Categorized | Sport

Wes Voere Thabazimbi Uithouritte

Ruiter Lourens de Witt op Skydragon Mazurka tydens ‘n uithourit.

Ruiter Lourens de Witt op Skydragon Mazurka tydens ‘n uithourit.

THABAZIMBI – Alle perdeliefhebbers kan hul kalenders vir 25 en 26 September oophou wanneer ‘n heerlike saamkuier geleentheid op die plaas Allied Koedoeskop, 06:00 tot 21:00 gaan plaasvind.
Hierdie uithourit word deur Wes Voere Thabazimbi moontlik gemaak en toeskouers sowel as ruiters wat gaan deelneem is welkom om die saamkuier geleentheid by te woon.
Daar word sowat 100 ruiters en perde verwag van so ver as Belfast, Pietersburg, Tzaneen, Delmas, Capricorn, Elma, Krugersdorp en Magalies. Die afstande van die uithouritte is 30km, 60km en 80km en die langste 120km, die ritte en ruiters voldoen aan die reëls en standaarde van ERASA (Endurance Riding Association of South Africa).
Die toeskouers kan ook sien hoe word die perde afgekoel en gereed gemaak vir die volgende been van die rit, veeartse ondersoek en kyk na die algehele toestand van die perd, as hy nie gereed is nie mag hy nie aangaan met die volgende been van die rit nie. Daar sal elke dag na die afhandeling van ‘n bepaalde afstand ‘n prysuitdeling wees met pryse geborg deur Wes Voere Thabazimbi.
Ruiters het nog kans tot 24 September om in te skryf vir die uithouritte. Daar sal ‘n kafeteria wees en braaipakke is ook beskikbaar. Vir meer inligting skakel Leon 083 675 2289.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Olifant Marakele Cropsray Marakele National Park quads_expo_2007 Lugvertonings SDC12098 Paragliding Kumba Nationals Sweef

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:26 am
Clear
Clear
9°C
real feel: 7°C
humidity: 39%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools