Archive | December 4th, 2009

Frik Hendrikz oorlede

THABAZIMBI  – Na ‘n dekade van lyding het Frik Hendrikz hom reggemaak om na sy ewige rusplek te gaan.

Frik is op Vierfontein in die Vrystaat op 4 November 1956 gebore. Hy was die tweede jongste van sewe susters en vyf broers. Na sy vader se afsterwe het die familie hul in Klerksdorp gevestig. Frik het sy skoolloopbaan in Laerskool Presidentskool begin en in Klerksdorp Hoërskool voltooi waar hy na Vierfontein teruggekeer het om sy ideaal as Polisieman te verwesenlik.

Na sy opleiding is hy in Klerksdorp gestasioneer. Hy het 10 jaar lank as Sersant in die Opruimingseenheid gewerk. In hierdie tyd is hy ook getroud en twee seuns is uit die huwelik gebore. Hy sluit by Eskom in Klerksdorp aan en word verplaas na Thabazimbi Depot in 1983 waar hy hier saam met die Eskom bestuurder en sy sekretaresse, Eskom Thabazimbi begin het. Hier was hy werksaam tot in Januarie 1999 toe hy met ‘n gewas op sy brein gediagnoseer is. Hy is dadelik opgeneem en geopereer waarna die dokter vasgestel het dat die gewas reeds te ver gevorderd was om te verwyder. Na bestraling en chemo het sy gesondheid steeds agteruit gegaan alhoewel hy altyd geglo dat hy wel gesond sal raak. Op 18 Oktober is Frik se vlam geblus. Frik sal onthou word vir sy ondeundheid, sy grappe, sy lekker lag, lekker kuier saam met sy vriende en het altyd genoeg tyd gehad om sy medemens te help. Hy sal baie gemis word deur sy vrou, seuns, broers, susters, familie en al sy vriende.

Posted in General0 Comments

Dorpswyk mag verval

THABAZIMBI – ‘n Openbare vergadering oor die moontlike verskuiwing van wyksgrense van die Thabazimbi-dorp vind plaas op Woensdag 9 Desember om 17:30 in die Trollopesaal by die Landbou Skougronde.

Die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit is in die proses om wysigings aan te bring aan die grense van bestaande wyke en ten sy die publiek vasskop, gaan Thabazimbi dorp verdeel word en nie meer ‘n wyk van sy eie vorm nie.

Met die oog op die plaaslike verkiesings in 2011, moet alle plaaslike munisipaliteite die verandering in wyksgrense vroeg volgende jaar afhandel.‘n Proses van publieke deelname maak deel uit van die verskuiwing van grense. Feitlik niemand het by ‘n vorige vergadering oor die verskuiwing van grense opgedaag nie.

Volgens Gert Snyman, voorsitter van die Thabazimbi Belastingbetalersvereniging (TBBV) was hierdie advertensie verkeerd geplaas en is daarin geslaag om dit te verskuif na Woensdag 9 Desember.

Snyman sê dat daar sprake is dat die wyk wat Thabazimbi-dorp vorm sal verander sodat een gedeelte in dieselfde wyk as Regorogile en ‘n ander in dieselfde wyk as Rooiberg val. Die raadslid wat dus tradisioneel die dorp verteenwoordig, sou moontlik wegval.

Dis moontlik dat dit alles deel van ‘n plan is om minder wit raadslede op die stadsraad te hê en dan sal dit statistieke beter laat vertoon, sê Snyman. Aangesien Thabazimbi-dorp die wyk is waar betaling van dienste- en belastingrekeninge die beste is, sal die verdeling van die wyke die statistieke van betaling in Rooiberg en Regorogile beter laat vertoon.
Die Belastingbetalersvereniging hoop om ‘n groep van ten minste 200 lede van Thabazimbi-dorp by die vergadering te kry en doen ‘n beroep op soveel as moontlik mense om die vergadering by te woon. Indien genoeg mense opdaag en die meerderheid van die vergadering beswaar maak teen die wysiging van die grense, dan móét die Munisipaliteit hom daaraan steur. Grense sal nie onder sulke omstandighede verskuif kan word nie, verseker Snyman.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Victim Empowerment Rooms established at SAP

THABAZIMBI – A drop-in facility to temporarily accommodate the victims of domestic violence and sexual assaults has been established at the Thabazimbi Police Station.

The opening of the Victim Empowerment Rooms has coincided with the second day of the national “16 Days of Activism Against Woman and Child Abuse” campaign, from 25 November until 10 December.

The official opening, which took place on Thursday 26 November, was attended by many role players, the most import of which is the main sponsor, Kumba. The rooms are inside the main police premises, and were previously used as store rooms and barracks.

The rooms have been transformed into colourful, user friendly sleeping (for men and women respectively), washing and interviewing facilities, with toys for children, and second hand clothes. Once again the people of Thabazimbi have opened their hearts and wallets for this important facility.

Supt LI Mantjane, Thabazimbi Station Commissioner, explained during the opening of the Victim Empowerment Rooms that each station is obliged to have such a facility and that it is part of the empowerment of women. If you have a trained woman, you also have a trained nation, he said.

He thanked Kumba, who sponsored the renovations, for their role in serving victims of crime. Emmy Leeka, General Manager of Kumba, in turn said Kumba’s contribution should not be seen as compliance to the compulsory Social Development Plan, but more as part of the company’s desire to make a difference as it has been doing for 78 years in Thabazimbi.

Supt Mantjane said crime has a devastating affect on the various aspects of the victim’s person, and that the new facility might be able to assist in enabling a victim to live a full, healthy life after incidents of abuse.

He also distinguished between a support centre and support rooms. A proper centre where all social problems are addressed should be established by the Dept of Social Development. The support rooms, such as opened at the police station, would be for victims of criminal offences.

Ten volunteers, who have completed the Victim Empowerment Programme, will be available on call to support victims. This service is offered by the Dept of Social Development. The facility will enable a victim of (e.g.) domestic violence to wash and sleep over if alternative accommodation cannot be found, as well as receive support from the volunteers.

Present at the opening were, amongst others, Marakele, NGO’s such as Youth Against Crime, Thabang and the SAVF, the Department of Social Development, the Community Police Forum and sponsors.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Swemmers sluit jaar af

Learn to Swim se woelige swemjaar is op Donderdag 26 November 2009 met ‘n heerlike swempartytjie afgesluit. Op die foto is die swemmers wat wissel van 2 – 12 jaar en sluit ook swemmers in wat reeds afrigting by die Hoërskool swembad ontvang.

Posted in School News0 Comments

Electro diesel 4×4 team challenge hierdie naweek

RUSTENBURG – Dis weer tyd vir die Electro Diesel 4×4 Team Challenge wat jaarliks by die nuwe baan Bushwackers te Rustenburg afskop.

Die Electro Diesel 4×4 baan het geskuif en is nie meer by Maanhaarrand nie, maar wel in Rustenburg. Aanwysing sal vanaf die SPCA te siene wees. Op 5 Desember vat die manne mekaar weer aan, maar hierdie keer individueel en ook in spanne van drie voertuie in die afdelings Produksie/Produksie “modified” en Super Trucks.  Dit beloof om soos elke jaar ‘n bedrywige, aksievolle dag te wees waar die familie en vriende saam kuier. Spanne kom van sover as Ermelo, Nelspruit, Witbank, Krugersdrop en Thabazimbi. Die hekke open om 7:00 en kostes verbonde vir volwassenes is R20 en R10 vir kinders onder 12. Inskrywings beloop R200 per voertuig wat deelneem en kan aanlyn by www.rebel4x4.co.za gedoen word of e-pos aan events@rebel4x4.co.za. Saterdagoggend se inskrywings kan steeds tussen 07:00 en 08:00 by die baan gedoen word. Alle 4×4 entoesias word hartlik uitgenooi om saam hierdie dag te kom geniet. Daar sal ook spys en drank te koop aangebied word. Vanaand, Vrydagaand 4 Desember, sal daar ‘n bring en braai wees by die baan tesame met ‘n kontantkroeg. Enige verdere navrae kan Hannie Holtzhausen 082 047 3061 of Lukas Holtzhausen gekontak word by 082 765 3418.

Posted in Sport0 Comments

SA Bowhunter Championships 2009

BELA-BELA – The annual SA Bowhunter championship will take place on 5 and 6 December 2009 at ATKV Klein Kariba Holiday Resort in Bela-Bela.

The entry fee for Sanifaa members, adults and juniors are R320 per person, while Cubs pay R270. Non Sanifaa members pay R360 per person for adults and juniors and Cubs’ entry fee are R310, with a 10% discount for a family of three or more members.

Registration starts on 4 December from 16:00 – 21:00, 5 December 06:00 – 08:00 and 6 December at 05:00 – 06:00.
The shoot will start on 5 December at 08:30, all archers are welcome and medals for all styles will be awarded.

A buffet lunch with the award ceremony will be held at R85 per person at the end of the event on Sunday 6 December 2009.

Contact Marietjie Fryer on 082 888 7396 or Dreys Archery on 015 297 1440 for more information.

Posted in Sport0 Comments

Ballet op maat van Elizma Theron musiek

THABAZIMBI – Sowat vyftig ballet dansers van Dans Akademie het Saterdag 28 November die verhoog saam met die gewilde Afrikaanse sangeres, Elizma Theron gedeel.

Die ballet passies is spesiaal gechoreografeer op Elizma Theron se musiek van haar CD Gee my Meer sowel as haar nuutste album met die titelsnit, Ek soek jou. Met ‘n stampvol saal het Elizma soms tweede viool gespeel wanneer die klein dansertjies hul optrede uitgevoer het voor hul trotse ouers wat vir elke pilé met die videokamera gereed gestaan het.
Lees volgende week meer oor die dansers van Thabazimbi Dans Akademie.

Posted in Entertainment0 Comments

Laerskool Thabazimbi “Gee Om”

THABAZIMBI – Die “Ons Gee Om”-projek van die Laerskool Thabazimbi het weer eens vanjaar sy naam gestand gedoen toe ‘n bakkievrag vol toiletware, kos en klere geskenk is aan die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle.

Die projek het sy oorsprong daarin dat die leerders, ouers en onderwysers van Laerskool Thabazimbi hul dankbaarheid, omdat dit góéd met hulle gaan, bewys deur iets terug te gee aan kinders in minder bevoorregte omstandighede.

‘n Groot besending kruideniersware, skoonmaakmiddels, klere, speelgoed en boeke is verlede week na die Abraham Kriel Kinderhuis gestuur.

Hanti Vorster, koördineerder van die “Ons Gee Om”-projek, bedank die positiewe ouers en leerders met hul oop harte en hande vir hulle “omgee”. Volgens haar is dit hierdie mense wat ‘n verskil maak in kinders se lewens en ‘n glimlag op hul gesiggies laat.

Hennie Pauw

Posted in School News0 Comments

Help op maat van Klipwerf

THABAZIMBI – Inwoners het goed reageer op die dans wat by die skouterrein ten bate van Helpende Hande aangebied is. Die Klipwerf Orkes het vir heerlike polsende musiek gesorg.

Terwyl Rykie en haar helpers rondgeskarrel het om die kos op die tafels te kry, het gaste heerlik saamgekuier en gedans.

Helpende Hande is ‘n plaaslike inisiatief om hulpbehoewende terminaal kankerlyers by te staan en met die versorging te help. Hierdie was die laaste projek van die jaar om geld vir dié doel in te samel.

Die gemeenskap van Thabazimbi het weereens bewys dat daar op hul knoppie gedruk kan word om die mense in nood in hul omgewing by te staan. Soos gewoonlik was Hannes Coetzee van Thaba Spar ook daar om te help dat die massas kos betyds voorberei kon word.

Posted in General0 Comments

KunsteGrot sluit jaar af met unieke Kunsmark!

THABAZIMBI – Almal moet Saterdag, 5 Desember die pad vat, op met Van der Bijlstraat tot op die hoek van Eerstelaan. Dis net die plek waar die ideale bekostigbare en besonderse kersgeskenke gevind sal word.

Heelwat meer uitstallers gaan ‘n verskeidenheid artikels aanbied. Die manne kan maar ook kom ooggooi – wie weet? Die Teetuin sorg weer vir die innerlike.  Kom ontspan in ‘n rustige, vriendelike atmosfeer.  Toegang is slegs R5 en die kuier duur vanaf 9:00 tot 13:30.

2010 skop af met ‘n Kunsmark op 6 Februarie en ons eerste kunstenaar vir die nuwe jaar is Jak de Priester op 27 Februarie. Kaartjies vir sy vertoning sal beskikbaar wees vanaf 4 Januarie 2010.

Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559

Posted in Entertainment0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

koedoedrolspoeg_expo_2007.jpg Landbou SDC12127 Harley groep Paragliding Thaba sterio Sirkus Mervyn se dam Thabazimbi skole

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:37 am
Clear
Clear
9°C
real feel: 7°C
humidity: 39%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

December 2009
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools