat hy sien en nie ’n ander duif nie. Duiwe kan ook al 26 letters van die alfabet herken en hulle kan die verskille sien tussen mense en foto’s en ook mense herken.

Nou verstaan ek ook bietjie meer van posduiwe.

Inligting gekry by http://www.deterapigeon.com/21-amazing-facts-about-pigeons.htm

Posted in Nature0 Comments

Golf

Ryp laat bal verder rol

Photo by Easywebsites.ky (http://www.flickr.com/photos/fevisyu/2335224771/)

THABAZIMBI – Die gebruiklike Slagspel het verlede Saterdag weer sy beurt by Thabazimbi Gholfklub gehad. Met die kwaai ryp wat ons hierdie winter gehad het kry mens skielik ‘n hele paar meter meer rol op die skoonvelde.

Die goeie tellings gee dit ook weer, soos Alta Venter se wentelling van 67 aantoon. Chris Bronkhorst (69), Rudi Conrad (71) en Piet Venter (74) was die ander goeie tellings.

Daar is gemengde uitsprake oor die rookhok wat nou bykans die helfte van die kroeg in beslag neem. ‘n Mens wonder hoe en wanneer die rook/nie-rook kwessie opgelos kan word. Lede moet maar net leer om mekaar se sienings met respek te hanteer.

Saterdag 10 Julie vind die HMT Mining borgdag plaas. Die Dames se Slag van die Bosveld (Battle of the Bushveld) word op 17 Julie gelewer. Die mans kan egter ook speel as daar plek is.

‘n Driehoekige botsing tussen Thabazimbi, Amandelbult en Swartklip word vir Saterdag 24 Julie beplan. Daar word al lank oor so ‘n dag bespiegel en dit kan tot groot dinge lei. Saterdag 31 Julie gaan ten bate van die Graad R Tjokkers van die Laerskool gehou word.

Die gereelde Pick n Pay Sonsakker word in die winter oor net ses putjies gespeel, maar bly ‘n baie populêre spel.

Posted in Sport, Top Stories0 Comments

Thaba Nkwe Spanne

Thaba Nkwe hou pret naweek

Vier spanne naamlik die Rebels, Graceland, Active Life Gym en Thaba Nkwe se span het aan ‘n hindernisbaan kompetisie deelgeneem wat op Saterdag 3 Julie by Thaba Nkwe aangebied is.

THABAZIMBI – Thaba Nkwe het Vrydagaand 2 Julie ’n talentkompetisie aangebied en die wenner, met sy pragtige stem, was Joel Milanzi wat R1000 prysgeld losgesing het. Dit was nie die einde van die verrigtinge nie aangesien daar op Saterdag 3 Julie ‘n hindernisbaan kompetiese gehou is. Saterdag oggend was dit die aktiewe, sportiewe mense se beurt. In totaal het daar vier spanne ingeskryf, die Rebels, Graceland, Active Life Gym en Thaba Nkwe.

Die vier spanne moes verskillende hindernisse bemeester, so vinnig as moontlik, om as die Thaba Nkwe hindernisbaan wenners aangewys te word.

Active Life Gym het toe daardie eer gekry. Thaba Nkwe be-oog om gedurende die jaar meer sulke pret aktiwiteite aan te bied.

Posted in General, Top Stories0 Comments

Untimely death of a dedicated worker

THABAZIMBI – Thabazimbi Municipality mourns the death of one of the most dedicated and long serving servants, Joseph Mawe, who at the age of 47 passed away very suddenly on Wednesday 30 June. He started to work at what used to be called Thabazimbi Town Council on the 2nd of May 1984 and the name later changed to Thabazimbi Local Municipality. By the time of his death, Mawe was the Divisional Head Solid Waste and Chairperson of local South African Municipal Workers Union (SAMWU). He served as a shop steward for more than 18 years. The Thabazimbi Municipality and the workers want to make use of this opportunity to extend sincere words of condolences to the Mawe family, the entire liberation movement and friends alike. He will be missed for the role he has played as a leader. The funeral will be held on Sunday 11 July 2010 at 06:30 at Regorogile Multi-purpose Centre.

Posted in General0 Comments

Fondsinsamelings kan ook pret wees

SKEERPOORT – Saterdag 3 Julie was die Nashua Mobile Ladies Mountainbike Day gehou. Dit is gehou om fondse in te samel vir die SA Borskanker vereniging. Daar het sowat 700 mense ingeskryf waarvan ongeveer 60 kinders was wat onder 12 kon deelneem. Annelie Breet, Bella Fouchè en Linda Fouchè se dogters, wat almal van Amandelbult is, het ook ’n deel aan die insameling gehad.

Mans kon ook deelneem, mits hulle soos die skoner geslag aangetrek het en 25 mans was braaf genoeg gewees. Die mans se inskrywingsfooi is direk vir die vereniging ingesamel.’n Totaal van R7 500 is ingesamel.

Posted in Sport0 Comments

Platina Spesialiste Wedvlug Unie-Top20

Die afgelope naweek het die duiwe vanaf Bultfontein gevlieg waar Manie Brummer en Chris Stoop van RSWK die Jaaroud en Ope wedvlugte gewen het. Eerskomende naweek vlieg die duiwe vanaf Warrenton, wat dan die laaste wedvlug van die kortpad is. Die middel afstande sal dan volg vanaf Bloemfontein.

Jaaroud: wenspoed: 1241mpm
Manie Brummer A RSWK 1
Jan Venter B RPK 2
Neels Lourens Rpk 3
E. Joubert B 4
Don & Jeremy Jacobs RSWK 5, 16
N vd Westhuizen A TBZ 6
Cattrysse Hokke BRT 7, 8
K Breytenbach B TBZ 9
Tonie Heyneke TSK 10
Boet de Beer RSWK 11
Louwtjie Fourie E BRT 12
Ben Pieterse RSWK 13
Oosies Bravehearts Mooinooi 14
Dewald Viljoen RSWK 15
Louwtjie Fourie A BRT 17, 19
Louwtjie Fourie D BRT 18
Eagle Flight B BRT 20

Ope
Wenspoed 1292mpm
Chris Stoop A RSWK 1, 5, 18
Johan Jacobs Mooinooi 2
Uitkyk Hokke B WPK 3
Two Tanks A WPK 4
Viljoen Lofts RSWK 6
Neels Deysel A RSWK 7
Arend Hokke RSWK 8, 9
Chris Stoop B RSWK 10
Jan Venter B RPK 11
Glen v Rooyen B TBZ 12, 15
Glen v Rooyen A 13
Koedoe Hokke Mooinooi 14
Engel Vlerke Mooinooi 16, 17
John Johnston TBZ 19
Uitkyk Hokke A WPK 20

Posted in Sport1 Comment

Thabazimbi Posduif Klub

Nico van der Westhuizen wen die jaar oud wedvlug vanaf Bultfontein en Glen van Rooyen wen die ope wedvlug.

Volledige uitslae vanaf Bultfontein op 3 Julie 2010

Jaar oud Duiwe
Aantal Duiwe: 118
Wenspoed: 1232.4588mpm
Afstand: 429.820km
N vd Westhuizen A 1, 6, 7, 28
N vd Westhuizen B 10, 11, 30
K Breitenbach A 24, 26
K Breitenbach B: 2, 29
Johan Prinsloo A 9, 22, 23, 25
Johan Prinsloo B 3, 12
Glen van Rooyen A 14, 15, 19, 20, 21
Glen van Rooyen B 5, 16, 18, 27
Glen van Rooyen C 4, 13, 17
John Johnston 8

Ope duiwe
Aantal duiwe: 99
Wenspoed 1231.6652mpm
Afstand 433.423km
Glen van Rooyen A 2, 8, 10, 11, 19, 27, 30
Glen van Rooyen B 1, 3, 20, 23, 24
Glen van Rooyen C 25, 26
John Johnston 4, 9, 18
Johan Prinsloo A 5, 12, 14, 17
Johan Prinsloo B 21
K Breitenbach A 6
K Breitenbach B 13, 15, 22
N vd Westhuizen A 7, 16, 28
N vd Westhuizen B 29

Klub Kampioen
1. Nvd Westhuizen A 261
2. Glen van Rooyen A 249
3. Glen van Rooyen B 231
4. Johan Prinsloo A 226
5. N vd Westhuizen B 220
6. Glen van Rooyen C 209
7. John Johnston 197
8. Johan Prinsloo B 178
9. K Breitenbach A 156
10. K Breitenbach B 95
11. C Breitenbach C 81
12. N vd Westhuizen C 70
13. C Breitenbach B 47

Posted in Sport0 Comments

Patient turned away without any medical assistance or medication

THABAZIMBI – The situation at the Thabazimbi Hospital apparently has not changed much from what it was at the beginning of the year when the nursing staff protested following the death of a pregnant woman patient who died during labour because of lack of medical attention. The protests were levied against the shortage of doctors, bad hospital administration as well as bad working conditions. An investigation two months earlier into the situation by higher authorities had not resulted in any feed back or improvements in the conditions.

In one of the latest cases a private doctor allegedly made two attempts to have a patient hospitalised in the Thabazimbi Hospital. At the third attempt he was eventually admitted. The patient, Corporal Magano, discharged himself after occupying a bed for a whole week without a doctor seeing him. Magano passed away since the interview with Die Kwêvoël.

Magano was a TB patient whose wife and family lives in Thabazimbi, and had been on TB medication for six months. When the medication was finished his health deteriorated and he went to see a private doctor. The doctor found that his condition has worsened and that one of lungs was very badly affected. At the hospital, however, they refused to admit him, saying that he was not sick enough. The same thing happened a second time. For the week, from 25 May to 1 June he eventually spent in hospital, he never received any TB medication. This fact was allegedly confirmed by his medicine chart. Magano claimed that he only received pain killers in the hospital.

On the day he left the hospital his arm, into which the drip was administered, was swollen to three times its normal size. It seemed that the needle of the drip pulled out of the vein during the night and the fluid built up under his skin. When he left the hospital this fluid was running out of his arm like water. He could not move his arm and neither the leg on the same side of his body.

After his ordeal he went to the clinics where he received his TB medication once again.

Last week, about a hundred patients were shown away by the hospital. The reason for this is still being investigated. One of these patients, who suffer from cancer, could not get her medication on account of patients being told to leave the hospital premises.

After several attempts, over a two week period, to get a response from the Health Department regarding the Magano case, the Department still had not replied to any enquiries.

Posted in Health0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

4x4 by Thabazimbi Expo             Marakele Jeep op Bakkerspas Thabazimbi skole 4x4 4x4 Marakele Marakele National Park Oesfees

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:27 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools