Archive | November, 2009

Mediese navorsing hupstoot vir Thaba

THABAZIMBI – Dr Leon Fouché glo dat die studies in mediese navorsing wat tans plaaslik gedoen word en dié wat beplan word ‘n groot hupstoot vir Thabazimbi en die Bosveld beteken.

Die Limpopo Kliniese Navorsingsinisiatief het Saterdagaand 21 Oktober ‘n “erkenningsfunksie” gehou by Motsomi Lodge. Hy het verskeie mense bedank vir hul bydrae tot die eerste van hierdie studies, naamlik die toetsing van medikasie vir die behandeling van osteoporose.

Dr Fouché, wat saam met sy gesin uit die stad na Thabazimbi verhuis het, het in die kort tydperk (ses maande) sedert hulle in Thabazimbi woon wyd impak gemaak en heelwat mense leer ken en baie goeie vordering gemaak met die navorsing. Daar is reeds 528 skanderings gedoen in 8 weke.

Hy maak ook geen geheim daarvan dat dit hom en sy vrou, Erna, (wat ook deel is van die navorsinginisiatief) se intense wens was om die stad te verlaat en hulle in Thabazimbi te vestig nie.

Daar is ook ander studies in die vooruitsig, onder andere studies oor gout, velinfeksies en griep.

Dr Fouché meen dat die mediese navorsing wat tans hier gedoen word kan “lei tot groot dinge” en grootliks bydra tot die groei in die wetenskap, groei in die gemeenskapslewe van die omgewing en ‘n groter bewussyn van gesondheid.

Uit sy bedankings het dit geblyk dat ‘n groot groep mense betrokke was by die navorsing tot dusver en hy het die samewerking van, onder andere, aptekers, dokters, radiografiste, verpleegsters, pasiënte, Curamed, patalogiese dienste hoog op prys gestel.

Die funksie, die Bosveld Been Makietie genoem, is baie gepas gehou, op die eiendom van taksidermis Derek Robinson. Heelwat bene (of beendere) was deel van die agtergrond waarin die funksie plaasgevind het. Die menu het ook ‘n definitiewe “been”inslag gehad, met disse soos “ontbeende geroosterde kruisskyf” en “droë vonkelbene”.

Hennie Pauw

Posted in Health0 Comments

Marakele 4×4 Eco-trail

THABAZIMBI – Explore the Waterberg Mountain’s untrammeled land. The Marakele 4×4 Eco Trail is a 3-day (2 nights) outdoor adventure spanning the wilderness, primitive zone of Marakele National Park which is the core of the Waterberg Biosphere Reserve. Called the “wilderness experience on wheels”, the Trail follows the management tracks on the eastern boundary of the Marakele National Park on top of the Waterberg Mountains. Experienced, professional guides act as trail leaders and will interpret the various eco-zones the trail crosses, at regular intervals. The trail must be booked exclusively through Hesther van den Berg on 012 426 5117. The current tariff (valid until 31 October 2010) is R2950 per vehicle and excludes conservation fees. The tariff for the trail is for 4 persons or less. If any accommodation is required before or after the trail, please make a separate reservation. Bookings can be made through the SANParks central booking office in Pretoria, reservations@sanparks.org, and Marakele National Park reception at 014 777 6928/9/30/31/ 071 935 7306 or marakele@sanparks.org .

Five four-wheel drive vehicles will be allowed to participate at a time with up to four occupants per vehicle. Each vehicle must be fully equipped with tent, water containers, gas bottles, cooking equipment etc. This is a self-catering activity.

The trail starts at Marakele National Park main entrance gate on Friday or Tuesday at 13:00 and ends at Moralane exit gate on Sunday or Thursday at about 13:00 (two trails per week). Please report promptly at Marakele main entrance gate at 13:00 on the day of departure.

Ensure that your vehicle is ready for the trip, ensure that everyone has signed an indemnity form (which can be collected from the reception), vehicles are filled with fuel and trail-goers are present for a short briefing from the trail leader. Delayed departure’s should be avoided so that more time can be spent enjoying the wilderness.

This is an opportunity not to be missed. Only the privileged tourists on the Eco 4×4 route will experience views like these.

Posted in Nature0 Comments

Thabazimbi host District Sports for Women Competitions 2009

THABAZIMBI – The Department of Sport, Arts and Culture in conjunction with the Waterberg District and Thabazimbi Local Municipalities organized the Sports for Women competition on 21 November 2009 at Thaba Park Sportsground.
More than 200 women and girls participants across Waterberg District competed in four different sporting codes namely, soccer, netball, basketball and volley ball.

These games form part of the Department’s drive to engage more women to take part in a number of sporting activities. It is more likely for sport to become part of their lives if the momentum is sustained through a period of time. This year’s Women in Sport celebration was aimed at reminding women to stay active and healthy.

The purpose of these games is to educate and promote awareness of different sporting codes so that women can have their own choice of sports they want to engage in and also to establish and create an environment for the identifying and nurturing of sport talent for women.

Mookgopong team was crowned the champions for ladies soccer; Bela-Bela won both the netball and volley ball. The sports competition was attended by among others officials from both Waterberg and Thabazimbi Municipalities, local SAFA committee members, Sports Council members, Mr Willie Sexwale (Deputy Manager from Department of Sport, Arts and Culture), councilors and officials from Department of Sport, Art and Culture in Waterberg District.

Joshua Motsomane

Posted in Sport0 Comments

Diatomiet inligtingsessie by boeredag

THABAZIMBI – Thabazimbi Abattoir bied volgende Woensdag, 2 Desember om 08:30 ‘n boeredag vir die omgewingsboere aan.

Gedurende die boeredag sal verskeie sprekers die boere toespreek, onder andere, mnr Isak Maritz, bestuurder van die diatomiet afdeling by Tukkies Universiteit, wat tydens dié sessie die boere meer oor die navorsing en gebruike van diatomiet sal inlig.

Diatomiete is ‘n 100% organiese aanvulling wat bestaan uit mikroskopies klein skelette van eensellige plante genoem Diatome, wat baie jare gelede in vars en see water gelewe het. Diatomiet bestaan uit amorfe silika van ‘n varswater bron plus 14 spoorelemente. Hierdie neerslag word gemyn, gemaal, gedroog en gesif en dan geklassifiseer. Hierna kan die produk vir ‘n groot verskeidenheid gebruike aangewend word. Diatomiet kan in veevoer, lekaanvullings en selfs hondekos in gemeng word, buiten dat dit klaarspeel met die inwendige parasiete, bevat dit ook kalsium en uitstekende mineraalaanvulling.

Diatomiet is op Isak Maritz se pa se plaas in Kathu ontdek, Isak Maritz het baie nou met professor Bath en dr Kobus du Toit, spesialis in veearts en wild, met die diatomiet navorsing vir sy tesis saamgewerk en palm die Nasionale Entrepeneur toekenning in 2006 vir sy navorsing oor diatomiet in.

Diatomiet word nou al vir die afgelope twintig jaar in Kanada, met baie goeie resultate gebruik. Wes Enterprises en die plaaslike Obaro takke het alreeds ‘n P6 lekaanvulling op die mark, wat diatomiet bevat.

Thabazimbi Abattoir nooi alle belangstellendes uit om die boeredag by te woon. Na die inligtingsessies kan boere gerus by Thabazimbi Abattoir aanbly vir die slagkompetisie waarby die opkomende boere se beeste, op die hoef beoordeel word en prysuitdeling na afloop van die beoordeling. Eric Herald was verlede jaar se wenner vir die beste karkas wat landswyd beoordeel was. Die topkarkasse, was by Thabazimbi Abattoir geslag. Vir meer inligting skakel Thabazimbi Abattoir by 014 777 1746.

Ems Strydom

Posted in Agriculture0 Comments

Pro Bow Boogklub, Thabazimbi presteer uitsonderlik

PRETORIA – SABA  (South African Bow Hunters Assosiation) Gauteng  het op Saterdag 21 November 2009 hul jaarlikse prysuitdeling te Bundu Inn, Hornsnek, Pretoria aangebied.

Deur die loop van die jaar is 9 kompetisies, waaraan Pro Bow Boogklub, Thabazimbi se lede deelgeneem het, aangebied. Nie net is die skuts se skietvernuf beproef nie, maar ook stamina en uithouvermoë. Sommige kompetisies was in snerpende koue met ysreën, ander weer in uitmergelende hitte, al klimmende oor rotse en klippe, elkeen met sy eie unieke uitdagings. Met sommige kompetisies moes die deelnemers al 03:30 vertrek om betyds by hul bestemming te wees.

Daar was in verskeie kategorieë, in span verband sowel as individuele kategorieë deelgeneem.

Die Pro Bow Boogklub Span bestaande uit die volgende skuts: Henk Engelbrecht, Malan Hermann, Hein Holtzhausen, en Quintin Jansen van Vuuren, het skoonskip gemaak en wen met ‘n span gemiddeld van 91,6%.  Die “I Hunt” span wat tweede geëindig het, het 78% gemiddeld behaal. In die kategorie: “Senior Male – Broadhead” is Henk Engelbrecht aangewys as die wenner “Top Senior Male – Broadhead” met ‘n gemiddeld van 97%.  In die kategorie: “Senior Female – Broadhead” is Antoinette Hermann aangewys as die wenner “Top Senior Female – Broadhead” met ‘n gemiddeld van 84%.  Quintin Jansen van Vuuren  is as die wenner “Top Junior Male – Broadhead” met ‘n gemiddeld van 95.5% in die kategorie: “Junior Male – Broadhead” aangewys.

In die kategorie: “Cub Female – Fieldpoint” het Niané Engelbrecht ‘n tweedeplek behaal met ‘n gemiddeld van 74.8%.
Die SABA deelnemers gedurende 2009, bedank graag al die persone, instansies en hul gesinne wat dit vir hul moontlik gemaak het om aan die kompetisies te kon deelneem om sodoende die hooftrofeë huis toe te bring.

Posted in Sport0 Comments

Ons lesers skryf – Woon GOP vergaderings by asseblief!

Hiermee wil ek `n ernstige versoek rig aan elke inwoner van Thabazimbi om die Geïntegreerde Ontwikkelings Plan(GOP)-vergaderings by te woon. Die vergaderings word die afgelope twee weke in Die Kwêvoël deur die munisipaliteit geadverteer en vind plaas regdeur die Thabazimbi Munisipale gebied.

Die insette wat deur die publiek gelewer word tydens hierdie GOP openbare vergaderings, word gebruik om die munisipale begroting vir die volgende finansiële jaar op te stel.

Die Wet op Munisipale Belasting (Nommer 6 van 2004) vereis dat die vergaderings gehou word om die publiek die geleentheid te gee om insette te lewer. Dit verseker publieke deelname in die munisipale begrotingsproses.
Dit gaan uiters moeilik wees om die Munisipale Raad te kritiseer ten opsigte van die 2010/11 begroting, indien die publiek nie die vergaderings bywoon en insette lewer nie. As ons nie praat nie, sal hulle nie weet wat ons behoeftes is nie.

Vir Thabazimbi dorpsbewoners en die Landbou sektor, vind die vergadering plaas op 3 Desember 2009 om 17:30 in die Trollopesaal. Woon asseblief die vergadering by om `n verskil te kan maak aan dit wat die munisipaliteit aan ons lewer.

Jan Viljoen (Voorsitter van Thabazimbi Voorsitters Forum)

Posted in Letters0 Comments

Reën gee bosveld hupstoot

Die Bosveld het ‘n goeie hupstoot gekry met neerslae verlede week en oor die opvolgende naweek in die TLU Noordstreek. Hierdie neerslae het gewissel van 30mm op Alma tot 60mm op Koedoeskop.

Volgens Joggie van Bruggen, voorsitter van die Thabazimbi DLU was die gebied die jaar besonder geseën. Reeds vroeg in die seisoen het reën geval waarvoor die boere baie dankbaar was. Verder is die afgelope naweek die volgende gemeet: Dwaalboom 50mm, Derdepoort 55mm, Sentrum 27mm, Thabazimbi 35mm, Koedoeskop 60mm, Rooiberg 57mm en Northam 35mm. Hy het gesê dat dit ongelooflik is om die byna onmiddellike impak van reën op die veld te sien.

Nico Solomon, voorsitter van die Ellisras DLU, het gesê dat die gebied reeds 70mm vir November gemeet het. Dit het weer begin reën. Die grondpaaie wat reeds in ‘n swak toestand is, sal nou verder versleg maar hy het bygevoeg dat geen mens reën kan nadoen of vervang nie en al die boere is innig dankbaar vir die wonderlike gawe.

Gerhard Visser, voorsitter van die Koedoesrand DLU het gesê dat die boere wat besig is met die voorbereiding vir die nuwe seisoen se harte juig. Baltimore het Vrydagoggend reeds 48mm gemeet, Marken 55mm, Tom Burke 40mm, Swartwater 43mm en Tolwe 40mm. Dit het die naweek nog steeds in die gebied gereën. Dakke lek maar niemand gee daarvoor om nie. Die ou bosveld sal binne dae reeds met groen sproetjies gespikkel wees en binne skaars ‘n week sal die  gras en blare helder, skoon en groen skyn.

Hans Vreugdenburg, voorsitter van die Vaalwater DLU het gesê dat op Vaalwater 45mm reën gemeet is. Melkrivier 30mm en Alma 20mm. Op Alma het ‘n sterk wind gewaai en die boere het gesê dat die koue nie goed vir die tabak is nie. Ook is baie reën die tyd van die jaar nie goed vir koring nie. Sover is daar gelukkig nog nie skade aangemeld nie.

Bulgerivier het tussen 30–35mm gemeet. Hy het ook gesê dat die grondpaaie in die gebied nou in ‘n baie slegte toestand is.

Posted in General0 Comments

3-Kamp vir jonges

MAKOPPA – Die driekamp wat op Saterdag 14 November ten bate van Laerskool Van Wykskraal aangebied is, het 40 deelnemers na die Plaas Staankraal gelok.

Die junior driekamp met verskeie swem-, hardloop en fietsry afstande is deur atlete van so jonk as 6 jaar tot 14 jaar bygewoon.

Die dogterwenners was as volg: Mekea van Zyl (10-14 jaar), Wilmien Schutte (6-9 jaar) en Michaela van Rooyen (voorskool). Die seunswenners was as volg: Benhard van Rensburg (10-14 jaar), Franco Potgieter (6-9 jaar) en HJ van Rensburg (voorskool). Na die amptelike kompetisie, het die pappa’s teen die lewensredders gekompeteer. Die lewensredders, met hul fikse lywe, het die pappa’s net-net gewen. Die organiseerders bedank graag vir Thaba Spar en die ander borge wat die dag help moontlik maak het.

Posted in Sport0 Comments

Everglades Carenet Retirement Estate

THABAZIMBI – Everglades Carenet Retirement Estate is situated 140 km or 90 minutes from Rustenburg and consists of the following: 286 units built in phases, 2 and 3 bedroom units and there are various layouts to choose from. A Clubhouse is planned as well as a Haven is to be built adjacent to the Estate. Everglades Carenet Retirement Estate is well situated close to churches, numerous restaurants, coffee shops, shopping centers and Hospitals (Curamed).

Thabazimbi has a moderate climate and consists of a 9 hole gholf course, bowls court, jukskei club, tennis courts for the sport lover and just outside town the nature lover can spend hours in the one of a kind reserves Marakele National Park with its bird species and Big Five. A beautiful area where family can be entertained. Carenet Affiliated Retirement Estate is a safe investment with the choice of full or sectional title ownership for the growth of your investment. The investment will retain its value as a retirement village and meets all the legal requirements as stipulated by legislation applicable to the care and support of older persons. Carenet Affiliated Developments provide all levels of care and support to Carenet Members.

Everglades Retirement Estate: This will be a Lifestyle Estate Development, which is specifically developed for the active buyer who wants to downsize from a large house with many responsibilities, yet retain care services, when required.

Carenet Retirement Haven Developments: Everglades Retirement Haven is for the person who no longer wants the responsibility of a household and requires more carefree lifestyle and assistance when required.  Developers’ involvement will remain even after completion of the development to secure the standards and sustainability as required for the peace of mind of the buyer on all Carenet Retirement Haven Developments.

Carenet Frail Care Facilities: Specifically for 24 hour intensive care and support of Carenet members, including members suffering from Alzheimers.  Carenet members have preference admission to any of the available Carenet facilities.

Other advantages of buying in a Carenet Affiliated Development:

  • It’s a concept which has been proven in the market place.
  • An independent Trust acting in the interest of all members.
  • Offers from 1st level care up to assisted living within your own unit and access to terminal frail care in care facility.
  • Carenet membership gives you flexibility to relocate to any Frailcare Carenet facility, available country wide.
  • There are already 24 Retirement Estates in SA which caries the CARENET stamp. They are Annlin Place, Ruimsig , Olive Grove, Maison D’Olivier, Bateleur, Zambesi View, Lenitas, Berghang, Willow, Glevera, Featherwood, Sunrise View, De Groenkloof, Casa Valde, Middelburg (Coming soon), Swakopmund (coming soon), Koro Creek, Riverside Park, Hillcrest, Blue Mountain, Blue Mountain Tuiste as well as Cullinan Diamond.
  • Nellie van Staden Properties (Pty) Ltd specializes in the marketing of Retirement Villages since 1979, and is able to give you the best advice for your specific needs. Carenet Affiliated Retirement Estates, such as Everglades Retirement Estate in Thabazimbi, is an excellent personal investment for your future.

Montane Properties and ERA Properties (Anita Barnard 083 449 6733) have joint mandate for selling this ‘First for Thabazimbi’ retirement development and Liezie Le Roux can be contacted at 082 893 4208 or email: liezie@montane.co.za.

Posted in General0 Comments

Meerkatjies ontvang sertifikate

THABAZIMBI – Agt van die twaalf Meerkatgat, Privaat Naskool tuiste, se leerlinge wat vir aanprysing sertifikate by hul onderskeie skole gekwalifiseer het, het dit ontvang.

Al die Meerkatjies het goeie vordering getoon, met selfs soveel as 15% op hul gemiddeld. Hul werk tans volstoom met die oog op die eindeksamen wat op 23 November in aanvang geneem het.

Posted in School News0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Paragliding Kumba Nationals Kransberge Marakele Marakele National Park Euro Chopper Kudu Quad Run Dewside beer Marakele National Park Thabazimbi Vloed 34.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:32 am
Clear
Clear
9°C
real feel: 7°C
humidity: 39%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

November 2009
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools