Archive | December 11th, 2009

5 Cases of theft in 2 days

THABAZIMBI – A game lodge at Spitskop was broken into on Sunday 6 December 2009. Curtains, a laptop, camera, female clothes, etcetera were stolen. Two foreign nationals were arrested by the complainant and later managed to escape. The one suspect’s passport was left behind in the bakkie of the complainant and could be identified as Alexandra Fransisco Mondlane. A case of housebreaking and theft was opened for investigation.

Another housebreaking took place on Monday 7 December 2009 at Donkerhoek. Two foreign nationals entered the house with a firearm and demanded money and firearms. They held the occupants of the house at gun point and took an undisclosed amount of money, a flat screen computer monitor, Panasonic digital camera, Samsung cellphone, Nokia cellphone, Nokia 7 series cellphone, Tempo DVD player and a Tempo.

Three vehicles were broken into on the same day. A car radio, CD’s, 3 wrist watches, carry bags and clothes were stolen. Three cases of theft out of motor vehicles were opened.

An arrest was made on Tuesday 8 December 2009 of a Mozambican national, Isaac Sihlangu who had some of the stolen items and undisclosed amount of money in his possession at the time of the arrest. Forensics could establish that tracks made by the culprits at all three incidents were the same.

Posted in General0 Comments

Kersboodskap

Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het in sy Kersboodskap aan georganiseerde landbou in Limpopo, gesê dat die afgelope jaar, soos elke jaar vantevore, hoogte en laagte punte opgelewer het. Die leuse “Ons is hier om te boer” het nie verander nie en word met toenemende beslistheid uitgeleef en beskerm.

Voedselsekuriteit is vir hom ‘n belangrike kwessie. “Ons snel na die einde van 2009. Die afgelope jaar het sy hoogte- en laagtepunte gehad vir ons as landbouers. Aan die positiewe kant het die regering uiteindelik besef die voorspoed van Suid-Afrika is in die hande van die kommersiële boere. As kommersiële boere se vermoë om voedselsekuriteit te waarborg, nie opgepas word nie, is die land tot hongersnood gedoem en die plattelandse ekonomie en kultuur sal in duie stort. Vir die eerste keer in `n lang tyd word die landbouer nie as `n tweede klas burger van Suid-Afrika beskou nie.”

Aan die negatiewe kant, word die volhoubaarheid van landbou bedreig deur stygende insetkoste en dalende markpryse, wat winsgewendheid en boere se voortbestaan bedreig. Die inherente krag van die Suid-Afrikaanse landbouer, het homself bewys oor jare met dieselfde uitdagings as vandag. Hierdie uitdagings het hom ontwikkel tot `n formidabele persoon wat in Afrika kan oorleef. Viljoen sê: “Met ons oë op ons Skepper en die hand aan die ploeg, sal hierdie struikelblokke ook nog `n uitdaging wees wat oorkom moet word.”

Hy waarsku dat in 2010 landbouers en georganiseerde landbou sal moet onthou, veiligheid kan nie gedelegeer word nie. Daar moet voorkomend opgetree word aangesien kriminele nie wetsgehoorsame, hardwerkende burgers ‘n rustyd gun nie. Kerstyd is ‘n tyd van rus en vrede, maar net solank georganiseerde landbou dit afdwing. Kriminele sien Kerstyd as ‘n tyd om te roof en te moor en te steel. “Laat ons so optree dat hulle misluk in hulle duiwelswerk,” sê hy.
Sy kerswens is: “Ons nader weereens die vakansie en Kerstyd, `n belangrike fase in ons lewens elke jaar. Dit gee ons ook die geleentheid om terug te kyk en te besin of ons die opdrag  soos in die Woord in Genesis aan ons opgedra is, en of ons dit nagekom het as landbouers. Het ons Sy skepping met die nodige sorg bewerk en benut, en dit wat ons nalaat, in `n beter toestand agter gelaat het as wat ons ontvang het?  Ek vertrou en dank die Skepper vir dit wat Hy aan ons toevertrou het, en vra dan ook vir die nodige wysheid dat ons positief op hierdie opdrag kan antwoord  die komende jaar, sonder voorbehoud. My gebed is dat elke landbouer en sy/haar gesin, Kerstyd `n werklike Christusfees sal wees en 2010 `n positiewe ervaring vir elkeen sal wees.”

Jan Viljoen, Voorsitter TLU SA Noord.

Posted in General0 Comments

Kweekhuis-gasse toename moet afneem

Berigte vanuit Kopenhagen in Denemarke lui dat Suid-Afrika sy
kweekhuis-gasse toename met 34% sal verminder teen 2020.

Nog berigte in die pers meen dat die afname slegs van toepassing is op die
groei, dus sal ons ons beplande groei met 34% verminder. Daar is ook
berigte wat meen, hierdie uitlatings kelder verseker die beplande
uitbreidings in die Steenbokpan-omgewing, spesifiek die bou van nog twee
steenkool-aangedrewe kragstasies.

Mnr Dave Lucas, omgewingspesialis van Eskom se afdeling vir volhoubaarheid
en innovasie, meen daar is te veel faktore wat ‘n invloed het op die
beplanning van die genoemde kragstasies. Behalwe vir omgewingsbelange wat
die moontlikheid van kernkragstasies insluit, speel die stand van die
wereld ekonomie, goedkeuring van verhoogde Eskom tariewe en die rol van
onafhanklike elektrisiteitsverskaffers ook ‘n rol. Hy meen dat die
uitsprake beslis nie beteken dat die beplande kragstasies nie gebou gaan
word nie. Daar is egter ook geen versekering dat hulle wel gebou sal word
nie.

Intussen word daar voortgegaan met die Omgewingsimpakstudie oor die twee
kragstasies, sowel as met studies rakende moontlik kernkragstasies in die
Wes Kaap.

Kommentaar op die konsultante se bestekopname-verslag is ontvang van die
Departement van Omgewingsake (DvO). Die verslag is deur die DvO goedgekeur met
sekere voorbehoude. Daar is ‘n versoek dat alle impakte, soos die
steenkoolbron, vervoermetodes na die beoogde kragstasies, plasing van
woongebied, transmissielyne, ens. Wat vir rolspelers ontstel is die feit
dat DvO meld dat hulle geen rekords het van omgewingsimpakstudies rakende
die transmissielyne het nie. Mev Annelle Lotter van die konsultante,
Zitholele Consulting, stel almal egter gerus. Die transmissielyne waarna
hier verwys word, is die tussen die beplande kragstasies en die
Delta-substasie. Die plasing hiervan op ‘n kaart is egter nog
problematies, omdat die apél teen die plasing van Delta nog nie
afgehandel is deur DvO nie.

Volgens die verslag moet ‘n verslag van die Dept. van Waterwese (DvW) ook
aangeheg word aan die omgewingsimpakstudie. Hierdie verslag moet ook die
impak van die beplande woongebied, asook beskikbaarheid van infrastruktuur
navors.

Die DvO beveel ook aan dat die steenkoolvervoerband na die beplande
kragstasies vanaf die beplande myn nie langer as 30km kan wees nie,
aangesien daar onaanvaarbare impak op wildsplase sal wees. Hulle beveel
aan dat ‘n alternatiewe vervoermiddel gevind moet word.

Vrystelling van kwiksilwer deur die proses van kragopwekking moet volgens
die DvO verder ondersoek word gedurende die omgewingsimpakstudie. Die
invloed hiervan op lug, grond en plante moet aangespreek word. Dit kan
opbou in grond en waterbronne en negatiewe impak hê op die voedselketting.
Die invloed van stof en as uit die koorstene en asstortingsterrein moet
verder ondersoek word. Tans word net die verlies van grond en water.

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

Bekende gesin in nag oorrompel en beroof

THABAZIMBI: “Keep quiet, we don’t want to harm you!” Met die woorde in sy ore het die jonge vader van twee klein kindertjies Maandagoggend omstreeks 4.30vm wakker geword toe ‘n gewapende rower bo-op hom gaan sit het. Die twee-en-dertigjarige Bakkies Eyres het in ‘n 9mm pistool se loop vasgekyk.

Bakkies se vroutjie, Elna (32), het wakker geskrik van ‘n verdagte lawaai by hulle huis se agterdeur. Hy het opgestaan in die sitkamer waar hy met die 2-jarige Lanatha geslaap het want die kind was knieserig. Hy het die buite ligte aangeskakel maar niks verdag opgemerk nie. Mnr. Eyres is terug bed toe en het weer aan die slaap geraak. Die volgende oomblik is ‘n pistoolloop in sy gesig gedruk.

Die rowers het die veiligheidshek by die agterdeur oopgebreek en die deur oopforseer. Kleine Wesley, die egpaar se driejarige seuntjie het rustig in sy kamer gelê en slaap. Terwyl die een boef Bakkies vasgepen het, het sy makker die huis deursoek. Selfone, waatlemoen verkope geld, ‘n dvd speler en die gesin se rekenaarskerm is gesteel.

Die hele duurte van die rooftog het die rowers Bakkies gemaan om stil te bly want hulle wou hulle nie seermaak nie. Elna Eyres het gemaak of sy slaap en sy is nie gesteur nie. Nadat die rowers die huis gestroop het is hulle vort. Bakkies het na ‘n familielid gejaag en vandaar is die polisie gekontak.

“Die blitsige en professionele optrede van Thabazimbi se polisie het my verstom” het Bakkies Eyres aan Die Kwêvoël gesê. Die sogenaamde Tekkie eenheid (spoorsnyer afdeling) se konstabels Dumo Mathlau en Momyamane het kort daarna een van die rowers in die digte bosse naby die BP vulstasie aangekeer.  Die egpaar se gesteelde horlosies is by die Mosambiekse burger gevind. Sy makker is steeds op vrye voet.

Tydens Die Kwêvoël se gesprek met Bakkies Eyres was hy vol lof vir Thabazimbi polisie. Hy bedank graag vir kapteine Phepelu (Misdaadvoorkoming), Nkobatzi (Bevelvoerder speurtak), inspekteurs Schoeman (Honde-eenheid – Nylstroom) en Natie Groenewald vir hulle bystand, flinke optrede en omgee. Die gesin bedank ook vir Lilly en Beatrix Niemandt vir hulle bystand.

Die personeel van Standard Bank word ook bedank vir die impromptu fondsinsameling wat hulle gehou het om die gesteelde kontant te vervang. Elna Eyres is verstaanbaar steeds erg getraumatiseer en Bakkies sê dat hy voel asof alles onwerklik is. “Om in die veiligheid van jou eie huis beroof te word is erg onmenslik en onwerklik” het hy gesê.

Bakkies is ‘n bekende werknemer van Autozone en  hy is ook ‘n bekende vryskut omroeper by Thaba Stereo 104.9FM Stereo wat saam met Roelf Odendaal, die mak Amerikaanse Afrikaanse Cowboy wat pas na sewe maande in Amerika, teruggekeer het, ‘n gewilde Saterdagaand program aangebied het.

Tobie Lombard

Posted in General0 Comments

Geen meer afsprake vir bestuurderslisensies

THABAZIMBI – Groot ongelukkigheid heers nadat die Verkeersdepartement die maak van afsprake vir leerlings- en bestuurderslisensies gestaak het.

Die besluit is gemaak deur twee Verkeersbeamptes Piet Ntoahae en David Moabelo, nadat ouers van wit applikante die verkeersbeamptes daarvan beskuldig het dat hulle nie hul werk behoorlik kan doen nie.

Alles spruit uit ‘n voorval Vrydagoggend 27 November toe twee leerders reeds vanaf 03:30 in ‘n tou gestaan het voor die lisensiekantore om afsprake te maak vir leerderslisensies. Die twee aansoekers was onderskeidelik nommer 6 en 7 in die ry. Voor hulle was daar mense wat plek gehou het vir diegene wat later sou opdaag. Sommige het sommer daar op die sypaadjie geslaap.

Kort voor die lisensiekantore oopgemaak het, het daar ‘n groep van 10 mense opgedaag wat net eenvoudig voor die ander ingedruk het en diegene wat reeds van vroegoggend wag sommer ‘n heel paar plekke teruggedruk het. Klagtes oor soortgelyke gedrag word gereeld deur Die Kwêvoël ontvang. Die twee jong mans het te geïntimideer gevoel om die groot groep te konfronteer oor hul onaanvaarbare gedrag.

Probleme het ontstaan en nadat die twee aansoekers se pa’s, Kobus Hermann en Mof Myburgh, daar opgedaag het, het harde woorde heen en weer gevlieg.

Volgens Kobus Hermann het hy die twee “arrogante” verkeersbeamptes daarvan beskuldig dat hulle nie goeie beheer oor die situasie het nie en nie behoort toe te laat dat mense voor ander indruk nie. Hy is ook vies omdat daar van mense verwag word om ure in ‘n ry te staan sonder dat daar toiletgeriewe is. Dis onmoontlik vir jong dames om daardie ure van die nag in ‘n ry te staan.

Volgens Hermann het David en Piet op daardie stadium besluit dat hulle nie met moeilike klante te doene wil hê nie, en net daar en dan besluit om geen verdere aansoeke vir lisensies te ontvang tot Februarie volgende jaar.

Hermann het die saak nie daar gelos nie, en die hoof van Beskermingsdienste, Johnny Motaung ook oor die saak gaan sien. Motaung, Piet en David is van swart rassisme, onbevoegdheid en arrogansie beskuldig.

Hy verwag dat die situasie beter hanteer moet word en dat daar interimreëlings getref word totdat die kantore vir die lisensiekantore verskuif en vergroot word, sê Hermann. Daar kan ten minste ‘n sekuriteitspersoon aangestel word en beter reëlings getref word oor hoeveel plekke een persoon vir ‘n ander mag hou. Hy glo ook dat hulle nie naastenby die aansoekers teen volle kapasiteit hanteer nie. En buitendien mag die Munisipaliteit nie net eenvoudig ‘n diens staak na goeddunke nie.

Intussen word die aantal aansoekers daagliks meer en die lisensiekantore se bedieningskapasiteit bly dieselfde of verklein, sê Hermann. Daar behoort tog alternatiewe hanteringsmeganismes in plek gestel te word, soos meer sessies vir toetsaflegging.

Volgens Johnny Motaung lê die eintlike probleem by die oogtoetse wat afgelê moet word voordat die leerderseksamen afgelê word. Hierdie toetse neem baie tyd in beslag en is, volgens Motaung, slegs vir 2 maande geldig. Dit is vir hierdie rede dat die aansoeke gestaak is tot volgende jaar. Die lys van aansoekers is reeds vol bespreek tot volgende jaar en oogtoetse sal verval as dit te lank vooraf gedoen word.

Hierdie probleem is egter nie onoorkomelik nie, aangesien oogtoetse by oogkundiges afgelê kan word teen ‘n nominale fooi. Die toetse wat deur oogkundiges van Spec Savers gedoen word, is vir 3 maande geldig. Indien daar van alternatiewe instansies gebruik gemaak word om oogtoetse te doen, mag dit die aantal persone wat deur die lisensiekantore hanteer word, aansienlik verhoog.

Motaung reageer op Hermann se voorstel dat ‘n veiligheidswag gebruik word dat dit nie ‘n veiligheidswag se verantwoordelikheid is om enigiets met die bestuurderslisensies te doen te hê nie, maar slegs die bestuurderlisensie-eksaminator.

Hy sê ook dat die Munisipaliteit nie aanbeveel dat iemand in lang rye wag in die nag nie, maar dat hulle aansoeke rig tydens kantoorure tussen 07:30 en 14:00.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Nasionale Tesourie wys Thaba begroting af

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Munisipaliteit is aangesê om sy begroting reg te stel deur die Departement van Nasionale Tesourie, lui ‘n verklaring deur die Thabazimbi Voorsitters Forum (TVF).

Die kritiek op die begroting deur Nasionale Tesourie is baie dieselfde as die kritiek van die TVF op die begroting, naamlik die buitensporige verhoging van 34% in uitgawes, die gebrek aan inligting oor begrote inligting in vergelyking met werklike uitgawes en die afhandeling van die waardasierol.

Die raad is aangesê om die begroting weer op te stel om te voldoen aan nasionale riglyne en detail begrotingsyfers moet hersien word.

Die Thabazimbi Voorsitters Forum (‘n sambreelorganisasie) saam met die Thabazimbi Belastingbetalersvereniging het reeds heelwat sukses behaal in die kort tydperk van beide se bestaan.

Twee dispute is teen die Munisipaliteit verklaar, waarvan die een aangespreek en bevredigend opgelos is en die tweede het te doen met ontevredenheid oor die begroting en die verwysing daarvan na Nasionale Tesourie.

Die eerste van die twee dispute is teruggetrek nadat die Munisipaliteit onder druk erken het dat die basis waarop die eiendomsbelasting se tarief vir die vorige belastingjaar bepaal is, verkeerd bepaal is en dit reggestel is. Dit het gebeur kort nadat die TBBV (Thabazimbi Belastingbetalersvereniging) ten einde laaste gedreig het om belastinggelde in ‘n trust rekening te laat betaal, in plaas van aan die Munisipaliteit. Die afgelope paar maande het inwoners krediete op hul rekenings ontvang as gevolg van hierdie regstelling.

Ten opsigte van die tweede dispuut is daar egter nog nie ‘n ooreenkoms bereik tussen die TVF en die Munisipaliteit nie. Die tweede dispuut het dan veral gehandel oor kritiek op die huidige begroting (soos vroeër in die berig verwys) en die waardasierol.

Tydens ‘n vergadering met die munisipaliteit is op ‘n plan van aksie besluit om die dispuut aan te spreek.

Een hiervan was dat die nuutaangestelde CFO (Hoof van Finansies) by die Munisipaliteit ‘n vergadering sou belê met die eiendomswaardeerder. Geen terugvoer is nog ontvang rakende die vergadering met die waardeerder nie.

‘n Tweede stap was dat die begroting aan die Nasionale Tesourie voorgelê moet word. Laasgenoemde het ‘n aksielys opgestel wat teen Januarie 2010 voltooi moet wees. Daar is ook bevestig dat die begroting nie voldoen aan nasionale vereistes nie en dat die begroting weer opgestel moet word. Detail begrotingsyfers moet hersien word en ingesluit word by begroting en die aangepaste begroting (vir Januarie 2010) moet voltooi wees vir oorweging en goedkeuring.

Die TVF het bevestig dat die tweede dispuut dus in plek sal bly totdat dit tevrede is met die nuut aangepaste begroting. Dié organisasie glo dat almal moet eiendomsbelasting betaal, maar nie op ‘n begroting wat foutief is nie en vir buitengewone verhogings in uitgawes voorsiening maak nie.

Die TVF versoek eienaars en huurders van eiendomme om in te skakel by die liggaam deur lid te word van huiseienaars-, besigheids- of belastingbetalersverenigings. ‘n Verandering kan slegs bewerkstellig word as almal mekaar se hande vat en mekaar ondersteun, sê Jan Viljoen, voorsitter van die TVF.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

IDP meetings postponed

THABAZIMBI – Four of five IDP (Integrated Development Plan) meetings, scheduled for December, were cancelled and postponed until January due to the non-appearance of Thabazimbi mayor Naledi Matlou.

Of the five meetings advertised only the one in Northam took place. Four others, the meetings which were supposed to take place in Regorogile, Rooibokkraal, Rooiberg and Thabazimbi did not take place and were postponed until later in January 2010, probably after the 15th.

Just two weeks ago the public was urged by Jan Viljoen, chairman of the Thabazimbi Chairpersons Forum, to attend the meetings and provide input into decisions made regarding projects which would affect next year’s budget.

On Thursday 3 December a group of about 40 people gathered in the Trollope Hall in Thabazimbi to learn what the IDP had in stall for their ward. A while after the meeting was supposed to start the meeting was informed that the mayor “refuses” to attend.

Officials of the Municipality were present and prepared for the meeting. Amongst them were Lena Monau, municipal official in charge of the IDP and Joshua Motsomane, municipal spokesperson. Ward councillor Ivan Keyser was not present due to personal reasons, but DA councillor Paul Scruton was. None of them could explain why the mayor had not turned up.

Two other IDP meetings scheduled for that week had also been cancelled, because the mayor did not pitch up. It was speculated that the refusal of National Treasury to approve the Thabazimbi’s Local Budget had something to do with the mayor’s absence.

When mayor Matlou was approached for comment, he said that he is under no obligation to attend all the IDP meetings and that it should be conducted by Ward Councillors. He said that there was also confusion, because some people thought the meeting was about the demarcation.

A lot of confusion and uncertainty still exists whether the mayor was obliged to lead the IDP meetings as he had done in the past.

According to the DA (Democratic Alliance) leader in Limpopo, Desiree van der Walt, the mayor’s behaviour is unacceptable in the current context of poor service delivery within local municipalities.

Throughout the country communities are in crises because ANC politicians and some senior officials have enriched themselves at the cost of their communities. One should have hoped, with the local elections coming up next year, that town leaders would choose to prove that they have the community’s interests at heart and seriously invest in prioritising capital projects. This attitude however will not help solve problems and crises in communities, she said.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Opkomende boere slag-os kompetisie

THABAZIMBI – Thabazimbi Abattoir het die grootste Opkomende Boere Slag-Os Kompetisie tot dusver in samewerking met SAMIC in Suid-Afrika gehou gedurende 2 tot 4 Desember 2009.  Die slagdiere wat voorberei was, was van sulke hoogstaande gehalte dat dit  kan meeding met kommersiële boere.  Volgende jaar gaan die opkomende boere meeding met die kommersiële boere.  Thabazimbi Abattoir kan met trots sê dat hul huidiglik top karkasse aan die verbruiker bied en hulle poog om hulle posisie daar te hou.  Thabazimbi Abattoir wil graag die volgende borge bedank:  Pick n Pay – Hoofkantoor, Voermol, Diatoms, Jarvis en Obaro Dwaalboom vir hulle aandeel om hierdie kompetisie ‘n sukses te kon maak.

Posted in Agriculture0 Comments

Klapperskietery verbode

THABAZIMBI – Die polisie gaan vanjaar ernstig optree teen die skiet van klappers tydens die feesseisoen. Volgens nasionale wetgewing mag geen persoon in residensiële gebiede vuurwerke en klappers afvuur nie. In Thabazimbi geld dit vir alle residensiële gebiede in Thabazimbi-dorp, Rooiberg, Northam en Leeupoort.

Die polisie het gesê dat daar vanjaar in erns aandag gegee sal word oor klagtes van klapperskietery. Die gebruik van vuurwerke sal wel toegelaat word as daar deur die regte kanale te werk gegaan word en aansoek gedoen word by die Beskermingsdienste Kantoor van die Munisipaliteit. Die persoon wat die aansoeke moet hanteer is Johnny Motaung.
Indien die aansoek goedgekeur word, sal daar ‘n spesifieke plek en tyd, waar vuurwerke afgevuur word, bekend gemaak word. Dit sal ook net geskied onder die toesig van volwassenes en dit sal goed gemoniteer word.

Die verkoop van vuurwerke mag slegs deur gelisensieerde handelaars geskied. Ook op hierdie gebied gaan die polisie ernstig optree. Slegs handelaars wat aan die wetlike vereistes voldoen mag vuurwerke verkoop. Diegene wat onwettig verkoop en uitgevang word, sal gearresteer word, verseker die polisie.  Vuurwerke mag nie verkoop word aan kinders onder 16 jaar nie.

Volgens dierekenners het klapperskietery en vuurwerke ‘n ernstige effek op diere. Aangesien hul gehoor sensitief is, jaag die skiet van klappers hul stresvlakke op , maak hulle senuagtig, bang en veroorsaak dat hulle weghardloop.

Baie diere-eienaars probeer hierdie slegte ondervinding vir hul diere verbeter deur hulle kalmeermiddels in te gee, of selfs hulle vir die nag in ‘n veilige plek te laat opneem.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Meerkatgat se leerders presteer

THABAZIMBI – Die Meerkatgat naskool leerlinge het met hul jaar afsluitings partytjie elk ‘n geskenkie en ‘n sertifikaat van verdienste ontvang.

Volgens Antoinette Hermann, eienaar van Meerkatgat, het hulle gedurende 2009 uitstekend in akademies, op die sportveld, kultuur sowel as in hul buitemuurse aktiwiteite presteer in hul onderskeie skole. Al die Meerkatjies het goeie vordering getoon, en kan met trots terugkyk na wat hul in 2009 vermag het. Volgens Antoinette is dié Meerkatjies toegewyd met goeie deursettingsvermoë, gehoorsaam, het goeie dissipline gehandhaaf en hulle volle samewerking gegee gedurende die jaar.

Die Meerkatgat Naskool tuiste se wens aan al die Meerkatjies en hul ouers, asook die gemeenskap van Thabazimbi, is ‘n geseënde Christusfees en ‘n wonderlike vervulde 2010 aan elkeen.

Posted in School News0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

4x4 Thabazimbi Expo 3.JPG Dewside beer Thabazimbi Vloed 29.gif Kransberg water poel Thabazimbi Vloed 13.gif Marakele National Park Marakele Visvang Marakele Land Rovers

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:35 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

December 2009
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools