Archive | February 5th, 2010

SAPS News – SMS Scam

There is a new problem with a syndicate stealing innocent people’s money. According to information this syndicate contacts you via SMS informing you that you are the lucky winner of the American Lottery. They then request you to pay a certain amount into their bank account for administration fees, because your money has to be transferred to their branch in Cape Town. After depositing the money, you receive another SMS informing you that your money is available at their Cape Town offices, but more money is needed to pay the lawyer handling the financial aspect of the transactions. After paying the last amount, there is no sign of the money you supposedly won or any of the people involved. Up to now, the following numbers were obtained to be used in this scam, they are 0067 003 02193 (International), 078 749 8338 en 071 732 9879. The SAPS urges the public to be weary of whom they make deposits to. If you are or were a target of this scam, please come forward. There are cases being investigated where people where victims of this scam.

Posted in General0 Comments

ENB: Eiendomsvraag verbeter

Johannesburg. – Eerste Nasionale Bank (ENB) se eiendomsbarometer, wat Donderdag 28 Januarie 2010 bekend gemaak is, het bevind dat die vraag na residensiële eiendom ietwat verbeter het.

“Vraag het verder gestyg, hoewel dit slegs marginaal was op ’n kwartaalgrondslag, maar op ’n jaargrondslag het dit steeds drasties gegroei, en die gemiddelde tydperk in die mark het drasties verlaag,” het mnr. John Loos, eiendomsontleder by ENB, gesê.

“Finansiële stres-verwante verkope het ook afgeneem, hoewel dit nog veilig is om te sê dat dit steeds ongelooflik hoog is.”

Ongeag die volgehoue groei, het die jaar-tot-jaar groeikoers in die vraag gedaal teenoor die vorige kwartaal se groei, “wat ’n vroeë teken kan wees dat die groeikoers van vraag later in 2010 sal afplat soos wat die rentekoersverlagingstimulus verminder”.

Loos het gesê die opname het aangedui dat baie minder eiendomsagente glo dat inkomstevlakke vêr agter huisprysvlakke was soos wat die geval in die verlede was.

“Hulle glo dat die tradisionele bekostigbaarheidsbepaling verbeter het. Ons glo nie dat die bekostigbaarheidskwessie se belangrikheid verminder het nie, net dat dit in aard verander het.” – Sapa

Posted in Business0 Comments

KunsteGrot-dagboek vir 2010 al amper vol

THABAZIMBI – Die KunsteGrot bied vanjaar weer met trots ‘n wye verskeidenheid kunstenaars aan en  daar behoort iets vir elke smaak te wees.  Maak seker dat die vlg datums goed gemerk word en bespreek betyds om teleurstelling te voorkom.

10 Febr – Bobby van Jaarsveld en Orkes – reeds uitverkoop.

5 Maart – Doppers en Filistyne met die veteraan akteur, Eric Nobbs. Dis ‘n ‘moet-sien’ produksie.

19 Maart – Jak de Priester.  Nou sing hy Groen Mamba met eerstehandse ervaring!  Jak is al deel van die KunsteGrot – kom kuier saam!

29 Mei – Die Grafsteensangers met ‘n splinternuwe produksie – moenie dit mis nie!

Junie – Groot verrassing, is besig om te onderhandel met ‘n baie geliefde sangeres.

21 Augustus – NaviRedd kom weer!

22 September – Blackie Swart. Kom geniet ‘n aand met ‘n verskeidenheid musiek soos net Blackie dit kan aanbied.

22/23 Oktober – nog besig om te reël

19 November – Manuel Escorcio kom om die jaar met ‘n skitterende Kerskonsert af tesluit.

Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559.

Die KunsteGrot bestuur sê ook dankie vir die getroue ondersteuners en versoek die dorp en gemeenskap om u eie teater-innie-bosveld te ondersteun!

Posted in Entertainment0 Comments

Ons lesers skryf – Preserved to serve?

I am writing this letter to voice my grievance against Thabazimbi Police. On 28 January 2010 at around 17:30 at the corner of 13th Avenue and Frikkie Meyer Street, I witnessed six police officers beating the daylights out of a young man who had innocently come to inquire from them why they were giving his father a ticket.

As a concerned citizen, I took pictures of them with my cell phone to present it to the Station Commander for investigation of police brutality to the community. Having taken the pictures I drove home whereupon the six police officers followed me. On arriving at home the six police officers approached me and started harassing me and pushing me around. I was handcuffed and thrown into the Toyota Condor they were driving. My mother pleaded with them to treat me like a human being and gave me a change to lock my bakkie upon which a lady constable (name known to Die Kwêvoël) told my mother to mind her own business and that I was full of shit and wanted to teach me a lesson, she even went further as to say it was the ANC which was responsible for us rubbishing the police. They drove around town with me during which time I was subject to verbal abuse. The very same lady constable swore at me twice calling me private parts, twice to be exact.

Eventually, after what felt like an eternity, I was locked in a cell overnight and charged with interfering with police duties. What interference? The following day I was fined R300 to secure my release. After paying the fine I approached the station commander for clarity and he promised he would call the police constable and try to resolve the matter. On Monday 1 February 2010 I went to the police station for a follow-up with the station commander. I was told the police constable in question was not available.

On Tuesday 2 February 2010, I went to the police station to open a case against the police constable in question and I was sent from pillar to pest, when eventually I was referred to a young white lady constable who took the details. I doubt whether this case will proceed any further as I was not given a case number or date of court appearance. Just when we thought the police bully boys had disappeared with “apartheid”, now this. My only sin was to expose the atrocities perpetrated by police against the community they are preserved to serve. These brutal actions by the police against innocent community members must be condemned with contempt they deserve.

Abednego Moselane – Thabazimbi

Posted in Letters0 Comments

Kinders nou teiken by winkelsentrums

RUSTENBURG – Vir die plaaslike gemeenskap van Thabazimbi en omgewing is die ideale naweek ontvlugting soms die dolle gange van die bekende Rustenburg Waterfall Winkelsentrum.

Op Vrydag 29 Januarie 2010 het die ondenklike amper gebeur toe ‘n Rustenburgse leraar se Gr 8 dogter amper ontvoer is.

Sy het saam met haar kerk se jeuggroep na die Waterfall Mall in Rustenburg gegaan om uitreikingswerk te doen. Sy het saam met haar groepie van drie geloop en was op ‘n stadium ‘n paar tree agter haar maats toe ‘n Zimbabwiese man haar aan die arm gegryp het. Hy het hom voorgestel as “Ben van Zimbabwe” en haar eenkant toe probeer trek. Sy het gevries en besef dat hierdie man iets met haar probeer doen. Sy het ook ‘n tweede een gesien wat ‘n entjie verder staan en vir hulle gekyk het. Sy het toe ook die Jeug-predikant sien aankom en sy aandag getrek. Toe hy nader kom het die Zimbabwiese man weggeloop waarna sy die Jeug-predikant ingelig het oor die voorval. Hy het die man agterna gesit en wou weet wat hy wil hê. Die man was arrogant genoeg om te sê: “I like that girl, I want that girl”. Toe die Jeug-predikant vra wie hy is het hy ook gesê: “I am a crook and dealer”.

Die realiteit is dat hierdie mense jong meisies teiken, gryp, inspuit en hulle dan wegvat. Hulle word op dwelms gesit, verkrag en as sekswerkers verkoop. Hierdie gerugte is bevestig en moet nie net ligtelik opgeneem word nie. In Rustenburg is dwelmhandel ‘n probleem.

Daar word ‘n beroep gedoen op elke ouer om hul kinders in te lig oor hierdie aaklige realiteit. Moenie dat kinders sonder toesig alleen winkelsentrums toe gaan nie.

Dit gebeur ook wanneer hulle in groepe is, leer hulle dus om oplettend te wees en alarm te maak.

Posted in General0 Comments

Atletiek in Thaba

Elana Greyling
 
THABAZIMBI – Laerskole Ellisras, Bosveld en Thabazimbi se atlete het Vrydag in ‘n vriendskaplike byeenkoms met mekaar kragte gemeet.

Die dreigende onweer het glad nie die entoesiasme gedemp nie en die gees het hooggeloop op die stampvol pawiljoene.

Die room van die drie skole se atlete het die kans waargeneem om hul vermoëns te meet in hierdie vriendskaplike byeenkoms, voordat die mededinging op kringvlak in alle erns begin.

Rekordhouers in eie reg, soos Marizel Pretorius van Laerskool Ellisras en Michelle van der Sandt van Laerskool Thabazimbi het die skare vermaak met hul talente. Michelle het tydens die Thabazimbi huissport ‘n reuse rekord opgestel in gewigstoot vir dogters o/12 deur die ou rekord te verbeter tot 9.85m. Sy het derde gekom tydens die byeenkoms. Die atlete wat onderskeidelik eerste en tweede gekom het, was saam met haar op provinsiale vlak verlede jaar, naamlik Juane Pistorius en Sunelle Maritz.

Thabazimbi neem hierdie week weer op vriendskaplike vlak deel teen laerskole van Koedoeskop, Platina, Van Wykskraal en Dwaalboom. Die kring-byeenkomste begin oor die naweek in alle erns.

Posted in School News0 Comments

Plaaslike talent deur na Supersterre Top 150

JOHANNESBURG – Die derde reeks van die gewilde Supersterre sang-kompetisieprogram op SABC 2 sal vanaf 19 Maart 2010 op Vrydagaande om 19:30 uitgesaai word.

Oudisies vir die reeks het reeds vroeg vanjaar by Carnival City afgeskop met talle hoopvolles wat liedjies vanaf die Supersterre CD 1 en 2 moes voorberei en voor ‘n paneel beoordelaars optree.

‘n Besonderse talentvolle sanger van Thabazimbi, Danie Prinsloo (24jr), het op 30 Januarie tydens die oudisie by die Big Top Arena by Carnival City deurgedring tot die Top 150 semi-finaliste. Danie is ‘n bekende gesig in Thabazimbi en sy sangtalent het hom in 2007 die Idols titel van die plaaslike Landbouskou laat verower.

Danie, ‘n inwoner van Thabazimbi vanaf 2004 studeer tans argitektuur en ingenieurswese, maar beskou sy sang as ‘n passie en sien uit na die uitdunne op 12 Februarie wanneer die Top 10 tydens die finale oudisies gekies sal word.

Posted in Entertainment6 Comments

Wenner-sjef nou by Kumnandi

THABAZIMBI – Kumnandi Lapha Gastehuis net buite Thabazimbi het nou besluit om die groot stap te neem en hulle restaurant- en kroegfasiliteite ook aan die algemene publiek oop te stel.

Sedert verlede week kon inwoners van die gastehuis reeds vanaf ‘n A la Carté spyskaart bestel. Om hiervoor en die res van die uitgebreide aantal geregte voorsiening te maak het hulle die diens van ‘n jong gekwalifiseerde sjef, Jaco Dreyer bekom. Die plan is om binnekort, sodra alles in plek is, die fasiliteite vir nie-inwonende gaste oop te stel. Voorsiening word reeds gemaak om ‘n verskeidenheid van funksies ook daar aan te bied.

Jaco en sy mede studente-sjef, Evgeni Omeltchenko, beide toe as leerling-sjefs verbonde aan ‘n vooraanstaande Sjefskool in Johannesburg, het as span verlede jaar aan die “Life Tastes Good Championship”, wat in Bangkok Thailand gehou is, deelgeneem. Hulle het dan ook as algehele wenners uit hierdie kompetisie, waaraan 27 aspirant sjefs uit 16 lande deelgeneem het, gestap.

Jaco het sommer uit die staanspoor beïndruk met sy geurige voorgeregte en hoofdisse wat op uiters keurige wyse voorgesit word. Terwyl die finale werk aan die nuwe spyskaart gedoen word, kry die res van die kombuispersoneel ook geleentheid om van die fynere kunsies van kosvoorbereiding by Jaco af te loer.

‘n Heerlike stuk kruisskyf op Jaco se spesiale sampioenbasis met rys en groenboontjies asook ‘n ligte slaai was net die ding om die smaakkliere heerlik te prikkel. Net so was die massiewe T-been met skyfies die regte medisyne vir ‘n honger maag. Beide snitte tot perfeksie gebraai.

Jaco het reeds op skool besluit om hom as sjef te kwalifiseer. Nieteenstaande byname soos Poedingmechanic het dit nie sy entoesiasme gedemp nie en het hy met huishoudkunde as vak voortgegaan en daarna by die kookskool as student ingeskryf.

Verder sluit sy stokperdjies ook nog rotsklim en hengel in en raak hy gaande oor motorfietse. Die Honda CBR600RR Fireblade is beslis ook nog stewig op sy wenslysie van motorfietse om te besit.

Posted in Entertainment0 Comments

Jan Fourie verlede naweek oorlede

THABAZIMBI – Oom Jan Fourie (69jr) is op Saterdagmiddag 30 Januarie 2010 oorlede.

Oom Jan was werksaam by TPA Paaie Thabazimbi en was vir drie dekades ‘n inwoner van Thabazimbi. Sy heengaan word diep betreur deur sy eggenote Annetjie en kinders Elsie, Eddie en Annelise, sy vriende en ook familie.

Die familie bedank graag almal se gebede en bystand en ‘n besonderse dank aan drs Pieter en Anel de Kock en dr Bester asook Curamed Personeel se bystand en flinke diens.

Die gemeenskap neem finaal van oom Jan afskeid op Vrydag 5 Februarie wanneer hy om 11:00 vanuit die AP Kerk Thabazimbi begrawe word.

Posted in General0 Comments

Tannie Flippie oorlede dag na terugkoms

THABAZIMBI – Tannie Flippie le Roux, bekend as die tannie wat destyds die room aan Thabazimbi voorsien het, is op 9 Januarie 2010 op die rype ouderdom van 85 jaar oorlede.

Afkomstig van Johannesburg, het sy haar na haar troue met Peet le Roux in 1944 in die bosveld kom vestig. Uit die huwelik is ses kinders gebore. Na haar eggenoot se afsterwe in 2000 het sy vier jaar by haar seun, Ampie le Roux, op Vlakplaas gewoon, ‘n verdere drie jaar tussen haar kinders gekuier en is laaste drie jaar deur haar dogter, Sannie op Naboomspruit versorg voordat sy op 8 Januarie vanjaar teruggekeer het na Thabazimbi om in die Tambotie Versorgingseenheid te woon.

Tannie Flippie se begrafnisdiens is op 15 Januarie 2010 deur ds Kalfie Loots vanuit die Hervormde Kerk waargeneem waarna sy op Vlakplaas begrafplaas langs haar eggenoot ter ruste gelê is.

Sy laat haar ses kinders, 15 kleinkinders en 11 agterkleinkinders na.

Die familie bedank graag ds Kalfie Loots wat sy afspraak met tannie Flippie nagekom het asook Sannie en Willie wie die afgelope drie jaar na haar omgesien het.

Posted in General0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Olifant Elandskuil Krokodil Visvang Miswolke oor Thabazimbi Thabazimbi Vloed 26.gif Kransberge Thabazimbi Vloed 15.gif Paragliding Thabazimbi Vloed 5.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:51 am
Clear
Clear
5°C
real feel: 8°C
humidity: 71%
wind speed: 0 m/s N
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

February 2010
M T W T F S S
« Jan   Mar »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools