Archive | July 2nd, 2010

Bosveld Posduifklub

CHRISTIANA – Die afgelope naweek was daar weer ’n posduif wedvlug, maar vanaf Christiana. Die jaaroud wedvlug is gewen deur Grobler Hokke en N.J. Geldenhuys wen die ope wedvlug.

Volledige uitslae is as volg:

Aantal duiwe: 107
Wenspoed: 1273.8582mpm
Grobler Hokke A: 2, 3, 6
Grobler Hokke C: 1, 5, 9, 14
N.J. Geldenhuys B (Travel Lodge): 4, 15, 16, 17, 25, 27
Hannes Meyer A: 8, 11, 12, 21, 22, 23
Hannes Meyer B: 7, 19, 24
N.J. Geldenhuys A: 10, 28
M&M Hokke A (S.J. Drilling): 18, 26
M&M Hokke B (S.J. Drilling): 13, 29
Cas Venter: 20, 30

Ope wedvlug:
Aantal duiwe: 104
Wenspoed: 1238.4065mpm
N.J. Geldenhuys A: 1, 2, 3, 8, 14, 15, 16, 22, 29
N.J. Geldenhuys B (Travel Lodge): 17, 25
M&M Hokke A (S.J. Drilling): 4, 5, 7, 12, 13, 24
M&M Hokke B: 21, 26
Hannes Meyer A: 6, 18
Hannes Meyer B: 19
Grobler Hokke A: 9, 10, 23, 27
Grobler Hokke B: 20, 30
Grobler Hokke C: 28
Mawala Hokke: 11

Posted in Sport0 Comments

Citroen

French Twist for Queen Of Clubs

Minutes after one of South Africa’s most famous lady DJs signed the deal with Citroen for her new sponsored DS3 Sport, the world knew. Thanks to today’s technology, Lady Lea lost no time in posting the news on sites like Facebook, MySpace, Twitter . . . and immediately, thousands of fans and friends knew all about it.

She’s “lovin’ the car” and “lovin’ South Africa” at the moment, and who isn’t, what with the football mania that’s coloured our rainbow nation in the most amazing hues recently.

Lady Lea (Lea Barrett) is a promoter, producer and club DJ of international repute, a celebrity not just in SA, but across the world, where she’s played in clubs from Amsterdam to Ibiza, alongside the world’s top disc jockeys.

Here in her own country, she features regularly on TV and radio shows, and is constantly in newspapers and magazines and on websites. She’s chalked up a string of albums along the way, mixing and compiling almost 20 of them, and notched up dozens of international appearances. Oh, and she’s off on another international UK tour later this year.

“She was a natural choice to be our brand ambassador,” says Citroen South Africa. “She also personifies and perfectly fits the profile of our customers: young and successful, their success resulting from their hard work, their daily commitment to give their best in what they do, their honest, down to earth and friendly attitude . . .

“And, of course, Lady Lea has huge status as a celebrity, and is widely associated with the characteristics core to our brand: unique style and a very distinctive personality.”

Which really sums up the sexy DS3. I mean, you can’t get more unique than this . . . it’s funky, it’s fun, it’s classy, it’s distinctive . . . and like Pretoria’s Lady Lea, it ranks alongside the best in the world.

With its trendy, sculptured styling and striking lines, the DS3 boasts enormous appeal. This fabulously different vehicle has a strong personality built on original creations including a “floating” roof, a “shark fin” that lends vigour to the waistline, and recesses on the nose housing LED lights. And let’s not forget, you can choose the colour of the roof, and in fact, create your car in your very own style. Exterior personalisation components, apart from the roof, include the body, rearview mirror housings and wheels.

Check this out, sisters: there’s a range of 11 different body colours, four roof colours (including a funky zebra stripe option), a variety of wheel colours and a whole load of dashboard colour options.

Inside, you get a choice of dashboard strip, gearstick knob and a bunch of other interior equipment with a palette of colours, fabrics and materials.

And the cherry on the top for Lady Lea will be the radical sound system, where she can groove to her favourite funky house music, courtesy of the mindblowing sound system.

To sweeten the pot, by the way, all DS3 models come standard with a three-year/100 000km warranty, four-year/60 000km service plan and three-year roadside assistance.

The perfect set of wheels for this Queen of Clubs – watch out for her latest album, Pioneer DJ Lady Lea, coming soon.

Posted in General0 Comments

Platina Spesialiste Wedvlug Unie

Top 20 Wedvlug Uitslae

Jaaroud uitslae:
Wenspoed: 1273mpm
Grobler Hokke A: 1, 2,
Manie Brummer B: 3, 9,
Viljoen Lofts: 4
Manie Brummer A: 5, 8
Billy de Klerk: 6
Neels Deysel A: 7, 12
Manie Kritzinger: 10
Leon van Rensburg: 11
E.B. Joubert: 13
Johan Jacobs: 14, 15
N.J. Geldenhuys B: 16
Grobler Hokke C: 17
Dewald Viljoen: 18
Oosies Warriors: 19
Louwtjie Fourie D: 20

Ope Wenspoed: 1238mpm
N.J. Geldenhuys A: 1, 2, 3, 14
M&M Hokke A: 4, 6, 10
N vd Westhuizen A: 5
Hannes Meyer: 7
Billy de Klerk: 8
Johan Prinsloo A: 9
Frans Gouws: 11
Louwtjie Fourie B: 12
Nick Loubsher:13
Jan Venter B: 15
Viljoen Lofts: 16
Grobler Hokke A: 17, 18
Mawala Hokke: 19
N&B Oelofse: 20

Posted in Sport0 Comments

Kunstegrot kunstenaars

Sirkus – kindervermaak uit die boonste rake

Die opvoerings by die Kunstegrot om die kinders te vermaak tydens die lang Junie vakansie het goeie aftrek gekry en is uiters gewild. Tydens Dinsdag 29 Junie se opvoering van Die Sirkus het 90 gretige toeskouers opgedaag wat dit terdee geniet het. Die karakters is hier op die foto saam met twee van die ondersteuners agter vlnr Cara, Rita en Sterretjie en voor Cheeky, André en Reggie die ringmaster.

‘n Kombinasie van opgeleide hansworse; ‘n verskeidenheid pragtige groot poppe en wonderlike musiek! Dit is die reaksie op die kinderteater wat die afgelope week in die KunsteGrot aangebied is.

Die kinderteater se wortels kan teruggevoer word na me Karien Viljoen, ‘n voormalige onderwyseres van Laerskool Platina wat ook drama gaan studeer het. Sy het by Laerskool Platina twee ander onderwyseresse, Esther Loots en Debbie van den Heever, by die drama betrek en die twee gaan sit agter die kinderproduksies waar  hulle veral op morele waardes fokus.

Kinders van 3 tot 13 jaar en selfs ouer geniet die produksies wat aangebied word. Die kinders word betrek en word deel van die vertonings deur saam te speel en te dans!. Elke kind wat na die vertoning kyk wat aangebied word ontspan lekker en vergeet van al die sorge in die lewe en gee ook uiting aan al die emosies soos om lekker te lag en om net hulself te wees.

Die twee het al by verskillende skole; by die Pierneefteater in Pretoria asook in 2009 en 2010 by die “Claerhoutfees” in die Vrystaat deelgeneem.

By die “Eistedfodd” Kunswedstryd van die “Carpe Diem Dramaskool”  het hulle ‘n uitstekende A+++ (100%) behaal.  Een van die Hansworse, Cheeky (Debbie vd Heever) is tydens die Suid-Afrikaanse Dramakompetisie, wat gedurende April 2010 in Rustenburg aangebied is, gekies om as deel van die SA Span aan die Wêreldkampioenskappe in Amerika gedurende Julie 2010 te gaan deelneem.

Die kinderproduksie “Die Sirkus” was een van drie produksies wat  by die Innibos-fees in Nelspruit  (Mpumalanga) verlede jaar aangebied is.

Posted in Entertainment, Top Stories0 Comments

Dakvensters is energiebesparend

Dakvensters verlig huise met sonlig – en kan energieverbruik verminder, veral in vertrekke sonder tradisonele vensters.

Verbuikers behoort egter te let op die verskillende soorte en die rol wat posisie, grootte en energiedoeltreffendheid speel om die grootste voordeel te behaal en moontlike negatiewe newe-effekte te beperk, sê Berry Everitt, uitvoerende hoof van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat daar hoofsaaklik drie soorte dakvensters is. Die eerste is ‘n ventilerende dakvenster wat dikwels in kombuise en badkamers gebruik word. Sulke vensters kan met ‘n handmeganisme oopgemaak word sodat warm lug of stoom kan ontsnap en help om vertrekke in die somer koel te hou en te voorkom dat swamme op die mure verskyn.

“Die tweede soort is ‘n dakvenster wat permanent toe bly en dus lig maar geen ventilering verskaf nie, en die derde is ‘n buisvormige dakvenster wat veral nuttig is in vertrekke waar meer lig nodig is maar waar hitte vanaf sonlig oorbodig of ongewens is.”

Wat posisie betref, sê hy, raai kenners aan dat dakvensters op suidelike panele van ‘n dak aangebring word indien meer hitte ongewens is en jy nie geld aan verkoeling wil bestee nie; en op noordelike panele indien lig sowel as meer hitte verlang word.

Die Amerikaanse departement van energie raai verbruikers teselfdertyd aan dat die omvang van dakvensters – afhangend van die aantal venters – slegs tussen 5% en 15% van die vloeroppervlak van die vertrek moet wees en sê dat venters met dubbelglas, ‘n hitte-absorberende tint of lae-uitstralingsfilm help om hitteruiling in en uit die huis te beperk.”

Posted in General0 Comments

RMLombard

Nog ‘n ou bekende oorlede

Roelof Lombard is op 20 Junie 2010 oorlede na ‘n lang siekbed weens komplikasies tydens ‘n operasie wat hy gedurende 2007 ondergaan het.

THABAZIMBI – Roelof Michiel Lombard is oorlede op Sondag 20 Junie 2010 na komplikasies wat ingetree het weens ’n operasie wat hy gedurende 2007 ondergaan het. In 2007 het dokters probeer om ‘n gewas te verwyder, maar in plaas van beter, het hy sieker geword weens kieme en viruses wat hy in die hospitaal opgedoen het.

Hy is aan veelvoudige orgaan disfunksie oorlede, as gevolg van hierdie toestand wat hy in die hospitaal opgedoen het. Meneer Roelof was sy hele lewe woonagtig in Thabazimbi, waar hy ook sy vrou, Adele ontmoet het en met haar getrou is in 1981, in die NG Kerk Thabazimbi. As ‘n opregte Thabazimbieër van ouds was hy by Kumba Thabazimbi werksaam as ‘n Senior Beplanner.

Die begrafnis was op Donderdag 24 Junie 2010 om 11:00 vanuit die NG Kerk Thabazimbi deur ds Johnny de Clerq waargeneem. Roelof laat sy vrou, Adele en drie kinders, Roelf, Theo en Nadia sowel as hul gades agter.

Posted in General0 Comments

Kierieklapper Kunstefees 2010

Die Mutual & Federal Agri Kierieklapper Kunstefees word elke jaar gehou in Mokopane (Oud Potgietersrus), Limpopo Provinsie op HS Piet Potgieter se skougronde.

Mokopane en Limpopo kan gerus die jaar hul vere reg skud vir ‘n uithaler Kierieklapper Kunstefees, aangesien dit die Fees se 10de bestaansjaar sal wees.

Die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) is ‘n inisiatief van die Dienssentrum vir Bejaardes van Potgietersrus, waarvan die inkomste aangewend word vir die kwalitatiewe versorging van die bejaardes reg deur die jaar.

Dagboek solank 5-7 Augustus 2010, bring die gesin en word vermaak deur kunstenaars uit die boonste rakke!

Vanjaar wil die organiseerders probeer om ‘n wêreldrekord op te stel wat opgeneem kan word in die “Guinness Book of Records”.

Die mikpunt is om op Saterdag, die 7de Augustus 2010, vanaf 10:15 die oggend, ‘n minimum van 300 persone gelyktydig te laat brei op die feesterrein. Uit die aard van die saak gaan die TV nie belangstel om ‘n groot groep vroue te kom afneem nie, maar as ons die eerste rugbyspanne van die skole en dorpe, die stoeispan van die dorp, die lede van die Distrik Landbou Unies (DLU’s) of die leraars van elke dorp in spanne kan laat brei, gaan dit opskudding veroorsaak, en dit is mos wat ons wil doen. (Privaat onderrig in brei kan verskaf word.)

Die Soetdoringstreek van die Vroue Landbou Unie wil graag hierby betrokke raak, en vat dus hande met die organiseerders van die Kierieklapperfees hierin.

Ons wil vra dat elkeen wat kan, begin blokke brei, met die oog daarop om soveel as moontlik komberse te maak ten bate van die bejaardes. Dit maak nie saak van watter dikte of kleur breidraad dit gebrei word nie, die verskillende soorte sal uiteindelik saam gesorteer word om dit sinvol te maak. Blokke kan ook veelkleurig wees. Die standaard patroon wat gebruik moet word, word hieronder gepubliseer.

Asseblief, moenie ledig voor die TV sit, of verveeld as passasier in ‘n motor vêr afstande ry nie. Hierdie breiwerkie is klein en kompak, alles word in reksteek gebrei, dus hoef jy nie te konsentreer of te tel nie, en jy sal verbaas wees oor hoeveel blokke jy kan brei. Die beplanning is dat ons gemiddeld 80 blokke per kombers gaan benodig. Begin asseblief sommer dadelik.

Indien jy glad nie kan of wil brei nie, skenk asseblief vir ons daardie breidraad en breinaalde wat so ongebruik in jou kas rondlê, sodat iemand anders, wat die tyd, maar nie die breidraad het nie, solank kan help. Voltooide blokke sal solank vasgewerk word, sodat soveel moontlik komberse reeds met die fees beskikbaar is.

Kom ondersteun ons asseblief hierin. Enige donasies kan by die dienssentrum in Mokopane afgegee word.

Kontakpersone: Mariaan – 015 491 3129, Elaine – 082 975 6095 en Joan Erasmus – 082 782 3766 / 015-491 1124 erasmuspl@mweb.co.za

Meer besonderhede in verband met die Kierieklapper Kunstefees kan gevind word by: http://www.klappertjie.co.za/

Breipatroon:
Heg 1 steek aan.
1e ry:       Vermeerder in hierdie steek (2steke)
2de ry:      Glip 1 steek, vermeerder in 2de steek (3 steke)
3de ry:      Glip 1 steek, vermeerder in tweede steek, brei tot aan die einde van die ry.
Herhaal die 3de ry, totdat daar 40 steke op die breinaald is.
Volgende ry: Glip 1 steek, brei volgende 2 steke saam, brei tot aan die einde van die ry.
Herhaal hierdie ry tot 2 steke oor is.
Brei 2 steke tesame, en trek breidraad deur die laaste steek om af te heg.

Posted in Entertainment0 Comments

Borgdag goed ondersteun

THABAZIMBI – Bosveld Akademie se gholfdag verlede Saterdag was ‘n groot sukses. Dit was ‘n volle Boere Krabbel (American Scramble) en 15 vierballe het pryse gekry.

Die beste tellings was die van Le Roux Booysen, M Botha, J Meyer en L de Bruin wat met 58 op ‘n uittel wen. Ook op 58 was  Ettiene le Roux, Johan Barnard, Nita Barnard en Lindie Bredenkamp. Nog ‘n 58 was die van N Lotter, A Lotter, Andre en Johan (sonder van).

Daar is nou ook ‘n aparte rook gebied in die kroeg ingerig. Dit is nou nie agter tralies nie maar ‘n netjiese glas afskorting wat deur die toedoen van Peter Badenhorst geborg is deur Swallow Fork Estates. Ek weet nie wie die grootste dankie moet sê nie, die rokers of die nie-rokers nie. Namens almal egter, baie dankie vir die hok.

Daar is nou weer ‘n nuwe voorgee stelsel wat deur ‘n nuwe groep bestuur gaan word. Daar is reeds ‘n nuwe raak-skerm rekenaar in die klub geïnstalleer wat in die toekoms gereeld deur spelers gebruik sal moet word. Nuwe voorgee-kaarte sal ook binnekort aan almal uitgereik word. Lede moet asseblief  maar nou nog hulle bestaande kaarte gebruik om te swiep voordat jy speel en ook as jy klaar is.

Vrydag 2 Julie is dit weer Interaksie Gholf en Saterdag 3 Julie is dit die gereelde maandelikse Slagspel. Donderdag 8 Julie speel die Sages op Naboomspruit. Saterdag 10 Julie is ‘n moontlike HMT Mining borgdag. Vrydag 16 en Saterdag 17 Julie is dit die Slag van die Bosveld (Battle of the Buschveld) wat deur die dames gereël word. Saterdag 17 Julie speel die manne ook liga op Amandelbult. Saterdag 24 Julie gaan daar moontlik ‘n driehoekige byeenkoms tussen Thabazimbi, Amandelbult en Swartklip gespeel word. Nog ‘n borgdag is op Saterdag 31 Julie naamlik die Tjokkerdag wat ten bate van die graad R klas van Laerkool Thabazimbi is.

Posted in School News0 Comments

Thaba Spesialiste Klub

CHRISTIANA – Die wedvlug van Christiana wat Saterdag 26 Junie plaasgevind het, was volgens sommige, ’n riller gewees. Die duiwe moes hul staal wys. Albert Voster het weereers ’n fantastiese wedvlug gehad en die eerste twee plekke in die jaar oud vlug gewen.

Die uitslae is as volg:

Jaaroud:
Albert Vorster:    1, 2, 12, 16, 18, 24
N&B Oelofse:    3, 6, 10, 17
Dup du Plessis:    4, 5
Tonie Heyneke:    7, 9, 21, 27
Joubie Lofts:    8, 11, 13, 19, 20, 25
Erasmus & Seun:    14, 15, 22, 23, 26

Ope Wedvlug:
N&B Oelofse:    1, 3, 11, 14, 24, 28, 30
Albert Vorster:    2, 5, 9, 15, 17, 19, 21, 23, 25
Tonie Heyneke:    4, 6, 18
Erasmus & Seun:    7, 16, 22, 29
Dup du Plessis:    8, 10, 12, 13, 20
Joubie Lofts:    26, 27

Klub Kampioen:
1. N&B Oelofse:    269
2. A. Vorster:    247
3. T. Heyneke:    240
4. Erasmus & Seun:223
5. Reyneke Hokke:    152
6. Dup du Plessis:140
7.Joubie Lofts:    86
8.Frans Matthee:    31

Posted in Sport0 Comments

Plaaslike sake-eienaars kan groot wen

Plaaslike sake-eienaars kan nou meeding om ‘n gesogte titel en hope kontant in Sanlam/Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie.  Die algehele wenner kry R100 000 kontant en word as Suid-Afrika se Entrepreneur van die Jaar gekroon.

Slegs eienaars van ontluikende, klein- en mediumsake-ondernemings mag deelneem.

Dié kompetisie is in 1989 begin om erkenning te gee aan die visie, vernuwing, deursettingsvermoë, dryfkrag en toewyding van dié individue wat suksesvolle klein- en mediumsake bedryf.

Vanjaar hou ‘n dramatiese verandering vir die reeds invloedryke toekennings in, aangesien Sanlam sy gewig hierby ingegooi het en dit nou ook vir alle sake-eienaars in Suid-Afrika oopgestel is.

Daar is drie kategorieë: Ontluikende Entrepreneurs (besighede minder as drie jaar oud), Kleinsake-Entrepreneurs (omset tot en met R20 miljoen per jaar) en Mediumsake-Entrepreneurs (omset meer as R20 miljoen, maar minder as R200 miljoen).

Elke kategoriewenner sal R20 000 ontvang.  Die algehele wenner sal, afgesien van R100 000 kontant, die geleentheid kry om ‘n internasionale konferensie of handelskou by te woon sowel as uitgebreide blootstelling in die openbare domein.  Laasgenoemde behoort verkope ‘n hupstoot te gee.

Met dié projek gaan daar ook vanjaar landwyd ‘n reeks uitgebreide seminare en werkswinkels aangebied word wat op klein en mediumsake (SME’s) fokus.  Dit bereik ‘n hoogtepunt in Oktober met die aanbieding van ‘n SME-konferensie waar besluitnemers hul opinie kan lug oor die omgewing waarbinne sake-eienaars opereer en oor die uitdagings wat hulle moet trotseer.

Die seminare, werkswinkels en konferensie sal fokus op finansiële beplanning, besigheidsgeleenthede en -advies, toegang tot finansies, inligting oor die ontwikkeling op regsgebied en veranderinge aan die regulatoriese omgewing.

Om ‘n inskrywingsvorm te kry of besonderhede oor die kompetisie, besoek eoy@businesspartners.co.za of bel vir Vick Nish op (011) 713-6600.

Posted in General0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 13.gif 4x4                    4x4 Wildsritte in Thabazimbi            koedoedrolspoeg_expo_2007.jpg Dewside beer SDC12103 Paragliding Kumba Nationals Oppikoppi

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:14 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools