Archive | June, 2010

Metaalsihoeëtskiet geleentheid

THABAZIMBI – Vir die eerste keer het Thabazimbieërs, wat gelisensieërde wapens besit, die geleentheid om ook hulle vernuf te wys, hetsy dit ‘n windbuks, .22 of ‘n .303 is. Die Gauteng Metaalsilhoeëtskietvereniging wat in samewerking is met SA Jagtersvereniging van Thabazimbi bied vir die inwoners van Thabazimbi die geleentheid om lood, kruit en ysterteikens te skiet.

Dit vind plaas by die Koos Cronjé skietbaan op Saterdag 3 Julie. Die toegang is gratis en sal afskop 9:00 vir 9:30. Toeskouers en deelnemers sal hul eie skadu en versersings moet saambring na die pret dag, maar daar sal wel ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Daar kan in verskeie afdeling deelgeneem word, maar die skietdag gaan hoofsaaklik fokus op items wat met gewone vuurwapens geskiet kan word. In die .22 handwapen-afdelings word die diere op 25m, 50m, 75m en 100m geplaas. In die grootkaliber- en handwapenafdelings op 50m, 100m, 150m en 200m geplaas. Grootkaliber geweerteikens se afstande wissel van 200m tot 500m.

Een punt word toegeken as ’n teiken van sy staanplek afgeskiet of omgeskiet word. Raakskote wat die teiken tref, maar nie laat omval nie, tel nie. Vir elke dier is daar 10 plate wat afgeskiet moet word, wat dan ‘n groot totaal van 40 gee.

Skuts van die GMSSV sal hulle spesialis-vuurwapens en unieke tegnieke demonstreer. Deelnemers sal dan ook die kans gegun word om na die teikens te skiet. Metaalsilhoeëtskiet is ’n taamlike onbekende sportsoort wat vroeg in die vorige eeu in Mexiko ontstaan het. Hulle het eers na lewende diere geskiet, maar het toe later na metaal (afbeeldings) wat in hoender, varke, kalkoene en ramme se vorms gemaak is, geskiet.

Die sport het in die 1970’s na die Verenigde State oorgewaai en in 1982 in Suid-Afrika posgevat. Suid-Afrika was in 1992 een van die stigterslede van IMSSU – die internasionale liggaam wat die sport reguleer en waarvan 21 lande tans lede is.

Belangstellendes kan vir Maryke kontak by 084 909 4091

Posted in Sport0 Comments

Thabazimbi Posduif Klub

THABAZIMBI – Die jaar oud wedvlug word deur Glen Van Rooyen gewen en Nico van der Westhuizen wen die ope wedvlug. Eerskomende naweek word vanaf Christiana gevlieg. Die volledige uitslae vanaf Bloefhof wat op  Maandag 21 Junie plaasgevind het, volg:

In die jaar oud duiwe afdeling:
Aantal duiwe:        122
Wenspoed:            1140.1518mpm
Afstand:            383.110km
Glen Van Rooyen A:    1, 9, 10, 24
Glen Van Rooyen B:    11, 14, 20, 21
N vd Westhuizen A:    6, 13, 15
N vd Westhuizen B:    7, 22
N vd Westhuizen C:    2, 8
C Breitenbach A:        18, 19
C Breitenbach B:        3, 4, 26
K Breitenbach A:        5, 29
K Breitenback B:        28
J Prinsloo A:        27, 30
J Prinsloo B:        12, 17, 23
J Johnston:            16, 25

Ope duiwe afdeling:
Aantal:            94
Wenspoed:            1149.4488mpm
Afstan:            384.05km
N vd Westhuizen A:    1, 4, 6, 7, 19, 25, 29
N vd Westhuizen B :    2, 11, 18
N vd Westhuizen C:    3
Glen Van Rooyen A:    9, 21, 27, 30
G Van Rooyen B:        8, 12
G Van Rooyen C:        5, 28
J Johnston:            10, 13, 16
K Breitenbach A:        14, 26
K Breitenbach B:        24
J Prinsloo A:        15, 17, 20, 22
J Prinsloo B:        23

Klub Kampioen uitslae op huidige uitslae:
1. Glen Van Rooyen A    149
2. N vd Westhuizen A    148
3. N vd Westhuizen B     147
4. Glen Van Rooyen B    135
5. J Prinsloo B        129
6. Glen Van Rooyen C    122
7. J Prinsloo A        121
8. J Johnston        99
9. K Breitenbach A    78
10. C Breitenbach A    62
11. N vd Westhuizen C    57
12. C Breitenbach B    47
13. K Breitenbach B    43

Posted in Sport0 Comments

Thaba Spesialiste Klub

Die klub se duiwe jaar is al drie weke aan die gang met duiwe wat goed geoefen en gesond is. Die klub wil graag vir oom Tonie Heyneke gelukwens met sy 72ste verjaardag wat op Vrydag, 18 Junie gevier is. Hulle hoop daar is nog baie gesonde jare wat voorlê.

Die uitslae vir die laaste drie wedvlugte is as volg:

Bothaville was op 5 Junie

Hier volg die uitslae vir die jaaroud wedvlug:

Albert Voster:        1, 5, 14, 15, 18, 22
A.D. Erasmus & Seun:    2, 3, 4, 13, 26, 27
N & B Oelofse:         6, 7, 8, 9, 10, 16
Tony Heineke:        11, 12, 24
Reyneke Hokke:        17,
Joubie Lofts        19, 20, 21, 25
Dup du Plessis:        28, 29, 30

Uitslae vir die Ope wedvlug by Bothaville:

N & B Oelofse:        1, 2, 3, 12, 14
A.D. Erasmus & Seun    4, 17
Tony Heyneke:        5, 6, 19, 21, 23
Reyneke Hokke:        7, 13, 15, 16, 24, 30
Albert Voster:        8, 9, 10, 11, 22, 27, 28, 29
Joubie Lofts:        18, 25, 26
Frans Matthee:        20

Wolmaranstad se wedvlug was op 12 Junie:

Die Jaar oud wedvlug uitslae:

Dup du Plessis:        1, 2, 28, 30
A.D. Erasmus & Seun:    3, 13, 15, 22, 27
Tony Heyneke:        4, 7, 10, 19, 20, 21, 24, 26
Reyneke Hokke:        5, 18, 29
N & B Oelofse:        6, 8, 9, 14, 16, 17, 25
Albert Voster:        11, 12
Joubie Lofts:        23

Die ope wedvlug uitslae:

N & B Oelofse:        1, 5, 8, 9, 14, 19
A.D. Erasmus & Seun:    2, 18, 20, 25
Tony Heyneke:        3, 4, 7, 29, 30
Reyneke Hokke:        6, 21, 22, 23, 24
Albert Voster:        10, 11, 15, 16, 17, 27
Frans Matthee:        12, 13
Dup du Plessis:        26, 28

Bloemhof se wedvlug was Saterdag 19 Junie.

Die jaar oud wedvlug se uitslae is as volg:

N & B Oelofse:        1, 4, 9, 17, 23, 24, 25
Albert Voster:        2, 5, 6, 12, 20
Tony Heyneke:        3, 8, 10, 11, 13, 30
Reyneke Hokke:        7, 16, 21
A.D. Erasmus en Seun:    14, 15, 26, 28
Joubie Lofts:        18, 19
Dup du Plessis:        22, 29

Die uitslae vir die ope wedvlug van Bloemhof is as volg:

N & B Oelofse:        1, 3, 4, 6, 10, 11, 14
Tony Heyneke:        2, 12, 25, 26
A.D. Erasmus & Seun:    5, 16, 21, 28
Reyneke Hokke:        7, 15, 23
Dup du Plessis:        8, 13, 22
Albert Voster:        9, 17, 18, 19, 20, 24, 27, 29, 30
Frans Matthee:        31

Huidige Klub Kampioen punte:

1. N & B Oelofse:        202
2. Tony Heyneke:        184
3. A.D. Erasmus & Seun:    175
4. Albert Voster:        175
5. Reyneke Hokke:        152
6. Dup du Plessis:    85
7. Joubie Lofts:        52
8. Frans Matthee:        31

Posted in Sport0 Comments

Wenner

Bosveld Akademie fondsinsameling wenners

Juffrou Sannie Schutte die Gr.1 klasonderwyseres, oorhandig die wenprys aan Erik Snyman (Gr. 4) wat die meeste kaartjie verkoop het. Hy het ‘n Play Station 3 gewen.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie het ’n fondsinsameling geloods om ’n speelterrein te ontwikkel om by die nuwe skoolgebou te pas en ook ’n veilige speelterrein vir die leerlinge te bied.

Die projek is met baie entoesiasme aangepak en met sukses afgesluit met ‘n prysuitdelingsgeleentheid op Vrydag 18 Junie. Bosveld Akademie bedank al die borge en ouers vir hulle harde werk.

Adriaan van der Berg, wat die derde meeste kaartjie verkoop het (Gr 0), was ongelukkig nie by die toekenningsgeleentheid gewees nie. Hy het ‘n koop bewys van El Shaddai gewen.

Posted in School News0 Comments

Kinderproduksies begin Maandag by die KunsteGrot

THABAZIMBI – Mammas kan maar regstaan om die kinders vanaf Maandag 28 Junie na die KunsteGrot, wanneer die eerste van die kinderproduksies op die planke gebring word, te bring.

Vir die hele week vanaf 11:00 tot 12:00 word elke dag ‘n ander produksie aangebied.

Toegang is R30 per persoon en ouers wat so verkies kan ook teen dieselfde prys die opvoerings saam met die kinders geniet.

Die program sien as volg daaruit:

  • Maandag – 28 Junie: Die Boelie
  • Dinsdag – 29 Junie: Die Sirkus
  • Woensdag – 30 Junie: Vakansie is lekker!
  • Donderdag – 1 Julie: Trysie die Volstruisie se verlore eier…?!!
  • Vrydag – 2 Julie: Driekie het verjaar!

Almal is welkom.  Vir navrae, kontak Rita by 083 7448559 of  Esther by  082 8768463

Besprekings is ook reeds oop vir die volgende optredes:

  • 28 Augustus – Skitterende Navi Redd op planke
  • 8 September – Die ongelooflike duo, Rudi & Corlea, in die Laerskoolsaal
  • 22 September – Blackie Swart, een van ons veelsydigste kunstenaars, hy toor met ‘n kitaar!

Kontak Rita by 083 7448559 en bespreek solank jou sitplek.

Posted in Entertainment0 Comments

Posduifnuus – Brits en Thaba lewer Uniewenners

THABAZIMBI – Die afgelope naweek het die duiwe vannaf Bloemhof gevlieg met Cattrysse Hokke van Brits wat die Jaaroud wedvlug wen en Nico van der Westhuizen van Thaba wat die Ope wedvlug wen.

Eerskomende naweek vlieg die duiwe vannaf Christiana, en ek dink die boere van Mooinooi, Rustenburg en Bosveld moet spanpraaitjie hou met die manne van Thaba en Brits wat die druk op hulle plaas.

Uitslae Jaaroud
wenspoed 1179 mpm
Cattrysse Hokke (Brits) 1;
Louwtjie Fourie A (Brits) 2, 7 en 8;
Kosmic Lofts B (Brits) 3;
Johan Jacobs Mooinooi 4 en 5;
Louwtjie Fourie D (Brits) 6;
Eagle Flight C (Brits) 9;
Boshoff Hokke A (Brits) 10;
Uitkyk Hokke B (WPK) 11;
Dries van Rensburg A (Brits) 12;
Chris Gloy Mooinooi 13;
Blou Bul Hokke A (RSWK) 14;
Oosies Warriors Mooinooi 15;
Two Tanks B (WPK) 16;
Engel Vlerke Mooinooi 17;
Kitty Gerber A (Brits) 18;
Jaws Hokke A (Brits) 19 en
Neels Lourens (RPK) 20.

Ope wedvlug
wenspoed 1149 mpm
Nico van der Westhuizen A (Thaba) 1 en 18;
Nico van der Westhuizen B (Thaba) 2de;
N&B Oelofse (TSK) 3;
Don & Jeremy Jacobs (RSWK) 4de;
Manie Brummer B (RSWK) 5de;
Grobler Hokke A (Bos) 6, 17, 19 en 20;
Chris Stoop A 7;
Dries v.Rensburg B (Brits) 8;
True Blue A (Brits) 9;
Neels Deysel A (RSWK) 10;
Dewald Viljoen (RSWK) 11;
Arend Hokke (RSWK) 12;
George Verwey B (Brits) 13;
Kosmic Lofts A (Brits) 14;
Manie Brummer A (RSWK) 15 en
Nico van der Westhuizen C (Thaba) 16.

Posted in Sport0 Comments

Northam Rugby

Northam Plats (Rhinos) weereens Waterberg rugby kampioene

Die trotse eerste span manne van die Rhino’s wat as kampioene uit die Waterberg finale van die rugbylige getree het op Vrydag 18 Julie toe hulle Vaalwater en 15-6 gewen het.

WATERBERG LIGA – Vrydagaand, 18 Junie was daar vuurwarm rugby op ‘n yskoue Northam Plats rugby veld gespeel toe die Waterberg finale daar plaasgevind het. In die proses is daar verskeie rekords gebreek en verbeter. Eerstens was dit die eerste keer dat Vaalwater in ‘n finaal gespeel het in die eerste liga.

Thabazimbi se tweede span het vir die sesde agtereenvolgende jaar in die finaal gespeel wat ‘n uitstekende prestasie is. Northam is die eerste rugbyklub wat die liga twee jaar agtermekaar kon wen met albei spanne.

Die eerste span wedstryd was soos verwag, kliphard en die tweedes het mekaar byna met geweld aangevat, want geen genade is gevra of gegee nie. Die wedstryd was tot in beserings tyd steeds in die weegskaal omdat albei spanne wou wen, gelukkig het JP Jacobs, senter van die Rhinos deurgedraf vir die drie wat die spyker in Vaalwater se doodskis geslaan het.

Die Rhinos se gevaarlike agterlyn kon nie aan die gang kom nie en daar moet Vaalwater se verdediging die krediet kry net soos die Rhinos se verdediging wat uitstaande was. Mens moet dalk ook net noem dat die Rhinos se skoppers hulle skopskoene iewers langs die pad verloor het anders kon die telling veel anders uitgedraai het.

Rhinos druk 3 drieë en Vaalwater slaag met 2 strafskoppe. Puntemakers vir Rhinos was Steven Coetsee met 1 drie en JP Jacobs 2 drieë. Vaalwater slaag met Andre Beer wat 2 strafskoppe aangeteken het. Rhinos wen 15 -6.

Die Rhinos se tweede span het redelik maklik gewen teen ‘n begeesterde Thabazimbi span. Thabazimbi het soos tiere verdedig, maar op die ou einde was die Rhinos net te goed, Rhinos wen die wedstryd 20-0.

Gerhard Cloete losskakel van Rhinos het vir nog ‘n rekord gesorg deur al die Rhinos se punte aan te teken in ‘n finaal. Punte vir Rhinos 2 drieë,2 doelskoppe en 2 strafskoppe.

As daar ooit twyfel was dat rugby in die Bosveld kliphard is, is dit Vrydag uit die weg geruim.

Posted in Sport0 Comments

Verdagte

Gewapende rooftog verdagte

Die man word beskryf as ’n Nigerieër, donker, swart, ± 26 jaar oud, 1,8m lank, medium liggaamsbou, kan vlot Engels praat en het voorgekom as ’n netjiese sakeman. Vir inligting rakende die man in die foto, kontak Speurder Konstabel de Lange by 082 314 6754.

THABAZIMBI – Die MTN winkel in Thabazimbi was op Saterdag 16 Januarie deur ’n gewapende man, beroof. Die verdagte het met R300 000 se toerusting, onder meer, selfone en modems, weggekom.

Vir enige inligting wat kan lei tot die man se inhegtenisneming, skakel Speurder Konstabel de Lange by 082 314 6754. ’n Beloning kan verwag word vir u hulp.

Posted in General0 Comments

Hengelkompetisie uitslae en vele meer

NORTHAM – Die naweek van 11 Junie het die hengelaarsklub hul maandelikse kompetisie aangebied te Northam Konsentratordom. ’n Totaal van 47 hengelaars het aan die kompetisie deelgeneem wat gesamentlik 250 visse gevang het met ’n totale massa van 171kg.

Gedurende die jaar word daar drie verskillende kompetisies aangebied om vir al die klublede en kompetisie deelnemers ’n kans te gee om die prysgeld te wen. Die eerste kompetisie was vir die grootste spesies en een persoon kon al drie afdelings gewen het, mits hy die grootste van elke afdeling se spesie gevang het.

Die tweede kompetisie was vir die swaarste sak, waar die wenner bepaal is deur die drie persone wat die swaarste sak in kilogram gevang het.
Die derde kompetisie gaan nog in die toekoms plaasvind en meer besonderhede daaroor sal op ‘n latere geleentheid verskaf word. Die afgelope kompetisie se wenners was bepaal deur die drie grootste spesies. Die drie spesies se name is in ’n hoed gegooi en uit die hoed getrek, soos dit uit die hoed getrek is, so is die eerste (Kurper), tweede (Karp) en derde (Barber) spesies toegeken.

Hier is die uitslae vir die Penkoppe afdeling:
Eerste was Paul Breyneus en tweede, Buffel Olivier. Geen Barber is gevang in hierdie afdeling nie.

In die Juniors se afdeling is die uitslae as volg:
In die eerste plek Jaco Geldenhuys, die tweede plek word gedeel deur Garry Retief en Nico Geldenhuys en in hierdie afdeling is ook geen Barber gevang nie.

In die Dames afdeling was Martie Murray eerste en Nicolene Heydenrych tweede, geen derde plek. Die Senior afdeling wenner was Johan Niemand, Oelof Vosloo tweede en Theunis Botha derde. Theunis het dan ook die enigste Barber vir die dag gevang.

Wees op die uitkyk in Julie maand, want die hengelklub gaan ’n kompetisie reël ten bate van Celia Schoeman se trust by die Roodekoppies dam. Hier gaan groot pryse op die spel wees. Enige persoon kan aan die kompetisie deelneem.

Posted in Sport0 Comments

Pick n Pay Wenner

Pick and Pay’s enthusiam winner

Pick n Pay launched a competition to promote the public’s enthusiasm for the world cup Soccer and Owner Makhese won a Top Mop from Homemark at Pick n Pay Family Store, Thabazimbi, when he predicted the winning score of the first Fifa World Cup soccer match, between South Africa and Mexico on Friday 11th June 2010. On the photo fltr JJ Durand, Owner Makhese (winner) and Lindsay Moore.

Posted in General0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Potjiekoskompetisie Ystervarkfees Bergfietswedren Thabazimbi Vloed 34.gif 4x4 Thabazimbi Expo 3.JPG Thabazimbi Vloed 6.gif Thabazimbi Vloed 33.gif          Bokafslag by Thabazimbi Expo 2007                      Thabazimbi Vloed 27.gif Dewside beer

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:08 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

June 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools