Archive | May, 2010

Soeke na Suid-Afrika se wendorp duur voort

THABAZIMBI – Kwêla se soeke na Suid-Afrika se wendorp is steeds aan die gang en kykNET kykers moenie vergeet om Woensdag 2 Junie na Kwêla op die kassie te kyk nie.

Kwêla word Op Woensdae om 20:00 op kykNET uitgesaai en ook ‘n paar keer daarna herhaal. Heruitsendings is op Vrydae 10:30, Saterdae om 02:30 en 18:30, Sondae om 13:30 en Maandae om 08:30.

Die landswye kompetisie gee vir ons as naby en betrokke gemeenskap die geleentheid om ons dorp se naam hoog te hou en te verseker dat Thabazimbi hierdie kompetisie wen. Skakel gerus Woensdag op Kwêla in en luister hoe die kompetisie vorder.

Besoek gerus die webwerf www.kwela.co.za vir inligting oor die kompetisie. Die sluitings datum vir die finale ronde is Vrydag 30 Julie om 12:00. Die wendorp sal dan in Rapport en op Kwêla bekend gemaak word.

Die wenner van die kompetisie word gekenmerk as die lekkerste, mooiste en hartlikste plekkie waar gekuier kan word in die land. Bly dus op hoogte van sake indien Thabazimbi daarin slaag om deur te dring na die finaal. Jou stem sal geld tot op die einde van die kompetisie.

Posted in General1 Comment

Thaba vat hande vir Celia

THABAZIMBI – Elke oggend as ons ons oë oopmaak, staan ons op, trek ons aan en vat die dag soos dit kom.  Dis eers wanneer jy dit nie meer het nie, wat jy ernstig daaroor begin nadink.  So is ons almal tot werklikheid geroep na die ongeluk van die hokkiekinders en die groot verlies wat Celia Schoeman en gesin tans beleef.

Op Dinsdag 8 Junie 2010 is daar ‘n ondersteuningsgroep wat ‘n Vasstrap Sities reël met die oog om geld in te samel om die bestaande fondsrekening vir Celia Schoeman te verstewig.  Dit is in die vorm van ‘n driebeenresies wat oor ‘n afstand van 2 km afgelê gaan word. Die “Vasstrap Sities” gaan op Hoërskool Frikkie Meyer se sportgronde plaasvind en almal is baie welkom.  Daar is drie verskillende wegspringtye:  16:30 vir laerskoolkinders, 16:45 vir hoërskoolkinders en 17:00 vir besigheidspanne en volwassenes.  Daar word gepoog om die hele gemeenskap betrokke te kry en daarom is die inskrywingsgeld net R15 per kind en R25 per volwassene.  Die inskrywingsvorms is beskikbaar by die volgende besighede:  Deo Valente, Wimpy, Active Life Gym, J&B Jewellers, Trinkets & Bells, Laerskool Thabazimbi en Hoërskool Frikkie Meyer.  Vooraf-inskrywings kan ook gedoen word by J&B Jewellers en Active Life Gym.

‘n Beroep word op die hele gemeenskap gedoen om by die projek betrokke te raak.  Graag word al die besighede, myne, kerke, skole, organisasies, sportspanne ens genooi om mekaar vir hierdie driebeenresies te daag vir deelname en betrokkenheid tot hierdie projek.  Onthou, dit kan dalk net jy wees wat volgende die gemeenskap se ondersteuning gaan nodig hê. Kom Thabazimbi en omgewing, die ondersteuningsgroep daag julle uit. Raak betrokke met jou “gesonde” daarwees.  Daar gaan pryse wees vir die oudste en jongste inskrywing, vir die snaakse/interessantse uitrusting asook vir die interessantse span van die dag.  Vir enige verdere navrae is julle welkom om vir Luzaan Combrink te kontak by 082 5937 084.

Weens die hoë mediese koste is daar ook ‘n hulpfonds gestig vir diegene wat andersins ‘n bydra wil maak. Die fonds sal aangewend word vir die betaling van die hospitaal onkostes. Deposito’s kan gemaak word by ABSA Bank Thabazimbi, Takkode 334346, Rekeningnommer 1580390141 met die verwysing 3051.

Posted in General0 Comments

Sportuitslae van HFM

THABAZIMBI- HFM se netbal dogters het baie goed gevaar met hulle deelname aan die Streekfinale.  Daar het 9 spanne deelgeneem en net 1 van die spanne het as naaswenners uit die stryd getree.  Die 0/14 A span het 4 wedstryde gespeel en al 4 gewen, die 0/14B span het net 1 wedstryd gespeel en gewen, die 0/15 A span het al 3 hulle wedstryde gewen, die 0/15 B span het ook net 1 wedstryd gespeel en ook gewen. Uitslae van die senior spanne het as volg daar uitgesien, 0/16 A het 3 wedstryde gespeel en 3 gewen, 0/16 B het 2 wedstryde gespeel en 2 gewen en die 0/17 A span het 3 wedstryde gespeel en in die finaal verloor teen Ellisras wat hulle dan die naas wenners maak van die afdeling, 0/17 B wen al twee hulle wedstryde en die 1ste span speel ook 3 wedstryde en wen al 3. Hierdie 9 spanne gaan eerskomende Vrydag en Saterdag, 28 en 29 Mei, aan die Limpopo ligafinaal deelneem wat gehou sal word te Groblersdal.

Die rugby seuns het ook goed gevaar met tydens die  rugby dag wat verlede Saterdag 22 Mei teen Hoërskool Tom Naudé op hul tuisveld plaasgevind het.  Daar het 7 spanne op die dag gespeel die 0/14A span wen 10-0, 0/14 B speel gelykop 7 elk, 0/15 A verloor 3-10, 0/15 B verloor met ‘n groot telling 37-5, 0/16 A wen 20-0, die 2de span wen 34-7 en die 1ste span verloor 8-6.

Posted in School News0 Comments

Nuwe blik op wasgoedkamer

As jy ‘n bietjie meer ruimte nodig het vir kunsvlyt, stokperdjies, huiswerk, persoonlike admin of sommer net om op die internet te boer kan jy gerus met nuwe oë na jou wasgoedkamer kyk.

“In huise wat al hoe meer kompak word,” sê Martin Schultheiss, uitvoerende hoof van Harcourts Afrika, “word beskikbare ruimte dikwels vir meer as een doel benut en dit gebeur maklik dat die eetkamertafel as ‘n oppervlak vir kunsvlyt ingespan word, dat huiswerk op ‘n toonbank in die kombuis gedoen word of die gesin se rekenaar in die sitkamer staan gemaak word.

“Maar met ‘n bietjie vernuftige beplanning kan die wasgoedkamer ingespan word om baie van dié probleme uit die weg te ruim.”

Planne om die waskamer beter te benut, sluit in:* Bekyk die vloerplan. ‘n Muur kan moontlik verwyder word om ‘n oopplan kombuis/waskamer/tuiskantoor te skep en met ‘n vloerplan kan jy besluit waar toerusting aangebring kan word en waar jy werksoppervlakke en bergruimte  kan skep.

  • Kies die regte vloerbedekking. Dit behoort natuurlik teen water bestand te wees, maklik wees om skoon te maak en moet liefs by die res van die vertrekke pas, veral as dit in ‘n oopplanvertrek omskep word.
  • Besluit watter beligting gepas is. Waskamers het gewoonlik fluoorligte sodat daar genoeg beligting vir was-, styk- en stopwerk is, maar dit mag onvoldoende wees indien dit ook as ‘n kantoor of plek om ‘n stokperdjie te beoefen, aangewend gaan word. Besluit of bykomende beligting nodig gaan wees.
  • Beplan om soveel moontlik bergruimte te skep. Benut die ruimte bokant die wasmasjien en tuimeldroër, bring kaste, laaie of selfs ‘n werkstafel op wiele onder die toonbank waar wasgoed gevou word aan en maak ‘n hangplek vir gestrykte wasgoed of vir items wat drupdroog. Skep ruimte vir ‘n lessenaar of werkstafel, indien nodig, asook rakke vir admin-lêers of materiale vir stokperdjies.
  • Kies toestelle noukeurig. Voorlaaiwasmasjiene beslaan byvoorbeeld nie net minder ruimte nie, maar is gewoonlik ook meer eko-vriendelik ten opsigte van water- en kragverbruik. Sulke masjiene gebruik ook minder waspoeier en wring ook meer water uit klere sodat dit vinniger droog word.

UITGEREIK DEUR HARCOURTS AFRIKA
VIR NADERE INLIGTING:
MARTIN SCHULTHEISS
031 201 1060 OF BESOEK
www.harcourts.co.za

Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net

Posted in General0 Comments

Hengelaars

Northam Platinum Hengel Kompetisie

Voor, Jason Mienie. Middel vlnr, Rudy Smith, Kenny Retief, Hugo du Toit, Judith Pretorius, Nicolene Heydenrych. Agter Mauritz Claasen (weggesteek) en Demsie du Toit wat die klubvoorsitter is.

SWARTKLIPDAM – Northam Platinum het hulle maandelikse hengelkompetisie aangebied op Sondag 23 Mei by die Swartklipdam. Die dag het begin om 7:00 vir die hengelaars en tot ’n einde gekom om 15:00.

Die dam was baie vol na die reën en het veroorsaak dat die 31 deelnemers net 29 visse in totaal gevang het. Die grootste vis is gevang deur Rudy Smith met ’n gewig van 2.74kg.

Daar was vier afdelings waarin die 31 deelnemers ingedeel was naamlik, seniors, juniors, dames en penkoppe.

Die uitslae is as volg, seniors het Rudy Smith ,eerste, Hugo du Toit tweede en Kenny Retief, derde. In die Dames afdeling, Judith Pretorius eerste en Nicolene Heydenrych tweede. Daar was nie in die afdeling ’n derde toekenning nie.

In die Junior afdeling was Mauritz Claasen eerste en in die penkoppe afdeling was Jason Mienie eerste. Albei die afdelings het nie tweede en derde plekke gehad nie.

Posted in Sport1 Comment

Kinderbeskermingsweek

Kinderbeskermingsweek 2010 skop af

Op die fotos is kinders van verskeie kleuterskole in die dorp wat besoek is en aandagtig geluister het na die boodskap. Hulle het ook bydraes gemaak in die vorm van munte en blikkies kos om dankie te sê en ‘n bydrae te maak tot die opheffings projekte van minderbevoorregte persone in ons eie gemeenskap.

THABAZIMBI – Kinderbeskemingsweek vind jaarliks landwyd plaas en word plaaslik aangebied deur die CARE komitee. Die komitee is genaamd die “ Thabazimbi Child Protection CARE group” en bestaan uit SAVF Thabazimbi (koördineeder), SAPD Thabazimbi, Legae la Bona, Thabang en verskeie gemeenskapslede in privaat hoedanigheid.

Kinderbeskermingsweek vind plaas vanaf 24 Mei tot en met 3 Junie waartydens meer as 30 skole en kleuterskole besoek word met ‘n beskermings-boodskap. Duisende kinders gaan weer die poppekas liedjie sing en luister na die opvoedkundige boodskap wat die poppe bring. Hierdie jaar word daar gepraat oor padveiligheid, higiëne en kieme, bullies en veiligheid. Die karakters wat hierdie jaar die boodskap gaan bring is Sareltjie, Antjie, Santjie, Wilma Wysneus, Piet Polisie, Mpho, Nthabiseng en Hompie Kadompie.

Verskeie senior kinders sal ook besoek word by 6 skole op 19 en 20 Julie rondom ‘n boodskap van pornografie en substansmisbruik deur Kaptein Inspekteur Colin Morris van Randburg Kinderbeskermings eenheid.

‘n Radio praatjie aan ouers en gemeenskapslede rondom dieselfde tema vind ook plaas op 19 Julie 2010 op Thaba Stereo om 10:30 wat aangebied sal word deur Jessie Lang.

Persone wat graag betrokke wil raak kan die SAVF kantoor skakel by 014 777 1093 tussen 09:00 en 15:00 op weeksdae.

Posted in General0 Comments

Projek Glimlag

Ry vir Glimlagte

Van en Belinda van Vuuren van Setaria wat pas 'n 9000 bekendstellingstoer vir die Blackbird Motorfiets Vereniging van SA se fondsinsamelingsprojek vir kinders wat met 'n haaslippie of oop verhemelte gebore is.

THABAZIMBI – ‘n Avontuurlustige leser het pas ‘n 10 dae rondomtalie toer deur Suid-Afrika agter die blad. Die doel van die toer wat Van van der Merwe en sy vrou Belinda van Setaria, aangepak het is om die projek “Ry vir Glimlagte” wat die Blackbird Vereniging van SA se projek bekend te stel. Die projek behels fonds insameling vir veral kinders in te samel wat met die sogenaamde haaslippie en oop verhemelte sindroom gebore is.

Van is die Streeksorganiseerder vir “Ry vir Glimlagte”. Sy streek strek vanaf Messina tot by Katu. Die bekendstellingstoer het afgeskop by Nelspruit. Maandag 10 Mei het hulle vanaf Thabazimbi verder gery. Daar was aanvanklik sewe motorfietse betrokke maar ‘n verdere twee fietse het later aangesluit.

Van vertel dat hulle soms tot 70 fietse bymekaar was. Die Honda Blackbird is ‘n unieke motorfiets waarvan die produksie reeds gestaak is. Die fiets het ‘n besondere forum geskep (soos die bekende Harley Davidson) vir die Blackbird Forum. Die fietse is in staat tot ‘n spoed van 300km/u plus.

Mediese spesialiste bied hulle dienste gratis aan vir pasiënte wat aan die haaslippie en oop verhemelte gebrek lei. Die gebrek is die vierde grootste defek ter wêreld en dit kom voor onder alle bevolkingsgroepe en rasse. Fondse word egter benodig om vir die medikasie te betaal wat gebruik word tydens so ‘n operasie en vir die nasorg van die pasiënt.

Wêreldwyd het veral kinders op die platteland, nie vryelik toegang tot mediese hulpbronne nie. Ideaal moet ‘n baba wat met so ‘n defek gebore is so gou moontlik na geboorte opereer word. Sonder die nodige hulp word sulke kinders gewoonlik deur die gemeenskap misken en verstoot.
Mense onttrek heel verstaanbaar uit die samelewing as gevolg van die defek. Sommige van hulle is in hospitale gekoppel aan ondersteuningstoerusting. Hulle kan byvoorbeeld nie self asemhaal nie. In sommige gevalle bestaan helfte van die gesig nie. Spesialiste bou die gesiggies op. Dan kan hulle weer glimlag.

Die operasies word nie net vir kinders aangebied nie maar volwassenes ook. Sekerlik een van die mees bevredigendste gesigte om te sien is om wanneer die pasiënt na afloop van die operasie in ‘n spieël kyk. Dan herken hulle hulself glad nie. Hulle kan weer glimlag en die lewe met ‘n heel ander benadering benader.

Na raming is sowat R70 000 tydens die toer ingesamel. Jy is die eienaar maar jy is nie die motorfiets se baas nie. Die Blackbird Vereniging van SA het reeds sowat R2,3 miljoen ingesamel vir mense met die onaanskoulike gebrek. Dit is ‘n menswaardige en lofwaardige projek wat ieder en elk se ondersteuning waardig is.

Dorpe wat tydens die 10 dae lange bekendstellingstoer aangedoen is: Nelspruit, Phalaborwa, Tzaneen, Messina, Alldays, Tom Burke, Ellisras, Thabazimbi, Rustenburg, Mafikeng, Kuruman, Upington, Pofadder, Springbok, Alexander Baai, Lambertsbaai, Melkbosstrand, Kaapstad, Kaap Agulhas, Mosselbaai, George, Port Elizabeth, Oos Londen, Port St. John’s, Port Edward, Durban, Richardsbaai, Kosibaai, Pongola, Piet Retief, Pretoria en Johannesburg.

Die Nasionale sameroeper Tony Page kan gekontak word by 084 288 0133.

Tobie Lombard

Posted in General0 Comments

Accreditation for Thabazimbi Clinic

THABAZIMBI- A very important meeting was held on 11 May 2010 by the surrounding clinics and mobile clinics and the hospital in an effort to obtain accreditation for helping the local hospital in the issuing of ARV (Antiretroviral drugs).

This meeting was the result of an inspection that was led by Me Mpe Kobola from Polokwane, head of Limpopo Province Clinics and woman and child well being. She found that patients had to sit for up to 8 hours daily before being attended to.  Onkgopotse Gaitate, who is the head of the Thabazimbi clinic, gave everyone present background on who they are and what they have achieved so far. Some of the statistics he shared at the meeting were really shocking.

This data covered the period February 2009 to January 2010. A total of 129 pregnant women, which was 97% of pregnant women attending the clinic, were tested for HIV. Of these a total of 36 (27.9%) tested positive. The staff consisted of three professional nurses trained for Preventing Mother-To-Child-Transmission (PMTCT) and one lay counselor.

At the meeting it was spelled out that it is very important that farm workers, house workers and general workers are encouraged to get tested for HIV.  These tests are free of charge and the sooner they get tested the sooner they can receive medication if necessary.

The staff shortage at the local clinic was relieved by the appointment of a male nurse.

A proposal to the President of South Africa was approved at the meeting that everyone must be tested for HIV. This means that the local Clinic will be accredited and competent to deal with all of the above cases and more.

For any inquiries please do not hesitate to call the local clinic at 014 777 1336/8

Posted in Health0 Comments

SAPS farm murder stats questionable

This past week, in reply to a DA parliamentary question by Dianne Kohler-Barnard, the Minister of Police, Nathi Mthethwa, stated that 794 farm attacks occurred during which 86 murders were committed in the 2008/2009 financial year. The Minister said that this figure was reflected on page 69 in the SAPS annual report.

In and of itself, this seems unexceptional, but if one compares it to previous annual reports, something odd emerges.

The year before there were no figures on violence against the farming community contained in the annual report, but low and behold, the year before that the figures were as follows:

Farm attacks: 794 – Farm murders: 86. Exactly the same as the figures given for this past year by the Minister in his parliamentary reply.

This means one of two things, either by some remarkable coincidence, across a county with a population of 40 million, not only were the exact same number of farm attacks carried out over an entire year, but the exact same number of people were murdered. What are the chances? A more likely explanation is that the Police service do not keep proper statistics and simply cut and paste the figures from two years ago as their best guess estimate.

Either way, the Minister needs to explain himself. We will be asking detailed questions about each specific case the Minister says occurred last year and in 06/07 and, if the answer isn’t convincing, we will be taking this matter up with the Speaker to investigate false information being provided to Parliament as well as with the portfolio committee on police.

Posted in General0 Comments

Suksesvolle Dames Gholfdag

THABAZIMBI – Die Dames se gholfdag wat hulle Saterdag by Thabazimbi Gholfklub aangebied het, was ‘n groot sukses. Gepas het twee dames toe ook gewen, naamlik Marthie Clark en Jacky van Vuuren met 43 punte. Corrie Pypers en Fanie Lombard met 42 pute was tweede met Piet Venter en Chappies Behrens derde met 41 punte.

Altesaam twaalf pare het pryse gewen. Die veilings Vrydag en Saterdag het ook die mooi bedrag van oor die R7 000 opgelewer. Baie dankie dames vir die dag en vir al die borge wat julle so ondersteun het.

Eerskomende Saterdag is dit ons klub se Sanlam Kankerdag. Met die oog op die belangrike rugby die middag gaan daar vanaf nege-uur afgeslaan word. Kom speel dus gerus eers in hierdie kompetisie want u bydra gaan vir ‘n baie belangrike en prysenswaardige saak.

Vrydag 4 Junie is dit weer Interaksie Gholf en Saterdag die 5de is dit Slagspel. Die Sages se Kankerdag wat die 12 de Junie sou plaasvind is gekanselleer. Dit sal nou heel waarskynlik IPS wees.

Die Sages gaan Donderdag 17 Junie op Thabazimbi se baan speel. Die “Foursomes” kampioenskappe word 19 Junie oor 27 putjies gespeel. Die Bosveld Akademie borg 26 Junie se gholf.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Dewside beer Thabazimbi Vloed 29.gif Ystervarkfees Bergfietswedren Paragliding Kumba Nationals Thabazimbi skole Cropsray Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 39.gif Kransberg water poel

Weather Forecast

May 18, 2012, 4:01 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

May 2010
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools