Categorized | Nature, Top Stories

Ongewone besoeker

Die 2.3 meter lange swart mamba wat in Lucas se huis in Setaria ingeseil het.

SETARIA – Lucas Klopper ‘n inwoner van Setaria het op Dinsdag middag, 22 Junie oudergewoonte om ongeveer 14:00 tuis gekom na ‘n dag se werk. Rustig het hy en sy gesin in die sitkamer gesit en tee drink met die deur oop sodat die wintersonnetjie lekker kan inskyn. Hul dogtertjie het ‘n sleepgeluid gehoor van waar sy op die bank gesit het en omgekyk, ewe kalm het sy haar ouers ingelig dat sy ‘n slang sien inseil het. Salig onbewus van enige iets het die slang in die vertrek oorkant die sitkamer langs ‘n boekrak gaan opkrul. Susan, Lucas se vrou, het die slang dadelik geein as ‘n swart mamba en het Protea Coin, die sekuriteit van die myn gebel. Binne minute was die manne met die nodige gereedskap op die toneel. Lucas het daarin geslaag om die lus van die vangstok om die slang se kop te kry maar dit was ‘n proses om die slang uit die huis gesleep te kry. Die slang het baie aggressief geraak en op ‘n stadium selfs om ‘n stoel gekrul om weerstand te bied. Eindelik was die slang buite en het die maatband sy ware lengte van 2.3 meter aangebui. Volgens die manne van die sekuriteit was dit die grootste swart mamba wat hulle nog in daardie area gevind het.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Sweef Waterberglodge Potjiekoskompetisie Lugvertonings Natuur Kransberge Thabazimbi skole 4x4 by Thabazimbi Expo koedoedrolspoeg_expo_2007.jpg

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:07 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

June 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools