Categorized | Health

Verlig die pyn van mondsere – eet, drink en wees vrolik

Net wanneer jy lustig wil eet, drink en vrolik wees, kan ’n seer mond al jou pret in die feestyd bederf. Mondsere pla die meeste van ons op een of ander tyd in ons lewe en is meer algemeen wanneer ’n mens afgerem, besig of onder stres is. Aan die einde van die jaar met eksamens en ander druk wat voorlê, kan dit ’n pynlike probleem word.

Herhalende afteuse (met betrekking tot die slymvliese) mondsere kom oor die algemeen die eerste keer in die kinder- en tienerjare te voorskyn. Klein beserings (soos wanneer die mondwand per ongeluk raakgebyt word) en allergieë kan mondsere te voorskyn laat kom. Babas en jong kinders ontwikkel dikwels mondsere as gevolg van algemene virusse, insluitende bek-en-klouseer, die koksakievirus en Herpes simplex. Dit wil voorkom of vroue mondsere met wisselende hormoonvlakke kry, wanneer hulle premenstrueel, moeg of afgerem is. En omdat swak voeding die immuunstelsel kan beïnvloed, kan ’n ongebalanseerde dieet ook ’n oorsaak wees.

Omdat gevoelige senuweepunte deur die seer ontbloot word, kan eet, drink en praat ongemaklik wees. Vir sommige mense is die pyn so erg dat hulle nie kan slaap nie.

‘n Aantal wenke om die pyn van mondsere te verlig:

  • Gebruik kos en drankies wat nie sterk gegeur is nie, en vermy speserye en sout.
  • Vermy lemoensap of suuragtige voedsel wat moontlik sal brand.
  • Gebruik nuwe Aloclair Gel wat ’n beskermende laag oor die mondseer vorm vir doeltreffende en vinnige verligting. Beskikbaar by tandartse en apteke.
  • Die gebruik van ‘n strooitjie kan help om by sere aan die voorkant van die mond verby te kom, maar wees versigtig dat die drankie nie so warm is dat dit die keel brand nie.
  • Die meeste mondsere is nie die gevolg van ernstige siekte nie en sal gewoonlik sonder behandeling opklaar. Indien ’n mondseer nie binne twee tot drie weke genees nie, raadpleeg ‘n dokter of tandarts.

Vir meer inligting en ’n gratis monster Aloclair-mondseerjel kontak Ivodent by 0860 456 123, epos info@ivodent.co.za of besoek www.mouthulcers.co.za.

One Response to “Verlig die pyn van mondsere – eet, drink en wees vrolik”

  1. My man lei aan stres en sy imuniteit is baie laag en word gereeld aangeval. Hy kry dan mondsere, kan nie anti biotika gebruik nie. Kom binne die mond,tandvleise en selfs sluk derm word ontsteek. Hy eet gesond, kry genoeg vitamiene en minerale in. Ek is al raadop. Anti biotika veroorsaak ook sere in die mond. Hy kan niks eet en drink nie. Hy bly moeg, slaap sleg. Hy het ook psoraisis. Word erger by die dag a.g.v stres. Ek is raadop. Enige raad asb.

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

Download Die Kwêvoël in PDF

List your business free

Thabazimbi Business Directory

Follow us on Facebook

Top content

Ads

Archives

June 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930