Archive | March, 2010

Paaseiers kan jou troeteldiere vergiftig

Vir baie mense beteken Paasfees om bietjie oorboord te gaan met sjokolade en lekkergoed, maar voordat jy die vierbenige lede van die gesin hiermee bederf, wees gewaarsku: sjokolade kan jou troeteldier doodmaak. “Sjokolade bevat teobromien, ‘n stimulant wat giftig is vir diere,” sê dr. Guy Fyvie, veeartsenykundige adviseur vir Hill’s Pet Nutrition. “Mense metaboliseer maklik teobromien, maar honde verwerk dit baie stadiger en dit kan dus vinnig tot toksiese vlakke in hul bloed opbou.”

Die gevaar vir jou dier hang af van die grootte van die dier en die hoeveelheid wat geëet is. “’n Groot hond kan meer sjokolade as ‘n klein hondjie eet voor hy siek word, maar die veiligste opsie is geen sjokolade nie.”

Verskillende soorte sjokolade bevat verskillende vlakke van teobromien. Kakao, kooksjokolade en donker sjokolade bevat die meeste, met die gevolg dat selfs ‘n klein bietjie ‘n probleem kan veroorsaak. Net 25 gram kan genoeg wees om ‘n hond van 20 kg te vergiftig.

“’n Klein bietjie sjokolade sal dalk net jou hond se maag omkrap, hom laat opgooi of diarree veroorsaak. Maar in groot genoeg hoeveelhede kan teobromien spierspasmas, stuipe, ‘n onreëlmatige hartklop, inwendige bloeding of ‘n hartaanval veroorsaak,” waarsku Fyvie. “As jy vermoed jou hond het ‘n groot klomp sjokolade geëet, moet jy hom onmiddellik by die veearts kry.”

Volgens Fyvie is sjokolade nie die enigste lekkerny wat skadelik vir ‘n hond se gesondheid is nie. “Lekkers kan jou hond se tande beskadig en is vetmakend. ‘n Beraamde 50% van die Suid-Afrikaanse troeteldierbevolking is tans oorgewig en hierdie vet katte en honde loop ‘n groter gevaar om diabetes, hartsiekte, artritis en kanker op te doen. Eerder as om te dink dat jy jou troeteldier ‘n guns doen deur hom op mense-happies te trakteer, kan jy inderwaarheid sy lewe verkort.”

Posted in General0 Comments

Minister Nkwinti oor grondhervorming

Minister Nkwinti het in sy begrotingspos-toespraak dit duidelik gemaak dat die regering sy benadering tot grondhervorming radikaal gaan verander. Hoewel die Minister ‘n aanduiding gegee het van regeringsdenke oor ‘n nuwe bedeling, sal onsekerhede eers uit die weg geruim kan word wanneer ‘n groenskrif oor grondgebruik eersdaags vir kommentaar beskikbaar gestel word.

‘n Strategie-dokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het die afgelope twee weke wye kommer oor die regering se verbintenis tot die Grondwet se bepalings oor eiendomsreg gegee. Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet is as ‘n opsie genoem wat die nasionalisering van grond moontlik sou maak. Minister Nkwinti het in sy toespraak van hierdie moontlikheid weggestuur maar dit steeds duidelik gemaak dat die staat wel beperkings op privaatgrondbesit oorweeg.

“Klaarblyklik bestaan die persepsie dat daar surplus landbougrond in kommersiële boere en andere se hande is wat gebruik kan word vir herverdeling en swart ekonomiese bemagtiging. Enersyds word verwys na eenhede wat groter as bestaanbare ekonomiese eenhede is óf na grond wat nie produktief vir landboudoeleindes aangewend word nie,” sê Johannes Möller, president van Agri SA.

Möller het onderneem om met die regering oor die ekonomiese omstandighede wat onderliggend is tot tendense soos dié van plaasgroottes, in gesprek te tree, in afwagting van die groenskrif wat deur die Minister in die vooruitsig gestel is.

“Tensy die beskerming- en ondersteuningsbasis van die landbou verander, is die benutting van skaalgrootte die enigste uitweg vir volhoubare mededingendheid en winsgewendheid. Verder is die sekuriteitswaarde van grond en die toegevoegde waarde wat behaal word as gevolg van investering en produktiewe aanwending, ‘n hoeksteen van ‘n markekonomie en vir sakevertroue. Agri SA plaas derhalwe ‘n premie op respek vir privaatbesit as vertrekpunt vir ekonomiese vooruitgang wat vir boere as ondernemers, werknemers en verbruikers die beste opsie bied,” aldus Möller.

Hy het Minister Nkwinti se verbintenis om pragmaties met die fundamentele verandering tot grondbesit om te gaan, verwelkom. Tog het hy kommer dat idiologies gedrewe inmenging in die grondmark maklik vertroue en investering kan knou met langtermyn negatiewe implikasies vir die landbou as voedselprodusent en werkgewer.

Posted in General0 Comments

Wildveiling te Polokwane

POLOKWANE – Vleissentraal Bosveld het as afslaers opgetree op 20 Maart by die eerste hok wildveiling wat aangebied is deur Pride of Africa wat behoort aan Ruaan Fuchs. Dit was maar die begin van die seisoen en die kalwers en lammers nog betreklik jonk en daar was ook nie ‘n groot aanbod van diere nie. Die wild wat aangebied was, was egter in ‘n baie goeie kondisie en die hoogtepunt van die veiling was Kameelperde wat verkoop was vir R19000 stuk en R7900 stuk vir Elande. Ander wild wat op die dag verkoop is se pryse was soos volg. Elf Blouwildebeeste met ‘n gemiddelde prys van R1755 en die hoogste prys R1800. Veertien Elande met ‘n gemiddelde prys van R7500 en die hoogste prys R7900. Vier Kameelperde met ‘n gemiddelde prys van R19000 wat dan ook die hoogste prys was. Nege Kudus met ‘n gemiddelde prys van R2600 wat ook hul hoogte prys was. Agt en sestig Rooibokke met ‘n gemiddelde prys van R763 en hoogste prys van R850. Veertien Rooihartebeeste met ‘n gemiddelde prys van R4350 en die hoogste prys R4400. Ses Sebras met ‘n gemiddelde prys van R4667 en die hoogste prys van R5000. Twee volstruise is ook vir R1800 elk opgeveil. Die pryse vir die manlike diere het bietjie verskil en was soos volg. Sewe Blouwildebeeste met ‘n gemiddelde prys van R2972 en die hoogste prys R3500. Negentien jong split Blouwildebeeste met ‘n gemiddelde prys van R3205 en die hoogste prys R3250. Een Gemsbok teen R5500, een Kudu teen R5250. Drie jong Njalas teen R6750 elk, nege Rooibokke teen R1245 elk en die hoogste prys R1300. Een Waterbok met ‘n prys van R8000. Die totale omset vir die dag het R504 825 beloop en die afslaer vir die dag was Willie Roux van Vleissentraal Bosveld wat in Potgietersrus geleë is.

Posted in Agriculture0 Comments

Beroep om koelkop te bly

Die Voorsitter van die Provinsiale Veiligheidskomitee TLU SA Noord,  mnr Doors le Roux het alle landbouers versoek om nie op loop te jaag met die oproep tot moord op wit mense op die Julius Malema Facebook nie.

Le Roux het gesê dat landbouers moet hulle nie deur terroriste en gesiglose bang lawaaimakers laat skrik maak nie. Daar kon tot nog toe nie vasgestel word wie die persoon is wat die boodskap geskryf het nie.  Maar dit beteken nie dat daar gemaak moet word asof daar nie swartes is wat doelbewus wit mense wil doodmaak nie. Dit beteken ook nie dat die boodskap afgemaak moet word nie. Dit beteken wel dat ‘boere’ al vir baie jare met die boodskap en dreigement saamleef – dis tog nie iets nuuts nie. Die ANC het al hoeveel keer erken dat die tipe uitlatings ‘n aanvaarde deel van die sogenaamde ‘struggle’ was (en skynbaar nogsteeds is). Dit beteken dat boere seker moet maak dat almal by veiligheidstrukture ingeskakel is en aktief daaraan deelneem.

Le Roux het dit verder duidelik gestel dat boere nie skaaplammers is wat dom en magteloos maar net voortstrompel nie, maar dat hulle roepingsbewuste mense in sterk gemeenskappe is wat skerp besluite op ‘n koelkop manier neem.

Hy het alle veiligheidskomiteeverteenwoordigers opgeroep om die radionetwerk te gebruik om alle lede van die gemeenskap in te lig en op te roep tot kalmte en waaksaamheid.

Posted in General0 Comments

HFM Atlete

HFM presteer puik by Provinsiale atletiekbyeenkoms.

Die tien atlete gaan HFM en Limpopo se naam hoog hou met hulle deelname aan die SA junior kampioenskappe wat gehou sal word te Sasolburg eerskomende naweek. Op die foto vlnr is Mnr G Booyen , Glenize v Rooyen 400m dogters o/17, Tanya Marais vir verspring, 100m en 200m dogters o/15, Jeanri v Rensburg vir hoogspring dogters o/15, Allison Fourie vir spiesgooi dogters o/15, Neil Koekemoer vir 400m hekkies en 100m, Helena Laing gewigstoot dogters o/19, Arna Liebel gewigstoot dogters o/17, Leonette v Rensburg vir driesprong dogters o/17, Leandri Botha vir hoogspring en skyfwerp dogters o/17 en Nadia Prinsloo vir 400m hekkies saam Mnr G Schoeman.

NABOOMSPRUIT – Atlete van HFM het met nie minder as 21 medaljes huis toe gekom met hulle deelname aan die onlangse Provinsiale byeenkoms wat gehou was te Naboomspruit 13 Maart.

Vir die dogters o/15 het Joeanri van Rensburg ‘n 2de plek in hoogspring gekry, Allison Fourie ‘n 2de plek in skyfwerp en ‘n 1ste plek in spiesgooi, Tanya Marais het ‘n  1ste plek vir verspring, 100m en 200m aageteken. Die seuns o/15 het Ludwig Pieterse ‘n 4de plek in gewigstoot aangeteken en Clifford van Zyl ook ‘n 4de plek in 300m hekkies.  Die dogters o/17 het Anita van Tonder ‘n 3de plek vir 100 aangeteken, Leonette van Rensburg ‘n 1ste plek in driesprong, Charné Pretorius ‘n 3de plek  vir driesprong, Leandrie Botha ‘n 2de plek vir hoogspring en ‘n 1ste plek vir skyfwerp, Nadine Prinsloo ‘n 2de plek vir 400m hekkies, Arna Liebel ‘n 1ste plek vir gewigstoot en Glenize van Rooyen ‘n 1ste plek vir 400m.

Adri du Plessis het ‘n 3de plek ontvang vir skyfwerp seuns o/17.  Helen Laing het ‘n 1ste plek vir dogters gewigstoot o/19 gewen .  Seuns o/19 het Neil Koekemoer ‘n 1ste plek vir 400m hekkies en ‘n 3de plek vir 100m los gehardloop, Reon Kemp kry 2de in 400m hekkies en ook ‘n 2de plek in 110m hekkies en Martin Meintjies behaal ‘n 3de plek in die 200m.

Altesaam 10 atlete van die groep van 17 is gekies tot die Limpopo span wat die naweek van 25, 26 en 27 Maart aan die SA Junior-Kampioenskaape in Sasolburg sal deelneem.

Posted in School News0 Comments

Be prepared for Injuries on Duty

THABAZIMBI – During the March meeting of the Thabazimbi Fire Protection Association, it was once again emphasized that the right procedures be followed in case of an injury sustained during a fire fighting operation. Similar procedures apply to all injuries on duty.

According to the Compensation for Occupational Injuries & Diseases Act of 1993 the employee is covered during a fire fighting operation if the employer is registered with the Compensation Commissioner.

The employer must cover all permanent and temporary labourers. Where casual labour is used to fight fire, an employer is also covered, says a representative from the Thabazimbi Department of Labour’s office. In the case of using labourers from the neighbouring farms, the neighbour must also be registered with the Compensation Commissioner.

When an injured labourer is brought in for medical care, an “Employer’s Report of an Accident”, a copy of the injured person’s ID and the number under which the employer is registered with the Compensation Commissioner must accompany the injured.

The claim must be registered with the Department of Labour within 7 days of the injury and must be accompanied by the physician’s first medical report. In some instances the doctor registers the claim directly with the Compensation Commissioner. In most cases, however, the employer must register the claim.

Employers and farmers are advised to have blank Accident Report Forms available at all times. In Thabazimbi they can be obtained from the local Labour Office on the corner of Eland, Steenbok and Rooibok Street (opposite KFC).

Posted in General0 Comments

Fewer and fewer doctors qualify in Limpopo

POLOKWANE – The decline of medical graduates in Limpopo is a source of grave concern, says the Democratic Alliance.

According to a statement by the DA a reply to the Democratic Alliance parliamentary question shows that the number of doctors qualifying in Limpopo (at the University of Limpopo) fell between 2004 and 2008, from 238 to 150, despite the province’s urgent need for more doctors.
According to the DA the proposed solutions that the Minister of Higher Education and Training, Dr Blade Nzimande, offered in reply were totally inadequate.

The most obvious solution is to bring in the private health sector to assist. South Africa’s private health care industry is large and vibrant and is very willing to be involved more constructively in solving the problems faced by the public health sector. However, the state-centred ideology of the ANC government, and this minister in particular, appears to automatically exclude this option.

Research shows that medical staff tend to remain and practice in the areas where they live and study.  The lack of availability of doctors is compounded by the fact that 17% of doctors leave South Africa after they have qualified.

At other universities throughout the country the number of medical graduates have not  shown such drastic changes between 2004 and 2008. At UCT, KwaZulu Natal and Stellenbosch the numbers have shown slight increases and at Witwatersrand there has been a slight decline.

Posted in General0 Comments

Pak die toffie aan

Die Voortrekkermonument Atletiekklub bied op Saterdag, 10 April 2010 ‘n nuwe wedloop op die Voortrekkermonument Erfenisterrein aan. Die wedloop staan as die Toffie bekend en strek oor 21.1 km. ‘n 10 km wedloop asook ‘n 5 km pretdraf word ook aangebied.

Die wedloop begin om 06:30 op die piekniekterrein van die VTM  en sal volgens AGN-reëls geskied. Inskrywings vind van 05:00 af op die oggend van die wedloop plaas. Die koste verbonde aan die 21,1 km is R30 en die 10 km is R25. Atlete wat nie geregistreer is nie, moet ‘n tydelike lisensie teen R20 aanskaf. Voorafinskrywings kan plaasvind by Run-Away Sports in die Glenfair sentrum, Running Inn in Brooklyn en by Varsity Sports in Hatfield. Deelnemers is welkom om aanlyn in te skryf by www.entertime.com.

Die terrein het genoegsaam veilige parkering en deelnemers word gevra om te help toesien dat dit netjies bly. Hou asseblief u leë sakkies by u tot by die volgende waterstasie.

As gevolg van beperkte padspasie sal ongelukkig geen babastootwaentjies tydens die wedloop toegelaat word nie. Troeteldiere word ook nie toegelaat nie, maar gidshonde is wel welkom.

Navrae kan gerig word aan leonbez@lantic.net of besoek www.vtmklub.co.za.

Posted in Sport0 Comments

Voorsitters

Northam Plats wen Bosveldtrofee

Die voorsitter van Union Swartklip Hengelklub, Theuns Goosen (links), oorhandig die Bosveldtrofee aan Northam Plats Hengelklub se voorsitter, Demsie du Toit.

SETARIA – Northam Plats Hengelklub het die Bosveldtrofee vir die derde agtereenvolgende jaar gewen toe Union Swartklip en Amandelbult die loef afgesteek is by die Olifantsnekdam naby Rustenburg die naweek van 13 en 14 Maart.

Twaalf hengelaars het in elke span deelgeneem. Die span wat die meeste punte ingesamel het, is as die wenspan aangewys. Vir elke vis gevang, is 5 punte, en elke kilogram gevang, 10 punte, toegeken.

Die kompetisie het gepaard gegaan met die Northam Hengelklub se maandelikse kompetisie.

Ten spyte van ‘n hewige storm wat Saterdagaand gewoed het, en groot skade aan kamptoerusting veroorsaak het, is daar mooi visse gevang. Die altesaam 46 hengelaars wat aan die kompetisie deelgeneem het,  het ‘n totaal van 82 vis, met ‘n totale gewig van 77.30kg, gevang.

Die wenners vir die Northam Plats maandkompetisie is bepaal deur die swaarste sak wat gehengel is.

In die Senior Mans Afdeling was die wenners Theunis Botha (eerste), Gerald Burger (tweede) en Tokkie Burger (derde). Die Dames Afdeling is gewen deur Judith Pretorius met Martie Murray en Marietta Botha in die tweede en derde plekke onderskeidelik.

In die Juniors Afdeling was Jaco Geldenhuys eerste, Nico Geldenhuys tweede en daar was geen derde plek. Buffel Olivier het die Penkoppe Afdeling gewen en Mickayla Tellues was tweede.

Posted in Sport0 Comments

Thaba Spar Football League 2009/10 logstandings

THABAZIMBI – The logstandings on 25 March for the 13 football teams are as follows:

Shoprite – 26 points, TBZ Municipality – 26 points, Marakele – 25 points, Pick n Pay – 21 points, Kumba Resources – 18 points, Working On Fire – 17 points, Roads And Transport – 14 points, Spar – 11 points, Bearings International – 9 points, Transnet – 7 points, Wes Enterprises – 7 points, SAPS – 2 points and Health – 1 points.

Last week’s results:

Health vs Working on fire (0-1), Pick n Pay vs Spar (3-2), Marakele vs Wes Enterprises (1-0) and TBZ Municipality vs Bearings International (2-2).

The first round fixtures are as follows:

30 March 2010 at Thaba Park: Health vs Kumba at 18:00, Working of fire vs Bearings International at 19:20.

8 April 2010 at Thaba Park: Health vs TBZ Municipality at 18:00 and Transnet vs Bearings International at 19:20.

10 April 2010 at Regorogile: Health vs Spar at 15:00 and Shoprite vs SAPS at 16:20.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 22.gif SDC12119 Thabazimbi Vloed 26.gif Dewside beer Elandskuil Krokodil Thabazimbi Vloed 46.gif Marakele Thabazimbi Boogklub

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:56 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

March 2010
M T W T F S S
« Feb   Apr »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools