Archive | December 18th, 2009

Marakele Equipment and Accessories Guideline

Camping Equipment

• Tent, tent pegs and hammer / or rooftop tent
• Feather duster can also be handy to dust the rear of your vehicle
• Portable shower
• Ground sheet, spade and broom
• Sleeping bag, towels and pillow
• Inflatable mattress and pump
• Gas lamp
• 2 torches (extra batteries)
• Folding table and chairs
• Gas stove/cooker, handy braai and gas bottle (2)
• Braai Grid and stand
• Wood (please supply own)
• 2 x 25-litre water containers
• Refrigerator or cool box (for ice and meat)
• Cooking pot and kettle
• Medium-sized plastic bowl for washing dishes
• Fire extinguisher
• Insect repellent
• Table cloth
• Washing and drying cloth
• Pot scourer and dishwashing liquid
• Refuse bags
• Toilet paper
• Cutlery and crockery
• Mugs and glasses
• Wooden spoon, can opener, egg lifter and cutting knife
• Paper towels
• Wooden carving board
• Hot water flask

Tools

• Toolbox should have the necessary spanners, sockets etc.
• Gas utility spares and mantles
• Nuts and bolts
• Puncture repair kit
• Spare globes
• Electrical terminals
• Tie-down straps
• Fuses
• Epoxy glue
• Prestik

Other

• Personal toiletries(remember biodegradable soap for showering outdoors)
• Road maps
• Camera and film
• Binoculars
• Appropriate clothing
• Hat/cap
• Raincoat
• Reference books (mammals/trees/birds)
• Small plastic bowl for washing
• Sufficient food and beverages

First Aid

• Own personal medication
• Antihistamine, ointment and tabs
• Eye drops
• Paracetamol
• Stingose
• Cotton wool / gauze
• Plaster
• Scissors and tweezers

Posted in General0 Comments

Kransberg Water – die heuning uit die fonteine

Suiwer drinkwater het die afgelope paar jaar ‘n baie skaars komoditeit geword. As jy nog nie op jou knieë gegaan het en die suiwer water van die Kransbergfonteine met jou hande opgeskep en gedrink het nie, het jy nog nie vars drinkwater geproe nie.

Die Kransberg by Thabazimbi maak deel uit van die Waterberg Biosfeer en natuurlike fonteinwater is die grootste bron van water in die Kransberg. Ook geen wonder dat Jan en Christi Swart besluit het om hierdie bron van natuurlike vars water as Kransberg Water te bemark en met die inwoners te deel nie.

Die fonteinwater word met ‘n pyp na die pakhuis gekanaliseer waar dit deur ‘n filterproses gaan om alle onsuiwer deeltjies te verwyder. Vyf filterprosesse word ingespan om skoon en kiemvrye water te waarborg. Die eerste filter vang al die plantmateriaal op. Die volgende twee filterprosesse verseker dat die smaak en die helder kleur nie verlore gaan nie. Hierna word yster, wat in die water mag voorkom, verwyder en word dit aan ‘n infrarooi lig blootgestel om alle bakterieë dood te maak. ‘n Osoonfilter steriliseer dit uiteindelik in die opgaartenk vanwaar hierdie heerlike kiemvrye en gesteriliseerde produk versprei word. Die proses wat hier vooraf beskryf is, word benodig om aan die streng bepalings wat deur die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheids Navorsingsraad) daargestel is, te voldoen. Kransberg Water voldoen aan al hierdie spesifikasies met die een groot voordeel, naamlik dit bevat geen chloor nie. Chloor word by munisipale water gevoeg om bakterieë wat algemeen in opgaardamme voorkom, te vernietig en kan nie maklik weer verwyder word nie.

Vir drinkwater kan Kransberg Water hoog aanbeveel word. Die water is beskikbaar in 350ml, eenliter en vyfliter verpakkings. Indien u verkies kan u u eie houer saamneem en nog so ‘n bietjie meer afslag op die aankoopprys kry. Om dit vir kliënte makliker te maak, het Kransberg Water ‘n Tapwinkel in Thabazimbi op die hoek van 13de Laan en Judithstraat.

Dit is juis oor hierdie kwaliteite dat Dewside Brouery, wat eersdaags in Thabazimbi open, besluit het om alleenlik Kransberg Water te gebruik in die brouproses. Dewside is die eerste kommersiële brouery om bier in Thabazimbi te brou. Die brouery sal hopenlik vroeg volgende jaar in bedryf wees en u kan verseker wees van ‘n heerlike, verfrissende Ale wat selfs in die smaak van die nie-bierdrinker sal val.

As gevolg van die natuurlike proses wat gevolg word in die brou van hierdie bier, word geen chemikalië bygevoeg om die proses te verhaas nie. Wat u kry is mout, hops, ‘n bietjie suurdeeg om die brouproses aan die gang te kry en natuurlik, belangrikste van alles, egte suiwer Kransberg Water. Die eindproduk: Dewside Ale.

Geduld is die ander komponent, want mens moet maar wag vir die natuurlike proses om sy gang te gaan vir die heerlike volronde smaak.

Posted in General0 Comments

Ben Alberts Lodge ideaal vir jaareindfunksies

THABAZIMBI – Die bekende Ben Alberts Lodge, slegs 6km suid van Thabazimbi, huisves konferensiefasiliteite vir 40 persone en akkommodasie vir 32 persone.

Die lodge is teenaan die 2500HA ou Ben Alberts Reservaat geleë, naby die Krokodilrivier, waar die volop voëllewe en verskeie wildspesies ‘n kalmerende atmosfeer skep vir ‘n heerlike ontspanningsnaweek.

Die lodge word besit en beheer deur Sishen Iron Ore myn en streef om ‘n waardevolle bydrae tot toerisme industrie in Limpopo Provinsie te lewer.

Ben Alberts lodge bied vier lodges om van te kies. Vir die groter groep familiebyeenkomste slaap die gewilde Koedoe Lodge ‘n maksimum van 10 persone. Dié lodge het vier chalets elk met sy eie badkamer. Die sentrale sit-, eetkamer, kroeg area en ten volle toegeruste kombuis het ‘n onderdak lapa en bouma braai area.

Njala en Gemsbok lodges is geskik vir gesinne en huisves elk 8 persone. Albei lodges bestaan uit 3 slaapkamers, kombuis, sitkamer, badkamer en braai area.

Vir diegene wat bietjie privaatheid verkies, is Klipspringer die perfekte opsie. Dit bestaan uit 2 eenhede met eie badkamer, kombuis, sitkamer en slaap 6 persone. Die lodges word bespreek as selfsorg of op bed en ontbyt-basis. Elkeen is ten volle toegerus met breekgoed, beddegoed, DSTV en lugversorgers. Tariewe wissel van R475 – R575 per nag vir 2 persone wat deel. Vir groepe wat die hele lodge bespreek word 10% afslag toegestaan. Vir die meer aktiewe gaste is daar ‘n gemerkte bergfietsroete wat jaarliks deur die deelnemers van die gewilde Hardekoolbergfietswedren gebruik word.

Bring jou geliefde op ‘n voorafbespreekte sundowner en geniet ‘n glasie vonkelwyn vanuit ‘n hoë uitkykpunt, terwyl die bosveld met magiese sonsondergangkleure toegevou word of bespreek ‘n wildsrit vir die hele familie wat ongeveer twee ure duur.

Ander fasiliteite sluit in ‘n Aasvoël Restaurant waar aasvoëls ter aanskoue van besoekers gevoer word, Thabazimbi Gholfbaan vir gholfgeesdriftigers is loopafstand van die lodge asook ‘n ontspanningsarea aangrensend aan die konferensiefasiliteit.

Vir besprekings kontak Bontle  014 777 1670 of 083 304 7239.

Posted in General0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

                               Thabazimbi Vloed 10.gif Marakele National Park Thabazimbi Vloed 47.gif Jabulani - Piekniek hou Angasii uitkyktoring Kransberge Harleys Jaggeweerskiet Thabazimbi Expo.jpg

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:39 am
Clear
Clear
9°C
real feel: 7°C
humidity: 39%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

December 2009
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools