Archive | October, 2009

Skeerpoort Verspreiders geborgde Gholfdag

THABAZIMBI – ‘n Geborgde gholfdag deur Skeerpoort Verspreiders, aangebied deur Laerskool Koedoeskop ter versterking van hul fondse, vind op Saterdag 31 Oktober 2009 te Thabazimbi Gholfbaan plaas.
Skeerpoort Verspreiders, die amptelike verskaffers van Engen brandstof in Thabazimbi is hierdie jaar die hoofborg.
Die formaat is ‘n 18 putjie 4 bal beter bal stableford met keuse (scramble) bofbal met ‘n afslaan om 09:30. Spelers kan van 08:00 registreer en ‘n ligte ontbyt saam geniet.
Spelers ontvang die volgende voordele gedurende die dag: 18 gaatjies gholf te Thabazimbi gholfklub, by registrasie ontvang elke speler die volgende: ’n geskenk, ‘n gholfbal, afslaanpennetjies, setperk hersteller en ‘n merkertjie, ontbyt, middagete te halfweghuis en prysuitdelingsfunksie om 19:00. Een van die groot pryse is ‘n rit vir twee in ‘n lugballon. Volgens die organiseerders is die beste van als dat die Curriebekerfinaal ook op die dag plaasvind. Daar gaan ‘n grootskerm wees, waar die deelnemers saam met vriende en gholfmaters kan kyk hoe die kampioene die trofee inpalm. Die prysuitdeling sal na afloop van die rugby plaasvind. Kontak die organiseerders vir enige navrae: Gustav Grobler by 014 7850607 of 083 264 8876, Nelmarie Schutte by 014 777 3063 of 073 164 5105 en Jaco du Toit by 082 388 1995.

Posted in Sport0 Comments

Limpopo Quad Fun Run

MATJIESFONTEIN – Boere in die Matjiesfontein-Limpopo omgewing het verlede naweek hul plase oopgestel vir ‘n Limpopo ‘Quad Fun Run’ ten bate van die NG Gemeente Limpopo.
Sowat 200 vierwiel entoesiaste het vanjaar die roete met vierwiel en tweewiel motorfietse aangedurf. Vir ‘n paar manne was dit ‘n saak van erns en hulle het hulle vernuf getoets teen die Bosveld sand en sinkplaatpaaie. Aangesien dit ‘n pretrit was, is geen wenner aangekondig nie.
Dit is natuurlik waarom daar ook geen verloorders was nie en gesinne het die dag saam geniet op ‘n roete wat deur verskeie wildsplase gestrek het. Daar was natuurlik ook ‘n groot persentasie deelnemers wat in die maltrap-kategorie ingeskryf het en daar is ure lank in die watergate gespeel. Hulle het die vlakvarke behoorlik gewys hoe dit gedoen moet word.
‘n Feestelike atmosfeer het by die eindpunt geheers, met Ds Johnny de Clercq en sy Limpopo-gemeentelede wat sommer basaar ook gehou het. Volgens die organiseerders, mnr Harry Kruger en Hennie Vermaak, van Mogol Motors, was dit ‘n reuse sukses.

VLU stal talente uit

LEPHALALE – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Ellisrastak het die organisasie se rol as opvoeder van die volwasse vrou in kleur gedemonstreer tydens hul eerste Stokperdjie Skou in Lephalale verlede Vrydag.
‘n Wye verskeidenheid talente was te siene met lede en gas-uitstallers wat gewys het hoeveel wonderlike talente, rare belangstellings en uitsonderlike vaardighede in Lephalale te siene is. Die kunstenaars was goed verteenwoordig met skilderye en ander kunsvorms van Anastasie Eckard, Surita Steenkamp, Marita Wagner en Nancy en Jan Brink. Die vroue het ook gewys hoe ‘n mens met die naald kan skilder met asemrowende hand borduurwerk en vernuftige masjienskeppings. Verder was daar van juwele, gedigte, gebak en gebottel, biltong, kunslampe en vele meer te siene.
Interessante demonstrasies is aangebied om die kreatiwiteit net verder aan te moedig. Heleen Stighling, ‘n VLU-lid van Paarl-tak, het haar vernuftigheid gedemonstreer met al die verskeidenheid happies wat ‘n mens kan maak uit blaardeeg vir daardie ewige ‘bordjie soet of bordjie sout’. Sy het van koeksusters tot vingergrootte kershappies gedemonstreer.
Blomme-idees deur die vlytige VLU-blommekunstenaars het elkeen aan die dink gesit, met ‘n rangskikking in ‘n pampoen, Baberton daisies en krale en nog vele meer. Katinka Heyns het kreatiewe idees gegee oor kersversierings wat ma en kinders heerlik besig kan hou die vakansie.
Die volgende vergadering vind plaas op Vrydag, 6 November om 9 vm by Jan se Gat. Dit sal die afsluitingsvergadering asook re-organisasie wees. Navrae kan gerig word aan Martie van den Berg by 014-7632492.

Posted in Agriculture0 Comments

Jabulani Hengelkompetisie hierdie naweek

MAKOPPA – ’n Heerlike visvangdag aangebied deur Huis Immergroen, Thabazimbi vind môre, Saterdag 31 Oktober te Makoppa plaas.
Spanne kan reeds vanaf 05:00 by die hoofhek inskryf en nie vanaf 07:00 soos verlede week berig nie. Inskrywings beloop R600 per span per pen terwyl nie-hengelaars teen R50 per persoon, die dag saam kan geniet. Die kompetisie begin om 07:00.
Pryse vir die swaarste karp, swaarste barber, swaarste kurper, swaarste sak asook hope ander pryse is op die spel.
Die hengelreëls is soos in die verlede, penne word getrek vir die 3 persone per inskrywing, slegs 3 persone per pen word toegelaat (penmaats). Slegs persone wie vir die kompetisie ingeskryf het, mag in die dam hengel, slegs 2 stokke per hengelaar word toegelaat, geen bote, aasbote of kano’s word toegelaat nie, Hengelaars mag tot onder-arm diepte in die dam instap om ’n vis te speel of uit te haal, op eie risiko aangesien daar ’n moontlikheid van krokodille is.
Akkommodasie kan per vooraf bespreking gereël word by Dawie of Kobus Snyman.
Kontak Jaco van Vuuren 082 439 1440, Dawie Snyman 083 306 6346 of Kobus Snyman 083 230 4037 vir verdere inligting.

ERA Thabazimbi vier 3 jaar

THABAZIMBI – Die ERA Thabazimbi-tak het op Donderdagaand 22 Oktober hul derde verjaarsdagviering saam met kliënte, by hul kantoor te Warmbadweg gehou.
Cathy, areabestuurder van die ERA Eiendomsagentskap, het met lof gepraat oor die Thabazimbi-tak se personeel en ook genoem dat dié besonderse tak die “Office Image of the year 2009” toekenning met die onlangse ERA prysuitdeling verower het.
Volgens Cathy lei die prinsipale, Herman en Anita Barnard hul agente met deursettingsvermoë, motivering en kundigheid op om die beste diens vir hul kliënte te waarborg. As deel van die verjaarsdagvieringe het ERA hul kliënte met ‘n biltong- en wynproe aand bederf. Elkeen het die kans gekry om vier biltongproehappies en vier verskillende wyne te proe. Die wenner van die proe-kompetisie, “kenner” Fransie Smit, het al die antwoorde korrek gehad. ERA Thabazimbi se agente poog om hul kliënte te onderskraag en die beste leiding moontlik te bied wat eiendomskeuses betref.

Posted in General0 Comments

Education, the first step to success

THABAZIMBI – A Matric certificate is the first step to great success, therefore Thabazimbi Municipality took some extra effort by visiting and presenting a motivational talk to all Grade 12 learners from the five High and Secondary Schools within Thabazimbi Municipal area. The five schools visited were, Groenvlei, Mabogo-pedi, Frikkie Meyer, Naletsana and Northam Comprehensive. The visit was led by the Mayor Naledi Matlou, Cllr PA Mosito (Chairperson of Council Committee for Social Services), Mr MD Lottering (Manager Corporate Services for the Municipality), municipal officials and both Circuit Managers, Mr FM Mathebula and Ms SJ Madela of Thabazimbi and Dwaalboom respectively. “Your goals, dream, aspiration and passion should be your top priority”, said Mr Lottering while giving his motivational talk to learners. He further emphasized that each and every learner is the cause and creator to his/her unique future. Self-discipline and effective time management is a function of your independent will. “You will always reap what you sow. You are future leaders of this country, you are a generation that will design and invent solution to South Africa and to the world at large,” those were some of the motivational words to learners. In conclusion the Mayor made some assurance to learners that the municipality, community at large and family members will always be with them with prayers during this period of exams. He further handed best wish card messages to all school principals, containing the words: “As you prepare for Matric Examinations 2009, I urge you to study with zeal and dedication. We wish you all success in your exams knowing that the skills you will acquire in future will ensure that you can contribute in the future growth and development of the country and the world. We further urge parents and educators to offer maximum support to you all during this period. Working Together We Can Do More. May God bless you.”

Posted in General0 Comments

Week 44 – 30 October 2009

Week 44 – 30 October 2009

Posted in Download0 Comments

ideal plants

Ideal Plants Kwekery nou ook in Thaba by Touch Coffee Shop

ideal plants

Die nuwe perseel van Touch Coffee Shop en Eu-Mar kwekery

THABAZIMBI- Vir die gerief van baie van hul getroue kliënte het Eugene en Anne-Marie besluit om hul bedryf uit te brei tot op die voorstoep van Thabazimbi.  Hulle is 35 jaar in die plante bedryf en handhaaf ‘n stywe pas ten einde in alle kliënte se behoeftes te voorsien. Daar word ook maandeliks by die kwekery te Sanddrift pryse ter waarde van tot R500 uitgeloof. Deur hulle kwekery te besoek kan u daarvoor in aanmerking kom. Gaan besoek gerus Eu-Mar Kwekery op die h/v 13 de Laan en Van der Bijlstraat, Thabazimbi. Dis by Touch Coffee Shop se perseel.  Die kwekery bied ‘n groot aantal spesiale aanbiedinge vir die seisoen.  Bestellings vir groot plante en palms is baie welkom. Kontak:  082 215 2648 of 082 465 3965 of  (012) 277-2212. Touch Koffie Winkel is ‘n gesellige en rustige plekkie met gawe personeel, baie gasvryheid en gewillige diens, waar hulle sal verseker dat u altyd welkom en tuis sal voel. Dié winkel het verskuif na 13de Laan 3. Hierdie skuif het dit vir hulle moontlik gemaak om hul horisonne aansienlik te verbreed. Touch beskik nou oor ruim en buite onthaal fasiliteite. Vele moontlikhede word vir u ontspanning aangebied. ‘n Heerlike ete kan saam met u familie of vriende geniet word, terwyl die kinders hulself besig hou met inkleur of speel. Enige funksie kan daar aangebied word, niks is te groot of te klein vir hul kosmaak span nie. Touch het die ideale perseel vir kinderpartytjies – sit terug en ontspan terwyl hulle alles reël en die kleingoed hulself gate uit geniet in die swembad. Springkastele en ander vermaak kan ook gereël word. Vanaf 1 November 2009 word die spyskaart gewysig om onder andere die volgende in te sluit: steaks, skaap- en vark tjops, calamari, schnitzels en nog vele meer. Elke Sondag word ‘n tradisionele buffet ete aangebied, vir slegs R85 per persoon. Dis sluit in: 2 vleisdisse, rys, slaai, 2 groentes, gebakte aartappels en nagereg. U kan dit ook as wegneem etes bestel.‘n Reeks dames- en kinderklere word ook by Touch aangehou met nuwe voorraad een maal per maand.  Daar is nie nog ‘n instansie soos Touch nie, gaan geniet die ervaring saam met hulle. Vir navrae/besprekings kontak Maretha by 082 929 6858 of Melissa 072 620 7897

Posted in General0 Comments

ystervark fees

Ystervark Bergfietswedren tydens Swartklip Fees

Riaan Nagel en Johan Pienaar, die naaste wat Swartklip aan pro's gekom het, veg vir die tweede- en derde plekke.

SWARTKLIP – Die eerste Cross Country bergfietswedren vir Swartklip se Black Rock Rider fietsklub het op 10 Oktober tydens die Ystervarkfees plaasgevind.
Hierdie fietswedren is op Allen Mcgill se plaas aangebied met twee roetes om van te kies, ‘n 15km roete en ‘n stewige 40km roete. Alhoewel daar so ‘n paar rigtingaanwysers deur die vorige nag se reën uitgewis was, het net ‘n paar 40km ryers die pad byster geraak, maar weer die spoor opgetel om die voorste manne in te haal.
Deelnemers vanaf Rustenburg, Thabazimbi, Northam, Northam Plats, Amandelbult, Johannesburg, Pretoria en Swartklip het mekaar die stryd aangesê, maar dit was die manne en vroue van Thaba wat die wedren oorheers het, wat die Swartklipryers laat wonder het of dit dalk al is wat hulle daar langs die Ysterberge doen.
Volgens die organiseerders was die dag ‘n groot sukses met geen ernstige beserings nie.
Uitslae van die wedrenne is as volg:
15km Junior mans: L Nagel eersteplek. 15km Senior mans: A Esterhuizen in die eersteplek en F Steyn in die tweedeplek. 15km Senior dames:  M Steyn in die eersteplek en M Botha in die tweedeplek.
40km Junior mans: G Swart in die eersteplek en I Pienaar in die tweedeplek. 40km Senior mans: A de Beer in die eersteplek, J Pienaar in die tweedeplek en R Nagel in die derdeplek. 40km Senior dames – W Pienaar in die eersteplek, E Pelser in die tweedeplek en M Pretorius in die derdeplek.

Posted in Entertainment, Sport1 Comment

Gewapende tuinier skiet plaasopsigter.

MARKEN – ‘n Plaasopsigter van ‘n vakansieplaas in die Marken distrik, mnr Jan Potgieter (65) is dood nadat hy en sy vrou, Annelie, deur die tuinier, na bewering ‘n Zimbabwiër, aangeval is. Die voorval het Woensdag 21 Oktober 2009 omstreeks 13:00 plaasgevind.
Die egpaar se skoondogter en haar twee klein kindertjies was na bewering alleen tuis omdat die ouerpaar dorp toe gegaan het om vir hulle seun wat gister, Donderdag 22 Oktober 2009, sy verjaarsdag gevier het, ’n geskenk te gaan koop. Die tuinier het haar en die twee klein kinders in hul chalet aangeval en geld geëis. Die twee klein kinders (beide jonger as 5 jaar) is in die badkamer toegesluit.
Die ouer mense het met hul terugkeer onraad vermoed. Na bewering het mev Potgieter in die opstal ingegaan terwyl mnr Potgieter na die chalet gegaan het. Die tuinier, wat gewapen was, het mnr Potgieter in die opstal ingedwing waar hy blykbaar tydens ‘n struweling met die aanvaller noodlottig gewond is. Mev Potgieter het skote geskiet en die aanvaller gewond waarna hy weggehardloop het.
Die Distrik Landbou Unie (DLU) kantoor op Baltimore is deur die plaaseienaar van die voorval in kennis gestel. Die kantoor het onmiddellik die SAPD en die Plaaswagte geaktiveer. Mnr. Japie Spanio, voorsitter van die Veiligheidskomitee van TLU SA Noord het die gemeenskap geprys vir hulle blitsige optrede. Binne minute was die Overysselpaaie asook die kleiner paaie na die Phalalarivier afgesper. Selfs lede van die Baltimore Boerevereniging het gehelp om paaie af te sper aangesien daar op daardie stadium nog nie geweet het of die verdagte te voet of  per voertuig gevlug het nie. Die SAPD was kort daarna op die toneel. Die SAPD het ’n helikopter beskikbaar gestel. Nog ’n privaat helikopter het aan die soektog deelgeneem. Die ‘Rapid Care’ ambulanse diens van Ellisras was op die toneel maar mnr Potgieter is op die toneel dood verklaar.
Volgens mev Roné Hennop, voorsitter van die Marken BV was die SAPD honde-eenheid vinnig op die toneel en het saam met die lede van die plaaswag die spore gevolg. Die 18-jarige verdagte is kort daarna op die walle van die Phalalarivier vasgetrek. Sy het haar dank uitgespreek teenoor die lede van die plaaswagte wat so vinnig en doeltreffend opgetree het. Sy het ook ’n spesiale woord van dank en waardering teenoor die SAPD uitgespreek vir hulle vinnige en professionele optrede. Sy het gesê dat die Koedoesrand DLU oor die jare heen ’n hegte verhouding met die plaaslike SAPD stasies, tot so ver as Ellisras, opgebou het.
Mnr Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê dat die ongelooflike samewerking ‘n duidelike boodskap aan kriminele stuur dat georganiseerde landbou in Limpopo gereed is om die gebied te beveilig en daarna streef om goeie verhoudinge met die SAPD op te bou. Hy het gesê dat Limpopo nie verniet een van die veiligste provinsies in Suid Afrika is nie. Hardewerk het dit moontlik gemaak. Hy het veral die gemeenskap bedank vir hulle vinnige optrede en vir die ondersteuning aan die gesin.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

SDC12127 4x4 Olifant Thabazimbi Vloed 5.gif Thabazimbi Vloed 7.gif Thabazimbi Boogklub Sweef Thabazimbi Vloed 38.gif Thabazimbi skole

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:30 am
Clear
Clear
9°C
real feel: 7°C
humidity: 39%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 
Archives

October 2009
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools