Archive | June, 2010

Week 26 – 25 June 2010

Week 26 – 25 June 2010


Posted in Download0 Comments

Handsak teruggevind

Handsak teruggevind

Groot verligting is te bespeur op Susan (links) se gesig vir die terugvinding waar sy by Annatjie (middel) en Ester (regs) staan.

THABAZIMBI – ‘n Doodgewone oggend het ontaard in ‘n senutergende ondervinding vir ‘n plaaslike inwoner. Susan Prinsloo, was op Donderdag oggend 24 Junie oppad werk toe en het met al die geskarrel met haar twee hondjies haar handsak ingedagte op haar kattebak neergesit en gery.

Toe sy by Die Kwêvoël aankom, waar sy deeltyds werksaam is, het sy met ‘n skok besef wat sy gedoen het. Inderhaas het sy teruggery huistoe, maar die handsak was nerens te vinde nie. Daar is vinnig gedink en Thaba Stereo is geskakel om uit te saai dat haar handsak verlore is. ‘n Vrou se hele lewe is mos in daardie sak wat sy oral ronddra. Om net te dink aan al die beslommernis om kaarte, id dokumente en bestuurslisensies te vervang is genoeg om enigeen mismoedig te laat voel.

Binne ‘n kwessie van ‘n halfuur het sy egter die goeie nuus ontvang dat iemand haar handsak gevind het. Annatjie Breedt se huishulp, Ester Mathlabane, het die hele episode sien gebeur en die handsak na haar werkgewer gebring om te kyk of sy kan help. Annatjie wou nog in die handsak kyk toe sy die berig oor die radio hoor, en skakel toe dadelik.

Gelukkig het hierdie episode ‘n goeie einde gehad en is dit wonderlik om te weet dat die gemeenskap van Thabazimbi so behulpsaam en eerlik is.

Posted in General0 Comments

Swart mamba

Ongewone besoeker

Die 2.3 meter lange swart mamba wat in Lucas se huis in Setaria ingeseil het.

SETARIA – Lucas Klopper ‘n inwoner van Setaria het op Dinsdag middag, 22 Junie oudergewoonte om ongeveer 14:00 tuis gekom na ‘n dag se werk. Rustig het hy en sy gesin in die sitkamer gesit en tee drink met die deur oop sodat die wintersonnetjie lekker kan inskyn. Hul dogtertjie het ‘n sleepgeluid gehoor van waar sy op die bank gesit het en omgekyk, ewe kalm het sy haar ouers ingelig dat sy ‘n slang sien inseil het. Salig onbewus van enige iets het die slang in die vertrek oorkant die sitkamer langs ‘n boekrak gaan opkrul. Susan, Lucas se vrou, het die slang dadelik geein as ‘n swart mamba en het Protea Coin, die sekuriteit van die myn gebel. Binne minute was die manne met die nodige gereedskap op die toneel. Lucas het daarin geslaag om die lus van die vangstok om die slang se kop te kry maar dit was ‘n proses om die slang uit die huis gesleep te kry. Die slang het baie aggressief geraak en op ‘n stadium selfs om ‘n stoel gekrul om weerstand te bied. Eindelik was die slang buite en het die maatband sy ware lengte van 2.3 meter aangebui. Volgens die manne van die sekuriteit was dit die grootste swart mamba wat hulle nog in daardie area gevind het.

Posted in Nature, Top Stories0 Comments

Plan for possible future rates increases when buying a home

The Reserve Bank’s decision to retain interest rates at the present levels is obviously welcome for home owners, but the long term prognosis is that rates will gradually rise and property stakeholders should plan accordingly.

So says Gerhard Kotzé, CEO of the ERA property group. His views are based, in part, on comments by the Director of Standard Bank Home Loans, Funeka Ntombela, who was the keynote speaker at the recent ERA South Africa 2010 awards ceremony.

Ntombela outlined to a rapt audience her prediction of a continued upturn in the property market. But at the same time she hinted at the likelihood of future increases in interest rates, due amongst other reasons, to South Africa’s future borrowing requirements.

Adds Kotzé: “The last property bubble was fed partly by low interest rates as well as by unfettered lending and the ‘securitisation’ or bundling of mortgage bond debt into dubious financial instruments, much of it being of low quality.

“Consumers played their part in that they acted in the belief that cheap money would remain available indefinitely. This proved not to be the case and while I am all in favour of low interest rates, I believe caution should always be the watchword.

“The banks themselves are setting the tone in this respect with their conservative lending policies of the moment, but home buyers and sellers should also play their part by borrowing conservatively.

“That implies the need either for increased deposits, if at all possible, when buying a home, thus reducing the size of the bond and the associated repayments or buying less expensively on the understanding that building up a stake in property is a gradual process.

“Fundamentally it’s about avoiding a repeat of the situation where, as a result of the credit crunch, interest rates soared by five or six percent and home owners were severely stretched financially.

“The joker in the pack right now is that in a rare show of collaboration, the trade union Cosatu and the business sector, are jointly campaigning for a weakening of the rand, which would imply the possibility of lower interest rates. But don’t hold your breath would be my advice!”

Posted in General0 Comments

Food wastage

Eskom Food Wastage with Taxpayers Money!

Mr Jan Viljoen, Chairman of TAU SA North, expressed his amazement of what happened at Medupi, the new power station that Eskom is building, when one of the subcontractors from, MPS-JV, said their people are now tired of “trash food”. In reaction to the free meal the workers received every day, they stormed the construction offices and bombarded it with these packages of free food.

Apart from the free food, the thousands of workers at Medupi also receive free accommodation, free transportation and many other benefits.

In the light of 900 000 people that had to vacate their posts last year, wondering where the next meal will comes from, the situation at the plant’s construction should raise concern from the taxpayers.

Villon said his biggest concern is that this behavior can be seen as a good indication of the working culture that exists under Eskom workers.

Posted in General0 Comments

Bosveld posduifklub uitslae

M & M Hokke het die jaaroud wedvlug vanaf Bloemhof gewen met ’n spoed van 1133.3823mpm. Die ope wedvlug is gewen deur Hannes Meyer met ’n spoed van 1146.8783mpm. Eerskomende naweek word daar vanaf Christiana gevlieg.

Volledige uitslae is as volg:

Jaaroud wedvlug:
M & M Hokke A (S.J. Drilling)        1, 27
M & M Hokke B (S.J. Drilling)        6, 15
Hannes Meyer A                2, 7, 17, 18, 20, 25, 28
Hannes Meyer B                8, 16
Grobler Hokke A                3, 9, 12, 13
Grobler Hokke B                11
Cas Venter                    4, 10, 19
Mawala Hokke                5, 21, 22, 23, 24
N.J. Geldenhuys A             30
N.J. Geldenhuys B (Travel Lodge)    14, 29
Pieta Hokke                    26

Ope Wedvlug:
Hannes Meyer A                 1, 6, 13, 15, 22, 23
Hannes Meyer B                 21,
Grobler Hokker A                 2, 3, 4, 5, 16, 17, 19, 24
Cas Venter                    18
M & M Hokke A (S.J. Drilling)        12, 20, 29
M & M Hokke B (S.J. Drilling)        7, 8, 9, 10, 28
Pieta Hokke                    11, 14, 30
N.J. Geldenhuys A                25, 26
N.J. Geldenhuys B (Travel Lodge)    27

Posted in Sport0 Comments

Jong Kommuniste word uitgenooi om wit plakkerskamp te besoek

AfriForum Jeug en Solidariteit Helpende Hand het vandag ’n uitnodiging aan die leiers van die Jong Kommunisteliga (YCL) gerig om saam met hulle ’n wit plakkerskamp te besoek.

Hierdie uitnodiging is gerig in die lig van die onlangse uitspraak van die YCL dat regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging sal voortduur tot die dag “wanneer wit jongmense net so min soos hul swart tydgenote het”. AfriForum Jeug het ook onlangs ’n gesprek met die YCL gevoer waartydens regstellende aksie en die verskynsel van wit armoede in Suid-Afrika met hulle bespreek is.

Die doel van die besoek aan die wit plakkerskamp is om die erns van wit armoede aan die YCL te wys en samesprekings te voer oor wat gedoen kan word om hierdie groeiende probleem hok te slaan.

Die voormalige Umsobomvu Youth Fund (UYF) het in April 2009 ’n studie gedoen om die kernuitdagings van arm wittes in Suid-Afrika te identifiseer. Dié studie is egter nog nie formeel bekendgestel nie, maar is aan Helpende Hand beskikbaargestel.

“Volgens die studie geniet wit gemeenskappe nie gelyke behandeling met die uitreiking van gestremdheids- en kindertoelaes nie en regstellende aksie bewerkstellig net verdere agteruitgang van hierdie gemeenskappe,” volgens dr. Danie Langer, Uitvoerende Direkteur van Helpende Hand.
“Die studie toon duidelik aan dat wit Suid-Afrikaners meer en meer gemarginaliseer word en dat regeringsprogramme ruimte moet bied vir die ontwikkeling en ondersteuning van arm wittes,” sê Langer.

Bekende demograaf prof. Flip Smit het bevind dat ongeveer 600 000 wit Suid-Afrikaners besig is om in armoede te versink.

“Regeringsamptenare is self nie eers bewus van wit armoede nie en die regering doen geen moeite om wit mense by die toekoms van Suid-Afrika in te sluit nie. Wittes moet eenvoudig deel vorm van die regering se plan om armoede te verlig.

Die regering gebruik egter ras om ’n wig tussen mense in te dryf,” sê Langer. AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Ernst Roets, het gesê dat AfriForum Jeug geskok is oor hierdie uitlating van die YCL. “Ons weet dat die YCL baie klem op opheffing en die verligting van armoede plaas. Ons was egter onder die indruk dat die YCL, anders as die ANC-jeugliga, nie ’n rassistiese organisasie is nie. Die klem van die ekonomiese beleid moet daarop wees om armes op te hef en nie om almal arm te maak nie.”

Roets het bygevoeg dat armoede nie op grond van ras aangepak kan word nie. “Ons moet op sosio-ekonomiese omstandighede fokus en die punt bereik waar jongmense van regstellende aksie vrygestel kan word.”

Posted in General0 Comments

Warm sop skop Sages Kankerdag af

THABAZIMBI – Die Waterberg Sages het verlede Donderdag op Thabazimbi Gholfklub se baan saamgetrek vir hulle Kankerdag. Sewe-uur die oggend was die temperatuur minus 4. Jeanetta Rall en Billy Pring het egter die manne moed gegee met ‘n heerlike pot warm sop.

Daar kon eers teen 08:30 afgeslaan word omdat die ryp te dik op die baan gelê het. Die res van die dag is in ’n ysige windjie afgehandel.

Saterdag is die “Foursomes” kamioenskap gespeel. Die slagspel kompetisie is oor 27 putjies gespeel. Alta Venter en Marina van der Wateren met 105 netto houe is die kampioenne. Johan Smit en Tiaan Bronkhorst met 109 was tweede en Chappies Behrens en Piet Venter was derde met 118.
Môre, 26 Junie is ‘n borgdag ten bate van die Bosveld Akademie.

Lede wat beland stel om meer te weet wat in Gauteng Noord gholf aangaan kan gerus op www.gngu.co.za gaan kyk.

Posted in General0 Comments

Pyplyn vir Medupi-water kronkel

Vir inwoners van die Bosveld was die watervoorsiening aan Medupi en ander ontwikkelings in die Lephalale-Steenbokpanomgewing nog altyd ‘n kwelpunt.

Dit het egter later geblyk dat Eskom die watertekort nie by hul aanvanklike beramings in ag geneem het nie. Die Departement van Waterwese, verantwoordelik vir die voorsiening van water aan  nasionale projekte soos Medupi, het toe begin met die beplanning van die pyplyn wat water aan Medupi en Steenbokpan sal voorsien. Daar is egter steeds diegene wat die akkuraatheid van berekenings bevraagteken.

Die Mokolo Krokodil-Wes Watervoorsienings projek (MKWWP), wat ten doel het om die water vanaf die Krokodilrivier af te voorsien, bestaan uit twee fases. Fase 1 omvat die oordragskema vanaf Mokolodam parallel met die bestaande pyplyn na Matimba-Grootegeluk en dan verder na Medupi.

Fase 2 behels die oordrag van water vanaf die Krokodilrivier wes na Lephalale (Steenbokpan) en die verwydering van die bottelnek op die bestaande pyplyn vanaf Mokolodam na Lephalale.

Daar is etlike alternatiewe op ‘n kaart aangedui vir die plasing van die pyplyn vanaf Vliegepoort na Steenbokpan. Verlede jaar het die insluit van ‘n tweede alternatief, wat nie die bestaande infrasturktuur volg nie, groot kontroversie veroorsaak onder grondeienaars, toe dit geblyk het dat die plasing moontlik verander het om plasing van Eskom se beplande ashoop vir hul beplande derde en vierde kragstasies in Steenbokpan voorsiening te maak.

Grondeienaars in Steenbokpan leef intussen saam met heelwat onsekerheid. Toe toetse oor die afgelope twee weke begin is om vas te stel waar sand vir die bou van die pyplyn gemyn kan word, is dit egter net langs een alternatief getoets, naamlik die een langs die bestaande Steenbokpan-Soutpanpad, die eerste moontlike plasing van die pyplyn. Grondeienaars vra hulleself af of dit beteken dat Eskom hul ashoop skuif en of die bou van verdere kragstasies nou finaal van die baan is.

Die pyplyn kan nou moontlik loop langs dieselfde pad waarlangs ‘n Australiese mynmaatskappy hul steenkool oor ‘n periode van vyf jaar wil vervoer.

Die omgewingsimpakverslag is tans beskikbaar vir kommentaar vanaf 17 Junie tot 27 Julie in Lephalale, Steenbokpan en Thabazimbi of op die webwerf http://www.dwa.gov.za/projects.asp

Openbare vergaderings word weereens deur konsultante gehou op 29 Junie in die Lephalale Mogol konferensiesaal vanaf 9 vm en by Ashanti konferensielokaal vanaf 3nm.

Navrae kan gerig word aan Salomon Pienaar by 011-7811730

Posted in General0 Comments

Letlapa Pula

Northam VLU besoek organiese kwekery

Peter en Colleen Cramer van Letlapa Pula met Northam VLU-lede en gaste.

NORTHAM -  Lede en gaste van Northam VLU het op Donderdag 17 Junie 2010 hul vergadering te Mawala Lodge gehou. Na ‘n heerlike sjampanje-ontbyt, om Mari Meintjes se verjaardag op die dag te vier, het almal vertrek na LETLAPA PULA, ‘n organiese plaas te Koedoeskop.

Hier het Peter en Colleen Cramer die dames ingelig hoe om kompos te maak, sonder die byvoeging van enigiets anders as plantmateriaal en mis. Letlapa Pula se leuse is die idee dat ons nie die aarde geerf het van ons voorgeslagte nie, maar dit leen van ons kinders, en deur organies te boer, voldoen ons aan hierdie filosofie.

Northam VLU beoog om hul volgende vergadering op 15 Julie 2010 te hou. Vir meer inligting, skakel Mari by 00147860304 of 0820864915.

Posted in General1 Comment

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Waterberglodge Oppikoppi Thabazimbi skole Kransberg water poel Thabazimbi Paragliding Kudu Quad Run Paragliding Thabazimbi Vloed 39.gif

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:12 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

June 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools