Categorized | General

Stylvolle aftree oord vir Thaba

THABAZIMBI – ‘n Nuwe ontwikkeling genaamd die Everglades aftree-oord, sal in die volgende paar maande sy verskyning in Thabazimbi maak nadat die Carenet-groep die bosveld vir hierdie besonderse aftree-oord gekies het.

Ter viering van hierdie groot eer wat Thaba te beurt geval het, het ERA en Montane Eiendomme, wat hierdie ontwikkeling in samewerking met die Carenet groep gaan bemark, ‘n bekendstellingsaand op Donderdag 18 Februarie by die ERA perseel gehou. Die gaste, vanuit verskeie oorde in Thabazimbi en omgewing, het die werking, uniekheid en bykomende inligting van hierdie ontwikkeling eerstehands by die betrokke kenners ontvang.

Carenet verteenwoordig ‘n innoverende model wat lewenslange versorging van ouer persone voorsien wat in die Carenet aftree-oord woon. Die Carenet model is spesifiek ontwerp vir die volle spektrum van behoeftes vir ouer persone wat graag nog ‘n onafhanklike lewensstyl wil handhaaf met kwaliteit versorgingsdienste. Die versorgingsmodel maak voorsiening vir al die vlakke van versorging, ondersteunende lewenswyse, tuiste gebaseerde versorging sowel as terminale verswakte versorging. Inwoners in Carenet geaffilieerde oorde sal die unieke voordele om in hul eie tuistes te woon geniet vir so lank moontlik, terselfdertyd sal hul met ‘n geruste gemoed weet dat die beskikbaarheid van die terminale verswakte versorging daar is wanneer dit dalk eendag nodig word.

Met toenemende druk en onsekerheid in verband met versorgingsdienste vir ouer persone in Suid-Afrika, bied Carenet ‘n volhoubare lewenslange versorgingsplan aan. Carenet is gekoppel aan al die sleutel aandeelhouers wat veroudering aanbetref en word herken in SA as die versorgingsmodel van die toekoms.

Vir meer besonderhede skakel ERA Eiendomme by 014 772 2628 of Liezie by Montane Eiendomme by 082 893 4208.

2 Responses to “Stylvolle aftree oord vir Thaba”

  1. marlene van biljon says:

    Wees asb so gaaf en pos vir ons ‘n volledige brosjure met pryse na:

    Mev M van Biljon
    Posbus 102871
    Richardsbaai
    3901

    Duisend dankies waardeer julle moeite!

  2. marlene van biljon says:

    WEES ASB SO GAAF EN POS VIR MY ‘N VOLLEDIGE BROSJURE MET PRYSE NA:

    MEV M VAN BILJON
    POSBUS 102871
    RICHARDSBAAI
    3901

    U MOEITE WORD OPREG WAARDEER!

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Paragliding Kumba Nationals Kransberg water poel 4x4 Thabazimbi Expo 2.JPG SDC12115 Paragliding Kumba Nationals Lugvertonings Olifant 4x4 by Thabazimbi Expo Thabazimbi skole

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:55 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2010
M T W T F S S
« Jan   Mar »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools