Categorized | General

Asma eis kranige leerling

Michael Bensien van Thabazimbi wat Dinsdag 29 Junie oorlede is na ‘n asma-aanval.

THABAZIMBI – ‘n Jong asmalyer, Michael Bensien (12), is Dinsdag oorlede na ‘n erge asma-aanval.

Michael was ‘n graad 6 leerling verbonde aan Laerskool Thabazimbi. Hier het hy uitstekend op akademiese gebied presteer. Nieteenstaande die asma was hy ook ‘n toegewyde krieketspeler en briljant op die gholfbaan. Volgens sy ouers en vriende het Michael altyd gelag en was hy nooit kwaad vir iemand nie. Hy het veral uitgesien na sy dertiende verjaarsdag op 4 Desember.

Michael was sedert sy babadae ‘n asmalyer. Hy is direk in die Thabazimbi Hospitaal opgeneem nadat hy die aanval gehad het. Alles was egter tevergeefs en twee ure na die aanval is hy oorlede.

Die begrafnis vind Maandag 5 Julie om 11:00 vanuit die AGS Kerkgebou plaas. Michael word oorleef deur sy ouers, Kobus en Heleen Bensien, en ‘n broer James (20).

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Wit leeus Landbouskou Lugvertonings Hollandse Karnaval Prinsedans quads_expo_2007 Thabazimbi Vloed 25.gif Dewside beer Thabazimbi skole

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:10 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools