Categorized | General

Frik Hendrikz oorlede

THABAZIMBI  – Na ‘n dekade van lyding het Frik Hendrikz hom reggemaak om na sy ewige rusplek te gaan.

Frik is op Vierfontein in die Vrystaat op 4 November 1956 gebore. Hy was die tweede jongste van sewe susters en vyf broers. Na sy vader se afsterwe het die familie hul in Klerksdorp gevestig. Frik het sy skoolloopbaan in Laerskool Presidentskool begin en in Klerksdorp Hoërskool voltooi waar hy na Vierfontein teruggekeer het om sy ideaal as Polisieman te verwesenlik.

Na sy opleiding is hy in Klerksdorp gestasioneer. Hy het 10 jaar lank as Sersant in die Opruimingseenheid gewerk. In hierdie tyd is hy ook getroud en twee seuns is uit die huwelik gebore. Hy sluit by Eskom in Klerksdorp aan en word verplaas na Thabazimbi Depot in 1983 waar hy hier saam met die Eskom bestuurder en sy sekretaresse, Eskom Thabazimbi begin het. Hier was hy werksaam tot in Januarie 1999 toe hy met ‘n gewas op sy brein gediagnoseer is. Hy is dadelik opgeneem en geopereer waarna die dokter vasgestel het dat die gewas reeds te ver gevorderd was om te verwyder. Na bestraling en chemo het sy gesondheid steeds agteruit gegaan alhoewel hy altyd geglo dat hy wel gesond sal raak. Op 18 Oktober is Frik se vlam geblus. Frik sal onthou word vir sy ondeundheid, sy grappe, sy lekker lag, lekker kuier saam met sy vriende en het altyd genoeg tyd gehad om sy medemens te help. Hy sal baie gemis word deur sy vrou, seuns, broers, susters, familie en al sy vriende.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Sirkus Cropsray SDC12126 Thabazimbi Vloed 32.gif Thabazimbi Vloed 15.gif Die shuttle? Zebras Jeep op Bakkerspas Thabazimbi Vloed 21.gif

Weather Forecast

February 8, 2012, 9:11 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
21°C
real feel: 19°C
humidity: 79%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

December 2009
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools