Archive | November, 2009

Is there enough water or not

Mr Jan Viljoen, Chairperson of TAU SA North, said that Eskom will have to provide a better explanation of the situation at Ellisras after the comments received from Dr Mark Berry on behalf of Mmabolela Estates. Dr Berry has previously raised these issues which are still not resolved satisfactory.

Dr. Wilhelm Schack, chairperson of the Limpopo Environmental Protection Committee said that the information contained in the response from Dr Berry on the granting of the conditional authorization for the construction of the proposed 4800 MW coal fired power station and associated infrastructure, needs urgent clarification from Eskom and the government. Dr. Berry in his response said “I wish to appeal against the above decision on the grounds that the supply of water for the power station has not been adequately investigated and assured; and that DWAF have not complied with their own legislation (National Water Act 1998) to provide for the Ecological Reserve of the Limpopo river downstream of the project.”

The reason given by Dr Berry is that “the supply remains tenuous in that the studies listed are either still in progress or at a level of detail that the proposed supply of water is unproved, and therefore, not assured.” He further asked “One must ask the question: would Eskom proceed with the development of a R 25 billion power station on the basis of a desktop pre – feasibility study?” further “within the provisions of the National Water Act as stipulated in the National Resource Strategy, there is a need to meet the water requirements of the Reserve (Basic Human needs and Ecological requirements) in terms of both water quantity and quality.”

Dr Berry said in response that information used by Eskom is based on data published in 2003 and consequently their current validity must be questioned given the increased development in Ellisras the past 4 years. He said: “This is confirmed by DWAF letter to Eskom dated 02/06/06 (ref 14/2/A400) where in the attached schedule of Raw Water Supply to Ellisras the actual use in 2005 was 25,5 million m3/a and not the 19,3 million m3/a used in the revised usage Table 4.8. If this is so then there is already a large deficit in 2005.” Dr Schack said it would be almost criminal and it can be seen as grossly negligent to continue with all the proposed developments if the calculation of water availability and quality is not correctly done. He said organized agriculture has a responsibility towards its members and cannot allow the destruction of water sources. He warned that food security might be in real danger if this careless attitude of government and Eskom continues. Further, the quality of water is critical for export farmers as they might lose their Globalgap accreditation if the quality of the water deteriorates further. This will put food security further at risk.
According to the report that water balance at the Mokolo dam based on water allocation is already 5,6 million m3/a in the negative. Dr Berry pointed out that: “Whatever method was used to calculate the reserve, 17 million m3/a is but a fraction of what historically flowed down the Mogol river before the Mokolo dam was built. The riparian and aquatic systems of the river have already been negatively impacted due to impoundment.”

Dr Schack said that the neighbouring countries might have a future claim against South Africa if the water quantity or quality of the Limpopo river is compromised.

Viljoen said that it is quite possible that the farming community in this area will disappear within a few years if nothing is done to stop this massive, destructive mining and industrial planned carnage. He warned that much more aggressive actions and more activists are necessary to stop an activity that might bring in massive riches for a few fat cats, but an activity that will destroy the whole area from Thabazimbi to Messina and beyond for ever.

Posted in General0 Comments

Ons salueer jou, Mathys

THABAZIMBI – Mathys Roets het Woensdagaand 25 November by die KunsteGrot voor ‘n vol saal opgetree.
Hy is nog dieselfde Mathys, met min showerigheid en baie “vat my soos ek kom”. En daardie stem is nog daar, maar nou het sy vertonings die ekstra dimensie van ‘n man wat meer oopmaak en ‘n kykie ín sy lewe gee.

Hy praat openlik tussen liedjies oor die ongeluk, vriende wat hom bygestaan het, sy verblyf in die hospitaal en ander gebeurtenisse in sy lewe. Hy begin die vertoning met die stelling dat sy motorfietsongeluk, waarin sy onderlyf verlam gelaat is, hom geleer het dat meeste mense op aarde meer goed as kwaad in hulle het.

En daar is heelwat humor en selfs ‘n bietjie selfspot, wat wys dat hy homself en sy ongeluk miskien nie té ernstig op neem nie.

Hy het verwys na die liedjieskrywers wat liedjies skryf vir geliefdes, party soms braaf genoeg om name by te voeg, van sy stem wat ‘n paar oktawe in die boonste register verloor het (maar darem ‘n paar bygekry het aan die onderkant), van die nuwe CD-reeks waarmee hy hoop om ‘n nuwe boot te koop (tong in die kies natuurlik?) en Mienkie van der Westhuizen wat sy hare in die hospitaal gewas het.

Maar hoe mens nou ook al daarteen stry, ‘n mens se hart gaan na hom uit. Hy is maer en sy oë is moeg.
Maar Mathys het desnieteenstaande ongelooflike mooi interpretasies gelewer van liedjies van Stef Kruger en Piet … de Vries, twee belowende Afrikaanse liedjieskrywers en sangers.

Hy het ook Leonard Cohen, Cat Stevens, Neil Diamond, Roger Whittaker en Koos Kombuis gesing, en natuurlik enkeles van Koos du Plessis, laasgenoemde nog steeds hartroerend mooi.

Na afloop van die vertoning, het Thabazimbiërs hom ‘n staande ovasie gegee, erkenning waarskynlik net soveel vir sy vertoning as vir sy guts om met sy sangloopbaan en lewe voort te gaan na sy motorfietsongeluk.

Hy het die aand afgesluit met Koos du Plessis se “Gebed”, ‘n lied, sê hy, wat nuwe betekenis vir hom die afgelope jaar gekry het.

Hennie Pauw

Posted in Entertainment0 Comments

Brandwet kry tande in Thabazimbi

THABAZIMBI – Goeie samewerking tussen rolspelers gaan dit waarskynlik moontlik maak dat die Brandwet effektief in Thabazimbi toegepas sal word. Dít het geblyk by die laaste vergadering van 2009 van die Thabazimbi Brandbeskermingsvereniging (TFPA) in November.

Dit sal beteken dat vervolgings suksesvol ingestel kan word waar wegholveldbrande ontstaan het as gevolg van die nie-nakoming van die wet. Die houding van sommige grondeienaars van “ek sal my grond brand soos en wanneer ek wil” sonder inagneming van bure en plaaslike strukture wat hierdie aksies beheer, sal nie voortaan betaal nie.

Dit blyk dat ‘n staatsaanklaer van Modimolle, wie se kennisveld spesifiek gerig is op die toepassing van omgewingswetgewing, moontlik sal help ondersoek instel na brande wat die afgelope seisoen in die distrik ontstaan het en baie skade aangerig het. Die saak is nie destyds verder deur die polisie ondersoek nie.

Aangesien daar nog onkundigheid bestaan oor die wetgewing en watter rolspelers betrokke is by die toepassing van die wet, is dit van kardinale belang dat hierdie proses verder gedryf word deur die TFPA om seker te maak dat die polisie, grondeienaars, regstelsel, en nodige staatsdepartemente almal saamwerk om skuldiges aan die pen te laat ry en verantwoordelike brandpraktyke aan te moedig.

Die Thabazimbi Brandbeskermingsvereniging het reeds ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van ‘n goeie netwerk en vergaderings word tans deur ‘n verskeidenheid van instansies bygewoon, soos Eskom, myngroepe, Departement van Waterwese, Departement van Landbou en Departement van Arbeid.

Daar is ook tydens die laaste vergadering aandag gegee aan die ontwikkeling van SETA-erkende brandbestrydingskursusse vir plaaswerkers, polisie en ander instansies. Die myne speel ‘n belangrike rol hierin.
Die jaar se laaste TFPA-vergadering is bygewoon deur Violet Baloyi van Polokwane, die Dept van Landbou se Bron Ouditeur vir die Waterbergstreek. Sy het aan die TFPA die proses verduidelik wat gevolg word wanneer goedkeuring van die Departement van Landbou (Direktoraat: Grondbestuur) verkry word vir die brand van blokke.

Haar direktoraat is verantwoordelik vir die regulering van landbougrond ten opsigte van aspekte soos erosie, verlies aan bogrond, bosindringing en plantindringers. Vir hierdie rede moet daar eers toestemming van die Departement Landbou verkry word om blokke te brand. Fisiese inspeksies word ter plaatse gedoen.

Baloyi het aangedui dat die aansoek 30 dae voor die brand reeds by haar moet wees, maar verkieslik langer voor die tyd, aangesien sy die enigste persoon is wat die hele Waterberg distrik dien. Die TFPA beveel aan dat, aangesien grondeienaars hul bestuursplanne en jaarbeplanning reeds vroeg doen, hierdie aansoeke sommer daarmee saam gedoen word.

Die TFPA het egter dit duidelik gemaak dat die toestemming van die Departement Landbou nie die toestemming vervang wat van plaaslike brandbeskermingsvereniging gee om te brand nie. Die kriteria waarvolgens toestemming deur die plaaslike brandbeskermingsvereniging toestemming verleen berus op aspekte soos grondvogtoestande, brandverbod, windtoestande, of kennisgewing aan bure plaasgevind het en beskikbaarheid van brandbestrydingstoerusting.

Daar is ter afsluiting groot dankbaarheid uitgespreek dat die gebied die reuse vernietigende brande van die vorige seisoen vrygespring het danksy die vroeë reëns.

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Dwaalboom inwoner skielik oorlede

DWAALBOOM – Allen George Cunningham, oud inwoner van Dwaalboom is op Dinsdag 24 November onverwags oorlede.
Allen (59jr) was tot sy sterfdag werksaam by Beumer Vervoer. Sy heengaan word betreur deur sy eggenote, Pat, twee kinders Berneace en Gareth, skoonseun Louis Liebenberg, familie en vriende wie hom altyd sal liefhê.

Die begrafnisdiens is vandag, Vrydag 27 November 2009 om 14:00 vanuit die Hervormde Kerk, Dwaalboom.

Posted in General0 Comments

Community participation requested at IDP meetings

THABAZIMBI – For the next week public participation meetings on the Thabazimbi Municipality’s IDP (Integrated Development Plan) are held throughout the district.

The public, stakeholders, ratepayers, businesses and NGO’s are invited to attend. These meetings provide the opportunity to all residents to submit any input (whether question, request or complaint) regarding matters which will impact on the municipal budget for the next financial year.

During the past week the Analysis Phase of the IDP took place within the Municipality with councillors and sector departments. The first of the public participation meetings was held on Thursday (yesterday) in Northam.

On Saturday 28 November (tomorrow) a meeting will be held in Rooiberg at 10:00 at the Rooiberg Community Hall. On Tuesday 1 December a meeting takes place at the Regorogile Community Hall at 17:30 and at Ipelegeng on Wednesday 2 December at the Community Hall at 17:30.

On Thursday 3 December farmers and Thabazimbi town residents are invited to the IDP meeting in the Trollope Hall at 17:30.

Jan Viljoen, chairman of the Thabazimbi Chairpersons Forum has urged residents and important stakeholders to attend the IDP meetings. According to him it will be ineffective to criticize the Municipality on next year’s budget if the public does not attend and provide input. If the people don’t attend these meetings it will mean that the Municipality is not informed of the needs of the people in its district.

On Sunday 6 December a last public meeting will be held at Rooibokkraal at Sekgweng Intermediate School at 10:00

Hennie Pauw

Posted in General0 Comments

Waterkwessies bly emosionele saak

Waterkwessies is vir baie boere ‘n emosionele kwessie, het duidelik geblyk tydens ‘n vergadering van die Waterberg Omgewingsforum gehou by Thaba Nkwe.

Eskom en ander rolspelers, soos die Departement van Waterwese en Omgewingsake het rolspelers kom inlig oor die vordering van projekte in veral die Steenbokpan-omgewing, met dele tot by Hartebeespoortdam wat ook geaffekteer word deur of span van kraglyne of watergebruik. ‘n Volledige voorlegging is aangebied deur mnr Okki van den Berg van DWA. Volgens hulle berekeninge sal daar heeltemal genoeg water wees om te voorsien in die behoeftes van ontwikkelaars soos Eskom (vir Medupi en moontlike ontwikkelings soos Coal 3 & 4), SASOL (Mafutha-projek) en dorpsontwikkelings in Steenbokpan.

In Fase 2 van die Mokolo Krokodil Wes Wateraanvullingsprojek word beplan om water vanaf ‘n onttrekkingspunt by die Vliegepoort naby Thabazimbi via ‘n pyplyn na die Steenbokpan-omgewing af te voer.

Fase 2 sal moontlik in twee dele ontwikkel word, soos die behoefte van ontwikkelaars, veral Eskom, bepaal en bevestig kan word. Die fase word beplan vir 2010-2015 met ‘n beplande koste van R 7280 miljoen en R 1400 miljoen vir die twee gedeeltes onderskeidelik, 160 miljoen kubieke meter water per jaar behoort deur Fase 2-pyplyn vervoer te kan word.

Dit is daarom duidelik dat hierdie duur water sal wees teen om en by R 20/kubieke meter water. Daar is dus geen voorsiening gemaak vir die uitbreiding van water aan landbou nie. Bestaande skemas en waterregte-houers gebruik volgens Van den Berg reeds optimale kwotas. Op ‘n vraag het hy bevestig dat dit onwaarskynlik sal wees dat enige nuwe waterregte of –kwotas toegeken sal word.

Hy het ook gerugte ontken dat daar nie genoeg water vir Medupi sal wees nie en dat die Hartbeespoortdam in ‘n baie kort tydjie leeggepomp sal word. Volgens hulle berekening benodig Medupi slegs 14 miljoen kubieke meter water per jaar, ‘n hoeveelheid waarvoor meer as genoeg voorsiening gemaak is.

Ten spyte van sy versekering dat daar 300 miljoen kubieke meter water jaarliks beskikbaar is uit afloop uit die Rand, was boere nie oortuig dat hulle kwotas nie bedreig word nie.

Hy waarsku dat die water wat wel in die gebied beskikbaar is optimaal gebruik moet word en dat alle groot gebruikers, soos Eskom en Exarro hulle afvloeiwater moet hergebruik.

Met verhoogde afvloeiwater in die Hartbeespoortdam-gebied, is daar meer water as wat deur die projek benodig word en glo hy dat boere al langs die projek se water nie bedreig word nie.

In geval van ernstige droogtes sal besproeiingskwotas gesny word volgens huidige ooreenkomste. Dieselfde sal ook in die toekoms gebeur.

Eskom het onderneem dat verdere werkswinkels oor water gehou sal word om hierdie kwessies in meer detail aan te spreek.

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

Lephalale trek op teen misdaad

Met stygende misdaadsyfers, veral in gevalle van huisroof (inbrake terwyl inwoners tuis is), verkragting en aanranding, asook drie plaasaanvalle in twee weke, het inwoners van Lephalale en Marapong besluit ‘Genoeg is genoeg!’

Inwoners het Saterdagoggend gewys hulle kan saamstaan, toe hulle hul voet neergesit het teen misdaad in die Lephalale-omgewing.

‘n Memorandum en petisie is oorhandig aan die plaaslike hoof van die SAPD, Supt. Wessel Geldenhuys deur organiseerders, raadslede Stef Snijders en Stephne Malamela.

In die memorandum eis die gemeenskap van Lephalale dat hul grondwetlike reg op veiligheid en sekuriteit beskerm word deur diegene verantwoordelik hiervoor.

Te midde van groot ontwikkelings in die Lephalale-gebied, wat volgens almal in landsbelang is, het misdaad geweldig toegeneem.  Veral geweldsmisdade soos huisroof, aanrandings, gewapende roof, verkragting en moord is besig om die gemeenskap van Lephalale finaal teen die grond te verpletter. Die huidige situasie is volgens die memorandum onaanvaarbaar. Volgens die organiseerders is een enkele moord of verkragting een te veel.

Hul eis aksie van die owerheid ten opsigte van die volgende:

  • dat die plaaslike SAPD bemagtig word om hul taak te verrig deur die nodige ervare mannekrag, opleiding en toerusting te verkry wat hulle nodig het om hul taak mee te verrig;
  • dat wette en Munisipale Verordeninge so geformuleer word, dat dit effektief toegepas kan word
  • dat die kwessie van onwettige immigrante in die gebied aangespreek sal word;
  • dat die kwessie van hawelose mense effektief deur die regering aangespreek sal word;

Volgens mnr Stef Snijders, organiseerder en raadslid vir Onverwacht, is hulle uiters teleurgesteld in die feit dat die munisipaliteit nie opgedaag het nie. Hy was vroeër die week in ‘n vergadering met die hoof van verkeer, mnr Aggrey Mailana, verteenwoordigers van die munisipaliteite in die SAPD. Die burgemeester, me Rosina Mogotlane het vooraf aan mnr Jan van Niekerk, lid van die uitvoerende komitee en deelnemer aan die optog, bevestig dat sy sal kom saamstap, voor sy die memorandum in ontvangs neem. Geen verteenwoordiger van die munisipaliteit het egter opgedaag nie. Geen verkeerspersoneel het beskerming aan optogggangers verleen of die verkeer gereguleer nie.

Die organiseerders het hulle tevredenheid uitgespreek oor die deelname ten spyte van die bewolkte weer en hoop dat die belangrike kwessie weereens onder die owerhede en plaaslike inwoners se aandag gebring sal word.

Die petisie en memorandums al later in die parlement aan die minister persoonlik oorhandig word, sowel as aan die LUR in die provinsiale wetgewer.

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

Energieplanne omgekrap

Grondeienaars moes weereens hoor dat hulle dalk tussen 12-18 maande sal moet wag vir Eskom, wat reeds ‘n jaar gelede met grondeienaars begin onderhandel het, om ‘n finale besluit te neem oor die bou van nog twee steenkoolaangedrewe kragstasies, die sogenaamde Coal 3 en 4 in die Steenbokpan-omgewing.

Na ‘n aankondiging van ministeriele vlak dat ‘n kernkragstasie teen 2020 operasioneel moet wees, was dit duidelik dat die regering Eskom se planne deurmekaar gekrap het. Voeg hierby die toestand van die wêreld-ekonomie, die huiwerigheid van die SA-verbruiker om verhoogde elektrisiteitskostes te betaal en die invloed van omgewingsgroepe in potensiele belegger-lande en die onsekerheid rondom die toekoms van ontwikkelings in die Steenbokpan-gebied neem dramaties toe.

Tydens die Waterberg Omgewingsforum se vergadering naby Thabazimbi, was dit duidelik dat voorgenome planne tans in die war is. Tot Vrydag, vertel een Eskom verteenwoordiger, was die bou van nog twee steenkool-aangedrewe kragstasies, Coal 3 en 4, bo aan hul planne. Die tydsberekening het bloot afgehang van die goedkeuring van tariefverhogings.

Na die minister se aankondiging, moet die bou van ‘n kern kragstasie, waarskynlik aan die Weskus, weer ondersoek word. Alhoewel kernkrag, soos wind- en sonkrag, altyd deel was van die strategiese plan, was dit nie onder die uitvoerbare en bekostigbare prioriteite nie.

Die Nasionale geintegreerde Hulpbronplan (NIRP) moet voor die einde van November aan die kabinet voorgelê word. Volgens dr Steve Lennon, Eskom korporatiewe dienste, sal die plan in die eerste kwartaal van 2010 beskikbaar wees en sal daar ‘n publieke deelname proses wees. Hy nooi almal uit om ook, soos met die Forum, aktief daaraan deel te neem. Die plan is opgestel uit ‘n strategiese plan wat Eskom vroeër met die Forum gedeel het.

Dit sal tot gevolg hê dat grondeienaars en ontwikkelaars in die Steenbokpan-omgewing tussen ses tot twaalf maande moet wag om te hoor of die bou van die nuwe kragstasies sal voortgaan, meen Eskom hoof ingenieur, mnr Mfundi Songo. Eskom gaan egter voort met die omgewingsimpakstudies en spesialis studies, wat volgens grondeienaars reeds lank agterwee is. “Even if we do not develop this project ourselves, a lot of possibilities exist, for example independant power suppliers that will generate power for Eskom,” says Songo.

Volgens mnr Lesley Naidoo, ook deel van die Eskom-span, is daar tans soveel veranderlikes in die beplanning, dat dit baie moeilik is om enige voorspellings te waag. Belangrike kwessies wat eers opgelos moet word, is die Nasionale Hulpbron plan en ‘n duidelike besluit deur die regering, toestemming tot verhoogde tariewe, verbetering in die wêreldekonomie en die ondersoek van moontlike internasionale beleggers.

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

Hoe ver trek besoedeling?

Met twee kragstasies op die drumpel, is Thabazimbi-inwoners bekommerd oor die moontlikheid van besoedeling.
Terwyl Eskom nog wag op die finale resultate in ‘n studie om die ‘uitval’ van besoedeling in die Witbank-area te bepaal, vorder die bou van die Medupi-kragstasie fluks. Die nodige tegnologie om lugbesoedeling te voorkom, kan nie onmiddellik gebruik word nie, omdat daar te min water beskikbaar is. Dit sal eers in ‘n tweede fase aangebring word, wanneer die water-aanvullingsprojek voltooi is.

Hierdie en ander lug- en waterbesoedeling is bespreek tydens die vergadering van die Waterberg Omgewingsforum se vergadering op Maandag by Thaba Nkwe. Volgens mnr Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, moet enige studies oor besoedeling ook die invloed van die beplande Mmamabula kragstasie in Botswana insluit. Volgens Viljoen is die kragstasie ook op dieselfde steenkoolveld en word water- en lugsisteme gedeel.

Die Departement van Omgewingsake was weereens afwesig en kon nie antwoorde verskaf op dringende vrae van lede nie.

Volgens dr Steve Lennon, Eskom korporatiewe dienste, is daar reeds begin met omgewingsmonitering in die Lephalale-omgewing voordat Matimba gebou is. Moniteringstasies sal ook rondom Medupi gebou word. Lennon beloof ook dat individuele monitering om die oorsaak van roes in die omgewing te bepaal, ondersoek sal word.

Alhoewel Medupi nie onmiddellik met die beste tegnologie vir die beheer van lugbesoedeling toegerus sal word nie, sal dit wel in ‘n volgende fase, wanneer die nodige water beskikbaar is, opgerig word.

Volgens mnr Hein Boegman, grondeienaar en voorsitter van die Steenbokpan-aksie groep, moet die kumulatiewe effek van projekte in die gebied in ag geneem word. Die voormalige Departement van Omgewingsake en Toerisme (DEAT) so ‘n studie onderneem het. Klaarblyklik het hulle begin met die proses, maar ‘n diensverskaffer is nog nie aangewys, volgens ‘n Eskom-woordvoerder nie. Niemand van die Departement was teenwoordig om hierdie en ander vrae te beantwoord nie. Volgens Boegman sal dit waarskynlik te laat wees om ‘n sinvolle impak te hê.

Lennon beloof egter dat ‘n konsolideerde prentjie opgestel word. Mnr Solomon Pienaar van NEMAI konsultante is besig met die opstel van so ‘n kaart.

Elana Greyling

Posted in General0 Comments

Sages afsluiting by Thabazimbi Gholfkub

THABAZIMBI – Die laaste Bosveldliga byeenkoms wat verlede Saterdag by Thabazimbi Gholfklub moes plaasvind is op die laaste nippertjie gekanselleer weens die ongure weer. Die dreigende reën en ‘n moontlike onspeelbare nat baan het dit genoodsaak.

Die plaaslike Sages het egter verlede Donderdag ‘n baie aangename afsluiting gehou. Daar is die oggend gholf gespeel en die middag het die gades by hulle aangesluit en is daar heerlik gekuier en gebraai. Willem du Plessis verras toe almal en homself seker die meeste toe hy die dag se gholf met 47 punte wen. Hy speel die dag 11 houe onder sy voorgee, iets wat seker net so’n prestasie is as ‘n putjie-in-een. Tweede met 40 punte was Jeanette Rall en Bernie Gous met 38 was derde.
Baie dankie aan al die Sages-lede wat gespeel het en pryse bygedra het. Jan du Plooy het vir elkeen ‘n gegraveerde glas laat kry om die dag te onthou en Nico van der Westhuizen het ‘n trofee geskenk waarvoor daar nou gereeld meegeding sal word. Waterberg Sages se afsluitings byeenkoms is 3 Desember op Koro Creek.

Saterdag 28 November is dit Gekkedag. Daar gaan die dag net met drie stokke gespeel word waarvan een ‘n setyster moet wees. Dit is ‘n pretdag en die samesyn van ons lede is die belangrikste. Kom geniet die pret en verrassings wat daar dalk kan wag.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 6.gif Marakele Dewside beer Visvang 4x4 Thabazimbi Expo 2.JPG 4x4 by Thabazimbi Expo 4x4 Jaggeweerskiet Thabazimbi Expo 2.JPG Kudu Quad Run

Weather Forecast

February 8, 2012, 8:15 am
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
20°C
real feel: 19°C
humidity: 82%
wind speed: 2 m/s N
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

November 2009
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools