NORTHAM - Lede en gaste van Northam VLU het op Donderdag 17 Junie 2010 hul vergadering te Mawala Lodge gehou. Na ‘n heerlike sjampanje-ontbyt, om Mari Meintjes se verjaardag op die dag te vier, het almal vertrek na LETLAPA PULA, ‘n organiese plaas te Koedoeskop.
Hier het Peter en Colleen Cramer die dames ingelig hoe om kompos te maak, sonder die byvoeging van enigiets anders as plantmateriaal en mis. Letlapa Pula se leuse is die idee dat ons nie die aarde geerf het van ons voorgeslagte nie, maar dit leen van ons kinders, en deur organies te boer, voldoen ons aan hierdie filosofie.
Northam VLU beoog om hul volgende vergadering op 15 Julie 2010 te hou. Vir meer inligting, skakel Mari by 00147860304 of 0820864915.



Hi, ons is baie ge-interesseer in organiese kompos. Ons bly in die Koster distrik en wil graag groente organies verbou. Sal dit opreg waardeer vir enige inligting. Plaas groete