Posted on 18 September 2009.
Hennie Pauw
THABAZIMBI – Die warmer weer het weer eens, soos in die verlede, Thabazimbi se waterprobleem onder die aandag van inwoners gebring. Terwyl sommige inwoners in die laerliggende gebiede na hartelus tuine besproei, is daar inwoners hoër op in die dorp en elders wat vir lang periodes geen water het nie.
‘n Brief van ‘n leser het verlede week in die Kwêvoël verskyn waarin hy gekla het oor die gebrek aan water in Uitbreiding 37 (verby Obaro, agter die Eskom store).
Volgens die klaer, JC Havenga, het sy gesin ‘n huis betrek in hierdie uitbreiding en vir ongeveer 5 weke was die watertoevoer baie bevredigend. Die afgelope 5 weke is daar egter slegs snags water. Hy was verplig om ‘n watertenk en drukpomp aan te bring by sy huis. Hy het ook sy bekommernis uitgespreek oor die feit dat die brandkrane, vir dieselfde rede, nie werk nie.
Volgens Havenga sou hy nie by Uitbreiding 37 ‘n huis gekoop het as hy geweet het van die waterprobleme nie. Die probleem kom egter nie net by hierdie nuwe uitbreiding voor nie. In Vierde Laan, byvoorbeeld, is daar dikwels nie water nie.
Dit blyk dat, as almal in die dorp saamstaan en water help bespaar, dit die inwoners in die buitewyke en hoër gebiede sal bevoordeel. Die belangrikste is dat tuine met oorleg natgegooi word. Op die uiterste 2 of 3 maal per week, sê Danie Stoltz, Siviele Koördineerder by die Munisipaliteit. En dan nie só dat water by die pad afloop nie. Hierdie praktyke kom veral voor by die laerliggende dele van Uitbreidings 5, 6 en 8. Hierdie inwoners ervaar nie die watertekort soos ander inwoners nie, en het waarskynlik nog nooit die nood gesien om spaarsamig met water te werk nie. Swembaddens gebruik ook baie water.
Volgens Joshua Motsoamane, woordvoerder van die Thabazimbi Munisipaliteit is die watervoorsiening aan Uitbreiding 37 ‘n groot uitdaging. As ‘n korttermynoplossing gaan die munisipaliteit ‘n 10 000 liter watertenk oprig met drukpomp en eenrigtingklep. Die tenk sal snags vol loop wannneer die waterverbruik in die dorp laag is en bedags water aan die huise in hierdie uitbreiding kan voorsien.
Posted in General
Posted on 18 September 2009.
Hennie Pauw
THABAZIMBI – Soos reeds dikwels vantevore in Die Kwêvoël berig is, is daar ‘n verskeidenheid faktore wat tot Thabazimbi se waterdilemma bydra. Hierdie kwessie geniet tans die toegewyde aandag van die munisipaliteit, maar dit sal ongelukkig tyd neem om maatreëls in plek te stel.
Vir die huidige blyk dit dat beide die pompe by die pompstasie optimaal funksioneer en ‘n bystandspomp sal in die nabye toekoms beskikbaar wees. Dit is tans besig om herstel te word. Die lyk ook asof, tussen die Magalieskonsessie en die boorgate, die watervoorsiening tans voldoende is.
Die probleme kom egter hoofsaaklik voor by die reservoirs. Van die ses bestaande reservoirs is die inlaat by slegs een (wat Regorogile bedien) aan die bopunt. Die ander vyf laat water in van onder af. Ipelegeng en Mmabane ontvang ook hul water direk van die hooftoevoerpyp af, in plaas daarvan dat hul netwerk aan die uitlaat gekoppel is, verduidelik Danie Stoltz, Siviele Koördineerder by die munisipaliteit.
Die gevolg van die verkeerde inlaat is dat water, soos dit ingepomp word, gebruik word en die reservoirs nooit die geleentheid kry om vol te word nie. As die reservoirs nie vol tap nie, is daar nooit genoeg druk in die uitlaatpyp om die areas wat verder en hoër geleë is, van water te voorsien nie. Die inwoners kry as’t ware nie ‘n gelyke kans tot die water nie en slegs diegene in die laerliggende gebiede, soos Uitbreidings 5, 6 en 8 het voltyds water.
Hierdie probleme geniet egter tans aandag. Pype is reeds beskikbaar vir die werk wat beplan word. ‘n Ander aspek, waaroor die munisipaliteit nie beheer het nie, is die afskakeling van krag by die pompstasie, wat dit nie moontlik maak om water in die reservoirs te pomp nie. Daar word gekyk om ‘n alternatiewe kabel te lê, maar toestemming sal eers van Kumba verkry moet word aangesien die kabel op myngrond gelê sal moet word.
Daar is ook die kwessie van die swart “teeragtige” stof wat in die water voorkom vanaf die boorgate. Hierdie water word gereeld getoets en is van goeie gehalte behalwe vir die hoë voorkoms van Mangaan en Manganesium in die water.
Wanneer daar aan die pype gewerk word, pak hierdie stof in die pyp aan en beland in die bufferreservoir wanneer die watertoevoer herstel word. Hierdie pype sal egter van skuurkleppe (scour valves) voorsien word, wat tegnici in staat sal stel om die “vuil water” eers uit te spoel voordat die water na die reservoir vloei, verduidelik Stoltz.
Posted in General
Posted on 18 September 2009.
Baie mense is nie bewus van die rol wat die verkeersafdeling op hierdie gebied speel nie en ander dink weer dat daar nie so iets soos rusverstoring is nie. Moenie glo nie! Rusverstoring is springlewendig en gesond! Op Vrydag 11 September omstreeks 18:00 het ons die hulp van die Verkeersafdeling van Thabazimbi ingeroep om ons by te staan met bure wat ons treiter deur hulle musiek onnodig hard te speel.
Mnr Johnny Motaung se span, mnr Gerrie Visagie en sy kollega was binne minute op die toneel en het dadelik opgetree en die probleem hokgeslaan. By twee geleenthede hierdie afgelope maand moes ons ook die hulp van die SAP inroep om remoerige mense van Ipelegeng woongebied wat gedurende die nag hulle musiek onuithoudbaar hard gespeel het, stil te maak. In albei gevalle het die Polisie opgetree en kon ons binne tien minute weer rus en vrede ervaar. Volpunte aan julle almal! Baie dankie dat ons op julle kan staatmaak om wet en orde te handhaaf in ons dorpie.
Mr Johnny Motaung and you team, SAP officers, we salute you.
Mnr en mev Van den Bergh
Posted in Letters
Posted on 18 September 2009.
THABAZIMBI – The Thabazimbi District hospital organised a Moral Regenesis event on Wednesday, 26 August 2009 to boost the morale of the nurses.
During this annual event the honourable Mayor, Mr Matlou, who was the guest speaker, said that all persons, and especially nurses, are born unique, and none should die a copy of another, each should perform their best in their own right.
The hospital choir performed at the event with beautiful songs. Nurses were commemorated for their service and those who have completed their studies, received their certificates.
The Deputy Manager of Nursing explained the Florence Nightingale pledge after which all nurses pledged the words again.
The Nightingale Pledge was composed by Lystra Gretter, an instructor of nursing at the old Harper Hospital in Detroit, Michigan, and was first used by its graduating class in the spring of 1893.
Posted in General
Posted on 18 September 2009.
Ek haal aan uit Beeld, Saterdag 12 September 2009. “Die Thabazimbi Munisipaliteit het sowat R500 000 opsy gesit van die Belasting Betalers se geld om amptenare van die Raad na Mosambiek te stuur, om daar vir ‘n week lank rond te kerjakker”.
“Spesiale sportbaadjies wat etlike duisende rande gekos het, moes gemaak word” Skokkend!! Terwyl hierdie bankrot Stadsraad nie geld het om ons stukkende padtekens, straatnaamborde, verouderde waterpype, rioolstelsels, stukkende paaie, ensovoorts op te gradeer nie. Dienslewering met water –en elektrisiteitlesing is pateties. Hoe lank nog, gaan ons as belasting betalers met hierdie toedrag van sake tevrede wees. Genoeg is genoeg. Ek doen hiermee ‘n beroep op elke inwoner wat belasting betaal, sluit aan by u Belasting Betalersvereniging en laat ons die voorbeeld van ander dorpe volg en dinge in eie hande neem en ontslae raak van ‘n onbevoegde munisipaliteit.
Marie Steenekamp
Posted in Letters
Posted on 18 September 2009.
THABAZIMBI – Die langnaweek van 24 tot 27 September hou Thabazimbi Huttefees by die skougronde. Drie van die plaaslike geestelike leiers het betrokke geraak by hierdie opwindende fees wat vir die eerste keer hier plaasvind en ‘n program is saamgestel. Die verrigtinge neem op Donderdag middag 24 September om 15:00 ‘n aanvang en op die program vir die aand is lekker saam sing om die kampvuur. Elke oggend vanaf die 25ste is daar ‘n dagbreek biduur wat om 06:00 plaasvind. Pastoor Stephen Enslin, Danie Breedt en Billy Pring gaan dit om die beurt waarneem. Daar gaan heeldag saam gekuier word met heelwat vermaak vir oud en jonk. Onder andere is daar Oupa en Ouma Boeresport sowel as gesinne teen mekaar. Tussendeur is daar Gospel sangers soos Debbie Viljoen, Eddie Botes, Janet van Wyk, Ronnie Payne en Tanya Botha Stauss wat nie net gaan sing nie, maar ook ‘n spreekbeurt gaan hê.
Vir meer inligting rakende die volledige program kan Danie Breedt geskakel word by 076 779 3084 of Marie Earle by 073 820 0736.
Posted in Entertainment
Posted on 18 September 2009.
Die wedvlug wat op 12 September vanaf Hanover gevlieg is, is beide Ope 1 en Ope 2 gewen deur Grobler Hokke.
Die wenspoed vir Ope 1 was 1066.4207 mpm en vir Ope 2 1096.5443 mpm. Volledige uitslae is as volg:
Ope 1
Grobler Hokke: 1,2,5,25
NJ Geldenhuys: 3,4,7,8,10,11,13,21
Johan Alers: 6,17,19
Pieta Hokke: 9,14,19
M&M Hokke A: 12,15,18,24
M&M Hokke B: 22
Hannes Meyer: 16,23
Ope 2
Grobler Hokke: 1,3,5,12,18
NJ Geldenhuys: 2,6,8,16,17,20,24
Johan Alers: 4,7,14,15,23
M&M Hokke A: 9,10,13,19,22,25
M&M Hokke B: 21
Pieta Hokke: 11.
Posted in Sport
Posted on 18 September 2009.
Die verwagte El Nino verskynsel vir die komende seisoen noop produsente om baie mooi te besin oor hulle aanplantings strategië en plant datums.
Die Spaanse – tipe grondboon met ‘n regop groeiwyse en ‘n kort groei seisoen is ‘n gewas wat onder droeër toestande tog met ‘n groot sekerheid geproduseer kan word.
Hierdie grondboon tipe is oorspronklik afkomstig uit die tropiese gebiede van Suid Amerika en is besonder goed aangepas vir hoë temperature.
Om produsente beter in te lig oor die besluitnemings prosesse word ‘n gesprek gereël om die nuutste stand van die El Nino in oënskou te neem – hiervoor sal Willem Landman van die Departement van Weerkunde ‘n aanbieding doen.
Graan SA se nuutste mark ruimtes en aanbevelings sal ook onder die loep geneem word om daaruit produk winsgewindheid en prys tendense te bepaal.
Verskeie produk begrotings sal aangebied word om produsente in staat te stel om ‘n oordeelkundige besluit te kan neem aangaande hulle beplande aanplantings en verwagte winsgewindheid vir die komende seisoen.
Grondbone produksie praktyke sal geevalueer word met spesifieke aanbevelings vir maksimale opbrengste en kwaliteit produkte.
Die voordele van ‘n gestruktueerde kontrak verbouings program vir grondbone produsente sal in detail bespreek word. Hierdie tipe van verbouings praktyk gee aan die produsent ‘n besonderse voordeel , byvoorbeeld prysverskansing sonder enige kostes deur middel van ‘n minimum gewaarborgde prys , finansiering van sekere inset kostes, (rente vry) en vele ander.
Kontrakte sal by die vergadering beskikbaar wees vir voornemende produsente.
‘n Oorsig oor die internasionale grondbone mark en afgeleide internasionale pryse vir Suid-Afrikaanse omstandighede sal ook aangebied word.
Alle produsente en ander belangstellendes is baie welkom om die dag by te woon, wat aangebied sal word op Maandag 21 September 2009 om 10:00 by Weesgerus vakansie oord, net buite Nylstroom op die Vaalwater pad.
Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Hannes Jansen op sel nommer 082 937 9348
Posted in Agriculture
Posted on 18 September 2009.
Is u lief vir die Afrika-bos? Wou u nog altyd die wêreldberoemde Serengeti besoek en die ongelooflike skouspel van die migrasie van die miljoene blouwildebeeste en die roofdiere wat op hulle jag maak, beleef? Wou u nog altyd die groot vyf in die onbeskryflike Ngorongoro-krater in die oë kyk? Hier is u kans!
Toer van 28 Maart tot 4 April 2010 vir agt dae na Manyara (met sy leeus wat lief is vir boomklim!), Serengeti met die migrasie en die Ngorongoro-krater vir die belewenis van ‘n leeftyd! Ds. Malan van Rhyn tree as toerleier op. Benewens die verskeie toere wat hy al na Turkye en Griekeland gereël het, is hierdie sy vierde toer na die Serengeti-Masai Mara ekosisteem in Tanzanië en Kenia.
Hy sê: “Ons vlieg na Arusha, reis in 4×4 voertuie met opslaandakke (om beter te kan sien, my kind!) en professionele gidse en bly in luukse lodges, alle etes en toegangsgelde ingesluit. Seagull Toere van Linde van Niekerk tref al die reëlings professioneel.” (Sien hulle webwerf by www.seagulltoere.co.za).
Die koste van die toer (teen ‘n wisselkoers van R8 vir ? US Dollar) is ongeveer R 18 000 pp.
As u belangstel in meer inligting en ‘n volledige reisprogram, kontak ds. Malan by 082 858 0538 of mvanrhyn@telkomsa.net.
Posted in General
Posted on 18 September 2009.
Posted in Download